• No results found

HOOFSTUK 4 ‒ BEELDVORMING

4.2 ʼn Meervoudige waarnemingsveld

4.2.1 Niediskursiewe etos

Gedrag, as die niediskursiewe (tekseksterne) aspek van postuur, omvat in die openbare aanbieding van die skrywer. As voorbeelde hiervan noem Meizoz (2010:85) mediaverskynings, die diskoers van literêre prystoekennings, reaksies op resensies, kleredrag, haarstyl, spesifieke gebare, ʼn bepaalde voorkoms en bykomstighede.54

4.2.1.1 Die skrywer as handelsmerk

ʼn Aspek wat toenemend belangrik word in beeldvorming (veral as bemarkingstrategie) is die vestiging van skrywers as handelsmerke. Sodanige strategieë is egter nie uniek aan die een-en-twintigste eeu nie. Reeds in die 1850’s het daar ʼn nuwe tipe verering vir die literêre persoonlikheid op die voorgrond getree. As voorbeelde van skrywers wat as ikone bewonder is, noem Sobol (2015:3) Ernest Hemingway, Mark Twain en F. Scott Fitzgerald. Die opkoms van die literêre glanspersoon en handelsnaamskrywers, soos Walter Scott en Robert Louis Stevenson, het daartoe aanleiding gegee dat hierdie skrywers, op grond van hul roem, ʼn groter inkomste verdien het (Bold, 2016:4). Dit was in teenstelling met skrywers wat werk van ʼn middelmatige of laer standaard gelewer het. Sedert die aanbreek van die huidigeeeu is uitgewerye toenemend ingestel op literêre glanspersone en op die uitkyk vir potensiële topverkopers en skrywers wat as bemarkbare handelsprodukte gebruik kan word (ibid.). In die bespreking van Foucault se begrip skrywersfunksie (1970:s.bl.; kyk 2.3.5) is aangetoon dat, aangesien die eienaarskap van die diskoers baie spesifiek en histories gekodifiseerd is, die skrywersnaam ʼn klassifiserende funksie het:

Having a recognisable author name is essential to defining the author-function: Foucault asserts that there are differences in discourses that contain an author- function and those who do not. Consequently, the author-function is linked to status and privilege (Foucault, 1977). The role of the author, in particular the author brand name, operates in a specific framework within the contemporary publishing industry, especially for promotional purposes. The brand of an author’s name is developed from the author’s reputation, and the quality of their work, therefore any work published by the author is usually associated with their previous work (Bold, 2016:16 [oorspronklike kursivering en verwysing na Foucault]).

Uit ʼn ondersoek na wat uitgewerye as vereistes vir ʼn skrywershandelsnaam stel, lys Sobol (2015:63–64) die volgende: vaardigheid en talent; die werklikheid wat in die literêre werk nageboots word; die genre waarin die skrywer werk en waarmee hy/sy geassosieer word; ʼn onderskeibare skryfstyl; prestasies en toekennings; posisie op topverkoperlyste; vernuwing en beïnvloeding (van byvoorbeeld ʼn genre); ʼn sekere ‘platvorm′ (ʼn reeds bestaande

54 Enkele voorbeelde sluit in Etienne van Heerden se serp en Etienne Leroux se swart klere en

menslike handelsmerk); ʼn bemarkbare karakter (interessante voorkoms en/of persoonlikheid); demografiese beeld (ouderdom, afkoms); leefstyl; die skrywer se verlede, wêreldbeskouing en verhouding met verbruikers (hoe sosiaal en sosiaal-aantreklik die skrywer is); en algemene sigbaarheid.

In die bemarking van die skrywer as handelsmerk speel die sosiale media (waarby diskoers as ʼn diskursiewe aspek van ʼn skrywer se beeldvorming betrek word; kyk 4.2.2) ʼn toenemend belangrike rol. Deur die gebruik van sosiale platvorms soos facebook, Twitter en Instagram kan die skrywer (soms met die medewerking van ander agente) ‒ soos later in die bespreking van Marita van der Vyver en Bibi Slippers se beeldvorming sal blyk ‒ sy/haar reikwydte uitbrei en word sosiale kapitaal verhoog. Bold (2016:20) meen dat, alhoewel ʼn herkenbare naam kan help om aanhangers te werf, betrokkendheid van die kant van die skrywer van groot belang is in die totstandkoming van sowel ʼn leser- as ʼn bewonderaarskorps.

