• No results found

BESKRYWENDE EMPIRIESE MOMENT

3.2 EMPIRIESE NAVORSING 1 Doelstelling

3.3.1 Kodering en kategorisering van empiriese ondersoek 1 Afdeling A: Oorkoepelende vraag

3.3.1.3 Afdeling C: Vraag

Afdeling C: Wat is die diepere oorsaak van die worsteling?

TABEL 5-3C: Kategorisering van dieper oorsaak van worsteling.

KERNKATEGORIE Diepere oorsaak van die worsteling Kategorie 1 Kategorie 2 Kategorie 3 Kategorie 4 Kategorie 5 Kategorie 6

Onkunde oor Bosoorlog by politici én publiek Kerk en owerheid het vyand as onchristelik uitgewys Bevegting van terrorisme as oorsaak van worsteling Begeerte na restitusie

Blootstelling aan gru tonele

Burokratiese rompslomp en oorlogsgestremdheid

TABEL 6-3C: Dieper oorsaak van worsteling kom onder die loep.

Kode Oorsake wat bly knaag Respondente (Afgekort tot R in dokument) C1 Onkunde oor die Bosoorlog Onkunde by die algemene publiek oor die Bos-

oorlog (R. A2.1).

Eensydige blaam op VM vir dood van mense (R. A2.2).

Leunstoel kritici wat nie self in die situasie was nie (R. A2.3).

VM uit verskeie oorde beskuldig van verkeerde optrede (A.2.4).

Nuwe regering se minagting en suspisie (R. A2.9).

VM verkwalik vir grens- én binnelandse optredes (R. A2.10).

Aanloop tot 1994 verkiesings was onstuimige politieke tye (R. A2.11).

VM moes wet en orde en binnelandse stabiliteit handhaaf (R. A2.12).

Poitici ontken enige kennis van oorlogsoptredes deur VM (R. C.17).

C2 Kerk en staat wys vyande uit as onchristelik

Kerk en owerheid wys vyand as onchristelike kommuniste uit (R. A2.16).

Lei tot vertwyfeling by lede van dieVM (R. P 66, 67, 68).

C3 Bevestiging van terrorisme – binnelands en op die grens

Worsteling spruit uit loopbaan gerig op bevegting van terrorise (R. C2.1).

Ondersteun deur R. C.26.

Was op gru sabotasie tonele en motor bom- ontploffings (R. C2.2)

Stukkies menslike oorskot het oral rondgelê (R. C2.3).

Moes in hofsake tonele weer haarfyn beskryf (R. C2.4).

Tonele word dan herbeleef – laat blywende effek op hom (R. C.2.6)

Hy het nooit enige berading daarvoor gekry nie (R. C2.11)

Traumatiese ervarings was vir lank deel van sy loopbaan (R. C.19).

Oorlogseffek – op grens en binnelands – was blywend op VM-lede (R. C2.26).

Sy loopbaan in die polisie en by Koevoet (R. H2.1).

Sou sy pad by Koevoet met meer wysheid wou loop (R. H2.3).

Sou ook meer luister na die stem van die Heilige Gees (R. H2.4).

Hy het die Heilige Gees in sy lewe by Koevoet geïgnoreer (R. H2.5).

Kan Bosoorlog nie vergeet nie – is soos ʼn brandbrandmerk op hom (R. D2.1).

C4 Brandende begeerte vir restitusie PB het skerpkant van beide Koevoet en Swapo gekry (R. D2.4).

Op die spoor van terroriste sou hy PB se mahango lande platgery (R. D2.14),

Mahango lande was insurgente se wegkruipplek (R. D2.17).

Moes insurgente uit mahango lande jaag (R. D2.18).

In kontakte is die lande met Casspirs se maalbewegings platgery (R. D2.19).

Vir daardie jaar is daar vir die PB geen kos nie (R. D2.20).

Verwoesting van landerye was nie uit moedswil nie (R. D2.22).

Bewapende insypelaars in die lande was riskant vir Koevoet (R.D2.23).

Koevoete moes na hul eie lewens omsien (R. 2.24).

Hy worstel met erge skuldgevoelens teenoor die PB (R. D2.16).

