• No results found

KATEGORIE 3: Gesag van die opvoeder as invloed op leerderwangedrag

EMPIRIESE ONDERSOEK

TOR 2 SKOOLSTRUKTURE AS 'N BYDRAENDE FAI WANGEDR AG

5.5.3 KATEGORIE 3: Gesag van die opvoeder as invloed op leerderwangedrag

Hierdie kategorie oor die gesag van die opvoeder het ten doel om te bepaal hoe eienskappe van opvoeders as 'n aspek van gesag tot leerderwangedrag bydra. Eienskappe wat die bevoegdheid van die opvoeder bepaal, asook eienskappe wat sy/haar ingesteldheid bepaal, is ondersoek.

5.5.3.1 Frekwensies

Die groepe respondente moes met behulp van 'n vierpunt- Likert-skaal die frekwensie van sekere eienskappe van die opvoeder wat 'n effek op leerderwangedrag mag he, aandui deur een van die volgende afleiers te kies:

• 1 = verskil geheel en al • 2 = verskil gedeeltelik • 3 = stem in 'n mate saam • 4 = stem geheel en al saam

By die verdere interpretasie van die data van hierdie tabel word afleiers 1 ("verskil geheel en al") en 2 ("verskil gedeeltelik") van Tabel 5.10(a) en (b) saamgevoeg om die nuwe afleier "verskil grootliks" te word en afleiers 3 ("stem in 'n mate saam") en 4 (vgl. Tabel 5.10(a) en (b)) ("stem geheel en al saam") saamgevoeg om die nuwe afleier "stem grootliks saam" te word. Afleiers 1 en 2 van Tabel 5.10(a) en (b) verteenwoordig gesamentlik 'n negatiewe respons terwyl afleiers 3 en 4 saam 'n positiewe respons verteenwoordig.

Die data ten opsigte van die eienskappe van die opvoeder, soos in Tabelle 5.10(a) en (b) weergegee, is verder verwerk met die doel om 'n algeheie beeld van die negatiewe en positiewe response rakende die gesag van die opvoeder van die leerderrespondente te verkry.

5.5.3.2 Faktoranalise

Die data van die frekwensietabel (vgl. Tabelle 5.10(a) en (b)) is verwerk deur middel van die faktoranalise-tegniek wat volgens Field (2005:731) verbande met een of meer veranderlikes in die vraelys identifiseer. Die vrae in die vraelys is in faktore gegroepeer om

'n samehangende verband tussen die onderskeie data met betrekking tot die aspekte van die gesag van die opvoeder as bydraer tot leerderwangedrag te verkry. Een faktor is deur middel van die faktoranalise ge'i'dentifiseer, naamlik die opvoeder as gesagsfiguur (vgl. Tabel A4).

Die graad van die onderlinge verwantskap tussen die onderskeie items van die vraelys word deur 'n belading wat aan elke item deur middel van faktoranalise toegeken is, bepaal.

Field (2005:668) noem dat die aanvaarde belading van 'n item groter as 0.70 moet wees om 'n onderlinge verwantskap met die item en leerderwangedrag in die studie aan te toon.

Met die faktoranalise is die konstrukgeldigheid van die faktore asook die betroubaarheid van die vraelys se data bepaal en word vervolgens bespreek.

• Kaiser-kriterium

Die konstrukgeldigheid van die enkele faktor is getoets na aanleiding van die kaiser- kriterium wat volgens Field (2005:633) bepaal dat die eiewaardes van elke faktor of konstruk groter as 1 moet wees om te bewys dat die faktor geldig is.

Een faktor, naamlik die gesag van die opvoeder (met 'n eiewaarde van 3.150), is met hierdie ondersoek uit 9 items in die kategorie onttrek wat 35% van die totale variansie van die faktor omvat. Die kommunaliteite van die faktor wissel van 0.349 tot 0.403. Die faktore in die kategorie het 'n waarde groter as 1 en is dus geldig (vgl. Tabel A4).

TABEL A4 Faktor-analise : Die gesag van die opvoeder as bydraende faktor tot leerderwangedrag

FAKTORE ITEMNR BYDRAENDE FAKTOR BELADING EIE

WAARDES

% VARIANSIE VERKLAAR

Faktor 1 12.1 Stel nie grense vir leerders 0.56 Die gesag van

die opvoeder as bydraende

12.2

nie.

