• No results found

WANGEDRAG IN SUID-AFRIKAANSE SKOLE

3.3.1 Eksterne determinante

Vir doeleindes van hierdie studie word die volgende faktore as vorme van die eksterne determinante bespreek.

samelewingsverwante faktore; • skoolverwante faktore; en • ouerverwante faktore.

3.3.1.1 Samelewingsverwante faktore

Samelewingsverwante faktore, dit wil se politieke, ekonomiese en maatskaplike toestande in die Suid-Afrikaanse samelewing, speel 'n groot rol in die manifestering van leerder­ wangedrag in skole.

Toestande in die samelewing wat leerders moontlik eerstehands kan ervaar en wat ver- volgens bespreek word, is die volgende:

• politieke toestande in die samelewing; en • ekonomiese en maatskaplike toestande.

Politieke toestande in die samelewing

Curwin en Mendler (1988:2) voer aan dat geweld in die samelewing een van die eksteme faktore is wat tot leerderwangedrag in die skool kan lei. Van Rensburg (1999:6) voer aan dat Suid-Afrika uit politieke geweld gebore is. Deelname aan oorloe en opstande soos die twee Wereldoorloe, die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) en Sharpeville (1960) is 'n bewys hiervan. Suid-Afrika was ook by die politieke stryd van Zimbabwe (die destydse Rhodesie), Angola, Mosambiek betrokke, wat 'n groot invloed op Suid-Afrikaners gehad het. Suid- Afrikaanse skole is met die Soweto-opstande in 1976 as 'n instrument gebruik om in op- stand te kom teen die politieke toestande van daardie tyd.

Volgens De Villiers (1997:76) blyk dit dat die historiese kultuur van geweld tot gevolg gehad het dat leerders geleer het om hul probleme deur middel van aggressie en geweld in die skool te hanteer. Stravrou (1993:3) meen dat leerders wat in hul gemeenskappe aan geweld blootgestel word, hulle ook in die skool tot geweld sal wend. Die implikasie van sodanige situasie op die leer-/skoolomgewing behels dat leerders hul medeleerders die reg op sekuriteit en vryheid (volgens artikel 12 van die Grondwet (SA, 1996(a)) asook hulle reg op onderwys (volgens artikel 29 van die Grondwet (SA, 1996(a)) ontse.

Ekonomiese en maatskaplike toestande

Ekonomies-maatskaplike tendense wat pertinent in Suid-Afrika voorkom en tot leerderwangedrag kan bydra, is onder meer armoede en ongelyke behandeling in his- tories-benadeelde gemeenskappe.

Armoede word volgens Woolard (2002:2) beskryf as: voedselgebrek, werkloosheid, uit- buiting, gebrek aan toegang tot water, sanitasie, gesondheidsdienste en skole. Burton (2006:2) meld dat een uit elke twee Suid-Afrikaners onder die broodlyn leef en dat 26,7% van die Suid-Afrikaanse bevolking werkloos is. Vyf en veertig tot nege en veertig persent van die Suid-Afrikaanse bevolking verdien volgens Steyn, et al. (2003:59) 'n inkomste van R353 per volwassene per maand. Moeilike ekonomiese omstandighede kan 'n effek op leerders he.

Burnett (1998:789) stel dat leerders wat in armoedige gemeenskappe bly, dikwels geweld as laaste uitweg sien:

People that are exposed to chronic poverty often have less resources or mechanisms which could be employed to exercise control over their lives, while violence seems to be effective and one of the few options.

Winkley (1996:3) noem dat leerders emosionele probleme kan ervaar as gevolg van werkloosheid by die ouers, die gaping tussen mense van die voorheen benadeelde en voorheen bevoordeelde gemeenskappe, asook dakloosheid. Ten opsigte van die leerders se fisiese behoeftes meen Porteus et al. (2002:93), dat hongerte en dors en 'n gebrek aan genoeg rus by leerders kan meebring dat hulle in die klas onverantwoordelik optree.

Mwamwenda (2004:275) voer aan dat die ouers se ekonomiese omstandighede gevolglik kan meebring dat leerders moontlik van die skool af wegbly om te werk ten einde die gesin te onderhou.

3.3.1.2 Ouerverwante faktore

Ouerverwante faktore dui op alle aspekte wat van toepassing is op die ouer en wat 'n groot rol in die lewe van die leerder speel. Steyn, et al. (2003:229) verklaar dat die ouers die primere rol in 'n kind se opvoeding speel. Die volgende aspekte waarin die ouer 'n rol speel, is volgens Gouws et al. (2000:69) belangrik vir die ontwikkeling van die kind:

• die omgewing wat die ouer vir die kind skep; • die ouer as 'n persoon;

• die interaksie tussen die ouer en die kind; en • die wyse waarop die ouer die kind dissiplineer.

Vir Mentz et al. (2003:398) speel die ouer op die volgende twee terreine 'n rol in die kind se lewe:

• die ouerhuis, waar die ouer die kind moet begelei; en

• die skool, waar die ouer deur betrokkenheid by die skool, die kind van doeltreffende onderrig kan voorsien.

