• No results found

SUIDER-AFRIKA SE HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND

2.11 DIE DUBBELE ROL: POLISIEMAN ÉN SOLDAAT

2.12.3 Kritiek teen Koevoet

Vanuit die geledere van die Weermaggeneraals was daar erge kritiek teen Koevoet.

Generaal Constant Viljoen

Volgens Viljoen kon hy nie saamstem met Koevoet se werkswyse en metodes nie. Vir hom was daar ʼn wreedheid daarin wat nie „the hearts and minds of the people‟ sou bevorder nie (Hamman, 2001:65).

Generaal Jannie Geldenhuys

Jannie Geldenhuys het tot dieselfde gevolgtrekking gekom terwyl hy die bevelvoerder van die militêre magte in Suidwes-Afrika was. Hy laat hom so oor Koevoet uit:

One of the problems was that they [Koevoet – navorser se invoeging] never had anyone stationed there permanently. If that had been the case they‟d never have done operations like that because the commander would still be there tomorrow and the next week, etc. ... But these guys didn‟t care because they knew they‟d be gone soon (Hamann, 2001: op. cit.).

Geldenhuys se uitlating “that [Koevoet] never had anyone stationed there permanently” is teenstrydig met Burger (1992:305) wat juis fokus op die permanensie of semi-

permanensie van Koevoetlede in die operasionele gebied. Dit was ʼn strategiese skuif

sodat Koevoetlede vertroud kon raak met die omgewing en die inwoners, asook met hul taal en kultuur.

 Generaal George Meiring

Oor Koevoet het George Meiring sy opinie so laat hoor:

Koevoet was not a law unto itself, Koevoet was just unto itself. Their command and control system was stupid. They were controlled out of Pretoria directly whereas our system was completely different. Our commanders weren‟t told when to do what. They were told what to do in a broad sense but the Koevoet commander got his instructions from Pretoria. A policeman is always trained as an indiwidual … the more successes he has, the better are his chances of promotion.27

The military is different. There you‟re trained to be part of a team. You learn from the beginning you can‟t operate on your own. The military‟s system of command and control means a man can be held responsible for what he does. The policeman, on the other hand, is uncontrollable because he works as a loner … it is two different ways of life, and working together is a nightmare. I hated the way they operated (Hamann, 2001:65-66).

Natuurlik was Koevoet nie bo die wet en kritiek verhewe nie. Daarom moet die menings van die drie weermaggeneraals hierbo ook binne die konteks van daardie tyd verstaan word, want hier was twee verskillende en dalk botsende beroepskulture saamgebring wat noodgedwonge moes saamwerk (Stiff, 2004:59).

Kritiek deur die SA Weermag was gerig teen Koevoet weens hul optrede en metodes wat sou indruis teen die „hearts and minds‟-benadering van die Weermag waarmee al in 1974 begin is. Deur uitgebreide optrede, gerig op die sosio-ekonomiese en psigologiese dimen- sies van die Namibiese bevolking, wou die Weermag poog om die bevolking as ʼn rewo- lusionêre basis vir SWAPO te ontsê (Burger, 1992:255).

Hierteenoor beskryf Hooper (1988:59) wat hy op patrollie saam met Koevoet hieroor geleer het:

Lined with clay, (the conical baskets) held stores of mahango, the staple crop of grain sorghum. Mahango fields sometimes extended 100 metres or more around a kraal. (Warrant-Officer Marius) Brand explained that because the security forces were forbidden to drive through the fields, SWAPO often used them for hiding places. His disgust at the regulation showed (navorser se invoeging en skuinsdruk). “I can promise you that if the boys find spoor going into the

27 Dit sou die uitsondering op die reël wees, want vir bevordering na die range van sersant, adjudant-

offisier en luitenant moes daar in die SA Polisie aan voorgeskrewe bevorderingseksamens deelgeneem word. Daarbenewens was verskeie indiensopleidingskursusse ook verpligtend. Waar daar wel uitsonderings was, is persone wat vanuit die burgerlike samelewing aangestel is om ʼn spesifieke behoefte te vervul en taak te verrig. Daar sou ook gevalle wees waar ou konstabels, sersante en adjudant-offisiere met lang diensjare wel vir bevordering na die volgende rang bevorder word (Bron: Navorser se selfkennis uit sy

mahango, I‟m not going to let them go in alone without the support from the cars.