Kom onvoorbereid skool toe. 0.60

faktor van leerderwan­ gedrag

12.3 Min opvoeders kan as rolmo- delle dien

0.50

12.4 Nie toegerus vir die handha- wing van dissipline nie.

0.64

12.5 Ondervind probleme met kurrikulum.

0.59

3.150 35% variansie is verklaar 12.6 Onkonsekwent met dissipli-

nemetodes

0.61

12.7 Ondervind probleme met opvoeder en-leerderverhou- dinge

0.62

12.8 Maak homself skuldig aan leerderwangedrag.

0.61

12.9 Onseker opvoeders het 'n effek op leerderwangedrag

0.59

• Cronbach-alphakoeffisient

Met betrekking tot die Cronbach-alphawaarde wat die betroubaarheid van die vraelys as meetinstrument bepaal, noem Fields (2005:668) dat Cronbach-alphawaarde groter as, of gelyk aan 0.7 moet wees om die betroubaarheid aan te dui. Die betroubaarheid van Kategorie 3 kan soos volg beskryf word:

• Faktor 1 bestaan uit 9 items (Vraag 12.1 tot Vraag 12.9 in die vraelys) met Cronbach-alphakoeffisient van 0.77 en die data is dus betroubaar.

5.5.3.3 Die opvoeder as gesagspersoon as bydraende faktor tot leerderwangedrag

Faktor 1: Die opvoeder as 'n gesagspersoon

Faktor 1 kan omskryf word as die eienskappe van die opvoeder wat die opvoeder se gesag affekteer en wat moontlik sodoende leerderwangedrag veroorsaak. Volgens die leerderresponse (vgl.Tabel 5.10(a)) manifesteer die volgende algemeenste eienskappe van die opvoeder in die klaskamer wat die gesag van die opvoeder affekteer:

• daar is baie min opvoeders wat as rolmodelle dien f n gemiddelde skaalwaarde van 2.59);

• onseker opvoeders het 'n effek op leerders se gedrag ('n gemiddelde skaalwaarde van 2.55);

• opvoeders ondervind probleme met die opvoeder-leerderverhouding ('n gemiddelde skaalwaarde van 2.50);

• opvoeders is inkonsekwent met hul dissiplinemetodes ('n gemiddelde skaalwaarde van 2.38);

• opvoeders ondervind probleme met die kurrikulum f n gemiddelde skaalwaarde van 2.36); en

• opvoeders maak hul skuldig aan wangedrag f n gemiddelde skaalwaarde van 2.22).

Alhoewel die aspekte van die opvoeder as gesagspersoon wat tot leerderwangedrag bydra in die leerder- en opvoederrespondente in dieselfde faktore bly, verskil die gemiddelde skaalwaarde (dit is die Likert-skaal van 1-4) vir die leerder- en opvoederresponse. Die frekwensie-analise van die opvoederresponse (vgl. Tabel 5.10(b)) het getoon dat hulle meen dat die volgende eienskappe van die opvoeder tot leerderwangedrag bydra:

• opvoeders ondervind probleme met die kurrikulum f n gemiddelde skaalwaarde van 2.83);

• onseker opvoeders het 'n effek op leerders se gedrag f n gemiddelde skaalwaarde van 2.69);

• opvoeders is inkonsekwent met hul dissiplinemetodes f n gemiddelde skaalwaarde van 2.54);

• opvoeders ondervind probleme met die opvoeder-leerderverhouding f n gemiddelde skaalwaarde van 2.28);

• opvoeders stel nie vir leerders grense nie ('n gemiddelde skaalwaarde van 2.24); • opvoeders is nie toegerus om dissipline te handhaaf nie f n gemiddelde skaalwaarde

van 1.97); en

• daar is baie min opvoeders wat as rolmodelle dien f n gemiddelde skaalwaarde van 1.97).

TABEL 5.10(a) Leerderresponse: Faktor 1 :

Die gesag van die opvoeder as bydraende faktor

LEERDERRESPONSE PERSENTASIES