• No results found

3. HOOFSTUK 3: DIE INVLOED VAN OORGEWIG OF VETSUG OP

3.3 Die ontwikkeling van die kind in die middelkinderjare

3.3.5 Emosionele ontwikkeling van die kind

3.3.5.1 Erikson se psigososiale ontwikkelingsteorie

In 'n poging om die totale emosionele behoeftes van die kind weer te gee, is dit van belang om eers die psigososiale ontwikkeling van die kind te verstaan. Erikson (1950, 1968), soos Zastrow en Kirst-Ashman (2013:302-304) en Sigelman en Rider (2012:50) daarna verwys, het die teorie van psigososiale ontwikkeling in agt stadia ontwikkel. Hierdie teorie fokus op die ontwikkeling van persoonlikheid deur die verskillende stadia as gevolg van die interaksie tussen biologiese rypwording en die eise van die samelewing. Erikson stel dit dat die samelewing waarin mens leef sekere psigiese eise tydens elke stadium van psigososiale ontwikkeling stel. Erikson noem hierdie vereistes ‘krisisse’. Tydens elke psigososiale stadium moet die individu aanpassings maak om die stressors en konflikte wat die krisis behels, te oorkom. Die agt stadia van psigososiale ontwikkeling kan soos volg weergegee word (Schaffer & Kipp, 2010:44-45; Sigelman & Rider, 2012:53; Smith et al., 2011:676; Weiten, 2013:424-425):

Stadium 1: Vertroue teenoor wantroue (Geboorte tot 18 maande)

Die psigososiale vereiste vir babas is om ’n basiese vertroue in die wêreld te ontwikkel. Erikson (soos aangehaal deur Slavin, 2012:55) definieer basiese ver- troue as “an essential trustfulness of others as well as a fundamental sense of one’s own trustworthiness.” Die moeder, of moederfiguur, is gewoonlik die eerste belangrike persoon in die kind se lewe. Die moeder is die persoon wat die kind se behoefte aan voedsel en toenadering moet vervul. Indien die moeder inkonsekwent of verwerping toon, word sy ’n bron van frustrasie vir die baba in plaas van ’n bron van plesier (Slavin, 2012:55). Indien die moeder inkonsekwente gedrag openbaar, sal die kind wantroue in die moeder of sy wêreld ervaar en hierdie wantroue sal in sy kinderjare voortduur en mag selfs in volwassenheid voorkom (Shaffer & Kipp, 2010:45; Smith et al., 2011:672; Weiten, 2013:424) (verwys na par. 3.5 in hierdie verband). Indien die kind ’n gesonde balans tussen vertroue en wantroue ervaar, is die kind goed toegerus om nuwe situasies te hanteer. Erikson noem hierdie sintese ‘hoop’ wat dwarsdeur die kind se lewe van

groot belang is (Gordon & Browne, 2011:109; Greene, 2012:201; Jordaan, 2016:367; Sigelman & Rider, 2012:50; Weiten, 2013:424-425; Zastrow & Kirst- Ashman, 2013:303). Indien die kind nie hierdie sintese ontwikkel nie, sal die kind sosiale en emosionele onttrekking toon (Greene, 2012:203) (kyk ook par. 3.5.2).

Stadium 2: Outonomie teenoor skaamte of twyfel (18 maande tot drie jaar) Teen die ouderdom van twee jaar kan die meeste babas loop en het hulle hul taalvaardighede al só ontwikkel dat hulle met ander kan kommunikeer. Kinders in hierdie fase wil glad nie meer totaal van ander afhanklik wees nie en streef na outonomiteit, die vermoë om dinge vir hulself te doen, self aan te trek en self te eet (Shaffer & Kipp, 2010:45; Smith et al., 2011:672) (kyk ook par. 3.3.2.1.2 in hierdie verband). Ouers moet die kind toelaat om sy outonomie uit te oefen (Smith et al., 2011:672). Die sintese ‘wilskrag’ sal ontwikkel indien die kind outonomie ervaar (Gordon & Browne, 2011:110; Greene, 2012:201; Jordaan, 2016:367; Sigelman & Rider, 2012:50; Weiten, 2013:424-425; Zastrow & Kirst-Ashman, 2013:303). Indien ouers oorbeperkend en streng met hul kind is, ontwikkel die kind ’n gevoel van magteloosheid en onbevoegdheid wat tot skaamte en twyfel in die kind se vermoë kan lei (Schaffer & Kipp, 2010:45; Smith et al., 2011:672). Indien skaamte of twyfel ontwikkel, sal die kind, volgens Greene (2012:201, 203), die sintese ‘dwang’ internaliseer. Eri kson se emosi onele ont w ikke li ngsteori e Vertroue v s Want roue