We‟ll drive through those fields with them, and to hell with COMOPS28.

Wat nooit ontken kan word nie, is die Namibiese plaaslike bevolking se ervaring van die gruwel van oorlog (Vale, 2014:7), maar wat Vale uit die oog verloor, is dat die plaaslike bevolking trauma beleef het aan die hand van die Veiligheidsmagte asook SWAPO- insurgente (Kamongo, 2011:35, 51, 57). Wanneer Burger (1992:307) oor kritiek teen Koevoet skrywe, begin hy met die volgende aanhaling wat hy op Koevoet van toepassing maak:

Special fighting units in modern warfare inevitably gain reputations for ruth- lessness. Their secret operations lead to charges of atrocities and low standards of behaviour – often difficult if not impossible to prove or disprove.

Die kritiek teen Koevoet is hoofsaaklik op beskuldigings en bewerings van wandade teenoor die plaaslike bevolking gebaseer. Behalwe daardie sake wat voor die howe gedien het, is dit bykans onmoontlik om te bepaal tot watter mate was die aantygings gegrond. Alhoewel verskeie Koevoetlede periodiek aan bepaalde misdrywe skuldig bevind is, bestaan daar tog in die algemeen groot twyfel oor die geldigheid van die meeste van die bewerings wat voortdurend teen Koevoet gemaak is (Burger, 1992: op.

cit.). In sommige oorde is aangevoer dat die aantygings teen Koevoet – met of sonder

substansie – deur SWAPO en SWAPO-gesinde organisasies en persone gemaak is as deel van ʼn propaganda strategie om Koevoet in diskrediet te bring en sy doeltreffendheid te vernietig (Stiff, 1989:18).

Vier kardinale sake in die Namibiese howe teen Koevoet het aan die einde van 1983 ʼn bepaalde geloofwaardigheid aan talle ongetoetste bewerings teen die eenheid verleen. In die eerste drie sake het die aanklagte gewissel van moord tot strafbare manslag en aanranding, maar die vierde saak het die meeste opspraak verwek. Twee spesiale konstabels van Koevoet is skuldig bevind aan verskeie aanklagte van moord, roof en verkragting en een van hulle is uiteindelik daarvoor tereggestel (Hooper, 1988:163).

28 Comops (Afrikaans – Komops) is ʼn afkorting van die voormalige SAWM vir Communication

Operations/Kommunikasie Operasies met betrekking tot alle aspekte van kommunikasie operasies wat

gerig is op die moreel van die eie magte asook op dié van die vyand. Geskoei op die Franse ervaring van psigologiese oorlogsoptrede in Algerië het die SAWM sedert 1978 omvangryke opleiding in psigologiese operasies ontvang waar pamflette en radio-uitsendings gerig – op die vyand as teen-propaganda – die plaaslike bevolking daarvan wou oortuig dat die Suid-Afrikaanse soldate hulle vriend is. Komops was gerig op die burgerlike samelewing en is gedra deur die winning the hearts-and-minds (WHAM) veldtogte van humanitêre bystand (Comops, 2016).

Koevoet se beeld en ook dié van die SA Polisie het deur die gepaardgaande publisiteit groot skade gely, want mediaberigte sou onder opskrifte verskyn soos Mad Dogs, The

Killing Machines, Licensed Murderers en Death Squads (Burger, 1992:308).

Die negatiewe publisiteit voortvloeiend uit die voormelde vier sake het die ideale geleent- hede vir propaganda geskep wat dan talle latere bewerings teen Koevoet sou kon verklaar. In die Suid-Afrikaanse Volksraad is daar in Mei 1984 ʼn debat oor Koevoet gevoer en is daar vanuit die Volksraad en die media versoeke gerig vir Koevoet se ont- binding (Burger, 1992: op. cit.).

