• No results found

Onderwyswetgewing: Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van

DETERMINANTE VIR DIE HANTERING VAN LEERDERWANGEDRAG

4.5 WETGEWING AS DETERMINANT

4.5.2 Onderwyswetgewing: Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van

4.5.1 Oorspronklike wetgewing

Oosthuizen (2003:28) dui aan dat oorspronklike wetgewing na wetgewing verwys wat deur die oorspronklike gesag van die wetgewende liggaam soos die Parlement uitgevaardig is. Die Grondwet van Suid-Afrika vereis in artikel 43 van die Parlement om nasionale wetgewing in te stel. Oosthuizen en Rossouw (2003:28) onderskei tussen onderwys- wetgewing, wat op onderwyssake fokus, en algemene wetgewing, wat die stand van onderwys be'i'nvloed.

4.5.2 Onderwyswetgewing: Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van

1996

Een van die doelwitte in die Suid-Afrikaanse Skolewet (SA, 1996(c)) (van nou af genoem

SA Skolewet) is die ontwerp van 'n eenvormige sisteem ten opsigte van die organisasie,

bestuur en befondsing van skole. Die vestiging van 'n menseregtekultuur by skole is volgens Shaba ef a/. (2003:23) een van die doelwitte van die SA Skolewet. Hoofstuk 3 (SA, 1996(c)) stel dat die SA Skolewet met die oog op die doelstellings van die Grondwet, poog om 'n kultuur te skep waarin elke mens respek vir fundamentele regte het. Met betrekking tot die hantering van dissipline word die gedragskode en die hantering van emstige leerderwangedrag bespreek.

Gedragskode

Joubert en Prinsloo (2001:119) definieer 'n gedragskode as 'n standaard van gedrag waar- mee alle rolspelers in die skoolgemeenskap moet identifiseer. Artikel 8 van die SA Skolewet (SA, 1996(c)) bepaal die volgende oor die gedragskode:

8 (1) Subject to any applicable provincial law, a governing body of a public school must adopt a code of conduct for the learners after consultation with the learners, parents and educators of the school.

(2) A code of conduct referred to in subsection (1) must be aimed at establishing a disciplined and purposeful school environment, dedicated to the improvement and maintenance of the quality of the learning process.

(3) The Minister may, after consultation with the Council of Education Ministers, determine guidelines for the consideration of governing bodies in adopting a code of conduct for learners.

(4) Nothing contained in this Act exempts a learner from the obligation to comply with the code of conduct of the school attended by such learner. (5) A code of conduct must contain provisions of due process safeguarding the interests of the learner and any other party involved in disciplinary proceedings.

Artikel 8 bepaal dat Beheerliggame met die hulp van leerders, ouers en opvoeders 'n gedragskode moet aanvaar. Die doel met 'n gedragskode is om 'n gedissiplineerde en doelgerigte omgewing tot stand te bring sodat onderrig en leer kan plaasvind. Die gedragskode bevat skoolreels en klaskamerreels wat die daaglikse verhouding tussen die opvoeder en die leerder reguleer. Beginsels soos menswaardigheid,vryheid, en gelykheid soos vervat in die Handves van Menseregte (SA, 1996(a)) word in die gedragskode onder- skryf.

Die Riglyne vir Beheerliggame (SA, 1998) is 'n uitvloesel van Artikel 8 van die Skolewet (SA, 1996(c)), en het ten doel om riglyne vir skole te gee oor hoe om dissipline in skole te bewerkstellig:

The Code of Conduct must inform the learners of the way in which they should conduct themselves at school in preparation for their conduct and safety in civil society. It must set a standard of moral behaviour for learners and equip them with the expertise, knowledge and skills they would be expected to evince as worthy and responsible citizens.

'n Gedragskode moet voigens die Die Riglyne vir Beheerliggame (SA, 1998) horn ten doel stel om positiewe dissipline, selfdissipline en voorbeeldige gedrag te bevorder. Ten einde

die doel te bereik moet 'n gedragskode verduidelik hoe die leerders moet optree in 'n spesifieke omgewing as voorbereiding vir hul gedrag as burgers in die samelewing.

