• No results found

Jonker se kommer oor die “bevoegdheid” van Streeksinodes volgens die nuwe kerkorde

5. Die Skriftuurlike uitgangspunt: Kerklike Tug

1.2. Jonker en die konsep-kerkorde

1.2.3. Jonker se kommer oor die “bevoegdheid” van Streeksinodes volgens die nuwe kerkorde

kerkorde in die kollig geplaas. Die vraag is: het hy daarin geslaag om bo die konteks uit te styg en vandaar dié nuwe kerkorde te beoordeel?

1.2.3. Jonker se kommer oor die “bevoegdheid” van Streeksinodes volgens die nuwe kerkorde

Vier maande later, dié keer in die Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif (NGTT), is Jonker baie minder opgewonde en positief oor die nuwe kerkorde. Trouens, waar hy in sy artikelreeks oor die konsep-kerkorde dit toejuig dat die Ned. Geref. Sinodes uiteindelik “weer organies (werklik) één sal wees van die Kaap tot aan die Zambezi”, en hy daar kon praat van ’n “daadwerklik organiese kerkvereniging”,49moet

hy ’n ander deuntjie sing wanneer hy die bevoegdheid van streeksinodes volgens artikel

48Jonker. 1959. “Die nuwe kerkorde: III”, 883.

35 van die konsep-kerkorde bespreek.50 Hy skryf dat, by nadere bestudering van die

konsep-kerkorde by hom “’n mate van twyfel” hieroor ontstaan het. Met name oor die vraag of daar daadwerklik teruggekeer word na die Dordtse Kerkorde en – so blyk dit uit die ondervraging van artikel 35 van die konsep-kerkorde – of daar sprake kan wees van daadwerklike organiese eenheid. Hy is bevrees dat sy hoop verydel is dat weggedoen is met “... lywige en steeds lywiger wordende stelle wette en bepalinge wat van nature die neiging vertoon om die hele kerklike lewe in te knel in ’n netwerk van minusieuse reglementering.”51

Jonker het klaarblyklik ’n verdere haal geswem om bokant die konteks uit te kom. Sou hy nóú daarin kon slaag om die kern van die problem te identifiseer? Dit gaan om artikel 35 (a) van die konsep-kerkorde, wat in 1962 onveranderd deur die Algemene Sinode aanvaar is:

“Tot die taak en bevoegdhede van die Sinode behoort: (a) die opstel en wysiging van bepalinge en reglemente vir die werksaamhede aan hom toevertrou, mits dit nie met die Kerkorde in stryd is nie ...”52

Jonker kan nie begryp hoe daar aan die een kant gewag gemaak word van ’n organiese

eenheid terwyl streeksinodes aan die ander kant nie die ekwivalent van die partikuliere

Sinodes van die Dordtse Kerkorde (artikel 47) is nie. Indien streeksinodes nie partikuliere Sinodes is nie, kan die Algemene Sinode uiteraard ook nie dieselfde wees nie en dus ook nie dieselfde gesag dra as die nasionale Sinode in die Dordtse Kerkorde (artikel 50) nie.53 Dit bly ongesê, maar dit impliseer dat die Ned. Geref. Kerk daardeur

ook nie werklik terugkeer na die Kerkorde van Dordt nie. Wat is dan presies die verhouding tussen die Algemene Sinode en die verskillende streeksinodes, wil hy weet. Dit is nie vir hom duidelik wat presies met artikel 35 (a) bedoel word, of tot watter mate streeksinodes die reg het om kerkordelike bepalinge en wysiginge aan hulle eie streek-

50W. D. Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes volgens art. 35 van die nuwe konsep- kerkorde”, NGTT, i (2), Maart 1960, 33 - 38.

51Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 33.

52Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. 1964; konsep-kerkorde aangehaal by Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 34.

kerkorde te maak nie. Kan hulle alleen “eie huishoudelike reëlings” tref, of het hulle “die bevoegdheid om weer ’n eie stel wette en bepalinge” daar te stel? In plaas van één kerkorde sal daar vir elke streeksinode minstens twee wees: náás die van die Algemene Sinode ook nog dié van elke streeksinode.54 Vir Jonker staan dit soos ’n paal bo water

– en hy is inderdaad reg – dat die regte van streeksinodes verskans en verseker word: “Dan is dit egter nie duidelik waarom ons ’n kerkorde hoef te aanvaar as basis vir die organiese eenwording nie, want dan kon ons ewe goed net ’n reglement van ooreenkoms en vereniging opgestel het, waarin daar maar net enkele regte verskans en verseker word vir die provinsiale sinodes, byvoorbeeld die reg om hulle eie wette en bepalinge te mag maak!”55

’n Mens hoor die teleurstelling by Jonker wanneer hy bevind dat hierdie soort eenheid weinig meer as ’n kunsmatige eenheid is. Hy sê dat die twee redes wat hy aangegee het as oorsaak van sy vreugde (organiese eenheid en ’n kleiner kerkorde), onmiddellik in die gedrag gebring is met hierdie artikels. Vir hom kan dit beslis nie die gewenste eenheid wees nie. Hy gaan selfs so ver as om te sê dat “

“... die Algemene Sinode (is dan) eintlik alleen maar ’n soort koördinerende vergadering wat as bowe-struktuur die vyf (of meer) selfstandige provinsiale sinodes saamsnoer en slegs sake van algemene gemeenskaplike belang behartig ... weinig meer as die huidige Raad van Kerke...”56

Hy pleit dat die Ned. Geref. Kerke bereid moet wees om opofferinge te maak, om goedere, eiendomme en inrigtings aan die Algemene Sinode oor te dra en om die Algemene Sinode toe te rus met die bevoegdheid om oor hierdie gemeenskaplike belange te mag besluit. Lees ’n mens artikel 35 in samehang met artikels 36 en 3757

54Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 36. 55Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 36. 56Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 35.

57Die artikels lui: Artikel 36: Die samestellende kerke of sinodes behou volle seggenskap oor hul eiendomme, finansies, werksaamhede, ens., wat hulle voor toetreding tot die verband gehad het of daarna verwerf, behalwe die wat volgens hierdie Kerkorde aan die Algemene Sinode oorgedra is of sal word, of deur die Algemene Sinode in trust gehou word. Artikel 37: Dit sal die samestellende kerke vry staan om met behoud van alle regte, voorregte, besittinge, naam, ens., uit die verband te tree wanneer hulle so ’n stap voor God kan regverdig in die lig van Sy heilige Woord.” (ek kursiveer – GJD) Sien Kerkorde

(waarna hy alleen sydelings verwys), is dit so dat die “swaartepunt ... nog by die verskillende streek- of provinsiale sinodes (bly)” en ontstaan die vraag onmiddellik na wat die gesag van die Algemene Sinode presies is.

Alleen dan kan die Algemene Sinode ’n egte Algemene Sinode in die volle sin van die woord, in die sin van die Dordtse Kerkorde wees. “Dit is duidelik dat ons in hierdie stadium sal moet verstaan dat die enigste weg vorentoe vir ons die weg kan wees wat aangegee is in die kosbare erfenis van die Dordtse Kerkorde.”58 Met artikel 35 soos hy

gelees het, is daar – volgens Jonker – steeds nie einde gemaak aan die eindelose reglementering van die kerklike lewe nie. ’n Kerkorde moet, soos die Dordtse Kerkorde die hele kerklike lewe orden deur slegs “enkele groot lyne te trek waarin die kerke in vryheid en verantwoordelikheid met die Bybel in die hand mag beweeg.”59

Dr. Koot Vorster, voorsitter van die kommissie van aktuarii wat die konsep-kerkorde opgestel het, het op Jonker se voorbehoude oor die nuwe kerkorde, gereageer in ’n artikel in die NGTT van September 196060– sonder om Jonker by die naam te noem.