Vir die negatiewe beeld wat rondom die eenheid ontwikkel het, was Koevoet waarskynlik in ʼn groot mate verantwoordelik. Die Owambolede van Koevoet het weinige polisie- opleiding en/of ervaring gehad en is hoofsaaklik vir opsporing en uitwissing opgelei (Burger, 1992:309). Koevoet se vasberadenheid om aan die strategie van soek-en-uitwis uitvoering te gee, het ʼn persepsie van meedoënloosheid en kragdadigheid van die eenheid geskep en waarskynlik was daar ook ʼn persepsie van elitisme en heroïsme by Koevoetlede self (Burger, 1992:310; Hooper, 1988:159-160). Op die aantygings oor Koevoet se kriminele aard, het die eenheid aangevoer dat die kriminele dade deur indiwi- due gepleeg was terwyl van diens; dat die hele eenheid nie daarvoor verwyt kon word nie; en dat die oortreders in die meeste gevalle deur lede van die eenheid self gearresteer is (Hooper, 1988:163; Burger, 1992: op. cit.).

 Generaal J.G. ‘Sterkhans’ Dreyer, stigter en bevelvoerder van Koevoet, se

repliek hierop

Oor die aantygings teen Koevoet het Sterkhans Dreyer so gereageer:

Die optrede van misdadige enkelinge kan nie ʼn weerspieëling wees as sou dit Koevoet se benadering en gesindheid wees nie. Só het Dreyer dit verduidelik:

ʼn Eenheid waarvan die meeste van die swart lede in die gebied woon en waar Koevoet op die goedgesindheid van die inwoners moes staatmaak, sou dit baie dom wees om mense te verkrag en te vermoor (Burger. 1992:311).

Weens die negatiewe kritiek rondom Koevoet het daar aan die naam Koevoet ʼn stigma begin kleef en in ʼn poging om daarvan ontslae te raak, sonder om die eenheid te ontbind, is die naam van die eenheid verander. Op 1 Mei 1985 is die eenheid aan die Suidwes- Afrikaanse Polisie (SWAPOL) oorgedra. Die eenheid is herdoop tot die Suidwes-

Afrikaanse Polisie Teeninsurgensie-eenheid (afgekort as SWAPOL-TIN). Omdat die naam Koevoet ʼn onlosmaaklike deel van die eenheid geword het, het sowel sy lede as sy ondersteuners en opponente volgehou met die gebruik van dié naam (Burger, 1992:311). Koevoet se posisie het weer in 1988 ter sprake gekom. Op daardie tydstip was internasionale onderhandelinge oor die toepassing van Resolusie 435 van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad weer op dreef. Vir sommige van die onderhandelende partye was die voortbestaan van Koevoet onaanvaarbaar. Na afloop van die drieparty-vredes- ooreenkoms op 18 Julie 1988 het Suid-Afrika se Minister van Buitelandse sake aan- gebied om die SWA Polisie met eenduisend driehonderd man te verminder en om Koevoet te ontbind (Burger, 1992:312).

1 April 1989 was die implementeringsdatum van Resolusie 435. Maar op daardie dag het groot getalle swaargewapende lede van die Peoples Liberation Army of Namibia (PLAN) as SWAPO se militêre vleuel – in stryd met die internasionale ooreenkoms – Namibië vanuit Angola geïnfiltreer. Tydens die infiltrasie was Koevoet in staat om binne enkele ure weer as ʼn doeltreffende gevegseenheid te organiseer en op te tree (Burger, 1992: op.

cit.). Koevoet is finaal gedurende September 1989 ontbind. Dit was deel van ʼn ooreen-

koms waarin gepoog is om ʼn regverdige verkiesing in November 1989 te verseker (Burger, 1992: op. cit.).