Oosthuizen (2003:35) noem dat die skoolreels saam met die regsbeginsel van reg- sekerheid vereis dat 'n wettige reel op so 'n wyse geformuleer moet word dat alle regsubjekte, in die geval die leerders en die opvoeders presies weet wat hul regsbe- voegdheid en regte en verpligtinge is.

Ingevolge art. 5 van die Riglyne vir Beheerliggame, (SA, 1998) is die volgende belangrik met betrekking tot skoolreels

• die skoolreels moet in lyn wees met die gedragskode van die skool, duidelik uiteengesit word en voorsiening maak vir regverdige waarskuwing teen leerderwangedrag;

• elke leerder moet 'n kopie van die skoolreels aan die begin van die jaar ontvang, en jonger leerders in laerskole moet mondeling in kennis gestel word van die skooreels;

• klasreels met die gevolge van die oortredings moet in die klaskamer opgeplak wees. Die hantering van leerderwangedrag moet by die vorm van leerder­ wangedrag pas. Voorsiening moet ook gemaak word vir herhalende oor­ tredings.

Artikei 5(f) beklemtoon dat daar van die leerders verwag moet word om die skool- en klasreels te ken en te gehoorsaam. Daar word uitgespel dat onkunde van die reels nie as 'n aanvaarbare verskoning beskou word nie.

Die praktiese toepassing van die bepalings van die Skolewet (SA, 1996(c)) word ver- volgens bespreek.

Minder ernstige vorme van leerderwangedrag en die hantering daarvan

Minder ernstige vorme van leerderwangedrag word as as gedrag gedefinieer wat verbaal of nieverbaal manifesteer met die doel om die gesag van die opvoeder teen te staan. Die gedrag word gewoonlik omskryf as minder ernstige leerderwangedrag wat die opvoeder horn van sy tyd en energie beroof. (vgl. par. 3.2.3.1).

Coetzee (2008:221) voer aan dat dit noodsaaklik vir opvoeders is om te verseker dat hanteringsmetodes van leerderwangedrag regverdig is, toepaslik vir die oortreding en nie

inbreukmaak op 'n leerder se regte maak nie. Sy onderskei onder andere die volgende drie vlakke van leerderwangedrag en dui relevante hanteringsmetodes aan:

Vlak 1

Vorme van leerderwangedrag van vlak 1 sluit in: laatkommery vir klas, huiswerk wat nie gedoen word nie en oneerlikheid.

Hanteringsmetodes wat vir bogenoemde vorme van leerderwangedrag gebruik kan word, sluit die volgende in:

• verbale waarskuwing; • wegneem van voorregte; • nieverbale boodskappe; • ekstra huiswerk; en • detensie Vlak 2

Vorme van leerderwangedrag in vlak 2 behels onder andere aanhoudende oortredings wat in vlak 1 geklassifiseer word: vloekery, ontwrigting van lesse, disrespek vir die op- voeder/mede-leerders. Hierdie vorme van leerderwangedrag kan, aldus Coetzee (2008:222) op die volgende wyse hanteer word:

• enige metodes wat in vlak 1 gebruik is; • privaat gesprekke met die leerder; • gesprekke met die ouers;

• geskrewe waarskuwings

• versorging van die skoolgronde. Vlak 3

Die volgende vorme van leerderwangedrag word in vlak 3 gekategoriseer: • herhaalde oortredings van vlak 2;

• ernstige ontwrigting in die klaskamer; • die besit van pornografiese materiaal;

Hanteringsmetodes wat vir hierdie vorme van leerderwangedrag gebruik kan word is: • enige hanteringsmetodes wat in vlak 1 en 2 gebruik word.

• 'n geskrewe waarskuwing om die leerder van moontlike skorsing in te lig; • verwysing na berader of maatskaplike werker

• gemeenskapsdiens (met die goedkeuring van die departementshoof).

Ernstige vorme van leerderwangedrag

Ernstige leerderwangedrag word volgens De Wet (2003:168) in die volgende groepe oor­ tredings ingedeel (vgl. par. 3.2.3.1):

• gewelddadige oortredings; • eiendomverwante oortredings;

• oortredings wat plaasvind sonder 'n ander persoon as slagoffer (pomografie, dwelmmisbruik en alkoholgebruik); en

• oortredings teenoor die menswaardigheid en die goeie naam van 'n persoon.

