• No results found

GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE

DETERMINANTE VIR DIE HANTERING VAN LEERDERWANGEDRAG

4.6 GEMEENREGTELIKE DETERMINANTE

Die gemenereg oefen ook 'n invloed uit op opvoeders se hantering van leerderwangedrag. Shaba et al. (2002:9) beskryf gemenereg as gewoontes wat as regsbeginsels erken word, omdat die samelewing die gewoontes as wetlik bindend aanvaar en wat dus dwarsoor die land afdwingbaar is.

4.6.1 Privaatregtelike status

Oosthuizen (2003:74) wys daarop dat ouderdom een van die faktore is wat die kind se regstatus bepaal. 'n Kind het van geboorte af regsbevoegdheid omdat hy die draer is van regte en verantwoordelikhede. Die regsbevoegdhede behels die volgende:

• handelingsbevoegdheid: dit is die bevoegdheid wat deur die reg aan 'n persoon toegeken word om regshandelinge, soos die ondertekening van 'n kontrak, uit te voer.

• verskyningsbevoegdheid: dit verwys na die ouderdom waarop 'n persoon bevoeg is om as eiser of verweerder voor die hof te kan verskyn.

• toerekeningsvatbaarheid: dit is die vermoe om verantwoordelik gehou te word vir on- regmatige dade. Ouderdom, volwassenheid en insig be'i'nvloed 'n kind se regs­ bevoegdhede.

Die graad van mense se handelingsbevoegdheid, verskyningsbevoegdheid en toere­ keningsvatbaarheid word aan die hand van drie ouderdomsgroepe bepaal wat die graad van hul regsbevoegdhede onderskei, naamlik die infans (0-7 jaar); die minderjarige (7-21 jaar) en die meerderjarige (21 jaar en ouer).

Davel (2000:1) meen dat die privaatregtelike status van kinders in die samelewing voortdurend verander. Deesdae word daar nie meer net op die kind se vermoens en verantwoordelikhede as regsubjek gefokus om 'n beslissing rakende 'n hofsaak met betrekking op kinders te maak nie. Onderskeid tussen kinders as slagoffers of misdadjgers en die verhoor van misdadigers word deur Davel (2000:14) as faktore vir die bepaling van

4.6.2 Reels van natuurlike geregtigheid

Die mees algemene gemeenregtelike beginsels wat die belange van die kind raak, is die reels van natuurlike geregtigheid. Die doel van reels van natuurlike geregtigheid is dat geregtigheid tussen twee subjekte of 'n subjek en die staat geskied. Die onderwyser, met sy gesagsposisie oor die leerder, word byvoorbeeld verplig om op billike en regverdige wyse teenoor die leerder wat horn aan leerderwangedrag skuldig maak, op te tree. Coet- zee (2008:208) definieer administratiewe handeling as gedrag van mense wat in gesagsposisies staan. Artikei 1 van die Promotion of Administrative Justice Act (SA, 2000) bepaal dat die volgende instansies of persone administratiewe regshandelinge verrig:

(a) an organ of state, when

exercising a power in terms of the Constitution or a provinciall constitution; orexercising a public power or performing a public function in terms of any legislation, or

(b) a natural or juristic person other than an organ of state, when exercising a public power or performing a public function in terms of an empowering provision, which adversely affects the rights of any person and which has a direct legal effect.

Coetzee (2008:208) kom tot die volgende konklusie:

• skole word volgens artikei 239 van die Grondwet (SA, 1996(a)) as staatsor- gane beskou;

• dus verrig skole administratiewe handelinge wanneer hulle 'n openbare funksie vervul;

• opvoeders as natuurlike regspersone verrig dus ook administratiewe handelinge in die klaskamer.

Administratiewe handelinge word in Artikei 33 van die Grondwet (SA, 1996(a)) soos volg beskryf:

33. (1) Everyone has the right to administrative action that is lawful, reasonable and procedurally fair.

(2) Everyone whose rights have been adversely affected by adminis­ trative action has the right to be given written reasons.

(3) National legislation must be enacted to give effect to these rights, and must—

(a) provide for the review of administrative action by a court or, where appropriate, an independent and impartial tribunal; (b) impose a duty on the state to give effect to the rights in

subsections (1) and (2); and (c) promote an efficient administration.

Rossouw (2004:20) bring hierdie bepaling in verband met die reels van natuurlike geregtigheid. Daarom moet die leerder se gedrag ooreenkomstig die omstandighede waaronder hy opgetree het, voortdurend in aanmerking geneem word. Met behulp van die

audi alteram partem-beginsel ("hoor die ander kant aan") poog die opvoeder om tydens en

na wangedrag met billikheid en regverdigheid op te tree. Deur die toepassing van hierdie reel word die dissiplinere optrede teen wangedrag korrek hanteer.

Oosthuizen (2003:52) som die vereistes van natuurlike geregtigheid so op:

• die persoon moet in kennis gestel word van die dissiplinere optrede wat teen horn beoog word;

• 'n redelike tyd moet aan die persoon toegestaan word om voor te berei;

• die persoon kan sy saak skriftelik uiteensit in plaas daarvan om voor die dissiplinere komitee te verskyn;

• die Grondwet (SA, 1996(a)) maak voorsiening daarvoor dat die persoon regsver- teenwoordiging kan kry indien hy dit so verkies;

• die Grondwet (SA, 1996(a)) laat ruimte toe vir kruisondervraging;

• ingevolge die Suid-Afrikaanse gemenereg bestaan daar nie die reg op 'n openbare verhoor nie; en

• die aanhoor van 'n minderjarige geskied in camera, behalwe in gevalle waar wet- gewing anders besluit.

