• No results found

ORIËNTERING EN PROBLEEMSTELLING

6 PLAN is die afkorting vir die „People‟s Liberation Army of Namibia‟ en het opgetree as die militêre vleuel

1.11 DATA INSAMELING 1 Ingeligte toestemming

1.11.2 Etiese toestemming

Tydens elk van bovermelde voorafgaande gesprekke (waartydens die vorm vir ingeligte toestemming ook onderteken sal word) sal die presiese verloop en detail betreffende die beplande onderhoude aan voornemende respondente gekommunikeer word. In hierdie verband gaan die volgende inligting belangrik wees:

Dat hulle ingelig sal word met betrekking tot een of meer onderhoude wat gaan volg.

Dat die onderhoude by elkeen aan huis sal plaasvind en dat die navorser die gesprekke sal lei. In elke indiwiduele geval sal daar egter vooraf bepaal word of die betrokke persoon se huislike opset sodanig is dat daar volkome privaatheid en rustigheid sal kan wees tydens die onderhoud. Indien dit sou blyk dat dit nie die geval sal wees nie dan sal alternatiewe reëlings getref word om die onderhoud te voer in die kerksaal van ʼn plaaslike gemeente.

Dat die onderhoude digitaal opgeneem sal word met toestemming van elk van die respondente.

Dat die onderhoude geanaliseer gaan word en ook ʼn verduideliking van die presiese wyse waarop die finale resultate aan elke respondent gekommunikeer sal word.

Die inhoud van die vrae wat tydens die onderhoude aan die orde sal kom, word by

hierdie geleentheid ook deurgegee.

Moontlike risiko‟s vir respondente word ook by hierdie geleentheid uitgespel asook alle moontlike voorkomende maatreëls.

Die feit dat die moontlike voordele gekoppel aan hierdie navorsing meer indirek van toepassing is, kom ook aan die orde – daar is dus geen direkte voordele vir respondente nie.

Respondente sal verder ook ingelig word met betrekking tot die toerusting en opleiding waaroor die navorser beskik ten opsigte van onderhoudvoering. In hierdie verband sal gewys word op ʼn Meestersgraad in Pastorale terapie wat gebaseer was op die narratiewe benadering in berading en daarna ʼn D.Th. oor leierskap- ontwikkeling in klein plattelandse gemeentes van die VGKSA. Verder is die navorser ook geregistreer vir die bywoning van die volgende twee werkswinkels:

Kwalitatiewe navorsing data analise wat aangebied word deur prof. Minrie Greeff

op 31 Julie en 1 Augustus.

Dat daar tydens die onderhoude van kommunikasie vaardighede gebruik gemaak sal word soos byvoorbeeld parafrasering, reflektering, opsomming, gefokusde luister en handhawing van gepaste stiltes. Aanvullend hiertoe sal ook die volgende riglyne toegepas word (Okun, 2002; Mather et al., 2002:15):

Vestiging van goeie rapport deur die navorsingsdoelwitte en oogmerke aan die respondent te verduidelik asook die doel van die onderhoud. Die navorser gee ook aan die respondent die geleentheid om vrae te vra binne ʼn ontspanne en informele

omgewing. Die navorser handhaaf ook ʼn nie-bedreigende atmosfeer deur effektiewe gebruikmaking van liggaamstaal en bemoediging.

Die vertrek waar die onderhoud sal plaasvind vooraf in te rig sodat die respondent en navorser gemaklik kan wees.

Die navorser sal daarop ingestel wees om ontspanne voor te kom en ʼn oop postuur te handhaaf.

Effektiewe luistervaardighede deur middel van aandaggewende gedrag soos oogkontak en deur persepsies uit te klaar.

Die navorser sal deurlopend ʼn woordeskat gebruik wat op die begripsvlak van die betrokke respondent is.

Verbale kommunikasie vaardighede sal versterk word deurdat die navorser ʼn empatiese houding teenoor respondente sal openbaar.

Die versekering dat deelname konfidensieel sal wees en dat niemand se identiteit geopenbaar sal word nie.

Die deel van inligting ten opsigte van die hantering van die digitale opname tot en met die voltooiing van die navorsingsverslag.

Die versigtige en hoflike (gentle) stel van verdere vrae indien die antwoord op ʼn sekere vraag onduidelik of onvolledig blyk te wees.

Weerhouding daarvan om die respondent te onderbreek tensy dat die persoon nie fokus op die vraag nie. Daar moet eerder gepoog word die persoon toe te laat om sy/haar gedagtes te voltooi.

Poog om nie persoonlike opinies te gee nie.

Deurgaans sensitief te bly en oormatige simpatisering of empatisering te vermy.

Deurgaans bewus te wees van eie liggaamstaal, ontspanne te wees en die respondent

se nieverbale seine te kan lees (Bylae 2 Ingeligte toestemming: 279-284).

1.11.3 Vraagontwikkeling

Die vrae wat gebruik sal word in die onderhoude is aan twee kundiges gestuur binne die vakgebied van Praktiese Teologie vir evaluering. Verder het die navorser dit ook getoets by ander persone wat destyds ook deel van die Suid-Afrikaanse veiligheids- magte was en dieselfde tipe trauma beleef het as waaroor hierdie studie gaan, maar nie spesifiek deel was van Koevoet nie om te sien of dit die antwoorde uitlig soos ten doel

gestel is in die navorsing. Vanuit die terugvoer vanaf alle persone wat op hierdie wyse genader is, was daar enkele geringe wysigings voorgestel en die vrae is dienooreen- komstig aangepas.

Daar word beplan om die onderskeie onderhoude in te lei met die volgende bewoor- ding:

“Jy is iemand wat aan die destydse Bosoorlog blootgestel was. Vertel my asseblief van jou ervaring en hoe ver jy gevorder het met die verwerking daarvan”.

