• No results found

KARAKTEROPVOEDING: ʼn OMSKRYWING

3.3.1 Omskrywing van die begrip karakteropvoeding

van leer, onderrig en persoonlike ontwikkeling insluit. Enkele aspekte wat ingesluit word, is morele redenering, kritiese denke, sosiale en emosionele leer, morele opvoeding, opvoeding in lewensvaardighede, blootstelling aan verskillende waardes en deugde, ʼn gemeenskap wat omgee, gesondheidsopvoeding, voorkoming van geweld, konflikhantering van die portuurgroep, morele filosofie en die ontwikkeling van karakter deur die vermoë te ontwikkel om keuses te maak wat tot voordeel van die gemeenskap en die persoon self sal wees. Voorstanders van hierdie benadering is Ryan (1986), Lickona (1991), Kilpatrick (1993), Aristoteles (Titus, 1994), Heath (1994), Lockwood (1997) en Kirschenbaum (2000).

Lickona (1996:93) definieer karakteropvoeding soos volg: “The deliberate effort by schools, families and communities to help young people understand, care about and act upon core ethical values”. Hierdie definisie is beide bondig en omvattend. Dit beklemtoon die feit dat karakteropvoeding nie maar toevallig plaasvind nie, maar wel daar waar skole, gesinne en gemeenskappe doelbewus besig is om kern- etiese waardes by jongmense te vestig. Die vestiging van kern- etiese waardes betrek nie net die verstand nie, maar ook die emosies, wil en optrede. Karakteropvoeding is daarom opvoeding van die totale mens: die hoof, hart en hand, sowel as die mens as individu en as sosiale wese.

Kilpatrick (1997) brei verder uit op bogenoemde definisie en voer aan: “(Character education is) an approach that emphasizes good example and encourages students to develop good habits of behaviour. It means talking directly to children about right and wrong behaviour, but it also has to do with creating a certain kind of school environment or ethos. And that means playing attention to discipline codes, dress codes, reward and recognition systems, service to the school, and service to the community. In this way boys and girls become accustomed to acting in ways that are good for themselves and good for society.”

Lockwood (1997:6) sluit aan by die gemeenskapskomponent van karakteropvoeding in haar definisie: “… the inculcation of values, taught in a deliberate, authoritative way to youth in public schools with plenty of parental and community involvement”. Dit is duidelik dat betrokkenheid deur die gemeenskap en deur die ouers ʼn belangrike komponent van karakteropvoeding is ten einde dit te laat slaag.

3.3.2 Metodes wat by karakteropvoeding gebruik word

3.3.2.1 Gebruik van narratiewe

Narratiewe speel ʼn kragtige rol by karakteropvoeding, aangesien waardes en tradisies effektief deur stories aan leerders oorgedra kan word. Die Tale-leerarea in Kurrikulum 2005 bied ideale geleenthede om na aanleiding van teksgedeeltes morele dilemmas en waardes te bespreek en optrede van storiekarakters te beoordeel. (Word vollediger bespreek in paragraaf 3.8.1). Reeds in Plato se tyd is die opvoedingswaarde van die narratiewe besef:

“The desire (to be good) has to be instilled by caring parents and thoughtful teachers. As Plato understood, one of the best ways is to do it with stories. They allow us to identify with models of courage and virtue in a way that ‘problem solving’ or classroom discussion does not” (Kilpatrick, 1993:27, 28).

Ook in Suid-Afrika is narratiewe onontbeerlik in ’n poging om waardes by leerders te vestig: “(T)hrough myth, story, poetry, drama, music, works of art, educators could acquaint learners with a wide range of possible calamities … that human beings can experience. Novels … could be used by educators as powerful sources of ‘compassionate imagining’” (Nussbaum in Waghid, 2004a:47). Afgesien daarvan dat stories van helde uit die geskiedenis, fabels met morele waarde en ware lewensverhale baie waardevol is in die oordrag van morele waardes en as vertrekpunt vir morele diskoers in die klas kan dien, sien Rorty (in Malachowski, 2002:55) die waarde van die narratiewe ook soos volg: “Narratives … have richer linguistic resources available to them

than ... arguments and theories …” Morele verbeelding en kreatiwiteit kan daarom ook deur die gebruik van narratiewe ontwikkel word.

3.3.2.2 Interaksie met morele modelle

Die blootstelling van leerders aan positiewe rolmodelle van kern- etiese waardes speel ʼn belangrike rol by karakteropvoeding. “Character education … (creates) schools that foster ethical, responsible, and caring young people by modelling and teaching good character through emphasis on universal values that we all share” (Character Education Partnership). In die Waardemanifes (DvO, 2001:27) word die belangrikheid van morele voorbeeld beklemtoon:

“What parents or teachers do is much more important than what they say they do. If teachers do not want learners to be absent they must not be absent. If teachers want homework to be completed, they must complete their homework.”

