• No results found

ORIËNTERING EN PROBLEEMSTELLING

1 Die leer oor Geregverdigde Oorlog (Just War Doctrine) is ʼn aanvaarde internasionale morele en etiese regsbeginsels

1.3 LEEMTES IN BESTAANDE NAVORSING 1 Databasisse

ʼn Uitgebreide bibliografiese soektog is gedoen met behulp van die Ferdinand Postma biblioteek en inligting is gevind via die EbscoHost-koppelvlak op die volgende data- basisse: ATLA Religion Database with ATLASerials, Academic, Search Premier, Africa-Wide Information, SocINDEX with Full Text, PsycINFO MasterFILE Premier, NEXUS (die NRF se databasis van voltooide navorsing, asook huidige navorsing wat reeds geregistreer is) en E-Journals.

1.3.2 Sleutelterme

Die volgende sleutelterme is in die soektog gebruik:

Emosies; emosionele verwonding; krisiservarings; pastorale berading, veterane, polisie- manne en soldate, skaamte oor oorlogsbetrokkenheid; Suid-Afrikaanse Oorlog (1966- 1989) ook bekend as die Grens- of Bosoorlog én die Namibian War of Independence; trauma; verwerping.

Woorde wat in die soektog uitgestaan het, was oorlogstrauma, war trauma, depressie, „depression‟, „family disruption‟, gesinsontwrigting; skaamte, „shame,‟ die prys van oorlog, „the price of war‟.

1.4 ARTIKELS

Wester, S.R., Arndt, D., Sedicy, S.K. & Arndt, L. (2010:287-289) het ʼn artikel geskryf oor manlike polisiebeamptes en die stigma wat hulle met berading assosieer. ʼn Steekproef van 178 manlike wetstoepassers is ʼn bemiddelingsmodel getoets waarin die verbinding tussen manlike geslagsrol konflik (GRC – male gender role conflict) en die stigma geassosieer met berading óf as risiko óf as voordeel verklaar kon word. Navorser weet dat daar in sy dienstyd onder polisiemanne ʼn stigma gekleef het aan berading omdat dit die risiko op bevordering of dan uitgestelde bevordering kon meebring. Tot hoe ʼn mate hierdie brandmerk nog onder oudpolisiebeamptes voortleef, sal die ondersoek moontlik blootlê.

1.5 AFGEHANDELDE VERHANDELINGE EN PROEFSKRIFTE

die Psigologie met die titel: Unmaking the torturer: re-establishing meaning and

identity after committing atrocities. Bing se kernvraag is: Hoe kan polisiemanne wat

gemartel en gruweldade gepleeg het binne ʼn demokratiese bestel weer betekenis en identiteit in hul lewens herstel? Omdat hierdie boek vanuit ʼn sielkundige perspektief geskryf is, kan dit vir die huidige studie bruikbaar wees.

In 2007 voltooi Schoeman ʼn MA-verhandeling aan die Universiteit van Pretoria met die titel: Dreigende werkverlies: ʼn Multidissiplinêre uitdaging vir die pastoraat. Die fokus van die studie is gerig op oud dienspligtiges om deur die vertel van hul stories binne ʼn ondersteunende gemeenskap vrymaking en genesing te kry. Alhoewel die boek vanuit ʼn weermag kultuur geskryf is, sal daarin bruikbare stof wees vir die huidige studie oor getraumatiseerde voormalige Koevoetlede en ander polisiemanne wat ook in die stryd moes staan teen terrorisme en binnelandse opstande.

Annelene Schröder-Groenewald voltooi in 2012 ʼn MA-verhandeling met die titel

Pastoral counselling of the paramedic in the working environment. Die ondersoek wat

sy gedoen het oor paramedici stem in ʼn groot mate ooreen met die omstandighede waaronder talle polisiemanne tydens die Bosoorlog hulle bevind het. Haar ondersoek na paramedici as ʼn ander beroepsgroep kan vir hierdie studie van waarde wees.

Brittany Cramer voltooi in 2013 ʼn PsyD-proefskrif aan die Saint Mary‟s College of California in die VSA met die titel Ending the cycle of trauma: Working with war

veterans and their families. Haar fokus val op die ondersteuning van terugkerende

veterane. Waar diesulkes by hul terugkeer aan Posttraumatic Stress Disorder (PTSD) ly, moet hulle ondersteun word sodat hulle weer by die burgerlike lewe kan aansluit. Ook dié studie kan van nut wees vir die huidige ondersoek na voormalige Koevoetlede en hul aanpassing in die burgerlike lewe.

