• No results found

BESKRYWENDE EMPIRIESE MOMENT

PTSD BEIDE MORELE VERWONDING Ontstellende refleks

4.10 MOREEL-ETIESE UITDAGINGS

Tydens oorlog word krygers gekonfronteer met talle morele en etiese uitdagings. Dit kan vir hulle ʼn geestesgesondheidsrisiko inhou omdat hulle op maniere optree wat ʼn skending van hul diepste morele oortuigings is, of hulle kon getuies wees van die onetiese optredes van andere. Krygers kon ook getuies wees van intense menslike lyding en wreedheid wat die kernwaardes van ons gedeelde mensheid ten diepste raak. Na die oorlog in Viëtnam word bepaalde oorlogsoptredes – soos skuldgevoelens oor oorlewing

terwyl ander sterf, of oor optredes wat vir oorlewing nodig was – gesien as die simptome van die PTSD konstruk (DSM-III). Voor die DSM-III-R het klinici binne die Ameri- kaanse Veterane Assosiasie waarskynlik aandag gegee aan morele konflik en -skuld, maar later is vanuit die kliniese gemeenskap geringe aandag gegee aan die blywende impak van psigologiese trauma onder oorlogsveterane (Litz et al., 2009:696).

Volgens Kerr (2016:1) is al hoe meer veterane bereid om oor oorlog as morele verwonding te praat – veral oor die wyse waarop dit ʼn impak het op identiteit en die siel. Sy benadruk dat morele verwonding nóg ʼn patologiese reaksie op oorlog nóg ʼn menslike swakheid is, maar is veel eerder die bewys van ʼn sterk morele sin vir wat reg is en uitgedaag is onder oorlogsituasies. Dit dui ook op die begin van ʼn dikwels onsekere reis na heling en heelheid wat verskeur is deur die moreel-laakbare ervarings van oorlog – hetsy geregverdigd of ongeregverdigd.

Dwarsdeur die mensegeskiedenis en onder talle volke, kulture en godsdienstige gelowe was daar na ʼn oorlog onder krygers ʼn hunkering na die reiniging van die siel deur hul geestelike leiers. Die idee dat die siel ʼn eie rehabilitasie na ʼn oorlog nodig het, is weer na vore gebring deur die begrip morele verwonding wat vanuit sy oorsprong nóg gods- dienstig nóg spiritueel is. ʼn Vlootsoldaat en filosoof, Camillo „Mac‟ Bica, het dié begrip voorgestel om die doodsangs te beskryf wat hy ervaar het tydens sy nadenke oor die oorlog asook die pynlike selfveroordeling oor sy oorlogsoptrede. Hy vertel dat dit in Viëtnam ʼn definieerbare ervaring van sy lewe was:

Ofskoon fisiese wonde dalk ook kan genees, is dit die psigologiese, emosionele en morele verwonding van oorlog wat talm en voortwoeker. Vietnam sal vir altyd sy bestaan deurdring en hom verdoem om voortdurend die verlede te herleef en te bevraagteken: Het ek genoeg gedoen? Kon ek beter doen? Het ek die regte besluite geneem? Dit is die onvermydelike besorgdheid van diegene wat ʼn lewe moet neem en wie se besluite die dood van ander veroorsaak. Ondanks die aanmoediging van welmenende vriende en geliefdes, kan hy Vietnam nooit vergeet of agterlaat nie. Niemand herstel regtig van ʼn oorlog nie en niemand word ooit weer heelgemaak nie. Die beste waarop gehoop kan word, is om ʼn mate van goedaardige aanvaarding te bereik (Brock & Lettini, 2012:75).

Herm Keizer het as kapelaan in Vietnam gedien. Onder soldate het hy ʼn „crisis of

consciousness‟ waargeneem waaroor hy hom so sou uitlaat: Hy het agtergekom dat sy

ervaring verskillend was van die soldate wat al iemand gedood of gesien het hoedat onskuldige mense verwond of gedood word. Keizer was verbaas oor hul persoonlike

skaamte – nie skuld nie – maar diepgaande skroeiende skaamte waar talle gevoel het hulle het ʼn persoonlike belediging teenoor God gepleeg. Keizer kon insien hulle beleef hul optrede as sonde en kon hy hulle daarvolgens bedien (Brock & Lettini, 2012:26). Morele verwonding lê aan die kern wat deur ons voorgeslagte as ʼn spirituele krisis gesien is en deur oorlog en doodslag veroorsaak word. Ook in ons dag kan krygers nie opgelei word sonder dat morele verwonding onder die loep kom nie (Kerr, 2016:2).

