• No results found

3. HOOFSTUK 3: DIE INVLOED VAN OORGEWIG OF VETSUG OP

3.5 Gehegtheid tussen kind en ouer

Gehegtheid word deur Weiten (2013:420) beskryf as die noue, emosionele band wat tussen ’n baba en sy versorger ontwikkel. Daniel et al. (2010:23) definieer gehegtheid as ’n liefdevolle band tussen twee individue wat nie deur ruimte of tyd vergaan nie en hulle emosioneel verbind. Weiten (2013:420-421) en Louw en Louw (2007:128) noem dat in die meeste gevalle die kind se eerste en belangrikste gehegtheid met sy moeder is, alhoewel die kind met baie ander persone later in sy lewe ’n gehegtheid kan vorm. Gehegtheid met die moeder is egter nie oombliklik nie en ontwikkel oor tyd. Verder word die gehegtheid nie bewerkstellig deur die voeding wat die moeder gee nie, maar die totale kontak wat plaasvind tussen die baba en moeder (De Witt, 2009:268; Louw & Louw, 2007:128; Schaffer, 2004:102; Weiten, 2013:420-421) (verwys na par. 3.3.5.1).

Daar bestaan verskeie faktore wat die gehegtheid tussen baba en moeder kan beïnvloed. Louw en Louw (2007:131) verwys na die moeder se persoonlikheid en haar verhouding met die baba wat ’n belangrike rol in die positiewe gehegtheid speel. Die temperament van die baba (verwys na par. 3.4), asook die psigososiale faktore, soos bv. ’n ongelukkige huwelik, armoede, en ’n gebrek aan sosiale

Temperam ent v an die kind

Hiervolgens word afgelei dat die kind se temperament, die ouer/kind- verhouding en -gehegtheid negatief kan beïnvloed wat dan die kind se gewig kan benadeel. Temperament bepaal ook die wyse waarop die kind sy oorgewig of vetsug in die samelewing hanteer.

Die ouer moet die nodige vaardighede aanleer om die kind met sy spesifieke temperament te hanteer sodat hul verhouding nie skade lei nie en die kind se behoefte aan geborgenheid en aanvaarding vervul word. Die navorser benadruk dus die feit dat die program vir die hantering van oorgewig en vetsug binne die gesinsverband aangebied moet word.

Die temperament van die kind moet ook binne die terapeutiese omgewing in ag geneem word. Die temperament van die kind sal bepaal hoe die kind aan die terapeutiese proses deelneem en opdragte uitvoer.

ondersteuning, speel ook ’n rol. ’n Goeie gehegtheid tussen die versorger en kind bevorder egter emosionele, sosiale, kognitiewe en selfregulerende vermoëns. Die kind leer in so ’n verhouding om gevoelens te reguleer en om gevoelens te kommunikeer (Ludy-Dobson & Perry, 2010:31; Teater, 2014:9). Weiten (2013:422) is van mening dat babas met ’n geborge gehegtheid geneig is om sterk, gesellige en bevoegde kleuters met ’n goeie selfbeeld te word. In hul voorskoolse jare toon hulle meer volharding, nuuskierigheid, selfstandigheid en leierskap en het beter vriendskapsverhoudings. In die middelkinderjare toon hul meer positiewe gesindhede, gesonder streshanteringstrategieë en minder probleme met vyandigheid en aggressie. Papalia et al. (2009:228), bevestig ook hierdie positiewe verhoudings en selfvertroue wat by die kind ontwikkel.

Gehegtheid tussen die kind en versorger ontwikkel egter oor ’n tydperk van ten minste twee jaar (Berk, 2012:265-266; Louw & Louw, 2014:140-141; Schaffer, 2004:102). Volgehoue toewyding aan mekaar is noodsaaklik om ’n geborge verhouding te skep, maar dikwels kan daar weens verskeie redes niegeborge patrone voorkom. Die onderskeie patrone van gehegtheid word vervolgens bespreek.

3.5.1 Hoofpatrone van gehegtheid

Mary Ainsworth (1967) het die gehegtheid van die baba deur die ‘vreemde situasie’-tegniek bestudeer en daardeur aangetoon dat die kwaliteit van die versorger en baba se gehegtheid verskil. Ainsworth en haar medewerkers het drie hoofpatrone van gehegtheid geïdentifiseer wat in die onderstaande Tabel 3.1

Gehegt heid tuss en die kind en ouer

Gehegtheid tussen die primêre versorger en kind ontwikkel oor 'n tydperk en verskeie faktore kan hierdie gehegtheid beïnvloed. Die wil voorkom of 'n geborge gehegtheid met die kind bepaal sal word deur die versorger se responsiwiteit teenoor die kind, maar ook die mate waartoe die kind vryheid in 'n veilige omgewing ervaar.

'n Geborge gehegtheid tussen die versorger en die kind bevorder emosionele, sosiale, kognitiewe en selfregulerende vermoëns. Die kind leer dus in so 'n verhouding om gevoelens te reguleer en te kommunikeer wat volgens die navorser positief op die algemene funksionering van die kind en sy eetpatrone en eetgedrag kan inwerk.

weergegee word (Berk, 2012:266-267; Ludy-Dobson & Perry, 2010:31-33; Mazzeschi, Pazzagli, Laghezza, Radi, Battistini & de Feo, 2014:1-2; Papalia et al., 2009:225-226; Teater, 2014:9-10; Weiten, 2013:421-422).