Daar is minstens ses verhandelings in die vakgebied Bedryfsielkunde aan die Noordwes-Universiteit vanuit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) voltooi. Die fokus is op aspekte soos uitbranding, werkstres en selfdood-ideevorming in die SAPD wat na 1994 tot stand gekom het.

Burger voltooi in 1992 ʼn MA-verhandeling in Strategiese Studies aan Unisa met die titel Teeninsurgensie in Namibië: Die rol van die Polisie. Hierdie studie bied ʼn goeie agtergrond om vanuit SWA/Namibië se politieke, ekonomiese en militêre stryd ook ʼn

pastorale perspektief te kry vir die polisiebeamptes en soldate asook die burgerlike Namibiese bevolking wat die Bosoorlog moes deurstaan.

Robbert Mos voltooi in Augustus 2013 ʼn MA-verhandeling in die vakgebied Geskiedenis aan die Universiteit van Leiden met die titel: How did it come about that

South African unconventional units, which were successful in many battles, were unable to turn their victories into political success during the South African Border War 1966-1989? Wat in dié studie onder die loep kom, is die Recces, 32 Bataljon, 44

Valskerm Brigade en Koevoet. Volgens Mos kon hierdie unieke en onkonvensionele Suid-Afrikaanse eenhede talle veldslae wen, maar dat dit nie tot politieke sukses in Suid-Afrika kon lei nie. Die waarde van Mos se studie lê in ʼn buitestander se perspektief op die Bosoorlog.

1.6 BOEKE

 Hooper, J. 1988. Koevoet! Johannesburg: Southern Book Publishers.

Jim Hooper, ʼn Britse joernalis, het met toestemming saam met Koevoet op operasies tydens die Bosoorlog gegaan. Niks kon hom egter voorberei op die venynige guerrilla- oorlog wat in Ovamboland in die noorde van SWA/Namibië gewoed het nie. Beide kante van die stryd sou dan bloedige en barbaarse taktiek inspan (Hooper, 1988:99, 179).

 Durand, A. 2011. Zulu Zulu Golf: Life and death with Koevoet. Cape Town: Zebra Press.

In dié boek en in die opvolg Zulu Zulu Foxtrot beskryf Arn Durant sy wedervaringe as ʼn lid van Koevoet oor ʼn tydperk van ses jaar waarin hy 127 kontakte oorleef het. Deur Durand se oë word die leser gekonfronteer met die sinneloosheid, verminking en kompleksiteit van oorlog. By Durand is daar geen ophemeling van oorlog nie, maar hy deel sy ervaring oor hoe dit was om in die hitte van die stryd ʼn dodelike oorlogsmasjien te wees.2

2 Oor oorlog moet deeglik besin word, want dit is gruwelik, sinloos en duur (Moolman, 2015:180). Daaroor

bestaan min twyfel. In die Suid-Afrikaanse rolprent Verraaiers word dit sterk uitgebeeld, maar onder ʼn jonger geslag kleef daar vandag ʼn bepaalde romantiek aan oorlog. Geklee in kamoefleerdrag, opgedeel in spanne en gewapen met Airsoft-gewere gelaai met plastiek koeëls as realistiese replikas van die regte skietgoed, brand hulle op mekaar los in die nabootsing van ou veldslae en oorloë. Waarom? Om “ontslae te raak van frustrasies”. Volgens sommige is dit soos die regte army, want hulle het nooit daardie ondervinding gehad nie (Van Zyl, 2015:3).

Durand was een van die eerste vrywilligers in Koevoet. Hy maak geen geheim daarvan dat sy deelname aan die gewapende stryd nie vir God en vaderland was nie. Sy gevegs- ervaringe – maar veral die dood van ʼn jong Ovambo spoorsnyer tydens ʼn kontak – sou vir 28 jaar soos demone deur sy siel beweeg en in sy kop kom spook. Op ʼn dag het sy agtjarige dogter afgekom op sy trommel vol aandenkinge uit die Bosoorlog. Hy het die trommel toegesluit gehou, maar na vele jare moes hy die trommel oopsluit en die inhoud daarvan vernietig om uiteindelik bevry te word (Durand: 2011:8).

Durand, A. 2012. Zulu Zulu Foxtrot: To hell and back with Koevoet. Cape Town:

Zebra Press.