Die volgende vorme van ernstige leerderwangedrag wat in artikel 11 van die Riglyne vir Beheerliggame (SA, 1998) weergegee word, mag tot die skorsing van die leerder lei:

• conduct which endangers the safety and violates the rights of others; • possession, threat or use of a dangerous weapon;

• fighting, assault or battery;

• disrespect, objectionable behaviour and verbal abuse directed at educators, or other school employees or learners;

• repeated violations of the school rules or the Code of Conduct;

• criminal and oppressive behaviour such as rape and gender based harrassment; • victimisation, bullying and intimidation of other learners.

Volgens artikel 14 van Die Riglyne vir Beheerliggame (SA,1998) moet ernstige leerder­ wangedrag wat oortredings van die wet insiuit, deur die polisie ondersoek word en na die

Lyfstraf

Selfs vir ernstige vorme van leerderwangedrag mag lyfstraf nie in Suid-Afrikaanse skole gebruik word nie.

In die saak State v Williams and others 1995(3) SA 632 (CC) moes die Konstitusionele Hof met behulp van artikels 10 en 11 van die Interim Grondwet van 1993 besluit of lyfstraf aan jeugmisdadigers grondwetlik was. Die Hof het beslis dat die omstandighede waarin die jeugmisdadigers fisies geslaan is (insluitend die bedoeling om pyn te veroorsaak), teenstrydig is met respek en die beskerming van menswaardigheid van die persoon wat gestraf word.

Hierdie hofsaak het 'n sterk invloed op onderwyswetgewing, naamlik die SA Skolewet (SA, 1996(c)) met betrekking tot die afskaffing van lyfstraf by skole gehad.

Ingevolge artikel 10 van die SA Skolewet (SA, 1996(c)) word die volgende oor die hantering van leerderwangedrag deur middel van lyfstraf, bepaal:

(1) No person may administer corporal punishment at a school to a lear­ ner.

(2) Any person who contravenes subsection (1) is guilty of an offence and liable on conviction to a sentence which could be imposed for assault.

Artikel 10 van die SA Skolewet maak lyfstraf op leerders dus onwettig en enige persoon wat horn aan artikel 10 (1) skuldig maak, maak horn skuldig aan aanranding.

Skorsing en uitsetting

Dit beteken egter nie dat opvoeders en skole sonder enige wettige metodes vir die han­ tering van vir enrstige leerderwangedrag is nie. Metodes vir die hantering van enrstige leerderwangedrag wat in die SA Skolewet (SA, 1996(c)) voorkom is skorsing en uitsetting. Ingevolge artikel 10(2) van die Riglyne vir Beheerliggame (SA, 1998) mag 'n leerder slegs geskors word as alle pogings aangewend is om die leerder se gedrag te verbeter. Ten opsigte van skorsing bepaal artikel 9 die volgende:

(1) The governing body may, on reasonable grounds and as a precautiotionary measure, suspend a learner who is suspected of serious misconduct from attending school, but may only enforce such suspension after the learner has been granted a reasonable opportunity to make representations to it in relation to

Leerders mag dus ingevolge die SA Skolewet (SA, 1996(d)) vir emstige leerderwangedrag geskors word. Skorsing van 'n leerder mag eerstens plaasvind as daar 'n moontlikheid is dat die leerder se teenwoordigheid by die skool sal lei tot ontwrigting, nadeel van ander leerders en skade aan eiendom. Tweedens mag 'n leerder geskors word as daar op die uitsiag van die Departement gewag word na die leerder se dissiplinere verhoor. 'n Leerder wat geskors is, is ingevolge die SA Skolewet (SA, 1996(d)) nog nie skuldig bevind aan oortredings van emstige leerderwangedrag nie en is volgens artikel 8 (SA, 1996d) geregtig op 'n dissiplinere verhoor.

Met betrekking tot uitsetting bepaal artikel 9(2)(1) van die SA Skolewet (SA, 1996(c)) dat 'n leerder deur die departementshoof uit die skool gesit kan word as die leerder skuldig aan emstige leerderwangedrag deur die dissiplinere verhoor bevind word.

Skorsing is dus 'n eerste voorlopige stap. Uitsetting volg na skuldigbevinding in 'n dissipli­ nere verhoor.