Sou hy die nodige kapitaal hê, sou hy iets wou doen om reg te maak (R. D2.12).

Sou paar trekkers aan PB skenk om hul lande mee te ploeg en plant (R. D2.13).

C5 Blootstelling aan gru tonele By Koevoet én Veiligheidstak (VT) blootgestel aan gru tonele (R. E2.5).

Binnelands was dit hoofsaaklik bomontploffings (R.E2.6).

As springstofveër moes sy onder erge spanning werk (R.E2.7).

Sy moes toekyk hoedat mense met klippe doodgegooi word (R.E2.8).

Spanning in die Bosoorlog ervaar, is na RSA oorgeplaas (R.E2.9).

Nooit kans gekry om daaroor te praat en kop skoonkry nie (R.E2.10).

Vyandige geweld en lang werksure was altyd daar (R.E2.11).

Terug in RSA is die Bosoorlog binnelands voortgesit (R.E2.13).

C6 Impak van burokratiese

rompslomp op oorloggestremdes

Burokratiese rompslomp vererger saamleef met gestremdheid (R. F2.1).

Reëls is nodig – beslommernis is die uitgerekte prosedures (R. F2.4).

Prostese breek in ʼn oomblik – verskaffers moet lank wag vir betaling (R. F2.5).

Gestremde voel jy vra ʼn guns van die Vergoedingskommissaris (VK) (R. F2.6). Beslommernis raak bron van frustrasie (R. F2.7). Gestremdes beskik nie oor eie fondse vir betaling van prosteses nie (R. F2.10).

Daar is aanvaar daar sal na jou gekyk word as jy op diens seerkry (R. F2.11)

As gestremde probeer om hom in SAPD onmisbaar te maak (R. F2.23).

C7 Koevoete aan eie lot oogegelaat Na terugkeer uit oorlog is Koevoete oorgelaat aan hul eie lot (R. G2.6).

Weinige begrip vir agtergrond van Koevoete se probleme (R. G2.7).

Owerheid het nie omgegee wat van hulle word nie (R. G2.8).

Koevoete is grootmense en cowboys don‟t cry (R. G2.9).

Gebrek aan empatie met oud-Koevoete lei tot emosionele probleme (R. G2.10).

Klein persentasie Koevoete is nog in die polisie (R. G2.11).

Sommige maak sukses van polisie loopbane of private sektor (R. G2.12).

Ander ervaar huweliksprobleme, egskeidings en drankmisbruik (R. G2.13).

Sommige word boemelaars, pleeg selfmoord of verval in armoede (R. G2.14)

Koevoet gestremdes kry dalk die swaarste (R. G2.16).

Hulle moet baklei vir mediese versorging en hulp- middele (R. G2.17).

nie (R. G2.19).

Onderhandeling vir politieke skikking is nie aan die VM gedink nie (R. G2.20).

Geen Koevoete was voorberei vir hul terugkeer na die RSA nie (R. G2.22).

C8 Ontlonting vind in kantien plaas Oorwinning en ontlonting word in die kantien gevier (R. H.11).

Ondersteun deur R. M.11, 12, 13 en14; P.24 en 25; W.20 en 24; Z3.18; 19.20

3.3.1.4 Afdeling D: (Vraag 3)

Afdeling D: Wat hou die persoon so lank vasgevang in die worsteling?

TABEL 7-D3: Kategorisering van wat vashou in die worsteling

KERNKATEGORIE Vasgevang in worsteling Kategorie 1 Kategorie 2 Kategorie 3 Kategorie 4 Kategorie 5 Kategorie 6 Kategorie 7

Uitwerking van oorlog op kinders

Huwelik- en gesinslewe deur werk geknou Waar is die politieke meesters nou?

Wantroue in eie professionele hulpverleners Skuldgevoelens uit die Bosoorlog

Oorlogsgestremdes beleef uitrangering na kantlyn Waarde van medaljes in ʼn militêre milieu

TABEL 8-3D: Kategorisering oor verwerking van blootstelling aan destydse Bosoorlog. Kode Verwerking van blootstelling aan

Bosoorlog Respondente (Afgekort tot R in dokument) D1 Uitwerking van oorlog op kinders Jong seun assosieer kamoefleerdrag met dood en

oorlog (R. A3.17).