In die opvolg tot Zulu Zulu Golf: Life and death with Koevoet laat Durand sy leser meeleef hoe dit is om in die hitte van die stryd tydens ʼn geveg te staan. Wanneer dit gebeur, word daar al dieper gedelf in die psige van die moderne kryger (Durand, 2012:93).

 Bing, E. 2013. Ek het gemartel. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Elaine Bing is ʼn gekwalifiseerde voorligtingsielkundige in private praktyk en haar boek is ʼn verwerking van haar doktorale tesis oor die pleeg van gruweldade. Drie lede van die Suid-Afrikaanse Polisie sou tydens die oorgangstydperk van ʼn gemilitariseerde mag tot ʼn diensorganisasie gruweldade pleeg wat hulle erg getraumatiseer het. Waar Bing se ondersoek spesifiek op drie indiwiduele gevalle fokus, is die omvang van die navorser se studie veel wyer. Naas die twaalf Koevoetlede as respondente word drie vrouens ook by die ondersoek betrek. Al drie was as eggenotes en opgeleide polisiebeamptes deel van Koevoet gewees.

 Feinstein, A. 2011. Kopwond: vergete slagoffers van die Bosoorlog. Kaapstad: Tafelberg.

Dr. Anthony Feinstein verrig sy militêre diensplig as geneesheer verbonde aan Genees- kundige Dienste van die SA Weermag se Psigiatriese Afdeling. Op Oshakati kry hy sy vuurdoop, want hier word hy ingesuig in die oorlog gruwels wat die dienspligtiges teister. Alkoholisme, slapeloosheid en gewelddadigheid by sy pasiënte was aan die orde van die dag (Feinstein, 2011:55). Sy uitplasing na ʼn afgeleë polisie TIN-basis by Tsandi laat hom self die skok van oorlogvoering beleef. Op patrollie kon hy eerste- hands ervaar hoedat die gewapende konflik selfs geharde polisiemanne tot breekpunt dryf. Feinstein praktiseer tans as psigiater in Kanada.

In die nawoord tot sy boek skryf hy dat Namibië nooit sy houvas op hom verloor het nie. As Guggenheim-genoot in Namibië kon hy saam met sy vrou en drie kinders die land sien, nie deur die koeëlvaste glas van ʼn pantservoertuig nie, maar deur die venster van sy 4x4 Toyota. Hy en sy gesin het verlief geraak op die land. Tog was daar ʼn rit wat hy alleen moes onderneem: hy moes weer na Tsandi gaan. Langs die pad is daar die tekens van ʼn oorlog lank reeds verby. Sy besoek aan Tsandi verloop heeltemal anders as wat hy verwag het. Hy kon sy ou basis skaars herken. Eenkant lê groot bondels opgerolde doringdraad wat lank terug Tsandi se eerste linie van verdediging was.

Die Tsandi voor hom was ver verwyder van die een wat nog vasgevang was in sy gedagtes uit die verlede. Aanvanklik het die besoek vir hom soos ʼn klug gevoel, want hy was so verblind deur die verlede dat hy nie die humor in die hede kon insien nie. Toe begin hy kliphard lag. Wat hy nooit voorsien het nie, is dat hy die heelpad terug van Tsandi sou lag (Feinstein, 2011:216-228).

 Schoeman, R. 2014. Weermagstories. Kaapstad: Lux Verbi.

Roelf Schoeman se Weermagstories is gegrond op sy MA-verhandeling vermeld in paragraaf 5.4.1 hierbo. Schoeman is self ʼn oud-dienspligtige wat tydens sy diensplig in die Caprivi en Ovamboland ontplooi is. Daar het al ʼn kwarteeu verloop sedert die beëindiging van die Bosoorlog in 1989, maar tog is talle oud- dienspligtiges steeds in ʼn stryd gewikkel met oorlogstrauma. Schoeman is betrokke by oud-dienspligtiges van 61 Meg3 om vanuit ʼn narratiewe perspektief diegene te ondersteun wat PTSD (Post-

traumatic stress disorder) ervaar.

In Weermagstories benader Schoeman die nasleep van die Bosoorlog vanuit ʼn Christelike perspektief waarin mense aangemoedig word om nie langer oor die oorlogstrauma stil te bly nie. Oud-dienspligtiges moet binne ʼn ondersteunende gemeenskap hul stories kan vertel waar daar genesing vir hulle moontlik is (Schoeman, 2014:21).