Vorster verdedig die kerkorde deur te sê dat dit “... nie anders beskryf kan word nie as die Dordtse Kerkorde, aangepas aan die eise van ons dag.”61 Vorster reageer veral teen

die besware dat die moderatuur na afloop van die sinodesitting as permanente kommissie kontinueer en oor die posisie (of “status”) van die moderator. Volgens Jonker – soos hierbo uiteengesit – maak dié bepalinge die deur oop vir hiërargie in die kerk en is dit ’n afwyking van artikel 35 van die Dordtse Kerkorde.62 Volgens Vorster

is daar egter spesifiek hieroor “... gevoel dat daar aan die eise van die tyd voldoen moet word ...”63en moet die Dortse Kerkorde aangepas word.

’n Konvensie van die Ned. Geref. Kerke was voor die konstituering van die Algemene

58Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 37. 59Jonker. 1960. “Die bevoegdheid van die streeksinodes”, 36.

60J. D. Vorster. 1960. “Die Kerkorde vir die Ned. Geref. Kerke: Die besware daarteen en die betekenis daarvan”, NGTT, i (4), September 1960, 12 – 18.

61Vorster. 1960. “Die Kerkorde vir die Ned. Geref. Kerke”, NGTT, i (4), 13. 62Vgl. Jonker. 1959. “Die nuwe kerkorde: II”, 836.

63Vorster. 1960. “Die Kerkorde vir die Ned. Geref. Kerke”, 14. Vorster gebruik die uitdrukking drie keer: bogenoemde twee plekke (bladsye 12 en 14) en op bladsye 17 skrywe hy: “Waar die Dordtse Kerkorde daardeur aangepas is aan die eise van ons dag sonder verkragting van beginsels, het die Dordtse Kerkorde vir die kerk lewend geword.”

Sinode64 gehou om die konsep-kerkorde te finaliseer – afgevaardigdes van die

onderskeie Sinodes het geleentheid gehad om wysigings voor te stel voor die finale goedkeuring by die vergadering van die Algemene Sinode. Die verslag van die aktuarii – waaronder Jonker, die aktuarius van (die Algemene Sinode van) Transvaal, sou voor die konvensie dien.65 Sou Jonker sy standpunte en voorbehoude aan ’n

onbevooroordeelde gehoor kon oordra? Die Ned. Geref. Kerk het nie – soos uit bogenoemde aanhaling van die artikels van die kerkorde van 1962 blyk – die stem van Jonker gehoor nie, maar op sy ingeslane weg volhard. Waarom nie? In die volgende hoofstuk sal hierop teruggekom word.

Hier moet egter daarop gewys word dat Jonker sou, buiten artikel 35, baie meer klem op artikel 37 kon lê. Na artikel 4466word glad nie verwys nie. Artikel 37 maak dit vir

streeksinodes moontlik om te eniger tyd terug te keer na ’n situasie soos dit was voor die totstandkoming van die Algemene Sinode sonder om enige iets prys te gee. Hiéroor sou Jonker nog harder kon vra of dit daadwerklike organiese eenheid beteken? Daarbenewens gee artikel 44 as’t ware ’n vetoreg aan streeksinodes t.o.v. enige wysiging aan die belydenis. Daarvan hoor ’n mens egter niks by Jonker nie. En dit is tog geheel en al vreemd aan die Dordtse Kerkorde?

Vir Jonker het die probleem in die Ned. Geref. Kerk al duideliker aan die lig getree, maar hy oorsien nog nie die probleem in sy volle omvang nie. Hy bly toegeneë en aanvaar in dié artikel dat streeksinodes sy punt sal insien en ’n verandering gemaak sal word. Tot watter mate Jonker nog in sy konteks vasgevang sit, sou blyk uit ’n geskil tussen hom met prof. S. du Toit oor die Ned. Geref. Kerk se nuwe kerkorde. Daarheen verskuif die aandag nou.

64Die Algemene Sinode konstitueer op 16 Oktober 1962.

65Agenda vir die Konvensie van Kerke in 1962, 31. Die ander name wat verskyn is die van J. D. Vorster, H. D. du Toit, P. A. du Toit en J. J. le Roux.

66Artikel 44: “Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n twee-derde-meerderheid ten gunste daarvan besluit het.” Sien Kerkorde van die Nederduitse