• No results found

SUIDER-AFRIKA SE HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND

2.7 DIE GEWAPENDE STRYD IN SUIDER-AFRIKA

2.7.1 Agtergrondskets

Alhoewel die fokus van hierdie studie gerig is op Koevoet se betrokkenheid in SWA/Namibië, moet die studie verstaan word vanuit die breër Suider-Afrikaanse konteks waar al hoe meer Afrikalande onafhanklikheid van hul Europese meesters gekry het. Daarom is die verhaal van Suidwes-Afrika/Namibië verweef met die verhaal van Rhodesië, die latere Zimbabwe, asook die twee Portugese kolonies Angola en Mosambiek.13

2.7.2 Kommunistiese betrokkenheid in Suider-Afrika

Sowjet-Rusland en die kommunistiese blok was ʼn gedugte militêre mag en is deur die VSA en die Westerse lande as ʼn groot bedreiging beskou. Reeds in 1921 is die Suid- Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) in Suid-Afrika gestig en het kommuniste begin om die geledere van die African National Congress (ANC) te infiltreer (Van der Merwe, 2010:41). As alliansie het die ANC en die SAKP hulle met nuwe ywer toegespits om as alliansie die gewapende stryd teen die Regering aan te pak. Mkhonto weSiswe (MK), die militêre vleuel van die ANC en die African Resistance Movement (ARM) het tot stand gekom (Van der Merwe, 2010:42). Suid-Afrika se militêre teenwoordigheid in Angola asook SWA/Namibië is deur mnr. PW Botha as destydse Minister van Verdediging in die Parlement duidelik uitgespel dat Suid-Afrika haarself en haar belange moes beskerm teen kommunistiese aggressie en aanvalle van SWAPO insurgente wat in suidelike Angola saamgetrek was en Suidwes-Afrika/Namibië sou infiltreer (Hamman, 2001:14).

Vale (2014:5) beskryf hierdie situasie as volg:

“ ... put simply, the most explicit South African motivation to keep South West Africa and invade Anglo was to maintain several buffer territories in order to prevent the spread of the perceived Communist threat. The government did not want any radical ideas at its doorstep because they would threaten the conservative political foundation

13 As koloniale mag het Portugal strategies belangrike gebiede in Angola en Mosambiek besit wat deur hul

minerale ryklik bygedra het tot Portugal se skatkis. 1961 sou die begin van die gewapende Angolese bevrydingstryd inlui wat gevolg is deur Mosambiek in 1964. Vir Portugal was daar geen hoop om hierdie oorloë te wen nie en is daar kragdadig teen die bevrydingsbewegings opgetree. Op Donderdag 25 April 1974 om 12:25 is die „Carnation Revolution‟ begin in die Portugese stad, Lisbon waar ʼn militêre staatsgreep deur genl. Antonia Spinola in Portugal uitgevoer sou word. Die eerste minister, Marcello Caetano, se bewind is tot ʼn einde gebring. Burger (1992:197) wys daarop dat die militêre staatsgreep in Portugal sou lei tot die kapitulasie van die Portugese magte in Angola en die magsoorname deur die

Movimento Popular de Libertacáo de Angola (MPLA) op 11 November 1975.

of the apartheid government and encourage the ANC resistance movement.” (Navorser se kursivering)

In Augustus 1967 het mnr. Oliver Tambo, die president van die ANC, hom so uitgelaat: The long struggle for freedom in our country has entered a vital new phase. Fully conscious of its responsibilities our national organisation, the African National Congress (ANC) has decided to call on all the African people and their allies of other races to take up arms against the hated apartheid regime. We know that the revolution in South Africa will be a long and bitter one, calling for maximum sacrifices from all who love freedom (Pike, 1985:110).

