• No results found

DIE WESENSAARD VAN DISSIPLINE

2.2 DIE HISTORISITEIT VAN DISSIPLINE

2.2.2 Die Moderne opvoeding

2.2.2.1 D i e 1 8 d e e e u

Die eerste helfte van die 18de eeu, volgens Wilds en Lottich (1970:283), word deur twee denkrigtings gekenmerk: die ontwikkeling van formele dissipline en die verdediging van die rede, ook genoem Rasionalisme.

• Formele Dissipline

Formele dissipline het ontstaan om die klassieke Humanisme teen die Realisme te verdedig. Die uiteindelike doel, naamlik die ontwikkeling van persoonlikheid is volgens Wilds en Lottich (1970:287) in bree trekke omskryf. Die kultivering van die hele mens het die morele, fisies en psigiese vlakke ingesluit. Die doelwit van die formele dissipline was die tot stand bring van oefeninge en dissipline om die verstand te ontwikkel, die liggaam

doel op as verstandelike dissipline waardeur die fokus op die inwin van kennis in plaas van op die inhoud self geplaas is.

John Locke (1632-1704), 'n teenstander van die Rasionalisme, het volgens Cooney, Cross en Trunk (1993:51) 'n groot bydrae gelewer tot persepsies oor straf. Locke voer aan:

Of all the men we meet with, nine parts of ten are good or evil, useful or not, by their education. The little, or almost insensible, impressions on our tender infancies, have very important and lasting consequences.

Mayer (1973:232) noem dat Locke redenering bo liggaamstraf vir leerders gekies het. Volgens Locke moet hulle dit nie ontse word om foute te begaan nie, maar moet daar op 'n eenvoudige wyse wat by hul ouderdom pas, aan hulle verduidelik word dat hulle verkeerd opgetree het.

Daarteenoor beskryf Wilds en Lottich (1970:293) die nadeel van die beweging ten opsigte van die dissipline wat toegepas is. Die opvoeders het op 'n streng en gebiedende wyse gesag uitgeoefen. Lyfstraf is gereeld vir die kleinste oortreding en tekortkoming toegepas.

• Die Rasionalisme

'n Elite-minderheidsgroep het ontstaan wat Rasionalisme as opvoedingsdoel aangehang het. Die doelstelling van die Rasionalisme was om die emansipasie van die mens finaal te verseker deur hom/haar te onthef van alle gesag - die staat, samelewing en kerk asook op alle lewensterreine waar die menslike verstand as die enigste gesag beskou is. Hierdie Rasionalistiese beweging het gelei tot 'n reaksie teen demokrasie en universele opvoeding. Rossouw (1983:2829) omskryf die rigting as die opvatting dat die rede die hoogste bron van insig is en dat die hele werklikheid met die hulp van redelike beginsels begryp en verklaar kan word.

Die opvoedingsdoel van die Rasionaliste was, aldus Wilds en Lottich (1970:295), om die mense wat kon redeneer, op te lei:

so that they could throw off the binding shackles of religious, political, and social authority which they maintained restricted their intellectual freedom.

Ten opsigte van straf en onderrigmetodes is die leer van die Formele dissipline egter steeds nagevolg, en lyfstraf was ook gereeld en sonder rede toegepas.

• Die Naturalisme

Die Naturalisme in die 18de eeu was die susterbeweging van die Rasionalisme en het bekendgestaan as opstand teen die godsdiens, staatkunde en opvoedkunde. Venter (1986:49) dui aan dat laasgenoemde twee bewegings die rewolusiebeginsel en die opstand teen gesag finaal gevestig het. Jean Jacques Rosseau, die grondlegger van die Naturalisme in die opvoeding, het volgens Cooney et al. (1993:64) geglo dat die samelewing en veral instellings die mens korrup maak. Die redes wat hy aangevoer het, was eerstens dat die mens vrygebore is maar oral aan bande gele word. Tweedens skep die samelewing kunsmatigheid en oneerlikheid:

We no longer dare to seem what we really are, but lie under perpetual restraint.

"Terug na die natuur", was die slagspreuk van die tyd, en die beginsel dat alle mense van nature gelyk, vry en goed is, was die bepalende faktor in die reg. Dewey (1919) redeneer dat:

. . .education in accord with nature, furnishes the goal and the method of instruction and discipline.

Wilds en Lottich (1970:301) is van mening dat die Naturalisme histories- en filo- sofiesgesproke as die invloedrykste opvoedkundige beweging in die 18de eeu beskou moet word.

Naturalisme, aldus Rousseau, fokus op die bewaring van die natuurlike goedheid en deug in die individu en die ontwikkeling van die samelewing deurdat dit die natuurregte van die individu erken. Volgens McCole Wilson (1997) het Rousseau nie soos sy tydgenote die klem op die voorbereiding van die kind op volwassenheid geplaas nie, maar op die kind self, sy aard en behoeftes.

