• No results found

2. HOOFSTUK 2: ’N OORSIG VAN OORGEWIG OF VETSUG

2.4 Oorsaaklikheidsfaktore van oorgewig of vetsug

2.4.4 Emosionele en gedragsdeterminante

Die emosionele en gedragsdeterminante kan oorsaaklik wees, maar daar bestaan ook ʼn sterk verband met die gevolge van oorgewig of vetsug, en dit blyk ʼn bose kringloop te wees (Harrist et al., 2016:13). Die oorsaak van oorgewig of vetsug kan aspekte soos die temperament van die kind, gehegtheid, ouerskapstyl, trauma in die lewe van die kind, asook die familieraamwerk insluit (verwys na parr. 3.4-3.7 en 2.4.3.4). Viktimisering, diskriminasie en stigmatisering kan tot oorgewig of vetsug lei, of die kind kan hierdie destruktiewe gedrag as gevolg van sy voorkoms ervaar. Daar bestaan dus ʼn sterk verband tussen die oorsaak en gevolg van oorgewig of vetsug. In Hoofstuk 4 word die spiraaleffek van oorsaak en gevolg meer volledig hanteer. Edmunds (2008:191) konstateer dat die emosionele sy die negatiefste aspek van oorgewig of vetsug is. Gray et al. (2009:720) en Mcmanamon (2015:75) bevestig hierdie stelling en is van mening dat vetsug een van die mees stigmatiserende en sosiaal onaanvaarbare toestand in die kinderjare is. Vervolgens gaan die aspekte van die emosionele en gedragsdeterminante bespreek word. Psi gososial e en omg e w ingsde te rmi nante Fami li eraam w erk: Si bbe

Die sibbe kan 'n aktiewe of 'n onbewustelike rol in die ontwikkeling van ongesonde gedrag of negatiewe gesinsverhoudinge speel wat oorgewig of vetsug veroorsaak of onderhou. Die gesin is egter die omgewing waar die kind vrylik en sonder veroordeling homself moet uitleef om sy volle potensiaal te bereik. 'n Gesinsoplossing moet dus verkry word en nie net individuele oplossings nie. Die hele gesin moet bereid wees om leefstylveranderinge te maak, asook psigososiale probleme te hanteer; dus nie net die kind wat met oorgewig of vetsug leef nie. Die gesin kan mekaar positief ondersteun.

2.4.4.1 Voorkoms van depressie

Depressie kom nie algemeen by oorgewig of vetsugtige kinders voor nie, maar Lawrence (2010:312) toon aan dat depressie in die kinderjare tot gewigstoename in volwassenheid kan lei. Stern en Kazaks (2009:31) is egter van mening dat al die stigmatisering en diskriminasie wat die kind deur sy vriendegroep, as gevolg van sy oorgewig of vetsug ervaar, tot depressie, angs en wanhoop kan lei. Newman en Newman (2012:340) wys op die verband tussen oorgewig, vetsug en depressie, en stel dat fisieke aktiwiteite vir sommiges afneem en honger (wat tot gewigstoename kan lei) toeneem.

2.4.4.2 Sosialisering van die kind

Die emosionele trauma wat oorgewig of vetsugtige kinders ervaar, is baie meer intens as wat die meeste gesinne besef. Hierdie kinders voel dikwels so sleg oor hulleself omdat die samelewing so sleg oor hulle voel (Rimm & Rimm, 2004:7). Die negatiewe sosiale boodskappe wat oorgewig of vetsugtige kinders ontvang, begin voor die ouderdom van vyf jaar en vererger hoe ouer die kind word (Edmunds, 2008:198). Volgens Lawrence (2010:313), toon studies dat kinders eerder met kinders met normale gewig as met oorgewig kinders sosialiseer. Daar word dikwels angstigheid, depressie, stigmatisering, diskriminasie, emosionele teistering en gespot, veral in die skool gerapporteer, terwyl lae selfbeeld, swak liggaamsbeeld en lae liggaamstevredenheid dikwels waargeneem word (Bass & Eneli, 2015:641; Edmunds, 2008:191; Gray et al., 2009:720; Harrist et al., 2016:1- 17; Lawrence, 2010:312; Sue et al., 2014:251; Swinburn & Egger, 2008:532). Gray et al. (2009:721-721) dui ʼn positiewe korrelasie tussen gewigstatus en sosiale status aan en toon dat oorgewig kinders dikwels deur hulle maats as die minste ideale speelmaat gesien word, dikwels gespot en fisiek en verbaal geboelie word. Die navorsers, Tang-Péronard en Heitmann (2008:522), Edmunds (2008:196-197), asook Puddester en Wareham (2013:69-70) bevestig hierdie

