• No results found

Kerklike radikalisering in Suidwes-Afrika/Namibië

SUIDER-AFRIKA SE HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND

2.4 SWA/NAMIBIË: HISTORIES-POLITIEKE AGTERGROND

2.6.2 Kerklike radikalisering in Suidwes-Afrika/Namibië

In paragraaf 2.5.3.hierbo is kursories verwys na die kerklike verset teen die Odendaal- verslag, ʼn verset wat algaande in intensiteit sou toeneem ter ondersteuning van die strewe na Namibië se onafhanklikheid. Die verset teen Suid-Afrikaanse betrokkenheid in Suidwes-Afrika deur die swart Namibiese kerke – met hul meer as driehonderd duisend lidmate – sou vir sowel die insurgensie as vir SWAPO tot voordeel wees. Naas SWAPO en die PLAN (Peoples Liberation Army of Namibia) was die kerke nou gesien as een van die drie pilare in die stryd om bevryding (Burger, 1992:173). Gedurende 1964 en weer in 1967 het die Evangeliese Lutherse Owambo-Kavango Kerk – in die noorde van Namibië – en die Evangeliese Lutherse Kerk – in die sentrale en suidelike dele van Namibië – by wyse van ʼn gesamentlike memorandum teen die Odendaal-plan beswaar gemaak en ook gepleit vir hervormings rakende die stelsel van trekarbeid. In 1971 het die hoofde van dié twee Lutherse Kerke gesamentlik ʼn Ope Brief aan die Suid-Afrikaanse Eerste Minister gerig waarin die 1971-uitspraak van die Wêreldhof ondersteun is, maar ook kritiek uitgespreek is teen die toepassing van die Suid-Afrikaanse rassebeleid in Namibië. Daar- in is Suid-Afrika ook versoek om hom aan Namibië te onttrek, maar sover dit die twee kerke betref was daar geen positiewe resultate nie. Toe die kerke se optrede daarna meer radikaal word, het die owerheid gereageer met die deportasie van verskeie geeste-likes (Burger 1992:174).

Met die uitsondering van die Nederduitse Gereformeerde Kerk stig die belangrikste Christelike denominasies in Namibië gedurende 1978 as oorkoepelende liggaam die Raad van Kerke in Namibië (RKN). Aan die een kant raak die Namibiese kerke al hoe meer aktief betrokke by die insurgensie, maar aan die anderkant inisieer hulle ook op

maatskaplike terrein verskeie programme soos voedingskemas, mediese dienste, onder- wysprogramme én studiebeurse asook nie-rassige skole. Die Raad van Kerke in Namibië (RKN) en sy lidkerke sou hulle daarvoor beywer om die Veiligheidsmagte en stam- owerhede as owerheidsinstellings se wanpraktyke op te spoor en te rapporteer. Dit lei weer daartoe dat die RKN uit die staanspoor as ʼn SWAPO-front beskuldig is (Burger, 1992:174-175). Deur die politieke en sosio-ekonomiese omstandighede is die kerke in Namibië verpolitiseer, maar dié proses is aangehelp deur beide die bevrydingsteologie10 én die swart teologie.11 Op hierdie manier is aan rewolusionêres ʼn teologiese regver- diging gebied om die swartman te bevry van die witman se onderdrukkende koloniale beheer (Burger, 1992:176).

2.6.3 Vredesooreenkoms, die Nege Dae Oorlog en Namibiese onafhanklikheid

Aan die oorlog in SWA/Namibië was daar skynbaar geen einde nie en ʼn onderhandelde vrede bykans ʼn onmoontlikheid. Vir Suid-Afrika was dit ʼn ondenkbare opsie om die land op ʼn skinkbord aan SWAPO met sy Marxistiese neigings te gee – al was dit hoe die meerderheid in die Verenigde Nasies daaroor gevoel het. Toe neem die Koue Oorlog ʼn onverwagse wending. Met Mikhail Gorbachev se bewindsaanvaarding en sy beleid van

glasnost (openheid) en perestroika (herstrukturering) sou nie net ʼn einde aan die Koue

Oorlog maak nie, maar uiteindelik lei tot die ontbondeling van die Sowjetunie (Stiff, 1989:36; Nye, 2011).

