• No results found

HOOFSTUK 2: LITERATUURSTUDIE

2.1 Antropologie

2.1.2 Die graad R-leerder

2.1.2.1 Kognitiewe ontwikkeling

Die tydperk tussen twee en sewe jaar oud word deur Piaget geklassifiseer as die preoperasionele fase (Botha et al., 1990:256), wat verdeel word in fases van prekonseptuele denke en intuïtiewe denke. Intuïtiewe denke begin van die ouderdom tussen vier en sewe

17

jaar ontwikkel. Kenmerke van kognitiewe ontwikkeling van vyfjariges is ʼn gretigheid om te leer en vrae te vra, asook dat hulle stories oor sterk mense, byvoorbeeld Simson uit die Bybel, geniet. Kenmerke van sesjariges se kognitiewe ontwikkeling is dat hulle vrylik gesels, geïnteresseerd is in die leer van nuwe woorde, begin lees en skryf en stories steeds baie geniet (De Witt, 2011:23).

Warrener (1985:24) voer aan dat die kleuter in die preoperasionele fase sy/haar aandag slegs op die dominante aspek van die musiek waarna hy/sy luister, kan fokus. ʼn Lied met ʼn sterk ritmiese en interessante begeleiding kan moontlik die kleuter se aandag slegs op die begeleiding fokus, terwyl die melodie ignoreer word. Tydens ʼn musiekles waarsku hy dat dit moeilik sal wees om ʼn melodie vir ʼn graad R-leerder aan te leer waarvan die lied ʼn sterk kitaar, klavier of ander slagwerkbegeleiding het. Daar moet volgens hom nie van kleuters verwag word om ʼn ritmiese begeleiding vir ʼn bekende lied te speel nie. Na my mening kan hierdie stelling egter nie veralgemeen word nie en is daar wel kleuters wat oor die vaardighede beskik om terselfdertyd op die melodie en begeleiding te fokus en wat ʼn bekende lied suksesvol ritmies kan begelei.

a. Geheue

Greyling (2011:11) noem dat die gemiddelde graad R-leerder se brein teen die ouderdom van ses jaar 90% van sy volwasse gewig bereik het. Die geheuekapasiteit het ʼn direkte invloed op hoe graad R-leerders probleme oplos (Kron-Sperl et al., 2008:91).

b. Leerstrategieë

Bloomfield en Childs (2000:3) is van mening dat leerstrategieë in musiek gebaseer moet wees op maniere waarop graad R-leerders kennis, vaardighede en begrippe verkry deur vier verskillende tipes betrokkenheid, naamlik die musikale proses (deelname), die musikale produk (bekendheid), die kritiese reaksies op die musikale proses en produk (bespreking), en die kontekstuele musikale begrip (ontdekking). Hulle beweer ook dat goeie leerstrategieë leerders se nuuskierigheid prikkel, hul aandag behou, begrip verdiep en onafhanklike denke bevorder.

Kognitiewe ontwikkeling vind plaas wanneer graad R-leerders leer deur te doen. Praktiese ervarings laat leerders toe om te wys wat hulle weet en verstaan, aangesien leer ook die resultaat is van interaksie met hul eie denke en ervarings (Hackett & Lindeman, 2004:110).

18

c. Taalvaardigheid18

Hackett en Lindeman (2004:111) voer aan dat hoewel leesvaardighede beperk is, taal en spraakvaardighede in die graad R-jaar vinnig ontwikkel. As gevolg van verskeie studies wat reeds die verwantskap tussen taalontwikkeling en musiek in graad R ondersoek het (Jentschke et al., 2005; Paquette & Rieg, 2008; Cardany, 2013), is hulpmiddels vir onderwysers beskikbaar wat in die graad R-klas geïmplementeer kan word. Hierdie studies behels die aanwending van musiek om taalvaardighede te verbeter deur middel van sang (Trinick, 2011) en die invloed wat musikale leer op leesvaardighede het (Hansen & Bernstorf, 2002; Hall & Robinson, 2012). Anzalone (2013:1) rapporteer hoe musiekopvoeding deur voorskoolse onderwysers leerders se woordeskat en grammatikale begrip verbeter het. Beskikbare hulpbronne bevat voorstelle vir die verbetering van spelling deur middel van sang (MacGregor & Chadwick, 2011), die bevordering van algemene taalvaardighede met behulp van kleuterliedjies en kleuterrympies wat getoonset is (Goodkin, 2008; MacGregor & Chadwick, 2005) en moontlikhede vir instrumentale spel, beweging op musiek, musiekbeluistering en musikale skepping (Wheeler, 2006).

