• No results found

AFDELING C: FAKTORE WAT BYDRA TOT LEERDERWANGEDRAG

EMPIRIESE ONDERSOEK

FAKTOR 3 AGGRESSIE BY LEERDERS

5.5 AFDELING C: FAKTORE WAT BYDRA TOT LEERDERWANGEDRAG

Die doel van Afdeling C is om die mees algemene aspekte wat tot leerderwangedrag bydra, te bepaal. Die twee groepe respondente moes aspekte van die volgende kategoriee aandui wat 'n groot rol in leerderwangedrag kan speel:

• Kategorie 1: tendense in die gemeenskap; • Kategorie 2: skoolbestuur;

• Kategorie 3: die gesag van die opvoeder; en • Kategorie 4: kenmerke van die leerder.

Sekere manifestasies van die onderskeie kategoriee is aan die respondente voorgehou met die oog daarop dat hulle met behulp van 'n vierpunt- Likert-skaal moes aandui of hulle met die stellings met betrekking tot die bydrae van die aspekte op leerderwangedrag saamstem:

• 1 = verskil geheel en al; • 2 = verskil gedeeltelik; • 3 = stem in 'n mate saam; • 4 = stem geheel en al saam.

Daar is van die frekwensies en faktoranalise as meetinstrumente gebruik gemaak om die response van die leerder- en opvoederrespondente met mekaar te vergelyk. Die bevindinge oor die manifestasies wat tot leerderwangedrag bydra, word in die verskillende kategoriee bespreek.

5.5.1 KATEGORIE 1: Tendense in die gemeenskap as bydraers

tot leerderwangedrag

Die doel met hierdie kategorie was om sekere tendense in die gemeenskap wat tot leerderwangedrag bydra, te bepaal. Voorbeelde van algemene tendense in die gemeenskap (insluitend geweld en armoede), asook tendense in die familie (insluitend egskeiding en beide ouers wat hard moet werk) word ondersoek (vgl. par. 3.3.1.1; par 3.3.1.2).

5.5.1.1 Frekwensies

Soos vroeer genoem, dui frekwensie volgens Labuschagne en Eksteen (1995:191) die herhaaldelike voorkoms van 'n verskynsel aan. Twaalf verskynsels wat herhaaldelik in die gemeenskap voorkom en tot leerderwangedrag bydra, is aan die twee groepe respondente voorgehou. Die verskynsels het op die bree gemeenskap en die invloed van die ouers op

Daar is weer van 'n Likert-skaal as meetinstrument gebruik gemaak om die tendense in die gemeenskap as bydraers tot leerderwangedrag op die vraelys aan te dui. Die afleiers, wat die leerder- en opvoederrespondente se persepsie rakende die graad van die invloed van die tendense in die vraelys beskryf het, is:

• 1 = verskil geheel en al; • 2 = verskil gedeeltelik; • 3 = stem in 'n mate saam; • 4 = stem geheel en al saam.

Die data ten opsigte van die tendense in die gemeenskap wat in Tabelle 5.6(a) en (b) aangetoon word, is verfyn met die doel om 'n algehele beeld van die negatiewe en positiewe response van die leerderrespondente te verkry. Afleiers 1 ("verskil geheel en al") en 2 ("verskil gedeeltelik") wat in Tabel 5.6 gebruik is, is saamgevoeg om die nuwe afleier "verskil grootliks" te vorm, en afleiers 3 ("stem in 'n mate saam") en 4 ("stem geheel en al saam") van Tabel 5.6 is saamgevoeg om die nuwe afleier "stem grootliks saam" te vorm. Afleiers 1 en 2 van Tabel 5.6(a) en (c) verteenwoordig dus gesamentlik 'n negatiewe respons, terwyl afleiers 3 en 4 saam 'n positiewe respons aandui. Dieselfde prosedures i smet Tabelle 5.7(a) en (b) gevolg.

Die ware frekwensies en die oorsigtelike beeld van die kategorie met die nuwe afleiers word in Tabelle 5.6(a) en (b) en Tabelle 5.7(a) en (b) weergegee en aan die hand van die faktoranalise bespreek.

5.5.1.2 Faktoranalise

Soos vroeer reeds uitgewys, word faktoranalise deur Field (2005:676) omskryf as die identifisering van groepe veranderlikes wat aan mekaar verwant is. Die data in die vraelys word in faktore gegroepeer om 'n samehangende verband tussen die onderskeie data rakende die tendense in die gemeenskap en leerderwangedrag aan te toon.

Die data soos in Tabel 5.7 aangetoon, is in die volgende faktore ingedeel:

• Faktor 1: sosiale probleme in die gemeenskap wat bydra tot leerder- wangewangedrag;

Al die items van Afdeling C wat by die faktore ingedeel is, het met die faktoranalise 'n eiewaarde verkry. Dit dui volgens Oosthuizen en Van Staden (2007:369) die graad van die onderlinge verwantskap tussen elke item en leerderwangedrag. Field (2005:731) wys daarop dat die waarde van 'n item se belading groter as 0.70 moet wees om 'n sinvolle onderlinge verwantskap tussen die tendense in die gemeenskap en leerderwangedrag aan te toon.

Met die faktoranalise is die konstrukgeldigheid en die betroubaarheid van die vraelys se data ook ondersoek. Die bevindinge van die Kaiser-kriterium en die Cronbach- alphakoefisient word in Tabel A2 getoon.

Die Kaiser-kriterium is ook hier gebruik om die konstrukgeldigheid van elke faktor wat deur die faktoranalise geidentifiseer is, te bepaal. Leedy en Ormrod (2001: 98) voer aan dat konstrukgeldigheid persoonlikheidseienskappe meet wat nie direk sigbaar is nie, maar wat uit mense se gedragspatrone waargeneem kan word. In hierdie geval meet die Kaiser- kriterium die geldigheid van die tendense van die gemeenskap as moontlike bydraende faktore tot leerderwangedrag soos in die vraelys uiteengesit.

Field (2005:734) noem dat die eiewaardes van elke konstruk groter as 1 moet wees om te bewys dat daar 'n onderlinge verwantskap tussen al die tendense in die faktor is. In Kategorie 1 is daar twee faktore uit 12 items onttrek wat 43% van die totale variansie van die faktor omvat.

Die faktore se konstrukgeldigheid (vgl. Tabel A2) lyk soos volg:

• Faktor 1: sosiale probleme in die gemeenskap wat bydra tot leerderwangedrag ('n eiewaarde van 4.107; 34.22% variansie is verklaar);

• Faktor 2: ouers se invloed op leerders se gedrag ('n eiewaarde van 1.022; 8.51% variansie is verklaar).

Hieruit is dit duidelik dat daar meer variansie in Faktor 1 verklaar is as in Faktor 2. Daar is dus meer inligting uit Faktor 1 verkry.

Die kommunaliteite van die faktore wissel van 0.474 tot by 0,628. Beide faktore van die kategorie het 'n waarde groter as 1 en is dus geldig.

Tabel A2 dui die faktorindeling aan van tendense in die gemeenskap as bydraende faktor tot leerderwangedrag.

TABEL A2 Faktoranalise: Tendense in die gemeenskap

Faktore Item- nr. Vorm „ , ,. ,_. . % variansie Beladmgs Eiewaardes v e rk |aa r

FAKTOR1