Vervolgens word daar twee hofsake bespreek waar partye se reg op billike adminis- tratiewe optrede ter sprake gekom het.

Van Biljon v. Crawford and Others

'n Voorbeeld van waar 'n leerder die hoof aangekla het vir onbillike administratiewe optrede is in die saak van Francois Van Biljon v. Neil R. Crawford, Grey Boys High School, MEC for Education, Eastern Cape Provincial Government, Minister of Education South Eastern Cape (Case No. 475/2007).

Francois van Biljon het 'n saak aanhangig teen die hoof gemaak nadat die hoof sy prefektebalkie en skooldas van horn weggeneem het. Die leerder het saam met 'n medeleerder "kripnotas" in die eksamenlokaal ingeneem en is op heterdaad betrap. Van Biljon en die medeleerder sou die volgende jaar (2006) prefekte wees. In 'n brief aan Van Biljon se pa het die hoof aangevoer dat hy die prefektebalkie en das van die leerder gaan wegneem, omdat oneerlikheid in 'n eksamen nie by die hoe morele standaarde van 'n

prefek pas nie.

Die regter het in die guns van die hoof beslis en aangevoer dat die hoof volgens die SA Skolwet (SA, 1996(c) en sy diskresionere gesag mag besluit of hy 'n persoon gaan aanstel om die saak te ondersoek en op so 'n wyse 'n dissiplinere proses in werking laat tree. Waarnemende regter Van der Byl se laaste woorde oor die saak was:

It is in my view quite apparent from the foregoing that certain offences which do not require suspension or expulsion, may be dealt with in an informal manner as has been done in this case.

Volgens Oosthuizen en Rossouw (2008:123) hou hierdie hofsaak die volgende implikasies vir die hantering leerderwangedrag in:

• dit is onmoontlik om dissiplinere verhore vir elke soort vorm van leerder­ wangedrag waaraan die leerders hul skuldig maak, te hou;

• 'n leerder se reg op onderrig is in die geval moontlike skorsing of uitsetting in die weegskaal;

• in die geval van moontlike skorsing en uitsetting is 'n volledige dissplinere ondersoek van uiterste belang; en

• daar moet in aanmerking geneem word dat openbare funksie wat die hoof moet vervul, horn die gesag gee om besluite met betrekking tot die hantering van leerderwangedrag te neem.

Governing Body, Tafelberg School v. Head of Cape Education Department

Die Beheerliggaam van Tafelbergskool (applikant) het 'n saak teen die Hoof van die Departement van Onderwys in die Kaap (respondent) gemaak in Governing Body, Tafel-

berg School v. Head of Cape Education Department 2000(1) SA 1209 C. Die Onder­

wysdepartement het 'n besluit oor moontlike uitsetting geneem sonder om die Beheer- liggaam se kant van die saak aan te hoor.

'n Veertienjarige leerder van n remedierende skool het die hardeskyf van die skool se rekenaar gesteel. Die leerder het die volgende dag erken dat dit hy was wat die rekenaar gesteel het en dat hy ook verstaan dat dit diefstal en dus onwettig. Met die dissiplinere verhoor is daar op uitsetting van die leerder besluit. n Voorstel van uitsetting is volgens Artikel 9 van die SA Skolewet (SA, 1996(c)) aan die hoof van die Onderwysdepartement deurgegee. In hierdie geval het die pa van die leerder n brief aan die Onderwys­ departement geskryf om sy seun se saak te stel. Die hoof van die Onderwysdepartement het die leerder op grond van die pa se brief voorwaardelike toestemming gekry om weer terug skool toe te gaan.

Volgens die Beheerliggaam is die hoof van die Onderwysdepartement se besluit deur die brief be'i'nvloed sonder dat die Beheerliggaam sy kant van die saak kon stel. Die Hof het in die guns van die applikant beslis op grond van die volgende redes:

• die respondent is moontlik deur die brief be'i'nvloed;

• die besluit van die respondent soos uiteengesit in die brief aan die applikant is tersyde gestel;

• die saak word terug na die respondent verwys sodat hy sy beluit rakende uitsetting kan heroorweeg; en

• die respondent moes die onkostes van die saak dra.

Ten opsigte van hierdie saak stel Oosthuizen en Rossouw (2008:127) dat dit dus belangrik vir skoolhoofde is om ingelig te wees oor skorsing en uitsetting asook die identifisering van verkeie vorme van kriminele oortredings en die verloop van die dissiplinere proses.

4.7 SAMEVATTING

Hoofstuk 4 het op die Onderwysregtelike determinante as grondslag in die menseregte- kultuur by skole gefokus. Die volkeregtelike determinante, die Grondwet, wetgewing en die gemenereg wat van toepassing is op die onderwys en in besonder die hantering van leerderwangedrag, is bespreek en met regspraak (hofsake) toegepas.

Hoofstuk 5 verduidelik die navorsingsproses van hierdie studie en bespreek die bevindinge van die empiriese ondersoek

HOOFSTUK 5