Dit is duidelik indien die gehegtheid tussen die baba en ouer in hierdie fase nie voldoende was nie (emosionele en psigososiale probleme) en die baba 'n gevoel van wantroue ervaar, dit tot latere emosionele probleme kan lei. Dit blyk dan verder dat die kind hierdie niewetende, onvervulde emosionele behoefte wat ervaar word, deur die inname van voedsel probeer vervul, dus word minder eetbeheer toegepas (kyk par. 3.9.3). Om te eet word vir die kind sinoniem aan 'n gevoel van geborgenheid, liefde en omgee; dus word voedsel 'n trooster vir emosionele behoeftes. Hierdie optrede van die kind kan tot vetsug lei en moet daarom in die holistiese maatskaplikewerk-ondersteuningsprogram aandag geniet.

Stadium 3: Inisiatief teenoor skuld (Drie jaar tot ses jaar)

Hierdie fase bring vir die kind baie situasies mee waar die kind teen die reëls van die samelewing beweeg en oortree. Ouers wat die kind se pogings tot inisiatief onoordeelkundig straf, sal die kind skuldig laat voel oor sy natuurlike drang om inisiatief te neem gedurende hierdie fase en later in die lewe (Slavin, 2012:55). Die kind moet dikwels skuldgevoelens teenoor inisiatief opweeg wat die sintese ‘doel- gerigtheid’ ontwikkel (Greene, 2012:201). In teenstelling kan die kind inhibisies ontwikkel wat die vryheid tot denke, uitdrukking en aktiwiteite sal inhibeer (Gordon & Browne, 2011:111; Greene, 2012:201, 204; Jordaan, 2016:368; Sigelman & Rider, 2012:50; Weiten, 2013:424-425; Zastrow & Kirst-Ashman, 2013:303).

Stadium 4: Arbeidsaamheid teenoor minderwaardigheid (Ses jaar tot 12 jaar) Die kind fokus in hierdie stadium daarop om vaardighede te bemeester wat vir die volwasse lewe nodig is. Gedurende hierdie fase is dit vir die kind van groot belang

Eri kson se emosi onele ont w ikke li ngsteori e Outonomi e v s Skaamte of T w y fe l

Uit die voorafgaande wil dit voorkom dat die ouer die kind se mislukkings met die nodige simpatie moet hanteer sodat die kind se selfvertroue nie geskaad word nie. Dit moet voorkom word dat kinders 'n gevoel van magteloosheid en onbevoegdheid ervaar, ook ten opsigte van sy gewig, wat tot skaamte en twyfel in die kind se vermoë kan lei. Die navorser lei af dat die kind dan in sy algemene funksionering min outonomie en wilskrag ervaar, dus min beheer en verantwoordelikheid, wat die kind sal benadeel om sy optimale funksionering te bereik en sy emosionele behoeftes te vervul.