10 Bevrydingsteologie het sy beslag gekry in 1968 by die konferensie van Katolieke biskoppe in Medellín,

Colombië. Die bevrydingsteologie se pleidooi was dat teologie beoefen word vanuit die armes se perspektief en uit die posisie van deelname aan en solidariteit met die stryd van armes, noodlydendes en verontregtes en daarom behoort die kerk met onderdruktes te identifiseer. Die sentrale vraag van die bevrydingsteologie is: Wie se belang word gedien deur ʼn bepaalde interpretasie, besluit of stellingname vanuit die Skrif. Die bevrydingsteologie het in verskeie wêrelddele, en ook in Suid-Afrika, groot invloed uitgeoefen (Koopman, 2008:112)

11 Swart teologie het gedurende die 1970‟s in die VSA en Suid-Afrika ontwikkel en word geskou as ʼn

stroming binne die bevrydingsteologie. Die teologiese benadering van die swart teologie is nadenke oor geloof in die drie-enige God uit die sogenaamde swart ervaring. Vir sommige verwys die swart ervaring na armoede, swaarkry, onderdrukking en verontmensliking van etniese swartmense. In Suid-Afrika het die swart bewussynsbeweging onder leiding van veral Steve Biko in die 1970‟s stukrag aan die ontwikkeling van swart teologie gegee. Verdere nuanses van die swart teologie is dat almal wat swaarkry en onderdruk word by die konsep „swart‟ ingesluit is, terwyl ander weer almal wat hulle met die leed van swart mense identifiseer – ongeag hul velkleur – dus die swart ervaring deel en dus by die swart teologie betrek word. Onder swart teoloë was daar ook onderlinge verskille oor die prioriteit wat in die teologiebeoefening aan onderskeidelik die gesag van die Bybel en die swart ervaring gegee moes word. Allan Boesak en Desmond Tutu het beklemtoon dat teologiese besinning oor die swart ervaring geskied in die lig van die Skrif, terwyl ander, soos Itumeleng Mosala, weer die swart ervaring in die hermeneutiese proses as uitgangspunt wou neem. In die hedendaagse konteks van demokratisering, Afrikanisering en globalisering fokus jonger swart teoloë soos Russel Botman en Tinyiko Maluleke meer op temas soos armoede, MIV en vigs, versoening en geregtigheid, transformasie en menseregte, geloof en identiteit (Koopman, 2008:1060).

Gedurende Desember 1987 is daar ʼn spitsberaad in Washington gehou tussen Gorbachev en die Amerikaanse president Ronald Reagan oor die konflik in Angola asook die implementering van Resolusie 435 van die Verenigde Nasies oor SWA/Namibië (Stiff 1989:38). Dit sou uiteindelik uitloop op die driesydige verdrag tussen Suid-Afrika, Angola en Kuba dat daar op 1 April 1989 vry en regverdige verkiesings in Namibië onder toesig van UNTAG12 sou wees. Vir Suid-Afrika en SWAPO was daar wedersydse voorwaardes. Suid-Afrika moes alle troepe uit Angola onttrek, en weermagslede is onder toesig van UNTAG supervisie tot hul basisse beperk terwyl Suidwes-Afrika Polisie slegs hand vuurwapens kon dra en die Suidwes-Afrika Gebiedsmag ook gedemobiliseer is. SWAPO moes volgens die vredesooreenkoms terugtrek tot noord van die 16de breedte- graad, maar dit is nie nagekom nie (Stiff, 1989:64).

Op die oggend van Saterdag 1 April 1989 infiltreer ʼn groot groep swaar gewapende SWAPO insurgente Namibië in die omgewing van Ruacana met die doel om sonder weerstand die land in te neem. Dit lei tot hewige gevegte wat die vredesverdrag aan ʼn dun draad sou laat hang. Indringende internasionale samesprekings volg toe tussen mev. Margaret Thatcher, Britse premier op besoek aan Suider-Afrika, mnr. Pik Botha, Suid- Afrika se minister van Buitelandse Sake, en dr. Javier Perez de Cuellar, die Sekretaris- Generaal van die Verenigde Nasies (Stiff, 1994:102).

Die blaam vir die skending van die driesydige-ooreenkoms is volledig voor die deur van SWAPO gelê. Sou SWAPO nie by die internasionale ooreenkomste hou nie, sou die Suid-Afrikaanse regering geen ander keuse hê nie as om UNTAG te vra uit Namibië te onttrek totdat SWAPO bereid sou wees om by die ooreengekome voorwaardes in te val (Stiff, 1994: op. cit.). Op 21 Maart 1990 het Namibië onafhanklikheid verkry. Met sy meerderheidsteun by die stembus sou SWAPO die nuwe regering word van die Republiek van Namibië (Wren, 1990).

12 UNTAG is die akroniem vir die United Nations Transitional Assistance Group. Dit is spesifiek op die

been gebring om – in die uitvoering van die Verenigde Nasies se Resolusie 435 aanvaar op 29 September1987 deur die V.N se Veiligheidsraad – vry en regverdige verkiesings in SWA/Namibië te verseker.