Tabel 3.1: Hoofpatrone van gehegtheid

Hoofpatrone van gehegtheid

Geborge gehegtheid Ouers bied emosionele terugvoer en hul emosionele beskikbaarheid help die kind om sy emosionele ervarings te reguleer. In ’n geborge gehegtheid reageer ouers deurlopend en sensitief op die volle spektrum van die kind se emosies. Die ouers se optrede is voorspelbaar en so leer die kind om sy emosies te reguleer.

Angstig-ambivalente gehegtheid ook bekend as weerstandige gehegtheid

Die kind kom angstig voor - selfs in die moeder se teenwoordigheid. Dit is onwaarskynlik dat die baba sy omgewing sal verken en is versigtig vir vreemdelinge, selfs in die moeder se teenwoordigheid. Die kind ervaar dat hy onwaardig is vir die liefde van die ouer.

Vermydingsgehegtheid Die baba word nie buitengewoon ontstel deur die teenwoordigheid van vreemdes nie, maar kan hulle op dieselfde wyse vermy of ignoreer soos wat hy met die versorger doen. Die versorger kom vyandig, geweldadig of rigied voor en toon onverskillige gedrag teenoor die kind se gevoelens en behoeftes. ʼn Vierde kategorie is ook

later bygevoeg, naamlik: Ongeorganiseerde gehegtheid

Hierdie kinders is verward en weet nie of hulle die versorger moet nader of vermy nie. Hierdie patroon reflekteer die meeste onsekerheid en onveiligheid. Hierdie gedrag kom veral voor by babas waar die versorgers oorsensitief, opdringerig of beledigend is, of waar die kind op welke wyse mishandel word. Die kind ontvang gemengde boodskappe van die versorger wat wissel van liefde en omgee tot vyandigheid en gewelddadigheid.

Berk (2012:279) stel dat navorsing aantoon dat vroeë warm, positiewe ouer/kind- verhoudings wat oor ’n sekere tydperk voortduur, baie aspekte van die kind ontwikkel, naamlik: die kind ontwikkel meer selfvertroue en ’n komplekse self- konsep; het beter emosionele begrip; toon gunstiger verhoudings met onderwysers en maats; toon beter sosiale vaardighede; het ’n sterker gevoel van morele verantwoordelikheid; en het meer motivering om op skool te presteer. Die langtermyneffek van geborge gehegtheidsbande beïnvloed sosiale, emosionele en kognitiewe ontwikkeling dus ten goede (Louw & Louw, 2014:145; Berk 2012:278).

3.5.2 Gehegtheid en die invloed op oorgewig of vetsug

Verskeie navorsers koppel oorgewig of vetsug aan die gehegtheid tussen die kind en sy primêre versorger. Daar is reeds genoem dat die kind se temperament en die moeder se sensitiwiteit tot oorgewig of vetsug kan lei (Wu et al., 2011:474), maar verdere navorsing toon aan dat die gehegtheid tussen die kind en sy versorger tot oorgewig of vetsug kan lei. Anderson et al. (2012:135) stel dat: “Children who experienced poor quality early relationships with their mothers, as measured by insecure attachment and low levels of maternal sensitivity, had a greater risk of obesity in adolescence.” Mazzeschi et al. (2014:6) stel dit baie sterker dat moeders en vaders met oorgewig/vetsugtige kinders oor die algemeen ’n meer wankelrige gehegtheid toon. Bahrami, Kelishadi, Jafari, Kaveh en Isanejad (2013:321) bevind verder dat die kwaliteit van ’n kind se gehegtheid ’n beduidende effek op die selfdoeltreffenheid van eetbeheer, selfbeheer en impulsiwiteit het. Bahrami et al. (2013:323) toon aan dat moeders wat gehegtheidsangs goed hanteer en nie vermyding toepas nie, meer bevoeg is om hul eie emosies te reguleer en om voedingstrategieë toe te pas wat weer die kind sal motiveer om hul eie gesonde eetgewoontes te reguleer; dus word daar aan die kinders beheer gegee. Daarteenoor, is moeders wat hoë gehegtheidsangs ervaar, geneig om voeding te benader op 'n wyse wat die kind dwing om meer te eet of om die kind se inname van voedsel te beperk. Dit is in reaksie op hulle eie angs wat ervaar word en minder as gevolg van hul kinders se voedingsbehoeftes (Bahrami et al., 2013:323) (kyk ook par. 2.4.3.3.1 in hierdie verband). Van Ryzin en Nowicka (2013:107) bevestig dat ’n positiewe verhouding tussen die adolessent en die ouer die waarskynlikheid van oorgewig of vetsug in die kind se latere lewe kan verlaag.

Gehegt heid tuss en die kind en ouer

'n Geborge gehegtheid tussen die ouer en kind moet dus nagestreef word. So 'n gehegtheid kan tot gevolg hê dat uitdagende lewens- ervarings, soos die negatiewe emosionele effek van oorgewig of vetsug, met meer begrip en ondersteuning binne die gesin hanteer kan word. Dit blyk binne 'n wankelrige gehegtheid, dat daar meer verwerping en minderwaardigheid deur die kind ervaar sal word. So 'n verhouding sal die emosionele behoeftes van die kind onvervuld laat en die hantering van die gewigsprobleem bemoeilik (kyk ook par. 3.6).

Hierdie aspek wys daarop dat daar voorkomend opgetree kan word deur geborge verhoudings reeds in die babajare te vestig.