• No results found

HOOFSTUK 3 ‒ VELD OF SISTEEMTEORIEË

3.5 Nathalie Heinich se kunssosiologie: ʼn sosiologie van die uitsonderlike

maatstawwe is waaraan sukses gemeet word, is gebaseer op die kunstenaarsmodel (waarin die uniekheid van die kunstenaar voorop staan) van die Romantiek (Heinich, 2000:161). Sy baseer haar teorie van uitsonderlikheid op die belang van die artistieke gebeurtenis: “[t]he cultural world – meaning here the world of art and literature – is filled with events” (Heinich, 2000:159). Sy sluit dus aan by Bourdieu (1993:80) wat in sy publikasie The field

43“[E]en positieve of negatieve waardering van een boek wordt gewoonlijk door de meest

zelfverzekerde recensent in gang gezet om daarop door de collega’s volgzaam bezegeld te worden […]” (Van Alphen & Meijer, 1991:7‒8).

of cultural production hom soos volg oor die artistieke gebeurtenis uitlaat: “Art cannot reveal the truth about art without snatching it away again by turning the relevation into an artistic event.” Met betrekking tot die artistieke gebeurtenis is daar veral ooreenkomste tussen Heinich se teorie en die werk van die strukturalis Juri Lotman (kyk 2.3.2). Volgens die tradisionele strukturalisme word die teks as ʼn geslote, outonome, sinchroniesgeordende sisteem beskou wat nie slegs in tyd (tussen die verlede en die toekoms) geïsoleer is nie, maar ook ten opsigte van ruimte – “from the audience and to everything located outside of the text” (Lotman, 2009:13). Laasgenoemde outeur skryf oor oomblikke van uitbarsting en verduidelik die verhouding daarvan tot die hede en die toekoms soos volg:

The present – this is the outbreak of the as yet space of meaning generation. It includes within itself the potential of all possible future paths of development. It is important to emphasise that the selection of any one of these is determined by neither the laws of causality nor those of probability: at the moment of explosion these mechanisms are wholly inactive. Future choice comes about by chance. Consequently, it possesses a very high level of informativity. The moment of choice and the cut-off point for potential paths of possibility and the moment whereby the laws of cause- effect once again come into play exist simultaneously. The moment of explosion is also the place where a sharp increase in the informativity of the entire system takes place (Lotman, 2009:13‒14).

Oor die voorkoms en rol van eksplosiewe prosesse in kultuur is Lotman van oordeel dat kultuur ʼn komplekse geheel is, bestaande uit elemente wat teen verskillende tempo’s ontwikkel. Gevolglik is daar gelyktydig verskillende stadia aanwesig: “[e]xplosions in some layers may be combined with gradual development in others” (Lotman, 2009:12). Hiervolgens beklee geleidelike en eksplosiewe prosesse ʼn gelykwaardige rol binne ʼn sinchroniese struktuur deurdat sommige prosesse afwisseling en ander vernuwing of verandering tot gevolg het: “[e]ach ‘great’ event not only opens new pathways but also intercepts a whole host of future possibilities” (Lotman, 2009:60).

Ten einde die verband tussen gebeurtenisse en die kulturele wêreld, asook die aard van kunswerke te verstaan, vestig Heinich (2000:160) die aandag op die begrippe outografies en allografies. Outografiese kunswerke verwys na unieke kunswerke waarvan enige reproduksie wat die naam van die skrywer dra (“a unique occurring work”), vals is. Dit is veral die geval in die visuele kunste. Allografiese kunswerke verwys na kunswerke bestaande uit voorstellings wat ʼn oneindige aantal kere gereproduseer kan word sonder dat die waarde of outensiteit daarvan verlore gaan (“multiply [sic] occurring work”). Letterkundige werke (soos musikale werke) is dus sowel allografies (ooreenkomstig die teks of ʼn partituur wat aan die publiek aangebied word) as outografies (die uitvoering self wat nooit identies gereproduseer kan word nie). Hierdie temporale veranderlike is ʼn belangrike eienskap van die artistieke wêreld, “no longer depending on the nature of the works […] but

the period” (Heinich, 2000:161). In samehang hiermee het waardebepalingskriteria verander en aanleiding gegee tot ʼn nuwe paradigma van artistieke waardebepaling, naamlik die uitsonderlike in teenstelling met die gemeenskaplike. Volgens Heinich (2000:165) bied die teorie van ‘gebeurtenis′ ʼn totale navorsingsprogram, wat nie slegs betrekking het op kunstenaarsidentiteit en die loopbaan van die kunstenaar nie, maar ook op belangrike momente wat ʼn rol daarin speel.