d. Wiskundige vaardighede19

Aspekte van kognitiewe ontwikkeling wat integrasie met musiek kan beïnvloed, word deur Brewer (2007:17) uitgelig. Die graad R-leerder se aandagspan vergroot vanaf die ouderdom vyf tot ses. Effektiewe onderrig vind plaas wanneer die aandag van ʼn graad R-leerder behou word. Warrener (1985:24) beveel aan dat die graad R-onderwyser om hierdie rede liedjies gebruik met bekende onderwerpe, byvoorbeeld speelgoed, skoolaktiwiteite en troeteldiere. Ten einde kleuters se aandag te behou, benodig graad R-leerders baie individuele aandag, aanmoediging en motivering (Hackett & Lindeman, 2004:111). Eady en Wilson (2004:244) lewer verslag van ʼn studie waar leerders se motivering verhoog word deur die gebruikmaking van musiek. Leerders in graad R begin belangstelling toon in syfers en letters, omdat die graad R-leerder se logika ontwikkel en dit mettertyd makliker word om oorsaak en rede te verstaan. Daarom sal die graad R-leerder musikale simbole ook interessant vind. Die graad R-leerder kan in hierdie stadium reeds drie onverwante bevele uitvoer (Moog, 1976:123). Improvisasie op musiek laat graad R-leerders hul kognitiewe en affektiewe probleemoplossingsvaardighede oefen, omdat kreatiewe denke betrek word wat afwissel tussen divergente (verbeelding) en konvergente (feitelike) denke (Webster, 1990:225). Die graad R-leerder se verbeeldingswêreld bestaan in teenstelling tot en saam met sy/haar wêreld van objektiewe realiteit (Moog, 1976:124).

18 Kyk 2.1.3.4 Huistaal.

19

2.1.2.2 Emosionele ontwikkeling

De Witt (2011:29) beskryf vyfjariges as emosioneel stabiel. Hulle is volgens haar vol selfvertroue, trots wanneer hulle iets bereik het, selfvoldaan en waardeer die grense wat deur reëls gestel word. Die vyfjarige kan op ʼn klein skaal sy/haar eie besluite neem en na hom- /haarself omsien in sy/haar versorger se afwesigheid. Sesjariges, daarteenoor, kan buierig, selfgesentreerd, aggressief en rebels wees. Terselfdertyd is hulle egter ook liefdevol, vriendelik en entoesiasties, maar vind dit moeilik om frustrasie en mislukking te hanteer. Bloomfield en Childs (2000:3) beweer dat alle jong kinders, ten spyte van hul agtergrond en/of vaardighede, hulle kan uitdruk deur middel van musiek. Op hierdie manier bou hulle selfvertroue en verkry hulle nuwe metodes om ander areas van die kurrikulum te ontdek. Musiek verryk die ontwikkeling van selfbeeld en kreatiwiteit wanneer graad R-leerders artistieke vaardighede aanleer en dit kreatief toepas (Bloomfield & Childs, 2000:134). ʼn Aspek van ontwikkeling van die graad R-leerder wat deur Brewer (2007:17) beskryf word en die integrasie met musiek beïnvloed, is die ontwikkeling van humorsin ten opsigte van grappies en nonsens-woorde. Liedjies wat grappies of nonsens-woorde bevat sal dus aan die graad R-leerder groot pret verskaf. Die ontwikkeling van ʼn humorsin het ʼn direkte invloed op die kleuter se sosiale vaardighede.