• No results found

Afstand tussen skool en huis Naby(< 5 km) 304 41.19 2 Ver (>5km) 434 58.81

EMPIRIESE ONDERSOEK

6 Afstand tussen skool en huis Naby(&lt; 5 km) 304 41.19 2 Ver (&gt;5km) 434 58.81

NR V R A A G RESPONS f /o RANGORDE

7 Samestelling van familie Beide ouers, broer(s) / suster(s) 314 48.31 1 Beide ouers, geen broer(s) / suster(s) 94 14.46 3 Ma, en broer(s) / suster(s) 172 26.46 2 Pa, en broer(s) / suster(s) 45 6.92 4 Leerder as ouer vir broer(s)

en/suster(s) 25 3.85 5 8 Broodwinner (s) in die huis Pa het 'n werk JA 459 72.86 1 Pa het 'n werk NEE 171 27.14 6 Ma het 'n werk JA 424 63.28 2 Ma het 'n werk NEE 246 36.72 5 Beide ouers werk JA 319 55.96 3 Beide ouers werk NEE 251 44.04 4

f = frekwensie (getal respondente in betrokke kategorie)

% = persentasie uit getal respondente wat vraag beantwoord het.

Die bevindinge soos vervat in Tabel 5.1 word vervolgens bespreek.

■ Tema 1: Biografiese inligting van die leerderrespondent

• Geslag:

Volgens Tabel 5.1 het 52.82% dogters (384 leerderrespondente) en 46.91% seuns (341 leerderrespondente) aan die studie deelgeneem. Meer dogters as seuns was dus by die studie betrokke.

• Graad en ouderdom:

Die leerderrespondente wat aan die studie deelgeneem het, was almal in Graad 9, alhoewel hulle ouderdomsgewys van mekaar verskil het (vgl. Vraag 3). Net 34.39% leerders wat aan die studie deelgeneem het, is op die normale ouderdom van 15 jaar in Graad 9. 'n Moontlike rede vir die verskil van ouderdomme kan moontlik die stadige aka- demiese vordering van die leerders wat aan die studie deelgeneem het, toegeskryf word (vgl. Vraag 3 van Tabel 5.1(a)).

Die feit dat daar Graad 9-leerders is wat tussen 17-21 jaar oud is (vgl. Vraag 3), kan kommerwekkend wees. Volgens die rangorde van Tabel 5.1(a) is 40% van die populasie ouer as 15 jaar. Uit die syfers kan afgelei word dat leerders die kurrikulum oor en oor herhaal. 'n Moontlike rede vir hierdie verskynsel is die feit dat leerders se kognitiewe

vermoens nie op die verlangde vlak van 'n gemiddelde Graad 9-leerder is nie (vgl. par. 3.3.2.1)

• Moedertaal:

Aangesien moedertaalonderrig (vgl. Vraag 4) 'n aktuele kwessie in Suid-Afrika is, is daar gepoog om die mees algemene taal wat by die huis gepraat word, te bepaal. 'n Op- merklike verskynsel met betrekking tot moedertaal van die leerderrespondente wat in die studie voorgekom het, is die diskrepansie tussen die tale wat by die huis gepraat word en die taal waarin die kinders onderrig ontvang. Alhoewel die oorgrote meerderheid leerder­ respondente se moedertaal volgens Tabel 5.1 onderskeidelik Setswana en Afrikaans is, word Engels by die meeste leerderrespondente se skole as amptelike taal aangewend (vgl. Tabel 5.1). Soos Tabel 5.3 aandui, was slegs 3,57% van die leerderrespondente se moedertaal Engels.

• Tema 2: sosio-ekonomiese omstandighede van die leerder:

Die sosio-ekonomiese omstandighede word in die volgende aspekte ingedeel: • die ligging van die leerder se woonplek(vraag 5-6);

• die leerder se huislike omstandighede.(vraag 7-8).

Ligging:

Met betrekking tot die woongebied waarin die leerderrespondente bly (vgl. Vraag 5 van Tabel 5.1), kan mens die leerderrespondente in twee groepe indeel. Die eerste groep bestaan uit die leerderrespondente wat in die dorp en stad woon. 'n Persentasie van 73.09 respondente het aangedui dat hulle in die stedelike gebied (voorstedelik ingesluit) woon. Die tweede groep bestaan uit die leerderrespondente wat in die landelike gebied woon. Dit sluit 'n informele nedersetting in en waarskynlik het sekere leerderrespondente hulle voorheen benadeelde woongebied (Promosa, Mohadin en Ikageng) as "landelik" ge'i'nter- preteer (vgl. Vraag 5). 'n Persentasie van 26.77 van die leerderrespondente het aangedui dat hulle in bogenoemde gebiede woon.

