• No results found

Die politieke situasie in Suid-Afrika in die vroeë sestigerjare van die twintigste eeu

As die wêreld waarin Jonker in die vyftiger en sestigerjare van die twintigste eeu geleef en gewerk het in één woord saamgevat kan word, sal die woord verandering wye instemming vind. Voor die Eerste Wêreldoorlog het die christendom sy piek bereik en was dit die vernaamste godsdiens in die wêreld. Na die Tweede Wêreldoorlog was die mensdom ontnugterd en teleurgesteld dat dié twee wêreldoorloë juis in die sogenaamde “christelike” en “beskaafde” lande afgespeel het. Veral in die Weste leef die sentiment dat so iets nooit weer mag gebeur nie. Sekularisasie het hand oor hand toegeneem en leef ons tans in ’n post-christelike wêreld. Die ganse psige van die mens het verander en is waarneembaar op haas elke terrein van die samelewing.

In Suid-Afrika het die Nasionale Party onder leiding van dr. D. F. Malan in 1948 die verkiesing gewen en in die vyf jaar wat daarop gevolg het, is die meeste “apartheidswette” deur die parlement aanvaar.12 Die dekade van 1950 – 1960 staan in

die teken van die gevolge en reaksies op hierdie politieke ideologie. Enkele voorbeelde sal dit illustreer: in 1952 begin die African National Congress (ANC) met ’n versetbeweging wat bekendgestaan het as die “defiance campaign” en in 1955 aanvaar hulle die “Freedom Charter”; in 1956 word die sogenaamde “Kleurlinge” van die kieserslys verwyder. In 1958 word dr. H. F. Verwoerd Eerste Minster van die land.13

Staatkundig het groot veranderings in Afrika plaasgevind. Al die kolonies in Afrika en Suidoos-Asië het in die jare tussen 1946 en 1976 onafhanklikheid verkry14. Koloniale

heerskappy was vir goed verby. Dit is vervang met onafhanklikheid (in die breedste sin van die woord), menseregte en byna ongebreidelde individualisme. In Afrika het die proses van dekolonialisasie baie vinnig verloop. In ’n kwessie van 8 jaar – tussen 1957 en 1965 – het 26 lande in Afrika die koloniale juk van hulle afgeskud met Ghana

12Vgl. Hermann Giliomee en Bernard Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg, 306.

13Vgl. Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 306 – 333.

14P. E. M. Meijers. 2008. Blanke broeders - zwarte vreemden: de Nederlandse Hervormde Kerk, de

Gereformeerde Kerken in Nederland en de apartheid in Zuid-Afrika 1948-1972. s.l: s.n., 179 -181; J.

Knigge. 1994. Historisch perspectief: wereldgeschiedenis van de 20e eeuw Boek II. Historisch Perspectief. Barneveld: De Vuurbaak, 241.

op 6 Maart 1957 onder leiding van Kwame Nkrumah eerste. Talle is van mening dat dit oorhaastig, onbehoorlik en halsoorkop plaasgevind het (soos bv. in die Belgiese Kongo15) sonder om die state behoorlik voor te berei om die regering van die land oor

te neem.

Op die proses wat tot dekolonialisasie gelei het, is gedurende die Tweede Wêreldoorlog ooreengekom en staan bekend as die “Atlantic Charter”. President Franklin D. Roosevelt van die VSA en Winston Churchill, Eerste Minister van Brittanje, het tydens ’n konferensie op ’n oorlogskip wat in Placentia Bay, Newfoundland voor anker gelê het, ooreengekom dat alle volke in die wêreld voortaan hul eie politieke toekoms mag bepaal. Die VSA wou sodoende aan die een kant deure tot nuwe markte vir hulleself open én toegang tot die minerale en grondstowwe in die voormalige kolonies verkry.16