Op patrollie het Koevoete kamoefleerdrag gedra (R. A3.18).

As hy kamoefleerdrag aantrek, is sy seun ongemaklik (R. A3.19).

Seun het geweet dit is oorlog (R. A3.20). D2 Huwelik- en gesinslewe geknou Oorlog het hoë beroeps- en gesinseise aan

getroudes gestel (R. A3.12).

Op grens is 24-uur paraatheid verwag (R. A3.13).

Werksdae was lank en veeleisend (R.A3.14). Twee kinders is basies deur sy vrou grootgemaak (R. A3.15).

Weens werksomstandighede was hy basies ʼn afwesige pa (R. A3.16).

D3 Politieke meesters laat

voetsoldate in die steek Bosoorlog is gevoer as ʼn maaksel van die politici (R.C3.16). Politici ontken nou enige kennis oor die oorlog

(R.C3.17).

Wie het die wapentuig verskaf? (R. C3.19). Wie het koeverte voertuie en geld verskaf vir oorlog teen terreur? (R.C3.20).

VM het definitief nie uit hul eie geldsakke gewerk nie (R. C3.21).

Wie het vals paspoorte en ID-dokumente gemagtig?(R. C3.24).

Wapens is gegee wat nie na die polisie teruggespoor kon word nie (R. C3.26). Wie het dit gemagtig? (R. C3.27).

Wie het die befondsing vir koverte operasies gemagtig? (R. C3.30).

Dit kon nie van die departementshoofde kom nie (R. C3.31).

Departementshoofde was verantwoordelik vir taakuitvoering (R. C3.32).

Politici se ontkennings maak VM toe die vark in die verhaal (R. C3.33).

D4 Vertrou nie eie hulpverleners nie Daar was SAP kapelane, sielkundiges en maatskaplike werkers (R. C3.37).

Ondersteun deur R. M.19.

Dié vakkundiges het almal offisiersrang beklee (R. C3.38).

Polisielede was huiwerig om dié dienste te gebruik (R. C3.39).

Ondersteun deur R. M.20.

Hulpsoekers was bang dit kon hul bevordering benadeel (R. C3.40).

Ondersteun deur R. M.21

Hulpsoekers kon as swakkelinge gesien word (R. C3.41).

Hulpsoekers kon ook deur kollegas as malletjies geëtiketteer word (R.C3.42).

Polisielede sou eerder na hulpverleners in private praktyk gaan (R.C3.44).

Dit sou vertroulikheid verseker en etikettering vermy (R.C3.45).

Negatiewe persepsies het hulpverleners se waarde gekortwiek (R. C3.46).

D5 Skuldgevoelens uit die Bosoorlog Worstel met skuldgevoelens uit die Bosoorlog (R. D3.2)

Het nou ʼn ander perspektief wat op grens aangegaan het (R. D3.3).

Sou hy nou teruggaan grens toe, sou hy anders optree (R. D3.4).

Oorlog bly oorlog – loop vandag met erge skuldgevoelens (R. D3.5).

Hy kan sy skuldgevoelens nie weg wens of weg redeneer nie (R. D3.6).

In die verlede het hy baie gedroom oor die gebeure in die oorlog (R.D3.7).

Sou in die nag gil en skree – sy vrou word dan ook wakker (R. D3.8).

Sien hy klein en arm swart kinders kry hy hulle baie jammer (R. D3.9).

(R. D3.10).

Hardhandige optrede teenoor kinders het hy baie inligting gekry (R. D3.14).

Sy inligting is deur kindermishandeling verkry – dis sy worsteling (R. D3.15).

Aan sy skuldgevoelens is nooit voorheen aandag gegee nie (R. D3.16).

Hy het min van sy grenservarings aan berader vertel (R. D3.17).

Na sy terugkeer na RSA het die oorlog hom baie gepla (R. D3.18).

Sou snags wakkerskrik met ʼn vinnige hartklop en papnat gesweet (R. D3.19).

Dit gebeur nou selde (R. D3.20). D6 Oorloggestremdes na kantlyn

uitrangeer Oorloggestremdes is geregtig op mediese behandeling en nasorg (R. F3.9). Dalk sal net die howe dit kan afdwing (R. F3.10).