Die woongebiede in die landelike gebied is soms ver van die skole gelee. Leerder­ respondente moes in Vraag 6 van Tabel 5.1 aandui of hulle naby (dit wil se 5 km of nader) of ver (5 km of verder) van die skool af woon. 'n Persentasie van 58.81 van die leerder­ respondente woon ver van die skool af. Die minderheid (41.19% leerderrespondente) het aangetoon dat hulle 5 km of nader aan die skool woon. Uit die gegewens van Tabel 5.1

blyk dit dat daar meer leerderrespondente in die Potchefstroom-distrik wat ver van hul skole af woon as die wat in die dorp en die stad bly.

Die afstand tussen die leerder se huis en die skool is 'n moontlike rede waarom leerderrespondente laat opdaag by die skool (vgl. Tabel 5.1) Die meeste skole in die landelike gebied word as voorheen benadeelde skole beskou. Die rede waarom ingegaan is op die huislike omstandighede was om die rol van die ouer in die leerder se lewe en die implikasie daarvan vir leerderdissipline te ondersoek. Die vrae in die vraelys het veral op die volgende gekonsentreer:

• samestelling van die familie (Vraag 7); en • wie in die gesin die broodwinner is (Vraag 8)

Vanuit Tabel 5.1 blyk dit dat 62.77% van die leerderrespondente nog albei hul ouers het wat vir hulle sorg. 'n Persentasie van 14.46 van die leerderrespondente het geen broers of susters nie. Met betrekking tot enkelouergesinne het 33.38% van die leerderrespondente aangetoon dat hulle deel van 'n enkelouergesin uitmaak. 'n Persentasie van 26.46 van die leerderrespondente het aangedui dat hulle by hul moeder en broers/susters woon. Daaruit kan afgelei word dat hierdie groep leerderrespondente nie 'n vader-figuur in hul lewe het nie. Tabel 5.1 het ook uitgewys dat daar wel leerderrespondente is wat as die "ouer" met hul broer(s)/suster(s) saamwoon.

Met betrekking tot die bepaling van wie die broodwinner in die huisgesin is, blyk dit uit Tabel 5.1 dat daar gevalle is waar beide ouers van leerders tot laat werk, en wel in die geval van gemiddeld 55.96% van die leerderrespondente. Wat moontlik 'n negatiewe effek op leerders kan he, is die feit dat ouers waarskynlik nie geleentheid het om betrokke te raak by die leerder se skoollewe nie (vgl. par.3.3..1.2).

5.3.2 Biografiese- en demografiese inligting van die

opvoederrespondente

Afdeling A van die vraelys vir die opvoederrespondente het ten doel om die biografiese inligting van die opvoederrespondente te bepaal. Die volgende temas kom in die opvoe- derresponse voor:

Tema 1: Die biografiese inligting van die opvoeder (Vrae 2-4): • geslag;

• ouderdom;en • moedertaal.

Tema 2: Beroepsverwante inligting (Vrae 1, 5-8): onderwyservaring;

hoogste kwalifikasie van die opvoeder;

by watter tipe skool die opvoeder tans onderrig gee;

die taal wat deur die meerderheid leerders gepraat word; en die graad wat die opvoeder tans onderrig.

Biografiese inligting wat van die opvoederrespondente verkry is, word in Tabel 5.2 weer- gegee.

TABEL 5.2 Biografiese en demografiese inligting van die opvoederrespodente

VRAAG RESPONS RANGORDE

1 Onderwyservaring 0-5 jaar 6-10 jaar 11-15 jaar 16-20 jaar 21+jaar 3 3 6 6 11 10.34 10.34 20.69 20.69 37.93 3 3 2 2 1 2 Geslag Ouderdom Manlik Vroulik 22 en jonger 2 3 - 3 0 3 1 - 4 0 4 1 - 5 0 5 1 - 6 0 6 1 - 6 5 17 12 0 1 g 10 8 0 58.62 41.38 0 3.57 32.14 35.71 28.57 0 1 2 0 4 2 1 3 0 4. Moedertaal Afrikaans English Setswana isiXhosa 8 6 10 4 28.57 21.43 35.71 14.29 2 3 1 4

NR VRAAG RESPONS f % RANGORDE

5 Hoogste kwalifikasie Matriek 0 0 0