• No results found

BESKRYWENDE EMPIRIESE MOMENT

PERSPEKTIEWE VANUIT DIE NAASLIGGENDE WETENSKAPPE MET BETREKKING TOT DIE INVLOED VAN OORLOGSTRAUMA OP

4.4.4 Helingsreise en ontmoetings met die vyand

Vir die heling van krygers gebruik Tick (2005:5) spesifieke tegnieke soos reiniging, vertel van verhale, genesingsreise, treurrituele en die ontmoeting van vorige vyande. Oorlogsveterane kan probeer om sonder terapeutiese ingrepe ʼn normale burgerlike lewe te lei, maar gewoonlik is dit tevergeefs. Oorlogsverwonding kan na terapie verdwyn. Militêre diens word dan nie meer gesien as iets wat weggesteek moet word nie, want deur die reiniging van geheime word die kryger se obsessie daarmee verbreek. Nou kan die oorlewende kryger aan sy ervaring betekenis gee deurdat dit nou as getuie en dienaar van herstel na oorlogstrauma optree. Wat eens ʼn wond was en die kryger se lewe oorheers het, word in die plek daarvan ʼn verhaal (Tick, 2005:197-198). Krygers moet die mense, plekke en herinneringe wat hulle die meeste vrees weer in die gesig kan kyk sonder om tot geweld oor te gaan. Deur dienslewering aan ander word die wonde weer herstel wat krygers veroorsaak het. Die nuwe identiteit wat daaruit ontstaan loop uit op ʼn „weergeboorte‟ as ʼn nuwe begin (Tick, 2005:198).

Uit die Suid-Afrikaanse Bosoorlog kom ook sulke helingsreise na vore. Lamprecht (2018:23) vertel roerend van ʼn groep oorlogsveterane se herbesoek aan die land waar hulle deel van hul jeug verloor het. Die groep het vir tien uitmergelende dae ʼn toer na Angola onderneem wat by tye emosioneel en fisiek veeleisend was, maar hulle sou Angola nie verlaat sonder om eers by die wrak van hul eertydse makker, Muller “Mielie” Meiring, se Ratel 90-gevegsvoertuig te gaan stilhou nie. Die sewestuks was deel van ʼn groep van drie-en-twintig veterane wat op die oggend van 27 Junie 1988 daar was toe Mielie in een van die laaste gevegte van Suid-Afrika se oorlog in Angola sou sterf. Met Mielie se dood het van die groeplede besef: „Dis nou genoeg … dis nou regtigwaar genoeg‟. Die groep van drie-en-twintig veterane was ook ewe verward en moeg oor die oorlog – veral in die lig dat die vredesamesprekings wat al aan die gang was en tot Suid- Afrika se onttrekking aan Angola sou lei, maar die Kubane se 50ste Brigade begin toe suidwaarts beweeg. ʼn Kontak – soldatetaal vir slaags raak met die vyand – was nog nie verwag nie. Die groep het skaars begin beweeg toe ʼn RPG 7- (Rocket Propelled

Grenade) vermoedelik Mielie se Ratel tref en die skrapnel hom gedood het. Dertig jaar

later doen die groep die moeite om ʼn gestorwe makker se „doodsakker‟ te kom soek en hom ʼn laaste keer te groet (Lampbrecht, 2018:24).

tien jaar geveg het. Nou was die besoek as gaste van die Angolese regering om vriend- skappe met voormalige vyande te smee en mekaar se dooies te eer, maar ook om genesing en afsluiting vir geestelike wonde te kry. Oral was daar – naas die wrakke van tenks wat van drie dekades van oorlog getuig het – ook materiële armoede. Tog sou die hartlikheid van gewone mense hulle verstom. Op dorpies is hulle met tradisionele danse verwelkom en het inwoners en veterane mekaar met die hand gegroet. Baie van die groep van drie-en-twintig veterane het mekaar nog nooit ontmoet nie omdat hulle op verskil- lende tye en plekke geveg het. Al wat hulle bind, is dat hulle ʼn deel van hul jeug in ʼn oorlog in ʼn vreemde land kom verloor het. Daar was ʼn dors vir mekaar se stories sodat hulle hul traumatiese ervarings kon deel met iemand wat verstaan (Lampbrecht, 2018 op.

cit.).

Oor die sameloop van die Cuito- en Cuanavalerivier is ʼn nuwe, moderne brug gebou, maar net langsaan het die Angolese die ou militêre brug – wat die Suid-Afrikaners in die oorlog probeer vernietig het – as ʼn monument behou. Dit is op dié brug dat die Suid- Afrikaanse veterane en Angolese met die groep se besoek saam ʼn unieke gedenkdiens gehou het (Lampbrecht, 2018:25).