Gestremdes se finansies maak regsgedinge vir hulle onmoontlik (R. F3.11).

Min geld vir litigasie noop gestremdes om hul lot te aanvaar (R. F3.12).

Regeringsplig teenoor oorlogsgestremdes word skromelik versaak (R. F3.13).

Gestremdes sal al hoe meer liggaamlik en geestelik agteruitgaan (R. F3.14). Van kindsbeen moes ons hoor:

die kommunisme is ons vyand (R. F3.15). Om die vyand te verslaan is jongmanne in die VM opgeneem (R. F3.16).

Vir die regering en vir jou land is jy verplig om jou deel te doen (R. F3.17).

Geld was nie jou dryfveer vir deelname nie (R. F3.18).

Sou jy iets oorkom het jy geglo daar sal na jou omgesien word (R. F3.19).

Van daardie verwagting het min tereg gekom (R. F3.20).

D7 Waarde van medaljes in die militêr (Positiewe ervaring)

Binne ʼn militêre milieu word baie waarde aan ʼn medalje geheg (R. F3.54).

Dit is ʼn erkenning vir wat jy bereik of vermag het (R. F3.55).

Dit is meer as ʼn strook lint en ʼn stuk metaal (R. F3.56).

Dit is ʼn waardevolle erkenning van wie jy is en wat jy gedoen het (R. F3.57).

Vir sy optrede in die NDO kry hy die Polisiester vir Verdienste (R. F3.58).

Met die toekenning was hy 28 jaar oud met 8 jaar diens (R. F3.59).

Medalje word toegeken vir 20 jaar getroue óf uitsonderlike diens (R. F3.60).

Medalje is aan hom toegeken vir uitsonderlike dienste gelewer (R. F3.61).

Smyt al sy polisiemedaljes uit frustrasie weg (R. P4.21).

Waarde van medaljes in die militêr

(Negatiewe ervaring)

SAPD se medalje vir Troue Diens is in sy posvakkie gesit (R. P4.22).

Medalje beteken vir hom niks nie – dis waardeloos (R. P4.23).

Al medalje wat iets beteken is die Bosmedalje – smyt dié ook weg (R. P4.24).

Ontvangs van medalje uit posvakkie maak dit goedkoop (R. P4.25).

Hy sien dit as goedkoop restitusie (R. P4.28). Polisie het gefaal in hul hulpverlening aan hom as gestremde (R. P4.29).

Pleks van hulpverlening kry hy ʼn nikswerd medalje (R. P4.30).

Was die medalje van waarde, sou dit persoonlik oorhandig word (R. P4.31).

Vir hom was die boodskap duidelik – medalje beteken niks nie (R. P4.32).

Só het dit ook vir hom gevoel (R. P4.33). Dit het hom diep seergemaak (R. P4.34).

In die stryd teen terrorisme het hy immers sy been verloor (R. P4.35).

Hy bejeën die hele episode as minagting van hom as mens (R. P4.36).

3.3.1.5 Afdeling E: (Vraag 4)

Afdeling E: Hoe is God se betrokkenheid in jou worsteling beleef?

TABEL 9-3E: Kategorisering van hoe God se betrokkenheid in worsteling beleef is. KERNKATEGORIE Waar mense worstel dáár is God betrokke

Kategorie 1 Kategorie 2 Kategorie 3 Kategorie 4 Kategorie 5 Kategorie 6 Kategorie 7 Kategorie 8

Deelname aan Bosoorlog nie uit eie vrye wil nie Ervaar God se vrede na vergifnis

Aantasting van menswaardigheid deur Apartheidswette NG Kerk se veranderde standpunt oor Apartheid Besef van God se beskerming

Bybels by insurgente Die waarom vrae oor God As selfdood dalk ʼn uitweg is

TABEL 10-3E: Kategorisering van belewenis van God se betrokkenheid. Kode Belewenis van God se

betrokkenheid Respondente (Afgekort tot R in dokument) E1 Deelname aan Bosoorlog nie uit

eie vrye wil nie Deelname aan die Bosoorlog was nie uit eie wil nie (R. A4.1). Hy was in opdrag daar – daarin vind hy vrede (R. A4.2).