Em osionel e en gedragsdet er - mi nante De pressie

Met die voorkoms van oorgewig of vetsug, blyk depressie nie 'n groot probleem te wees nie. Hierdie aspek moet egter in ag geneem word, wanneer daar 'n assessering met die oorgewig of vetsugtige kind uitgevoer word, aangesien dit 'n indirekte oorsaak vir oorgewig of vetsug kan wees.

verskynsel wat die kinders ervaar. Viktimisering vind egter nie net deur die maats plaas nie, maar ook deur familielede en vreemdelinge (Lawrence, 2010:312). Sagone en De Caroli (2013:182) bevestig hierdie siening in hul navorsing en dui die stereotipe profiel van oorgewig of vetsugtige kinders aan as lui, verwaand, traag, sieklik, honger en sosiaal afgesonder. Daarteenoor bevind hulle dat die stereotipe profiel van normalegewigkinders gekenmerk word deur vreugde, intelligensie, moed, selfvertroue, eerlikheid, vriendelikheid en vrygewigheid.

Vervolgens word die stigmatisering, diskriminasie en viktimisering van die kind, wat met oorgewig of vetsug leef, bespreek.

2.4.4.3 Stigmatisering, etikettering, diskriminasie en viktimisering van die kind

Gewigsgebaseerde stigmatisering word deur Puhl en Latner (2007:558) gedefinieer as negatiewe houdings en oortuigings wat deur stereotipering, vooroordele en verwerping manifesteer omdat die kind oorgewig of vetsugtig is. Louw en Louw (2014:296) definieer portuurviktimisering as:

“’n Besonder afbrekende vorm van portuurinteraksie is portuur- viktimisering of bullebakgedrag, waar sekere kinders gereelde teikens vir verbale of liggaamlike aanvalle of ander vorms van mishandeling word. Bullebakkery of afknouery kan omskryf word as ʼn doelbewuste, opsetlike behoefte om iemand seer te maak, te dreig of bang te maak.”

Puhl en Brownell (2008:82) is verder van mening dat gewigsgebaseerde viktimisering en stigmatisering ʼn invloed het op ʼn persoon se emosionele gesondheid. Hunger en Tomiyama (2014:579) bevind in hul studie dat “... being labeled ‘too fat’ at age 10 years remained a significant predictor of obesity at age

Em osionel e en gedragsdet ermi nant e Sosi ali sering

Uit die voorafgaande is dit kommerwekkend om te verneem watter sosiale destruktiewe gedrag/optrede die kind wat met oorgewig of vetsug leef in sy alledaagse lewe kan ervaar. Dit word veral gevoed deur stereotipes van oorgewig. Die maatskaplike werker wat binne die ekosisteme werk, kan hierdie destruktiewe gedrag binne die gesin doeltreffend aanspreek en aan die kind die nodige leiding gee om positiewe veranderinge in sy leefwêreld te bring. Die kind het dus 'n behoefte om aanvaar te word soos hy werklik is en nie volgens sy fisieke voorkoms en stereotipiese sienings van ander nie.

19 years,” veral as die oorgewig-etiket deur familielede aan die kind toegeken is. Hierdie afbrekende gedrag kan in die vorm van ʼn onskuldige opmerking voorkom, maar dit het ʼn vernietigende effek op die kind as mens (Louw & Louw, 2014:296). Dit wil voorkom of die kind hierdie etikettering internaliseer en dan daarvolgens optree en dit uitleef. Etikettering blyk dus negatiewe emosionele en/of gedrag by die kind te bevorder. Die gevolge van die stigmatisering en viktimisering is eet- versteurings, ʼn negatiewe selfbeeld en liggaamsbeeld en ʼn hoë risiko vir depressie (Choukas-Bradley & Prinstein, 2014:190-191; Kline, 2015:410; Puhl en Brownell, 2008:82). Puhl en Brownell, asook Kline, voer verder aan dat kinders wat hierdie soort viktimisering ervaar, twee tot drie keer meer selfmoordgedagtes en -gedrag toon. Viktimisering vind ook dikwels in die skoolomgewing plaas (Louw & Louw, 2014:296).