Eri kson se emosi onele ont w ikke li ngsteori e Ini siatief v s Skul d

Dit is vir die navorser duidelik dat die kind ook in hierdie fase die geleentheid gebied moet word om inisiatief te neem ten opsigte van alledaagse keuses en besluitnemingsprosesse. Die kind kan die vermoë ontwikkel om inisiatief te neem deur die blootstelling aan positiewe gedrag. Die kind kan byvoorbeeld die geleentheid gebied word om te kan besluit wat die gesin vir aandete gaan eet, met die moeder wat sekere riglyne bied. As die kind saam met die ouer inkopies gaan doen, kan die kind 'n groente- of vrugtesoort kies wat hy geniet of wat 'n sekere kleur is. Die kind moet ook inisiatief kan neem om emosionele behoeftes en probleme uit te spreek en oplossings te vind. Dis belangrik dat die kind met sy keuse en inisiatief sukses sal ervaar wat ondersteuning en aanprysing insluit.

om sukses te behaal en dit word veral deur skoolopleiding bemeester. Onderwysers en maats speel ’n belangrike rol in die lewe van die kind en die ouers se invloed neem af (Shaffer & Kipp, 2010:45; Slavin, 2012:55) (verwys na par. 2.4.4.3 in verband met bogenoemde opmerking). Indien die kind nie sukses ervaar nie, word ’n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel. Die kinders in hierdie stadium wil met maats kompeteer en speel (Shaffer & Kipp, 2010:45). Die sintese ‘bekwaam-heid/bevoegdheid’ ontwikkel indien die kind sukses ervaar met die bemeestering van vaardighede en nie net ’n passiewe waarnemer bly nie (Greene, 2012:201). Indien die kind nie bekwaamheid bemeester nie, sal ‘traagheid’ ontwikkel wat doelgerigte gedrag en denke sal inhibeer (Gordon & Browne, 2011:111; Greene, 2012:201, 204-205; Jordaan, 2016:368; Sigelman & Rider, 2012:50; Weiten, 2013:424-425; Zastrow & Kirst-Ashman, 2013:303).

Die volgende stadia is nie van toepassing op hierdie navorsing nie en word daarom net kortliks genoem (Greene, 2012:201; Sigelman & Rider, 2012:50; Weiten, 2013:424-425; Zastrow & Kirst-Ashman, 2013:303).

Stadium 5: Identiteit teenoor Rolverwarring (Adolessensie) Die sintese ‘betroubaarheid’ ontwikkel in hierdie fase.

Stadium 6: Intimiteit teenoor Isolasie (Vroeë volwassenheid)

Hierdie fase is gedurende vroeë volwassenheid en die sintese ‘liefde’ ontwikkel.

Eri kson se emosi onele ont w ikke li ngsteori e Arbe idsaamh eid v s Mi nder w a ardighe

id Die kind kan as gevolg van sy gewig moontlik sukkel om take te

bemeester (verwys ook na par. 3.5). Deur herhaaldelik mislukking te ervaar, kan dit tot ‘n gevoel van minderwaardigheid lei; onbevoegtheid/onbekwaamheid word ervaar wat tot traagheid lei. Dit is daarom van belang dat die holistiese maatskaplikewerk-ondersteunings- program se doel nie per se op gewigsverlies gefokus moet wees nie, maar dat bereikbare doelwitte gestel moet word.

Die navorser is van mening dat die kind in hierdie fase die geleentheid gebied moet word om vaardighede in die veilige omgewing van die huis en by die skool ontwikkel. Dit sluit ook onder andere lewensvaardighede, kommunikasie-, konflikhanterings-, asook kook- en sportvaardighede in. Indien die kind bekwaamheid/bevoegdheid op verskeie vlakke beleef, sal die kind moontlik optimale funksionering en bevrediging van behoeftes ervaar.

Stadium 7: Generatiwiteit teenoor Stagnasie (Volwassenheid) Die sintese ‘sorgsaamheid’ ontwikkel in hierdie stadium.

Stadium 8: Integriteit teenoor Wanhoop (Bejaardheid) Die sintese ‘wysheid’ ontwikkel.

Vir ’n volledige beeld van die emosionele ontwikkeling van die kind, moet die ontwikkeling van die kind se self bestudeer word. Vervolgens gaan die ontwikkeling van die kind se self meer breedvoerig bespreek word.