Hy het in kontakte mense geskiet – daarvoor is ook vergifnis (R. A4.4).

As eenheid het Koevoet 165 mense verloor (R. A4.5).

Hy het vrede in sy hart oor God se vergifnis (R. A4.9).

E2 Aantasting van menswaardigheid deur apartheidswette

Wette en regulasies van Apartheid raak mens- waardigheid (R. A4.10).

Sou self in opstand kom vir dít waarvoor hy mense moes vang (R. A4.11).

Gun aan ander wat jy vir jouself gun – dis tog die Goue Reël (R. A4.12).

Wetgewing het talle beperkings swart en bruin mense geplaas (R.A4.13).

Dit was erge diskriminasie en onreg gegrond op ras (R. A.4.14).

Die polisie moes dit noodgedwonge toepas (R. A4.15).

E3 NG Kerk se veranderde

standpunt oor Apartheid NG Kerk se verandering oor apartheid het vir hom sin gemaak (R. A4.16). Kan nie van ander ontneem wat jy jouself gun nie (R. A4.17).

Tuislandbeleid lei tot groter werkloosheid en gesins-verbrokkeling (R. A4.18).

Vir oorlewing moes vaders elders geld gaan verdien (R. A4.19).

Afwesige vaders het negatiewe invloed op gesins- lewe gehad (R. A4.20).

Die 1976 se skole-opstande het die land die prys daarvoor betaal (R.A4.21).

E4 Besef van God se beskerming Terugblik op loopbaan bring besef van God se beskerming (R. C4.1).

Op grens is daagliks bidparades gehou – almal was deel daarvan (R. C4.2; D.4.2).

Kom onder besef van Ovambo‟s se sterk godsdienssin (R. C4.3).

Het nooit ʼn spanmaat aan die dood afgestaan nie (R. C4.4).

Sy vertroue op God kom van sy ma af (R. C4.6). Sy het haar knieë deurgebid vir sy beskerming (R. C4.7).

E5 Bybels by insurgente Beleef PLAN vegters as baie godsdienstig (R. C4.12).

Talle skoolkinders is ontvoer, in kampe gesit en geïndoktrineer (R. C4.13).

gebruik toon (R. C4.14; D4.7; 8).

Bybels moes vir politieke commisar versteek word (R. C4.15).

Insypelaars het steeds hul geloof in God behou (R. C4.21).

Vriend en vyand lees dieselfde Bybel (R. C4.23). Vir hom was dit ʼn eye-opener (R. C4.24). E6 Die waarom vrae oor God

(Teodisee vraagstuk)

In die Bosoorlog het bloed gevloei: Waarom laat God dit toe (R. D4.9,10).

By Koevoet was daar gelowiges met sobere gewoontes (R. D4.13).

Van hierdie gelowiges is in die Bosoorlog dood (R. D4.14).

Waar is God in ons seerkry? (R. D4.15).

Dié vraag het in die Bosoorlog by hom opgekom (R. D4.16).

Negatiwiteit oor Koevoetverlede raak haar verhouding met God (R. G4.2).

Sien haarself nie as ʼn praktiserende Christen nie (R. G4.2).

Waar is God in haar seerkry en worsteling? (R. G4.4).

Waarom laat God hartseer en verwerping in haar lewe toe? (R. G4.5).

In beroepslewe God se betrokkenheid gemis (R. G4.13).

Dink sy dalk verkeerd oor God? (R. G4.21). Is sy so ʼn slegte mens dat niks goeds oor haar pad kom nie? (R. G4.26).

Waar pas God in haar lewe? (R. G4.32). Worstel met vrae na die dood en oor vergifnis (R. G4.33).

Tussen haar en God is daar nie ʼn sterk band nie (R. G4.34).

Ervaar geen waarde in gebed nie – dis net woorde (R. G4.35).

E7 Oorlogsverwonding en

Christenskap Oorlog laat jou naby God leef (R. F4.4). Deur Christenwees kon hy met sy gestremdheid vrede maak (R. F4.5).

Dit het ook gehelp om berusting in God te vind (R. F4.6).

God help hom steeds om sy gestremdheid te aanvaar (R. F4.8).