4.11 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is aan die interpreterende moment van Osmer (2008) se prakties- teologiese model aandag gegee. Aan die hand van ʼn literatuurstudie is daar vanuit die naasliggende wetenskappe multidissiplinêre aandag gegee aan die werklikheid van oorlogsverwonding en die uitwerking daarvan op die lewens van krygers asook diegene wat die naaste aan hulle is. Oorlog laat niemand onaangeraak nie en uit die aangrensende dissiplines het dit duidelik na vore gekom. Wat veral in hierdie fase van die studie na vore kom, is die verwoestende nagevolge van oorlog vir mens, natuur en infrastruktuur. Na die Vietnam Oorlog het posttraumatiese stres versteuring (PTSD) sterk op die voorgrond getree, maar met verloop van tyd het die morele verwonding van die mens as gevolg van oorlog en terreur ook aan die orde gekom. Oorlog is so oud soos die mensdom. Deur die eeue en na ʼn oorlog was daar by die mens ʼn versmagting na heling en reiniging waarvoor talle rituele bestaan het. Hierdie reinigingsrites was nie beperk tot die Christendom nie, maar was deel van die geloofspraktyk van talle gelowe en geloofs- oortuigings. Reiniging na oorlog was van oudsher af tot nou ʼn versmagting onder krygers.

Morele verwonding is tans veral in die VSA ʼn saak van groot belangstelling onder teoretici sowel as praktici vanuit die mens- en geesteswetenskappe. Uit die navorsing blyk dit dat daar in die omskrywing van PTSD tot op hede nie genoegsame aandag aan morele verwonding gegee is nie en vandaar die stortvloed literatuur oor hierdie onderwerp. Morele verwonding word gesien as die skending van diepgesetelde morele waardes waarvan die dader óf die slagoffer óf getuie is en wat dan lei tot skuld, skaamte, woede asook verlies aan vertroue (Shay, p. 154 supra figuur 4.3). Die onderskeid tussen PTSD en morele verwonding word gesien in die sentraliteit van vertroue of geloof – hetsy in jouself of in ander mense – en dat die verlies daarvan tot morele verwonding lei.

Waar PTSD ervaar word as verlies aan veiligheid, is morele verwonding weer die ervaring van verlies of vertroue (Litz et al., (2009).

Morele verwonding is nie ʼn moderne fenomeen nie en het in die gang van die oorlog- geskiedenis onder verskeie name na vore gekom. Die volgende skrywers verwys na morele verwonding as ʼn wond of skade aan die mens se siel. Tick (2005) se War and the

soul wys op die noue verband tussen oorlog en die psige van die kryger; Tick (2014) Restoring the soul after war handel oor die genesing of herstel van die psige na oorlogs-

verwonding; Brock en Lettini (2012) se soul repair sluit nou aan by Tick. Sherman (2015) sien oorlogsverwonding weer as Healing the moral wounds; en Graham (2017) sien weer Moral Injury: restoring wounded souls as die herstel van die verwonde psige; terwyl Barson en Zust (2017) weer skryf oor Care for the sorrowing soul.

Wat hieruit na vore kom, is dat oorlogverwonding die mens se diepste innerlike raak – daar waar die mens te doen kry met die toelaatbare en ontoelaatbare; tussen reg en verkeerd; tussen gebod en verbod. Morele verwonding gaan oor die herstel van die ekwilibrium tussen hierdie teenstrydighede in die mens. Volgens ander is die begrip morele verwonding nie die beste beskrywing vir hierdie etiese dilemma nie en verkies die begrip „innerlike konflik‟ bo morele verwonding omdat laasgenoemde ʼn pejoratiewe konnotasie dra. In hierdie studie word die begrip morele verwonding verkies as aan- duidend van die innerlike verwonding wat veterane in oorlogsituasies opgedoen het en soms lank na die oorlog nog steeds mee moet worstel.

Die ondersoekgroep Koevoet veterane in hierdie studie het nie ontkom aan oorlogs- verwonding nie. Hulle probleem – asook dié van die breër Koevoetgemeenskap – was dat hulle geen behandeling of sorg soos die Amerikaanse veterane gekry het nie. Hulle het verwerping van hul eertydse polisiekollegas asook die publiek ervaar. In die lig van hierdie hoofstuk moet hulle psigologiese en geestelike pyn by tye ondraaglik wees. In hoofstuk 5 word aandag gegee aan Osmer (2008) se normatiewe moment.

HOOFSTUK 5

PRINSIPIËLE BASIS VANUIT DIE SKRIF MET BETREKKING TOT DIE