• No results found

KATEGORIE 4: Die kenmerke van die leerder wat tot leerderwangedrag bydra

EMPIRIESE ONDERSOEK

LEERDERRESPONSE PERSENTASIES ITEM VRAAG

5.5.4 KATEGORIE 4: Die kenmerke van die leerder wat tot leerderwangedrag bydra

stelling saamstem (vgl. Tabel 5.10(b)). Hoewel inkonsekwentheid by beide leerder- en opvoederresponse redelik hoog in die rangordetabel voorkom, is die laer frekwensie- persentasie (veral by die leerdergroep) 'n moontlike aanduiding van die felt dat hulle nie ten voile bewus is van die belangrikheid van konsekwente optrede nie. Inkonsekwente optrede is in vele opsjgte 'n vorm van onbillike diskriminasie. Billikheid is een van die basiese aspekte van die Grondwetlike bedeling (art. 7 en art. 9 van die Suid-Afrikaanse Grondwet(SA, 1996(b)).

Opvoeders wat nie grense vir die leerders stel nie

Die verskynsel van opvoeders wat nie grense vir die leerders stel nie, sluit ook aan by die opvoeder se inkonsekwente toepassing van dissipline. Eersgenoemde eienskap van die opvoeders beklee die 7de rangordeposisie in die leerderresponse, terwyl dit 5de in die rangorde van die opvoederresponse voorkom (vgl. Tabelle 5.10(a) en (b)). "n Opvallende feit is dat beide die leerderrespondente (39.71%) en die opvoederrespondente (37.93%) dus met lae persentasies aantoon dat opvoeders wat nie grense vir leerders stel nie, tot leerderwangedrag kan bydra. Dit is kommerwekkend dat opvoeders as volwassenes en kundiges van opvoeding die belangrikheid van grense vir leerders onderskat.

Opvoeders wat hulle skuldig maak aan wangedrag

Opvoeders wat hulle aan wangedrag skuldig maak as bydraer tot leerderwangedrag, kom 6de in die rangordetabel van die leerderresponse voor, terwyl dit die 8ste rangordeposisie in die opvoederresponse beklee (vgl. Tabelle 5.10(a)en (b)). Leerderrespondente het met 41.33% saamgestem dat opvoeders wat self skuldig is aan wangedrag, leerderwangedrag wel kan bevorder. 'n Minderheid van 17.24% van die opvoeders is van mening dat hierdie aspek tot leerderwangedrag kan bydra. Dit is opvallend dat slegs 17.24% van die opvoeders besef dat hul (wan)gedrag en optrede 'n effek op leerdergedrag kan he.

5.5.4 KATEGORIE 4: Die kenmerke van die leerder wat tot

leerderwangedrag bydra

Kategorie 4 het ten doel om te bepaal watter kenmerke van die leerder die sterkste tot leerderwangedrag bydra. In die literatuurstudie word sodanige kenmerke van die leerder aangetoon (vgl. par. 3.3.2.1).

5.5.4.1 Frekwensies

Die leerder-en opvoederrespondente moes vanuit 'n lys kenmerke en met behulp van 'n vierpunt-Likert-skaal die frekwensie van die kenmerke van leerders wat tot leerderwangedrag bydra, in Tabelle 5.11(a) en (b) en Tabelle 5.12(a) en (b) aandui deur een van die volgende afleiers te kies:

• 1 = verskil geheel en al • 2 = verskil gedeeltelik • 3 = stem in 'n mate saam • 4 = stem geheel en al saam

Die data wat in Tabelle 5.11 (a) en (b) en 5.12 (a) en (b) aangedui word, is verder ge'i'nterpreteer met die doel om 'n algehele beeld van die negatiewe en positiewe response rakende die invloed van leerderkenmerke op leerderwangedrag van die leerderrespondente te verkry.

Afleiers 1 ("verskil geheel en al") en 2 ("verskil gedeeltelik") van Tabelle 5.11 (a) en (b) saamgevoeg om die nuwe afleier "verskil grootliks" te word en afleiers 3 ("stem in 'n mate saam") en 4 ("stem geheel en al saam") saamgevoeg om die nuwe afleier "stem grootliks saam" te word. Afleiers 1 en 2 van Tabelle 5.11(a) en (b) verteenwoordig gesamentlik 'n negatiewe respons terwyl afleiers 3 en 4 saam 'n positiewe respons voorstel. Dieselfde proses is met Tabelle 5.12 gevolg.

5.5.4.2 Faktoranalise

Die data (vgl. Tabelle 5.11(a) en (b) en 5.12(a) en (b)) is deur middel van faktoranalise- tegniek wat volgens Field (2005:731) korrelasies of verbande met een of meer veranderlikes in die vraelys geidentifiseer. Die data in die vraelys is in faktore gegroepeer om 'n samehangende verband tussen die onderskeie data oor die leerderkenmerke as invloed op leerderwangedrag in die klas te bepaal.

Die graad van die onderlinge verwantskap tussen die onderskeie items van die vraelys word deur 'n eiewaarde wat aan elke item toegeken is, bepaal.'n Item se belading moet 'n eiewaarde groter as 0.70 he om 'n onderlinge verwantskap met die item en leerderwangedrag in die studie aan te toon.

Ingevolge Tabel A5 is die volgende faktore in Kategorie 4 ge'identifiseer: • Faktor 1: leerhindernisse wat tot leerderwangedrag kan bydra;

• Faktor 2: geremdhede en gestremdhede wat tot leerderwangedrag kan bydra.