God gee hom krag om sy probleme daagliks te hanteer (R. F4.9).

God help hom om daaglikse frustrasies te hanteer (R. F4.10).

God gee hom daaglikse geduld om sy probleme te hanteer (R. F4.12).

Sonder God se hulp gaan sy ongeduld tot aggressie lei (R. F4.13).

Kan sy aggressie nie uithaal op instansie wat dit veroorsaak nie (Resp. F4.14).

Sy huisgesin en vriende kan maklik slagoffers word en dan ly (R. F 4.15).

Frustrasies ten spyt – kan hy met God die lewe daagliks aanpak (R. F4.16).

E8 As selfdood dalk ʼn uitweg is Deur God se genade het hy dit tot vandag gemaak (R. H4.1).

Skuldgevoelens uit die Bosoorlog het hom gekwel (R. H4.3).

Skuldgevoelens het hom laat vrees hy het God se genade misbruik (R. H4.4).

Sy bewustheid van God het hom van selfmoord gekeer (R. H4.5).

Was al op punt om tot die daad oor te gaan (R. H4.6).

Daar was tye waar hy geen ander uitweg kon sien nie (R. H4.7).

Net God het hom daarvan gespaar (R.4.8).

3.3.1.6 Afdeling F: (Vraag 5)

Afdeling F: Wat sal dit makliker maak om deur worsteling te kom?

TABEL 11-3F: Kategorisering van optredes wat worsteling kan vergemaklik. KERNKATEGORIE Wat sal die worsteling vergemaklik?

Kategorie 1 Kategorie 2 Kategorie 3 Kategorie 4 Kategorie 5 Kategorie 6 Kategorie 7 Kategorie 8

Verstaan Bosoorlog vanuit destydse landsgebeure Geleenthede vir gespreksvoering moes lankal gebeur Drank laat jou nie vergeet nie

Pastorale gesprekke en genesing Vasgevang in die verlede

Asosiale gedrag onder sommige Koevoete Gee ʼn segsman vir oorloggestremdes Nog op soek na ʼn antwoord

TABEL 10-3F: Kategorisering van belewenis van God se betrokkenheid.

Kode Maak ons worsteling makliker Respondente (Afgekort tot R in dokument) F1 Verstaan Bosoorlog vanuit

destydse landsgebeure Beter begrip van Bosoorlog se fundamentele faktore (R. A5.1). Verreken kommunisme, apartheidsbeleid en landsgeskiedenis (R. A5. 2).

Gespreksvoering soos dié moes lankal plaasvind (R. A5.3).

Antagonisme en verwerping laat Koevoete swyg oor Bosoorlog (R. A5.4).

Eerste keer sedert Bosoorlog om met iemand daaroor te praat (R. A5.21).

Dit was vir hom ontlading (R. A5.22).

Kon nooit sy lewensloop en gevoel daaroor met iemand deel nie (R. A5.23)

F2 Geleenthede vir gesprekvoering skort al lankal

Koevoete én hul vrouens is deur hartseer en verwonding (R.B5.13).

Sommige wil dalk nie daaroor praat nie (R. B5.14).

Polisie het versuim om beradingspanne na grens te stuur (R. B5.15).

Koevoete en gesinne moes alreeds op grens berading ontvang (waaroor hulle kon praat was oorlog en drank (R. B5.19).

Hul toevlug na drank was hul manier om situasie te hanteer (R. B5.20).

Bosoorlog was nog in hulle – hulle kon dit nie agterlaat nie (R. B5.24).

By reünies word veterane weer opgewerk oor Bosoorlog (R. B5.25).

F3 Drank laat jou nie vergeet nie Koevoet sal hom die res van sy lewe bybly (R. D5.3).

Hy is tans besig om ʼn boek oor PATU te skryf (R. D5.5).

Oor sy skuldgevoelens en emosies wil hy daarin stroom afblaas (R. D5.4).

Sommige oud-Koevoete suip om die oorlog te vergeet (R. D5.7).

As hulle dit só wil vergeet, sal hulle hulself moet doodsuip (R. D5.8).

Ken heelwat oud-Koevoete wat met drank- probleme sit (R. D5.9).