Die voorafgaande aanhaling weerlê Vale se siening van ʼn perceived Communist threat. Die SAKP/ANC-alliansie het hulself tot ʼn rewolusionêre organisasie verklaar om die sogenaamde “demokraties rewolusionêre stryd” te bevorder. Gedurende die laat 1960‟s en vroeë 1970‟s het die werwing van persone vir opleiding en uiteindelike opname in MK-geledere sterk toegeneem en sou sodanige opleiding voorsien word deur Rusland, Oos-Duitsland, Kuba, Tsjeggo-Slowakye asook ʼn aantal Afrikalande wat noue bande met die Kommunistiese Blok gehandhaaf het. Intussen het swart politieke bedrywighede binnelands gesentreer rondom stakings, boikotte, politieke onrus, onluste, klandestiene politieke aktiwiteite, geïsoleerde dade van sabotasie, en na 1967 die gewapende stryd self (Stadler, 1997:34).

Die stryd teen terrorisme in Suid-Afrika was nie net beperk tot binnelandse bedrywighede vir die veiligheidsmagte nie, maar sou oor die land se grense en verder versprei. Naas die ANC het die PAC14 ook lede van sy militêre vleuel, POQO15, na die kommunistiese Oos Blok lande vir militêre opleiding gestuur asook na Kommunistiese China (Stadler, 1997:

op. cit.). Nog ʼn verdere scenario het ook ontwikkel. In die destydse Suidwes-Afrika het

die eerste groep opgeleide SWAPO insurgente gedurende 1965 – bewapen met Sowjet en Kommunistiese China se wapens en krygstuig – die land binnegekom en het dadelik begin om die plaaslike bevolking in die omgewing van Omgulumbashe in Owamboland

14 PAC – die akroniem vir die Pan Africanist Congress – het geurende April 1959 tot stand gekom met

Robert Sobukwe en PK Leballo as leiers, Die breuk tussen die ANC en die PAC het ontstaan deur die aanvaarding van die Vryheidsmanifes op 31Maart en 1 April 1959, want dit het die onderskeid tussen die hoofstrome binne die ANC blootgelê. Waar die „Charterists‟ naas die swartes ten gunste was van samewerking met alle bevolkingsgroepe het die Afrikaniste‟ onder die slagspreuk “Africa for the Africans” van die ANC weggebreek (Stadler, 1997:22). POQO was die militêre vleuel van die PAC.

15 Die Xhosawoord POQO beteken „suiwer‟ of „alleen‟ en die organisasie se grootste aanhang sou uit die

Wes-Kaap en voormalige Transkei kom. Poqo se strategie het berus op opsetlike vermoording en hul hoofteikens was die polisie en hul beweerde beriggewers in Langa en die Paarl asook die hoofmanne in die Transkei wat beskou is as meelopers van apartheid. Omtrent tien lede van die organisasie was vir verraad

op te lei. Die inisiatief is op 26 Augustus 1966 deur die gesamentlike optrede van die SA Polisie en die SA Weermag in die kiem gesmoor toe ʼn aantal insurgente gevange geneem is en daar ook op groot hoeveelhede vuurwapens, ammunisie, plofstelle, toerusting en dokumentasie beslag gelê is (Stadler, 1997:35; Els, 2012:15). Toe kort daarna ʼn tweede aanval op die grensdorp Oshikango geloods is, het die eerste minister, dr. H.F. Verwoerd, die polisie opdrag gegee om teen die insurgente op te tree asof die land in ʼn oorlog gewikkel was (Stadler, 1997: op. cit.).

Ook in die destydse Rhodesië het ANC kaders met ZAPU (Zimbabwe African Peoples‟ Union) kragte saamgesnoer om teen die onderdrukkers in Matebeleland, Wankie en verder suid te veg. Daar was die duidelike voorneme dat die stryd sal voortduur in Rhodesië en Suid-Afrika en dat daar geveg sal word totdat hulle die oorwinning behaal ongeag hoe lank dit sou neem en wat die koste ook mag wees (Stadler, 1997:36).

