• No results found

SUIDER-AFRIKA SE HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND

45 Die Cottesloe Verklaring het uit drie dele bestaan: Deel 1 het alle onregverdige diskriminasie verwerp.

2.18 WAS DIT ALLES DIE MOEITE WERD?

Die Veiligheidsmagte – die SA Polisie en die SA Weermag – was die twee hoofpilare wat die apartheid strukture aan die gang gehou het, maar die soldate en polisiemanne het dit nie so gesien nie. Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid kan juridies nie geskei word nie en lede van die Veiligheidsmagte was bloot die voetsoldate vir die uitvoering van ʼn politieke beleid57 wat deur die kabinet bepaal is en as opdrag tot op grondvlak deurgevoer moes word (Els, 2004:232).

Was dit alles die moeite werd?

Op hierdie vraag is daar nie ʼn simplistiese antwoord nie. Els (2004:236) laat hierop hoor: Ja – dit was die moeite werd, want die Veiligheidsmagte het verseker dat SWAPO en die ANC albei op ʼn demokratiese en nie-rewolusionêre wyse aan bewind sou kom. Ook Scholtz (2013:463-465) hou hom besig met dié vraag. Hy neem as vertrekpunt dat dié vraag met groot sensitiwiteit benader moet word, want sommiges het geliefdes verloor terwyl ander weer fisiek en/of sielkundig vermink is. Op die internet en in boeke is ʼn stortvloed herinneringe gepubliseer wat deels bedoel is om dié skrywers te help om van die spoke van die verlede ontslae te raak.

Dit sou miskien makliker gewees het as die Grensoorlog – soos die Tweede Wêreld- oorlog – in ʼn duidelike oorwinning geëindig het. Dit het egter nie só gebeur nie. Enige oorlog se doelwit is om ʼn vrede te bewerkstellig wat beter is as die toestande wat voor die oorlog geheers het – al is die perfekte vrede vir die mensdom ontwykend. Oorlog bly ʼn wrede ding wat baie pyn veroorsaak (Scholtz, 2013:463). Swapo, die MPLA en die ANC/SAKP regeer nou in Namibië, Angola en Suid-Afrika terwyl die wit establishment nog moet vrede maak met hul verlies aan politieke mag. Vir Scholtz (2013:464) is dit

2010:254). Oud-lede van die Veiligheidstak was baie wantrouig jeens die WVK en gemoedere het ook by tye hoog geloop omdat die politieke leiers in wie se belang hulle opgetree het, hulle skynbaar in die steek gelaat het (Van der Merwe, 2010:256).

57 By attestasie lê polisiemanne en soldate ʼn eed van getrouheid af om die land en sy mense getrou te dien

en te beskerm. Daardie eed was bindend op die gewete, want in krisistye wil die land op sy veiligheidsmagte steun. Verder het adjudant-offisiere ʼn brevet gekry met die opdrag om leiding te gee, bevele van meerderes te gehoorsaam en te sorg dat sy ondergeskiktes staande orders nakom. Die brevet is onderskeidelik deur die ministers van Polisie en Verdediging onderteken. By aanstelling as ʼn luitenant ontvang ʼn offisier sy/haar kommissie van die staatspresident as opperbevelvoerder van die veiligheidsmagte. Op die kommissie verskyn die opdragte aan die offisier. Dit onderskei offisiere en adjudant-offisier van die res van die bevolking, want dit maak hulle lede van die weermag of polisie wat saam die land se veiligheidsmagte is. Die weermag en die polisie het elk ʼn eie gedissiplineerde hiërargiese struktuur met ʼn eie etos en subkultuur gehad (Els, 2004:231-232).

nodig om bepaalde vrae te beantwoord om te weet of die Grensoorlog die moeite werd was, naamlik:

 Hoe het dinge in die 1980‟s in Suid-Afrika en SWA/Namibië gelyk?

 Wat sou gebeur het as Swapo en die ANC met geweld die mag in die 1970‟s of vroeë 1980‟s oorgeneem het?