3.3.2.3 Skep van ʼn positiewe morele klimaat

ʼn Positiewe morele klimaat word geskep in ʼn atmosfeer van respek en aanvaarding. Die leerders moet weet dat hulle deur die onderwysers respekteer word, maar ook dat hulle vir mekaar omgee en deur mekaar respekteer word. “… (L)earning cannot happen if there is not mutual respect …” (DvO, 2001:19). Leer in hierdie geval sluit morele leer in. Die belangrikheid van ʼn positiewe morele klimaat word verder bespreek in paragraaf 3.7.

3.3.2.4 Aanmoediging van morele refleksie

“(C)haracter (is) that within a person which governs moral choices … The moral education of children is about character – is it teaching the young to make wise and kind choices” (Pipher, 1997:157). Morele refleksie soos Pipher dit beskryf kan in die klassituasie bereik word deur debatvoering en

besprekings in ʼn klasatmosfeer waar die leerders gemaklik voel om voor medeleerders oor hulle persoonlike waardes te reflekteer en dit te bespreek. Waarde-uitklaring en Kohlberg se kognitiewe ontwikkelingsmodel kan suksesvol by karakteropvoeding geïnkorporeer word om morele refleksie aan te moedig en te ontwikkel. Die Manifes van Waardes, Opvoeding en Demokrasie (DvO, 2001:17) beskryf kritiese denke as essensieel in ʼn demokratiese samelewing: “The value of openness is at the core of the South African educational curriculum, which cherishes debate, discussion and critical thought …”

3.3.2.5 Gewoontevorming

Karakteropvoeding stop nie by morele refleksie nie, maar gaan oor tot die skep van geleenthede vir morele optrede.

“If we teach or tell something directly, people may remember a certain amount of it. If we demonstrate what we are teaching, they will remember even more. But if we also give them an opportunity to process that information and make personal meaning out of it, they will remember still more and retain it longer, and it will have a deeper impact on their behaviour” (Kirschenbaum, 2000:13).

Volgens Covey (1989:46) is ʼn mens se karakter die somtotaal van daardie persoon se gewoontes. Indien ʼn onderwyser, ouer of lid van die gemeenskap tot goeie gewoontevorming by die leerders bydra, word daar bygedra tot goeie karaktervorming. Aangesien die afleer van ʼn ou, verkeerde gewoonte en die aanleer van ʼn nuwe gewoonte ʼn langsame proses is, vereis karaktervorming ʼn langdurige en volhardende inset van die opvoeder. Daar kan nie kitsresultate verwag word nie. Aristoteles en Plato het die waarde van gewoonte besef: “A man becomes just by performing just acts, brave by performing brave acts, temperate by performing acts of temperance”. Die Griekse filosowe het ook deugsaamheid vergelyk met atletiek: dis ʼn krag wat aanhoudend (in)geoefen moet word, anders kan dit verlore gaan (Kilpatrick,1997). Daar behoort voortdurend geleenthede binne en buite die skool te wees waarin leerders waardes en goeie gewoontes soos respek, aanvaarding, medemenslikheid, en

verantwoordelikheid kan toepas, want “The point about responsible citizenship is that learners are educated to act responsibly” (Waghid, 2004a:44).

3.3.2.6 Betrokkenheid deur die gemeenskap

Karakteropvoeding is ʼn langtermynproses, waarby baie rolspelers betrek word. Die hele gemeenskap, skole, sportorganisasies, jeugaksies van verskillende religieuse groepe en maatskaplike dienste is deel van die karakteropvoeding van die jongmense in die gemeenskap. “(Character education) is the intentional, proactive effort by schools, districts, and states to instil in their students important core, ethical values such as caring, honesty, fairness, responsibility, and respect for self and others” (Character Education Partnership, 2005). Die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid is ook reeds in paragraaf 3.3.1 aangeraak.

Karakteropvoeding bied nie ʼn kitsoplossing vir probleme nie; dis ʼn langtermynprojek. Dit word deur DeRoche en Williams (2001:25) beskryf as ʼn morele padkaart wat die leerders help om die roete te volg van ʼn lewe gebaseer op morele beginsels. Sommige leerders verlaat die hoofroete om nuwe paaie uit te toets en afdraaipaaie te neem. Die morele padkaart verskaf wel waarskuwingstekens, stopligte en padaanwysers wat die risiko’s uitwys wanneer van die hoofroete afgedraai word. Ouers, onderwysers en ander rolmodelle is stasies waar die leerders kan stop vir aanwysings hoe om terug te keer na die hoofroete. Karakteropvoeding is dus ʼn lang proses van leer, inoefen, fouteer, reghelp en internaliseer. Die vestiging van waardes deur karakteropvoeding is ook ʼn komplekse proses omdat elke leerder ʼn unieke wese is met sy eie persoonlikheid, verwysingsraamwerk, intelligensie, agtergrond en hantering van die eise wat aan hom gestel word.