Vroeër in hierdie bespreking is verwys na Lotman se stelling dat geleidelike en eksplosiewe prosesse ʼn gelykwaardige rol binne ʼn sinchroniese struktuur beklee. As voorbeelde van periodieke gebeurtenisse noem Heinich (2000:159) kuns- en literatuurfeeste, boekmarkte en onderhoude. Ander gebeurtenisse is afhanklik van uitsonderlike prestasies: “becoming eventful owing to their rarity or even uniqueness” (ibid.). Met betrekking tot hierdie “becoming eventful”, wys Berensmeyer (s.j.:s.bl.) op die rol wat sosiale energie in die onderskeiding tussen die ‘uitsonderlike’ en ‘gewone’ speel: “What is now needed is a surplus of energy to be invested in the staging and presentation of authors in the media, in order to secure a successful marketing of faces and signatures.” Hierdie stelling is in ooreenstemming met Greenblatt (1997:12) se bewering dat alle kulturele praktyke oor ʼn inherente vorm van sosiale energie beskik en dat nie slegs skrywers by uitruilingstransaksies (soos “becoming eventful”) baat nie, maar dat individue sélf produkte van kollektiewe uitruiling is (vergelyk 2.3.6). In hierdie proefskrif word die klem veral op die volgende as aanduiders (en gebeurtenisse) van uitsonderlike prestasies geplaas: die skrywer se debuut, literêre pryse en herskrywings (bv. vertaling, verfilming en/of verwerking) van ʼn skrywer se werk. Voorts word daar, soos reeds genoem, ondersoek ingestel na die rolspelers wat, deur die uitruiling van sosiale energie, hierdie gebeurtenisse moontlik gemaak het. In ʼn artikel wat oor pryse in die wetenskap en literêre kuns handel, skryf Heinich (2009:3) dat daar in die kunstenaarsberoepe ʼn groter behoefte aan erkenning is as in meer markgeoriënteerde professies: “A prize often involves a certain amount of money ‒ especially in the case of scientific prizes and Nobel Prizes. It also generates a worldwide reputation that may be transformed into more material facilities.” Tog kan die voordele wat erkenning inhou, in teenstelling met wat Marxistiese en post-Marxistiese teorieë verkondig, volgens Heinich, nooit tot die materiële gereduseer word nie. Heinich (2009:4) koppel hierdie beroepe aan Bourdieu se konsep van omgekeerde ekonomie waarvolgens vergoeding benodig word om die aktiwiteit uit te voer eerder as dat die aktiwiteit vergoeding produseer.

In die teenstrydigheid wat daar tussen die mark (‘prys′) en die veronderstelde (intrinsieke of ekstrinsieke) ‘waarde′ bestaan, identifiseer Heinich (2009:5-6) die behoefte aan ander vorme van erkenning: “the need for an adequate system for the ‘estimation’ of the quality of the work as well as for a process serving to determine an appropriate level of ‘esteem’ to be granted to the work’s creator”. In hierdie verband wys Heinich op drie vervlegte eienskappe van erkenning, naamlik verpersoonliking, temporaliteit en bemiddelings- prosesse:

Verpersoonliking

Hierdie eienskap van erkenning het betrekking op die verband tussen mense en hul werk. As voorbeeld word genoem die verwantskap tussen die taksering van die prys van ʼn boek en die vlak van erkenning wat die skrywer geniet.

Temporaliteit

Temporaliteit dui op die komplekse dinamiek van tydsraamwerke in die bereiking van erkenning, asook op ʼn toename in respek. Heinich (2009:6-7) verduidelik dat die temporaliteit in roepingsgeoriënteerde aktiwiteite eerder op die toekoms as op die hede gerig is. Voorts stel Heinich dat, in teenstelling met gewone goedere wat hoofsaaklik op grond van materiële bestaansduur of trefkrag gewaardeer word, artistieke goedere veronderstel is om ʼn gehoor ver anderkant die onmiddellike mark te bereik ‒ selfs ná die afsterwe van die skrywer.