Dalk het vele soldate en polisiemanne geveg om apartheid te beskerm, maar terselfdertyd het hulle tyd help wen vir die politici om ʼn politieke oplossing uit te werk. Solank daar ʼn skaduwee van ʼn kommunistiese diktatuur bokant Swapo en die ANC/SAKP gehang het, was ʼn politieke oplossing onmoontlik. Eers toe die Sowjetunie sy lus vir ʼn globale kommunistiese rewolusie verloor kon die Suid-Afrikaanse regering dit bekostig om sy monopolie op die politieke mag prys te gee, want met die val van die Berlynse Muur en die ineenstorting van die Sowjetunie is die tande van die kommunistiese monster getrek (Scholtz, 2013:465).

Die bespreking tot dusver in hierdie hoofstuk bied ʼn oorsig van die histories-politieke realiteite van die Grensoorlog. By die Voortrekkermonument op die Koevoetmuur van Herinnering; die Weermag gedenkmuur en die naamlys van 32 Bataljon staan die name van bykans een duisend gesneuweldes in die Bosoorlog. Die meeste van hierdie gesneu- weldes was in die fleur van hul lewe. Saam met hulle verskyn daar ook die name van hul swart makkers wat met bloed die hoogste prys vir hul land sou betaal.

Die trauma van oorlog het egter nie hiermee geëindig nie. Wat van die talle naas- bestaandes wat lank na die Bosoorlog nog steeds worstel met die trauma wat op hulle oorgespoel het en waarmee hulle moet saamleef? Dít – die seerkry en verlies van ʼn kind, ʼn eggenoot of ʼn vriend weens die Bosoorlog – sal hulle nie maklik loslaat nie.58

Mense leef hul lewens vanuit hul verhale om deur taal tussenmenslike verhoudings tot stand te bring, want in taal leef, beweeg en bestaan ons. Elke landsburger het ʼn eie verhaal wat op die een of ander wyse weer vervleg is in die histories-politieke verhaal van Suider-Afrika in die breë en Suid-Afrika in besonder. As landsburgers kan ons apaties staan teenoor die Suider-Afrikaanse verhaal, maar ons kan nooit daarvan loskom

58 Navorser se ter plaatse waarneming by die Voortrekkermonument op Saterdag 2 April 2016 tydens ʼn

nie, want op een of ander manier het dit tog ʼn invloed uitgeoefen op die lewens van mense. Waar die navorser in die kwalitatiewe gedeelte van die ondersoek met ʼn vyf- tiental respondente gaan werk met ʼn Koevoetverlede, is dit van belang om die deel- nemers se oorlogsverhale en hul verwonding – fisies, psigies, geestelik en moreel-eties – te verstaan teen die agtergrond van die histories-politieke verhaal van die Suider- Afrikaanse sub-kontinent.

Of dit nou die indiwiduele verhaal, of die Koevoet-, TIN- of MK-eenheid, of die land- of sub-kontinentale verhaal is, kan Christene elke verhaal sien teen die agtergrond van God se Verhaal van betrokkenheid by die mens, want dit is deur sy Gees dat God heling van die wonde en versoening van verloopte verhoudings wil bring. Vir die pastorale begelei- ding van stukkende mense dien die histories-politieke verhaal van Suider-Afrika as hulp om in die lig van gister weer lig op die hede en toekoms te kan kry.

Elke gelowige het ʼn lewensroeping om te vervul. Waar mense die geraamtes van die verlede met hulle bly saamdra, kan daardie lewensroeping nie vervul word nie, want dit is eers deur die aflaai van emosionele bagasie dat die indiwidu vrede met homself en sy medemens asook met God verkry. Daarom staan vrede met God nooit los van vrede met jouself, jou broer én jou vyand nie. Die God van die Bybel is die God van die tweede kans en dit word bevestig deur die verhale van Abraham, Jakob, Dawid, Jona, Paulus en Petrus. Waar daar mislukkings was, gee Hy vergifnis en ʼn nuwe begin. Daarvan gee Christus se opstanding uit die dood die versekering: Geen situasie is ooit só dood dat daaruit nie weer lewe kan kom nie, want vir Christene is die kruis en die opstanding daarvan die waarborg.

HOOFSTUK 3