• Kaiser-kriterium

In Kategorie 4 is die konstrukgeldigheid van die faktore gemeet om die effek wat die leerders se kenmerke op leerderwangedrag het, te bepaal. Die konstrukgeldigheid van die faktore is getoets na aanleiding van die statistiese tegniek die Kaiser-kriterium wat volgens Field (2005:633) bepaal dat die eiewaardes van elke faktor of konstruk groter as 1 moet wees om te bewys dat die faktor geldig is. Twee faktore is uit 11 items onttrek wat 54% van die totale variansie van die faktor omvat.

Die konstrukgeldigheid van die faktore van Kategorie 4 is soos volg:

• leerhindernisse wat leerderwangedrag negatief be'i'nvloed ('n eiewaarde van 4.718; 42.89% variansie is verklaar);

• fisiese geremdhede en gestremdhede wat leerderwangedrag negatief be'i'nvloed ('n eiewaarde van 1.190; 10.81% variansie is verklaar).

Die kommunaliteite van die faktore wissel van 'n waarde van 0.503 tot 0.710. Die faktore in die kategorie het 'n waarde groter as 1 en is dus geldig.

TABEL A5 Faktoranalise : Leerderkenmerke as bydraende faktor tot leerderwangedrag

FAKTORE ITEMNR BYDRAENDE

FAKTOR B E L A D I N G EIEWAARDES /o V a r i a n s i e verklaar C12.1 Aandagafleibaarheidsin- droom 0.47 Faktor 1 C12.2 Verveeldheid 0.63 Leerhinderni

sse wat tot C12.7 Hiperkatiwitet 0.52 leerder­ wangedrag by-dra. C12.8 C12.9 Hongerte Portuurgroep-invloede 0.69 0.69 4.718 67% Variansie verklaar C12.10 Stadige akadamiese vordering 0.70

C12.11 Spanning by die leerder 0.70

Faktor 2 C12.3 Chroniese siekte 0.73

Fisiese geremd - en gestremdhe de wat tot leerder­ wangedrag bydra C12.4 C12.5 C12.6 Down-sindroom Disleksie Epilepsie 0.83 0.79 0.73 1.190 30% Variansie verklaar • Cronbach-aiphakoeffisient

Met betrekking tot die betroubaarheid van die vraelys as meetinstrument, word die Cronbach-aiphakoeffisient gebruik. Field (2005:668) noem dat die Cronbach- aiphakoeffisient groter as, of gelyk aan 0.7 moet wees om die betroubaarheid aan te dui. Die betroubaarheid van die faktore is die volgende:

• Faktor 1 bestaan uit 7 items (vrae C12.1; C12.2; C12.7; C12.8; C12.9; C12.10; C12.11 in die vraelys) met 'n Cronbach-aiphakoeffisient van 0.79 en is dus betroubaar;

• Faktor 2 bestaan uit 4 items (vrae C12.3; C12.4; C12.5; C12.6 in die vraelys) met 'n Cronbach-aiphakoeffisient van 0.80 en is dus betroubaar.

5.5.4.3 Die kenmerke van die leerder as bydraende faktor tot leerderwangedrag

• Faktor 1: Leerhindernisse as bydraende faktor tot leerderwangedrag

Faktor 1 word as leerhindernisse geklassifiseer na aanleiding van Mwamwenda (2004:481) se begripsomskrywing van leerhindernisse as "fisiese, emosionele, kognitiewe agterstande wat veroorsaak dat leerders nie 'n doelwit bereik nie.". In hierdie studie is fisiese, emosionele en kognitiewe kenmerke aan die groepe respondente voorgehou wat moes aandui of hulle met die kenmerke as bydraende faktore tot leerderwangedrag saamstem of verskil.

Die leerderresponse (vgl. Tabel 5.11(a) en Tabel 5.12(a)) dui die algemeenste leerder- kenmerke wat tot leerderwangedrag bydra, soos volg aan:

• spanning f n gemiddelde skaalwaarde van 2.68); • verveeldheid f n gemiddelde skaalwaarde van 2.45);

• aandagafleibaarheidsindroom f n gemiddelde skaalwaarde van 2.35); • stadige akademiese vordering f n gemiddelde skaalwaarde van 2.31); • hongerte f n gemiddelde skaalwaarde van 2.30);

• portuurgroepinvloede f n gemiddelde skaalwaarde van 2.28); en • hiperaktiwiteit f n gemiddelde skaalwaarde van 2.27.

Daarenteen word die gemiddelde skaalwaarde van die volgende algemeenste leerderkenmerke wat tot leerderwangedrag bydra, soos volg in die opvoederresponse aangedui (vgl. Tabel 5.11(b) en Tabel 5.12(b)):

• portuurgroepinvloede f n gemiddelde skaalwaarde van 3.23);

• stadige akademiese vordering f n gemiddelde skaalwaarde van 2.89); • hiperaktiwiteit f n gemiddelde skaalwaarde van 2.84);

• hongerte f n gemiddelde skaalwaarde van 2.50);

• aandagafleibaarheidsindroom f n gemiddelde skaalwaarde van 2.45); en • verveeldheid f n gemiddelde skaalwaarde van 2.39).

TABEL 5.11(a): Leerderresponse Faktor 1 : Leerhindernisse as bydraende faktor

PERSENTASIES '