Aspekte wat dikwels in die artistieke en wetenskapsberoepe aangetref word, is twyfel en suspisie. Volgens Heinich (2009:7) is kunstenaars en wetenskaplikes dikwels in vertwyfeling oor hul gevoel van eiewaarde omdat dit nie onmiddellik deur beloning geobjektiveer word nie. Daarteenoor is daar suspisie wanneer onmiddellike sukses en wye erkenning behaal word. Heinich noem voorts dat die temporale spesifisiteit van die evalueringsproses, waarvolgens greatness aan sowel langtermyn- as langdurige erkenning gekoppel word, hand aan hand gaan met die regime van uitsonderlikheid wat sedert die Romantiek die botoon in die kunste gevoer het.

Bemiddelingsprosesse

Dit is veral wanneer die aktiwiteit outononoom van aard is en die waarde daarvan aan uitsonderlikheid gekoppel word, dat bemiddelingsprosesse tussen werke en gehore van groot belang is. As voorbeelde van sodanige bemiddelaars word genoem spesialiskritici,

handelaars, kurators en uitgewerye. Daarom is dit nodig om, ook in die onderhawige studie, nie slegs die objek van erkenning (werke, skrywers, ens.) en die instrumente wat gebruik word (respek, agting, geld, prestige, eerbewyse, ens.) te ondersoek nie, maar ook die bemiddelaars wat dit moontlik maak: “Social scientists have to focus on the identity of those who grant recognition, because the quality of the recognition depends on the quality of those who grant it” (Heinich, 2009:7).

In ʼn vergelyking tussen die kunste en wetenskapsbeoefening noem Heinich dat kunstenaars se status baie minder stabiel is as dié van wetenskaplikes. Wat die kunste betref, is daar “no formal recruitment procedure, no regular permanent salary, no career marked out in advance, no official titles and ranks, no regular collaborators and no work premises to go to every morning to meet with one’s colleagues” (Heinich, 2009:9). Daarom kan ʼn groot literêre prys ʼn baie belangrike gebeurtenis in ʼn skrywer se lewe wees (kyk ook 4.2.4.4). ʼn Ander aspek waaraan Heinich (2009:21) aandag skenk, is die konsep van interafhanklikheid: “We certainly depend on those who have the power to recognize us, but this power is itself subordinate to our capacity to recognize it as relevant.” In haar ondersoek na erkenning kom Heinich tot die slotsom dat die konsep van interafhanklikheid meer toepaslik as dié van mag, dominansie en legitimasie is. Terwyl talle analiste, veral deur die lens van Amerikaanse multikulturalisme en demokratiserende teorieë, erkenning as ʼn vorm van respek beskou, ag Heinich (ibid. [oorspronklike kursivering]) dit eerder as ʼn saak van agting: “esteem […] stresses the antagonistic, competitive and unequal dimensions of recognition. […]. Without this very dimension of esteem, one could not understand why an award inevitably raises such problems of justice and envy”.44 Heinich (ibid.) verduidelik dat die idee van respek (waardigheid) meestal aan wette en waardes, en aan persoonlike of kollektiewe identiteit (burgerskap, geslag, ras, geloof, ens.) verbonde is, terwyl die idee van agting eerder op werklike interaksies en feite dui, soos wat dit in die sfeer van roepingsgerigte aktiwiteite na vore kom: “Far from aiming at equality, artistic, literary and scientific worlds are strongly sustained by a need to rank orders of greatnesses: that is, an individualistic and meritocratic mode of recognition, instead of a collective and egalitarian one.” Op die vraag of erkenning ʼn saak van respek (soos in die vraag na burgerlike regte) of eerder van agting is (soos in die geval van prystoekennings), antwoord Heinich (2009:21–22) dat respek op die fundamentele waardigheid van elke mens betrekking het, dat dit enige vormvergelyking te bowe gaan en (soos morele waardes) in

onbeperkte hoeveelhede beskikbaar is. Hierteenoor is agting aan vergelyking onderworpe en kan dit in beperkte hoeveelheid uitgedeel word.