2.4.4.3.1 Viktimisering binne die skoolomgewing

Viktimisering binne die skoolomgewing kom toenemend voor. Tang-Péronard en Heitmann (2008:522) se navorsing toon aan dat oorgewig dogters meer stig- matisering as oorgewig seuns ervaar. Edmunds (2008:197) toon aan dat ouers hul kinders na ander skole stuur om die stigmatisering en boeliegedrag teenoor die kind te voorkom en selfs verhuis met die hoop om beter lewensomstandighede vir die kind te skep. Navorsers beskryf die konsep ostrakisme (ostracism), ook bekend as ‘verbanning’ wat beide die ignorering (verwaarlosing) en aktiewe uitsluiting (verwerping) van ʼn persoon behels. Hierdie optrede teenoor ʼn kind het ʼn groter emosionele impak as bloot net boeliegedrag wat hanteer moet word (Harrist

et al., 2016:13). Harrist et al. (2016:13), bevind in hul studie dat vetsugtige kinders

meer waarskynlik verwerp sal word en oorgewig kinders meer waarskynlik verwaarlosing deur hul vriendegroepe ervaar; albei groepe is egter onpopulêre kinders. Verwerpte kinders word aktief afgekeur, terwyl verwaarloosde kinders net nie baie vriende het nie (Choukas-Bradley & Prinstein, 2014:190). Louw en Louw (2014:297) noem die volgende gevolge van portuurgroepviktimisering:

 ʼn Invloed op ʼn kind se liggaamlike, emosionele, sosiale en opvoedkundige welsyn.

 Fisiese gevolge soos psigosomatiese simptome, verlies aan aptyt en swak liggaamshouding.

 Emosionele probleme soos depressie, selfmoordneigings, sosiale onttrekking, angs en vrees.

 Onttrekking, isolasie en eensaamheid op sosiale vlak.

 Opvoedkundige probleme, skoolafwesigheid, verlies aan konsentrasie en swak akademiese prestasie (Harrist et al., 2016:1).

Die onderwyser speel ʼn noodsaaklike rol om viktimisering binne die skoolomgewing te bekamp. Gray et al. (2009:724) konstateer dat voordat onderwysers kan ingryp om die vetsugtige kinders wat geviktimiseer word, te ondersteun, dit belangrik is dat hulle self eers hul eie oortuigings en negatiewe hougings teenoor vetsugtige individue moet identifiseer en hanteer. Puddester et

al. (2013:69) bevestig dat onderwysers ʼn laer verwagting ten opsigte van oorgewig

studente se bevoegdheid toon en dat hulle onbehulpsaam (Edmunds, 2008:198) teenoor hierdie kinders voorkom.

2.4.4.4 Akademiese prestasie van die kind

Vanuit die bogenoemde negatiewe houdings van onderwysers teenoor oorgewig of vetsugtige kinders, is dit onvermydelik dat hierdie aspek tot swakker akademiese prestasie kan lei. Navorsers bevestig dat kinders met oorgewig of vetsug lae akademiese prestasie toon (Lawrence, 2010:312; Tang-Péronard & Heitmann, 2008:532). Volgens Lawrence (2010:313) toon studies dat vetsugtige kinders veral laer wiskundige en leesprestasie toon as nie-vetsugtige kinders.

Em osionel e en gedragsdet ermi nant e Stigm at iseri ng, et ikett ering, diskri mi nasie en v iktim iseri

ng Stigmatisering, etikettering, diskriminasie en viktimisering blyk 'n groot

probleem te wees wat oorgewig of vetsugtige kinders ervaar. Die ouers en onderwysers moet bewus wees van hierdie gedrag wat in veral die skoolomgewing kan voorkom en moet dit hanteer. Die maatskaplike werker en sielkundige is bevoeg om die negatiewe emosionele en/of gedrag, soos deur Louw uiteengesit, te hanteer. Bestaande programme, byvoorbeeld antiboeliegedragprogramme binne die skoolomgewing kan vir hierdie doel aangewend word. Die maatskaplike werker kan veral 'n belangrike rol speel om die nodige rolspelers en samelewing bewus te maak van diskriminerende en stigmatiserende gedrag wat deur die oorgewig of vetsugtige kind ervaar word.