Ten opsigte van straf het Rousseau die ingebore menslike goedheid asook vryheid in opvoeding beklemtoon. As gevolg van die ingebore menslike goedheid moes ouers en opvoeders nie hulle eie gewoontes en straf op die kind afdwing nie. Die natuurlike gevolge van die foute wat die kind begaan, moes die enigste straf wees wat as 'n noodsaaklike deel van onderrig beskou word en wat die kind ontvang. Rousseau se self volgens Wilds en Lottich (1970:313):

Discipline, the restraining or curbing of the natural impulses, is what confuses, degrades and blasts human nature.

Daarteenoor het Immanuel Kant (1724-1804) aan die die einde van die 18de eeu die mees geintegreerde analise oor die kompleksiteit van die probleem van straf gepubliseer. Voigens McCole Wilson (1997) het Kant bevind dat die konsep straf as die natuurlike gevolg van verkeerde optrede onvolledig is. Die gevolg van 'n handeling is onvoorsiene omstandighede; die moraliteit berus op motief wat die handeling voortgedryf het. Voigens Kant is alle afwykings van 'n opdrag 'n gebrek aan gehoorsaamheid wat op 'n fisiese of morele wyse gestraf moet word.

Wolhuter en Middleton (2007: 382) merk op dat alternatiewe benaderings tot dissipline nie die opinies oor lyfstraf verander het nie.Voigens Wolhuter et al. (2007: 382) was daar in die begin van die 19de eeu al hoe meer teenkanting teen lyfstraf, maar die rolspelers in die onderwys het gesukkel om alternatiewe oplossings vir lyfstraf te kry.

2.2.2.2 D i e 1 9 d e e e u

Die 19de eeu word deur McCole Wilson (1997) as 'n intellektuele revolusie beskou. 'n Nuwe denkrigting het in genoemde eeu ontstaan, naamlik dat geen oppergesag die volk kon onderdruk sonder enige protes nie en dat geen godsdienstige leier se siening as wet aanvaar hoef te word nie. Meer intellektuele leiers het geglo dat 'n beter lewe bereik kon word deur die samelewing te verander "by changing man's whole character and outlook". Gevolglik, aldus McCole Wilson (1997), moes doelwitte en onderrigmetodes verander. Twee bewegings in die onderwys wat in die 19de eeu na vore getree het, sal vervolgens bespreek word, naamlik Nasionalisme en Psjgologie in die onderwys.

• Nasionalisme

Die 19de eeu, voigens Wilds en Lottich (1970:319), was die era waarin 'n nasionale onderwysstelsel in gebruik geneem is. Nasionalisme het vroeg in die 19de eeu die onderwys be'i'nvloed. Nasionale skole het ontwikkel om die nasionale aspirasies uit te bou.

Die doelstelling van nasionalisme was die verheerliking en bewaring van die staat. Die staat moes sy lede teen eksterne gevare en interne disintegrasie beskerm. Opvoeding was 'n doeltreffende instrument om die staat met sy verantwoordelikheid by te staan. Voigens Wolhuter en Middleton (2007:382) is wetgewing ten opsigte van verpligte skoolbywoning ingestel om die nasionale onderwysstelsel te ondersteun. Onderrig vir die massa het voigens Wolhuter en Middleton (2007:382) ten doel gehad om radikale verandering in dissplinepraktyke te bevorder. Die verandering in wetgewing het ten opsigte van die dissiplinepraktyke, aldus Wolhuter en Middleton (2007:383), nie die toepassing van lyfstraf gestop nie.

McCole Wilson (1997) verskaf die volgende redes waarom lyfstraf so lank in Engeland voortgeduur net:

lyfstraf was een van die gebruike van daardie tyd; mense het ook verwag dat lyfstraf toegepas sou word;

kinders uit die werkersklas het in moeilike omstandighede grootgeword en, soos hul ouers, geen ontsag vir gesag gehad nie;

klasse was te groot en onbeheerbaar.

• Psigologie in die onderwys

'n Nuwe impuls wat in dieselfde tyd as die Nasionalisme ontstaan het, het soos Wilds en Lottich (1970:358) dit stel, die nuwe denkrigting van daardie tyd deurgetrek na die wette van menslike ontwikkelingsprosesse, ook deur genoem die psigologiese beweging. Wolhuter en Middleton (2007:382) noem dat sielkunde saam met onderwys as onafhanklike wetenskappe ontwikkel het, en ook by universiteite aangebied is.

Gedurende die negentiende eeu was strawwe uiters wreed. Onderskeid is ook nie getref tussen kinders en volwassenes se oortredings nie. Lyfstraf was as die mees universele straf vir oortreding beskou. Tugtiging of geseling is toegepas om instellings soos die ouerhuis, weermag en die skool in stand te hou.