4.2.1.2 Die literêre glanspersoon

In ʼn artikel wat handel oor die terugkeer van die skrywer in die Nederlandse studieveld, wys Honings en Bax (2017:15) op navorsing wat oor die sogenaamde literêre glanspersoon gedoen is en kom hulle tot die gevolgtrekking dat skrywers (in verskillende lande, nie net in Amerika nie) deel is van ʼn literêre sisteem wat toenemend ingebed is in die vermaaklikheidsbedryf. Skrywers ding nie net mee met televisiepersoonlikhede wat hulself ook tot skryfwerk wend nie; daar is ook baie skrywers, gewoonlik dié wat die meeste sukses behaal, “who shape their reputation through various media performances. This has made the author the main contemporary lens through which the media look at literature” (ibid.). As ʼn bemarkbare handelsmerk is die literêre glanspersoon, soos genoem, geen nuutjie in die literêre wêreld nie. In die geskiedenis is daar talle voorbeelde van skrywers wat sterstatus geniet het, byvoorbeeld Lord Byron, Charles Dickens, Oscar Wilde, Louis Couperus en, meer onlangs, Bret Easton Ellis, Haruki Murakami en J.K. Rowling (Honings & Bax, 2017:16). Franssen (2010:94) voer die opkoms van die verskynsel van die skrywer as glanspersoon terug na die drukkerswese wat gedurende die romantiese periode voorsiening moes maak vir ʼn massamark. Met die opkoms van die kultuurindustrie, die revolusie ten opsigte van die massamedia en die toenemende invloed wat die populêre (verbruikers)kultuur in die negentiende en twintigste eeue uitgeoefen het, het die sisteem van ‘die beroemde’, aldus Franssen (ibid.), ʼn integrale deel van die literêre kultuur geword.

Oor die opkoms van ʼn soms kontroversiële figuur op die terrein van die literatuur noem Franssen (2010:92) dat die literêre glanspersoon dikwels ongemaklikheid veroorsaak en met sterk weerstand bejeën word – die gevolg van die botsing tussen twee verskillende, skynbaar onversoenbare sosio-estetiese stande, naamlik literêre skrywerskap en populêre roem. ʼn Gedeelde kenmerk van die (literêre) skrywer en die glanspersoon is dat albei geproduseer/medegeproduseer word deur rolspelers en instellings wat vir hul voorstelling en resepsie verantwoordelik is. Daarom is albei, volgens Franssen (ibid.), produkte van sosio-estetiese diskoers. Tog is daar ʼn hele aantal verskille te bemerk.

Tabel 4.1: ʼn Opsomming van Franssen (2010:92–94, 97) se uitwysing van die verskille tussen die literêre skrywer en die literêre glanspersoon

Literêre skrywerskap Literêre glanspersoon

Literêre skrywerskap hou verband met Bourdieu se begrip anti-ekonomiese logika (logic) (Bourdieu, 1996a:142). Alhoewel dit nie die enigste logika is wat ʼn skrywer kan aanneem nie, het hierdie anti-

ekonomiese houding, wat dominant is in die literêre veld, deel van die konvensionele diskoers oor literêre skrywerskap geword.

Die literêre glanspersoon is die produk van ʼn diskoers wat ondubbelsinnig kommersieel van aard is.

In ʼn baie letterlike sin word van die skrywer verwag om ‘onselfsugtig′ te wees. Sedert die modernisme is die begrip van die ‘uitwissing′ van die skrywer se persoonlikheid ten opsigte van die literêre werk, ʼn inherente element van die diskoers oor literêre skrywerskap. In hierdie verband word verwys na die New Critics se pleidooi vir objektiewe kritiek en Roland Barthes se aankondiging van die “dood van die skrywer”.

Beroemdes word as openbare figure beskou. Die publiek se bekoring deur hierdie figure strek verder as hul artistieke meriete tot by hul private lewens ‒ in werklikheid ʼn soeke na die ‘ware′, die ‘self′ agter die beeld van die glanspersoonlikheid.

Die literêre skrywer word vereenselwig met

vernuwing. Die beroemde word (soms ten onregte) met herhaling vereenselwig. Massaproduksie en die massamedia, wat primêr verantwoordelik is vir die grootskaalse

reproduksie en hersirkulering van die glanspersoon se beeld, steun in ʼn baie algemene sin op repetisie. Enkele kenmerke van die literêre skrywer:

 ʼn Verwerping van die kommodifisering van die kulturele industrie

 Die modellering van die identiteit van ʼn outonome, intellektuele skrywer

 ʼn Skeptiese houding ten opsigte van die kunstenaar in populêre massakultuur

 ʼn Waardering vir oorspronklikheid

Enkele kenmerke van die literêre glanspersoon:

 Die materiële produksie (ontwerp) en reklame van sy/haar werk word met erns benader.

 Die werk en lewensverhale van ander ‘ware′ skrywers en beroemdes word in sy/haar werk verweef.

 Daar is spottende verwysings na die stereotipiese beeld van ‘ware skrywers′.

 As deel van die diskoers oor beroemdheid is daar ʼn wisselwerking tussen die selfvorming ‘spesiaal’ versus ‘gewoon’.

Op grond van die bogenoemde kom Franssen (2010:92) tot die volgende gevolgtrekking: Terwyl literêre roem die klassieke, tipies hoogmoderne konstruksie van skrywerskap omverwerp en transformeer, word laasgenoemde egter ook deur die literêre glanspersoon onthul.