2.8 ESKALERENDE GEWELD IN SUID-AFRIKA

1960 was die jaar van uitgerekte protesaksies deur swartes teen die paswette van destyds. Talle van hierdie optogte is deur beide die ANC en die PAC aangehits en sou lei tot gewelddadige konfrontasies met die polisie by Langa en Sharpeville met die tragiese verlies van menselewens. Weens die toenemende onrus en dreigemente van onrus in verskeie dele van Suid-Afrika is daar ʼn noodtoestand afgekondig16 (Stadler, 1997:23). Vanaf 1980 het Suid-Afrika al hoe meer onder terreurvoorvalle deurgeloop (Van der Merwe, 2010:95).17 In 1984 het die ANC bekend gemaak dat die rewolusionêre oorlog voortaan op vier pilare sou staan:

 die gewapende stryd deur Umkhonto weSiswe (MK);

16 Wet 34 van 1960 – Wet op onwettige organisasies – is op 8 April 1960 gepromulgeer. Daarna het sowel

die ANC as die PAC ondergronds gegaan (Stadler, 1997:23).

17 Van der Merwe (2010:95 e.v.) beskryf die beleg van die Volkskasbank in Silverton op Vrydag 25

Januarie 1980. Wat aanvanklik na ʼn gewapende roof gelyk het, was toe inderwaarheid drie MK-lede wat die mense in die bank as gyselaars wou gebruik. Met ʼn nota is mnr. Tiekie Witmore en ʼn vroue- bankamptenaar na buite gestuur waarin die volgende geëis is: (1) die vrylating van mnr. Nelson Mandela en die MK-lid James Mange; (2) ʼn vliegtuig na Maputo; en (3) die teenwoordigheid van die Eerste Minister, mnr. P.W. Botha, die staatspresident, mnr. John Vorster, en die Minister van Verdediging, genl. Magnus Malan. Omdat die MK-lede onverbiddelik was in hul eise en gedreig het om die gyselaars dood te skiet as daar nie aan hulle eise voldoen word nie en hulle desperaat was en enige oomblik hul dreigemente kon uitvoer, het die polisie geen ander keuse gehad as om hulle uit te wis nie. Twee gyselaars is gedood, drie ander gyselaars is ernstig gewond en 17 ander het minder ernstige beserings opgedoen.

Een van die skokkendste terreuraanvalle in Suid-Afrika se geskiedenis het op 20 Mei 1983 plaasgevind. Omstreeks vieruur namiddag het ʼn motor met ʼn kragtige lading springstof in Kerkstraat voor die Nedbankpleingebou (ook bekend as die Nedbank Square Maritime House) ontplof. Negentien mense is gedood ondermeer twaalf burgerlikes en 7 Weermagslede. Verder is 219 mense erg beseer of vermink. Onder die beseerdes was 217 burgerlikes en 2 weermagslede (Van der Merwe, 2010:102-109).

 die mobilisering van die massas;

 die vestiging van ondergrondse strukture; en

 die isolasie van Suid-Afrika op internasionale gebied

Oliver Tambo, president van die ANC, het ʼn beroep op al die inwoners van Suid-Afrika gedoen om die land onregeerbaar te maak (Van der Merwe, 2010:110). Twee dae voor Kersfees van 1985 is die land deur nog ʼn terreurdaad geruk toe ʼn plofstel in ʼn vullishouer in Amanzimtoti se Sanlamsentrum geplaas is. Die sentrum was vol vakansie gangers en mense wat Kersinkopies gedoen het. In die ontploffing het vyf mense gru- saam gesterf en is veertig beseer (Van der Merwe, 2010:113).

Die ANC/SAKP-alliansie het hulle verder toegespits op die vernietiging van swart plaaslike owerhede18 en is swart raadslede en administratiewe beamptes wreed om die lewe gebring. Enigiemand in ʼn swart woonbuurt teen wie die geringste vermoede bestaan dat hy of sy met die polisie saamwerk, is met die halssnoermoord19 wreed en barbaars om die lewe gebring. Trewhela, (2010:4) sien ʼn direkte verband tussen die ANC se terreur- bewind in hul tronke in buurlande en die halssnoermoorde van ANC ondersteuners in Suid-Afrika gedurende die township-opstande van 1984-1986. Ook swart polisie-manne is uit die gemeenskap verdryf en hulle moes tydelik elders in tente gehuisves word (Van der Merwe, 2014:114). Tydens die 1984-1986-opstande was daar volgens Trewhela (2010:48) die opkoms van die outokrasie en die militarisering van die jeug wat die bevry- dingstryd na die strate geneem het. ʼn Verdere gevolg van hierdie regering deur die jeug (paedontocracy) was die bestaan van die „Mandela United Football Team‟ met Winny Mandela se “with our necklaces and our boxes of matches” as voorstander van die land se bevryding.