Om oorlog deur drank te vergeet gaan nie help nie (R. D5.10).

Hoe meer jy drink, hoe meer praat jy oor die oorlog (R. D5.11).

Sommige Koevoete is harde drinkers (R. D5.12).

Hy het die self gedoen (R. D5.13).

Sy familie verwyt hom dat hy na Koevoet ʼn dronklap geword het (R. D5.15).

Talle oud-Koevoete staan vandag sterk as gelowiges (R. D5.24).

Hyself het mannekampe bygewoon en gevind dat dit help (R. D5.25).

F4 Pastorale gesprekke en genesing Tans is Koevoet byeenskomste hoofsaaklik gesellige saamwees (R. E5.4.)

Vanuit die Koevoetbond moet genesing en geloofsgroei kom (R. E5.6).

Aandag moet ook gegee word aan genesingsaspek van Koevoete (R. E5.7).

Kleingroepe is dalk hiervoor geskik (R. E5.11). Daar moet ruimte wees vir oop en eerlike gespreksvoering (R. E5.12).

F5 Vasgevang in die verlede Sommige Koevoete kan nog steeds nie die verlede afsny nie (R. E5.14).

Hulle is uit die oorlog, maar die oorlog is nog nie uit hulle nie (R. E5.16).

die oorlog (R. E5.17).

Gaan oor wie wat en waar in die oorlog gedoen het (R. E5.18).

Dis ʼn manifestasie – sommige veterane moet nog goed verwerk (R. E5.19)

Dit kan weggesteek word, maar êrens gaan dit uitkom (R. E5.20).

F6 Asosiale gedrag onder sommige veterane

Sommige Koevoete kon nie aanpas in nuwe bedeling nie (R. E5.21).

Dra kennis van oud-Koevoete wat selfmoord gepleeg het (R. E5.22).

Sommige leef in armoede (R. E5.24). Ander drink of erg of is aan dwelms verslaaf (R. E5.25).

Dié asosiale gedrag van haar oud-Koevoet kollegas kwel haar (R.E5.25).

F7 Gee ʼn segsman vir oorlogsgestremdes

Gee vir oorloggestremdes ʼn segsman by die VK (R. F5.2).

Segsman moet bereid wees om na oorlog- gestremdes te luister (R. F5.3).

Segsman moet bereid wees om iets aan probleem te doen (R.F5.4).

Riglyne oor hantering van gestremdes se probleme is nodig (R. F5.5).

Aanvaarbare redes moet gegee word as hulp afgewys word (R. F5.6).

Oorloggestremdes was die staat se werknemers (R. F5.16).

F8 Soek nog na ʼn antwoord Weet nie wat dit makliker sal maak om deur worsteling te kom nie (R. C5.1).

Hy is sedert 1995 op permanente psigiatriese medikasie (R. C5.2).

Medikasie, sy haardloopprogram en geloof in God dra hom (R. C5.3).

Dié kombinasie het ʼn heilsame uitwerking op sy gees (R. C5.4).

Hy weet nie hoe om die seerkry uit sy kop te kry nie (R. C5.8)

Tydens Bosoorlog het polisie weinig daaraan gedoen (R. C5.5).

Dit sou makliker gewees het as destyds al iets daaraan gedoen is (R.C5.7).

Sy woede uit oorlog is nie teen die vyand nie (R. C5.12).

Dit is die politici se misleiding oor die Rooi Gevaar (Resp. C5.13).

Hy is kwaad vir die destydse politici (R. C5.16). Weet nie rêrig nie – moet nog by daardie antwoord kom (R. G5.1).

Na Koevoet en haar SAPD-ervaring moet daar afsluiting kom (R. G5.2).

Sy het al met mense oor haar Koevoetverlede gepraat (R. G5.3).

Hierdie onderhoud was totaal anders (R. G5.4). Sy kon oor goed praat waaroor sy die laaste 27

jaar moes stilbly (R. G5.5).

Hoe praat jy met iemand wat jou omstandighede nie verstaan nie? (R. G5.6).

In die volgende stap van konseptualisering wat uit die inhoudkategorieë voortvloei, is die kategorieë wat ʼn konsep bepaal saamgevoeg om ʼn konsep te formuleer.