Die ouerhuis

Rossouw (2003:426) het bevind dat ouers indirek op die volgende wyses tot leerder­ wangedrag bydra:

• disfunksionele huise (dit wil se faktore soos armoede, ongeletterde ouers wat nie belang stel nie en HIV/Vigs);

• gebrekkige sorg oor die sosio-ekonomiese grense heen veroorsaak dat leerders aandag soek deur hulle skuldig te maak aan wangedrag (vgl. par. 3.3.1.1).

Winkley (1996:93) se verklaring vir leerderwangedrag sluit ook die feit in dat die meeste leerders wat hulle aan leerderwangedrag skuldig maak, leerders is wat vanuit gebroke en disfunksionele huise kom en moontlik gekenmerk word deur:

• afwesige ouers (in die meeste gevalle afwesige pa's); • egskeidings;

• 'n gebrek aan liefde in die gesin; • inkonsekwente opvoeding; of • 'n gebrek aan rolmodelle.

Mabitla (2006:19) beweer dat die leerders wat van gebroke en disfunksionele families kom en wat die kwesbaarste is, deel is van enkelouergesinne waar sterfte of egskeiding voorgekom het, en 'n ongetroude enkelouer het. Hierdie leerders is volgens Mabitla (2006:19) 'n risiko ten opsigte van aggressie omdat hulle meer verwerping, onverskilligheid en vyandigheid ervaar.

Genoemde kenmerke kan nie anders as om die familieverhoudinge of negatief of positief te be'fnvloed. Die negatiewe vorme wat die ouers se interaksie met die kind met betrekking tot dissipline kan aanneem, word deur Winkley (1996:92) beskryf as hoe aggressievlakke of 'n apatiese en onbetrokke houding teenoor die kind. Die negatiewe interaksie tussen ouer en kind kan die kind se fisiese en geestelike gesondheid be'i'nvloed en, volgens Repetti et al. (2002:332), 'n negatiewe effek op die kind se gedrag in die skool he. Mabitla (2006:19) voeg by dat streng dissiplinepraktyke aggressiewe gedrag by die leerder kan ontwikkel.

Mwamwenda (2004:275) toon aan dat kinders wat nie liefde en sorg ontvang nie, hul respek vir hul ouers sal verloor. Die gebrek aan respek word op ander vorme van gesag wat oor hulle aangestel is, oorgedra, met die gevolg dat leerders klasreels maklik sal ignoreer en dit selfs sal oortree. Sommige leerders, aldus Mabitla (2006: 22), sal hul pa as hul rolmodel en voorbeeld gebruik en ook alkohol en dwelms by die skool gebruik en dog- ters by die skool mishandel of rebelleer teen gesag ter wille van erkenning of uit vrees van ander leerders.

Die skool en die ouer se betrokkenheid.

Pienaar (2003:8) het bevind dat die ouers e betrokkenheid by die leerder by die huis sowel as die skool 'n noodsaaklike skakel in die ketting is wanneer dit neerkom op die hantering van dissipline en die leerhandeling in die klaskamer. Moontlike aktiwiteite by die skool waar 'n ouer betrokke kan raak is:

• die opstel van die skool se gedragskode; • die bywoning van oueraande;

• die leerder se huiswerk, opdragte en projekte; en

• aktiwiteite van die Beheerliggaam van die skool en daardeur ook by die dissi- plinere prosedures van leerderwangedrag.

in die swak opkoms by oueraande, beperkte betrokkenheid by insamelingsprojekte, weerstand om skoolfonds te betaal en gebrek aan belangstelling by die leerders se skoolwerk. Addisionele faktore wat volgens Mestry en Grobler (2007:177) die ouer- betrokkenheid verder kortwiek, is die negatiewe kommunikasie van die skool met die ouers en onopgeleide opvoeders wat nie weet hoe om na die ouers uit te reik nie.

3.3.1.3 Skoolverwante faktore

Skoolverwante faktore behels die bestuur van 'n skool as 'n organisasie. Gesien vanuit 'n regsperspektief, dui Roos (2003(a):509) aan dat die skool as 'n staatsorgaan 'n openbare funksie ingevolge wetgewing verrig. Verantwoordelikhede van die beheerliggaam, aldus Roos (2003(a):509) sluit die volgende in:

• bevordering van die beste belange van die skool; • voorsiening van effektiewe onderrig;

• ondersteuning aan die hoof, opvoeders en personeel in hul professionele hoedanigheid;

• die administrasie en beheer van die skool se eiendom; en • die ingebruikneming van die gedragskode.

Maboe (2005:65) verklaar dat wetgewing in die vorm van die Suid-Afrikaanse Grondwet (SA, 1996(a)) die beheerliggaam bemagtig om die dissipline by die skool te handhaaf. Een van die funksies van die beheerliggaam volgens art. 8(1) van die Suid-Afrikaanse Sko- lewet (SA, 1996(c)) is om 'n gedragskode op te stel en toe te pas, nadat daar met die leerders en ouers gekonsulteer is.

As 'n Beheerliggaam nie hulle plig in hierdie opsig nakom nie, word daardie pligversuim 'n skoolverwante determinant van leerderwangedrag.