Die volgende oop-einde vrae sal dan verder aan die orde kom tydens elke onderhoud:

Waarmee worstel jy tans?

Wat is jy van mening sou die diepere oorsaak vir hierdie worsteling wees?

Wat dink jy is dit wat jou reeds so lank vasgevang hou in hierdie worsteling?

Hoe het jy God se betrokkenheid of afwesigheid beleef tydens hierdie hele proses?

Wat sal dit vir jou makliker maak om deur hierdie worsteling te kom?

(Bylae 3: Vraagontwikkeling:285).

1.11.4 Onderhoudvoering

Met die aanvang van elke onderhoud sal die volgende prosedure gevolg word:

• Die navorser verwelkom die respondent as ʼn belangrike respondent aan hierdie navorsing en probeer aanvanklik net eers met algemene opmerkings om ʼn atmos- feer van gemaklikheid en rapport te vestig. Die respondent word meegedeel dat die sessie moontlik langer as een uur tot moontlik een en ʼn halfuur sal duur.

• Die doel van hierdie navorsing word vervolgens weer verduidelik. Die aspek van konfidensialiteit en anonimiteit word ook weer bevestig en die belangrikheid van die betrokke onderhoud binne die konteks van die studie as geheel word beklem- toon.

• Verder word die ingeligte toestemming wat reeds gegee is deur die betrokke respondent ook mondeling herbevestig word sodat dit ook deel van die digitale opname kan wees.

• Die respondent sal vervolgens ook weer herinner word aan die feit dat die gesprek digitaal opgeneem sal word en dan telkens saans oorgeplaas word op sy rekenaar. Sodra daar sekerheid is dat die opname vasgelê is op die rekenaar (deur middel van ʼn wagwoord) sal die oorspronklike opname uitgewis word. Nadat die opnames

getranskribeer is sal alle harde kopieë ook toegesluit word in ʼn sluit kabinet in die navorser se kantoor.

• Die respondent sal ook weer ingelig word met betrekking tot die prosedure wat gevolg sal word om die finale resultate van hierdie studie aan hom/haar te kommu- nikeer, deurdat elke respondent persoonlik geskakel sal word met ʼn kortlikse opsomming van die resultate gevolg deur ʼn kortlikse skriftelike terugvoer wat aan respondente gepos kan word, sou hul dit so versoek.

• Soos reeds vermeld sal daar by die aanvanklike ondertekening van die vorm vir ingeligte toestemming geleentheid wees vir enige vrae. Verder sal daar aan die begin van elke onderhoud ook seker gemaak word dat elke respondent antwoorde op alle vrae en moontlike onduidelikhede ontvang het.

Indien die betrokke respondent se huislike omstandighede sodanig is dat dit volkome privaatheid en rustigheid bied vir sodanige onderhoud dan sal dit daar gevoer word. Sou daar egter enige praktiese probleme blyk te wees dan sal daar geskuiwe word na ʼn plaaslike kerksaal wat vooraf reeds gereël is deur die navorser.

Nadat bovermelde aspekte hanteer is, sal daar oorgegaan word na die vrae soos geformuleer onder die vorige punt onder Vraag ontwikkeling.

Aan die einde van elke onderhoud sal die navorser die kern van die onderhoud kompak opsom en aan die respondent voorhou en indien daar geen verdere informasie bygevoeg kan word nie sal die onderhoud afgesluit word (Botma et al., 2010:208).

1.11.5 Veldnotas

Veldnotas dien gewoonlik as die geskrewe weergawe van alle observasies, gedagtes en ervarings van die navorser. Dit sluit in ʼn in-diepte analisering en interpretering van wat die navorser sien, hoor, voel, ervaar en dink tydens die gang van die data versameling en in besonder ook die onderhoude. As deel van hierdie notas sou ook demografiese aantekeninge wees betreffende die tyd van die dag, die weer en respondente se aksies en liggaamstaal tydens die onderhoude (Botma et al., 2010:191). Veldnotas sou ingedeel kan word in deskriptiewe (Corsaro, 1985:259), persoonlike, metodologiese, teoretiese (Botma et al., 2010:191), reflektiewe en demografiese notas (Creswell in Botma et al., 2010:191 & 219).

• Deskriptiewe veldnotas: Aspekte wat die navorser direk sal kan waarneem deur middel van sy/haar sintuie soos byvoorbeeld dat die respondent gelag het. Deskriptiewe notas impliseer nie interpretasies of betekenisgewing nie maar dit bly suiwer deskriptief.

• Persoonlike veldnotas: Interpretasie deur die navorser van die respondent se waarneembare reaksies sowel as interpretasies van die navorser se persoonlike gedagtes, gevoelens en ervarings tydens die navorsingsproses, met spesifieke fokus op dataversameling en analise.

• Metodologiese veldnotas: Hier is die fokus op notas wat verband hou met die hele proses rondom die steekproef, keuses wat gemaak word en uitdagings wat ervaar is tydens die data kolleksie en ook hoe hierdie uitdagings hanteer is.

• Teoretiese veldnotas: Hier val die klem op die navorser se aanvoeling en ook die verbintenisse wat deur die navorser gemaak word tussen die onderhawige studie en die bestaande literatuur en teorie.

• Reflektiewe veldnotas: Die navorser se eie gedagtes, gevoelens en waarnemings ten opsigte van byvoorbeeld watter benaderings en metodes was effektief en watter was nie effektief nie.

• Demografiese veldnotas: Die fokus is hier op aspekte soos die tyd van die dag, die weer, die vertrek waarin die onderhoud plaasvind en moontlik ook uiterlike aspekte met betrekking tot die respondent. (Bylae 4: Samevatting van veldnotas:286-316)