2.9 SANKSIES AS INTERNASIONALE WEERSTAND

Dwarsdeur die vyftiger- en sestigerjare was daar buitelandse én binnelandse druk op Suid-Afrika. In 1950 het die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) al ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om af te sien van die Groepsgebiedewet omdat dit die

18 Teen die einde van Julie 1985 het nog net vyf van die agt-en-dertig swart plaaslike owerhede

gefunksioneer (Van der Merwe, 2010:114).

19 Die algemene metode was om ʼn buiteband om die persoon se lyf te plaas, dit met brandstof te vul en aan

onderhandelinge tussen Suid-Afrika en die regerings van Indië en Pakistan oor die behandeling van Asiërs in Suid-Afrika in die wiele kon ry. Oor die jare daarna sou soortgelyke VN-resolusies met eentonige reëlmaat geneem word. In 1960 het 29 Afrika en Asiatiese lidlande van die VN ʼn resolusie voor die Veiligheidsraad gebring waarin Suid-Afrika se rassebeleid sterk veroordeel is. Die Veiligheidsraad het Suid-Afrika se besware verwerp as sou dit inmenging in die land se interne sake wees. Uiteindelik is ʼn resolusie aanvaar wat sou verklaar dat die beleid van rassediskriminasie ʼn bedreiging vir wêreldvrede en veiligheid inhou en is ʼn beroep op Suid-Afrika gedoen om van die beleid af te sien (Fischer, 1969:330).

In 1961 vra die VN alle lidlande om afsonderlike of kollektiewe stappe te oorweeg sodat Suid-Afrika kon afsien van sy rassebeleid. In 1962 is die VN se Algemene Vergadering weer versoek om ʼn beroep op alle lidlande te doen om diplomatieke bande met Suid- Afrika te verbreek. Die Veiligheidsraad is ook versoek om as dwangmaatreëls sanksies teen Suid-Afrika in te stel om die struikelblokke tot rasse-intergrasie te verwyder. Brittanje was egter onwillig om hieraan toe te gee en het die beoogde internasionale druk nie verder ontwikkel nie (Fischer, 1969:331).

Drukgroepe in Westerse lande wat met Suid-Afrika handel gedryf het, sou verskillende pogings aanwend om banneling firmas in die Republiek op te rig wat dan die inisiatief sou neem in die ondergang van apartheid (Davenport, 1987:490). Omstreeks 1972 het ʼn groot aantal Amerikaanse, Britse en Europese godsdienstige, akademiese en politieke drukgroepe hulself vir disinvestering beywer. Inkatha het egter geredeneer dat disinves- tering eerder ekonomiese groei in Suid-Afrika aan bande sou lê en nie noodwendig tot positiewe verandering in Suid-Afrika sou lei nie (Davenport. 1987:491).

Weens Suid-Afrika se strategiese posisie as bewaker van die Kaapse seeroete, asook haar enorme minerale rykdom wat nodig was vir die Weste se wapentuig, sou ver lei tot hewige debatte oor sanksies teen Suid-Afrika (Davenport, 1987:493, 497). Sou Suid- Afrika egter haar hand oorspeel oor die Kaapse seeroete en strategiese minerale, kon kritici dieselfde doen deur ʼn embargo te plaas op olie en wapentuig. Toe dit wel in die middel sestigs gebeur, lei dit tot die stigting van Krygkor en dié se dogtermaatskappye wat in 95% van die Verdedigingsmag se behoeftes kon voorsien (Davenport, 1987:498).

2.10 INSURGENSIE EN TEENINSURGENSIE