4.5 PSIGOLOGIE SE BYDRAE TOT OORLOG EN VREDE

4.5.1 Wêreldoorlog 1 en Wêreldoorlog 2

Anders as in paragraaf 4.3.1 gaan dit hier oor die twee Wêreldoorloë. Beide Wêreld- oorloë het ʼn sterk nasionale konsensus in die VSA geskep waar talle sielkundiges hul kundigheid sou aanwend om die Amerikaanse waardes te verdedig. Toe die VSA in 1917 mobiliseer vir Wêreldoorlog 1 het Robert Yerkes as president van die Amerikaanse Psigologiese Assosiasie (APA) ondersteuning van die APA se Raad van Verteen- woordigers gekry om binne die APA komitees te ontwikkel wat inligting sou insamel vir die potensiële aanwending van die psigologie vir militêre probleme (Christie & Montiel, 2013:502). Aanvullend tot hul bydrae tot doeltreffendheid van militêre diens sou psigo- loë ook na maniere soek om ʼn direkte impak op die gevegsvermoë van soldate te verkry deur hul veggees te bevorder as motivering om te veg (Keene, 1994).

Die boonste echelon in die Amerikaanse Leër is deur kol. Edward Munson van die Mediese Korps oortuig van die noodsaaklikheid om die moreel te bevorder voordat die Amerikaners hoë ongevalle sou verduur, maar dit het gou aan die lig gekom dat ʼn

ernstiger probleem oor moreel en dissipline in opleidingskampe bestaan het. Sommige van die probleme is toegeskryf aan persoonlike kwessies – soos soldate se besorgdheid oor hul gesinslede tuis – maar daar is ook tot die ontdekking gekom oor die waarde om nuwe innames van rekrute met agting en bedagsaamheid te behandel, ʼn benadering wat empatie benadruk maar tot groot onsteltenis was van sommige van die meer tradisioneel georiënteerde militêre lede (Christie & Montiel. 2013:502).

Die Tweede Wêreldoorlog (WO2) het die psigologie ʼn hupstoot gegee omdat dié vakgebied se geloofwaardigheid tydens Eerste Wêreldoorlog 1 (WO1) en daarna gevestig is. Sielkundiges was ywerig om bydraes te lewer omdat hulle oor die algemeen WO2 as ʼn „goeie oorlog‟ gesien het en wat die dodelike stryd tot oorwinning waardig was (Christie & Montiel. 2013:503). Waar WO1 navorsing en praktyk laat fokus het op geskiktheid, het WO2 weer die studie van gesindhede en emosies op die voorgrond geplaas. Navorsing gerig op hoofberigte in nuusblaaie het aangedui dat mense waar- skynlik aangespoor is tot ʼn aktiewe rol in die oorlog wanneer die hoofopskrifte woede eerder as vrees by die lesers sou aanwakker en het die Geallieerde verliese eerder as oorwinnings benadruk (Christie & Montiel, 2013:op. cit.). Tydens Wêreldoorlog 2 het die Amerikaanse militêre magte ʼn Moraal Afdeling op die been gebring om die moraal van soldate tydens gevegte te verhoog, maar het spoedig tot die ontdekking gekom dat Maatskaplike sielkundiges ook briewe ondersoek het wat deur Duitse burgerlikes geskryf is en kon daaruit aflei dat hul moreel die meeste geraak was deur klein getalle verras- singsbomaanvalle eerder as gereelde swaar bombarderingskampanjes. Swaar bombar- dering het by hulle die wil om weerstand te bied aangewakker terwyl gereelde bom- barderings aan die vyand die geleentheid gebied het om hul daaglikse aktiwiteite rondom voorspelbare bomaanvalle te organiseer (Christie & Montiel, 2013:op. cit.).

Teen die einde van WO2 het die toepassing van die psigologie die militêr deurdring. In die voorwoord tot Bray (1948) se boek skryf Lybrand Palmer Smith (1948:v-ix), ʼn kaptein in die VSA se vloot só:

Psychology made the „man machine‟ a fighting unit more effective in the air, on the land, on the sea and under the sea. I believe that the application of psychology in selecting and training men, and in guiding the design of weapons so they would fit men, did more to help win this war than any other single intellectual activity. Application of scientific methods by psychologists was a great factor in winning World War 2.