Aan die ander kant was hulle ook van oortuiging dat, sou hulle die inisiatief neem met die proses van dekolonialisasie, hulle die guns van die mense sou wen en langs dié weg verhinder dat kommunisme ’n vastrapplek in Afrika verkry. So nie, mag die nasionalistiese groepe in die kolonies hulle na die kommuniste wend. In die 1960’s het kommunisme “... ’n wêreldbedreiging geword, nie alleen vir die eintlike westerse (sic) wêreld nie, maar vir die Christendom en die Kerk as geheel.”17

In Suid-Afrika, en met name in die geledere van die Ned. Geref. Kerk, is aan hierdie bedreiging die status van ’n retoriese instrument toegeken om die werklikheid te ontsluit en die bediening van die Woord te motiveer. Die Afrikaanse kerke het ’n gesamentlike “Anti-Kommunistiese Aksiekomitee” in die lewe geroep en ’n Volkskongres oor Kommunisme is van 31 Maart tot 2 April 1964 in die stadsaal van

15J. Knigge. 1994. Historisch perspectief: wereldgeschiedenis van de 20e eeuw Boek II, 252. 16Vir die teks van die Atlantiese Verdrag, sien

http://web.archive.org/web/20080712004047/http://usinfo.state.gov/infousa/government/overview/53.h tml.Vgl. ook Richard H. Elphick. 2012. The Equality of Believers: Protestant Missionaries and the

Racial Politics of South Africa. Charlottesville, VA (etc.): University of Virginia Press, 275, 322.

17Dr. Ben Marais. 1960. “Die Kerk in die Kontemporêre Wêreld” in A.S. Geyser. 1960. Vertraagde

aksie: ’n ekumeniese getuienis uit die Afrikaanssprekende Kerke. Pretoria: uitgegee deur outeurs, 25.

Oor dié bedreiging is heelwat geskryf – onder andere deur Jonker self: “Die Marxistiese godsdienskritiek” in D. J. Kotzé. 1978. Kommunisme: die stryd om die mens. Kaapstad: Uitgegee deur N.G. Kerk-Uitgewers in samewerking met die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch. Ook Jonker se dosent aan die Universiteit van Pretoria, prof. A. B. du Preez het meegedoen: sien P. J. Meyer, Nik Lee en A. B. Du Preez. 1970. Die rooi gevaar is hier: kommunistiese

Pretoria gehou.18 Die Engelse pers, die “liberaliste” en lede van swartbewussyn

bewegings is doodluiters as kommuniste geëtiketteer en langs hierdie weg word dit gou ook ’n rassekwessie.

Die magsvakuum wat op die skielike onttrekking van die Weste uit Afrika gevolg het, het direk aanleiding gegee tot die koue oorlog waarin Amerika en Rusland met mekaar meegeding het om invloed in Afrika te uitoefen. Dat Afrika onder die invloed en meer nog, moontlik ook onder die beheer van die kommunisme kon geraak, was ’n reële moontlikheid. Dié bedreiging was in Suid-Afrika sterk aangevoel en die kerke het hulle dikwels teen dié ateïstiese stelsel uitgespreek. Die geykte term om na dié bedreiging te verwys, was die “Rooi Gevaar”.

Een na die ander Afrikastaat het onafhanklikheid verkry.19 In 1960 alleen het nie

minder nie as sewentien Afrikastate hulle onafhanklikheid verkry. Trouens, die Verenigde Nasies (VN) het 1960 die Jaar van Afrika20genoem en sedertdien staan dié

jaar algemeen so bekend. Blank Suid-Afrika het besef dat hulle al meer en meer met die drang na vryheid en die verwesenliking van nasionale strewes en ideale van swart Suid-Afrikaners gekonfronteer sal word.

Vir die inwoners van Suid-Afrika kan 1960 in meer as een opsig as ’n waterskeiding in die geskiedenis van dié land beskou word.21 Die sestigerjare was ’n dekade van woeling

en onrus waarin “die winde van verandering” met mag en mening oor die land heen gewaai het. Enkele voorbeelde gee genoegsame getuienis hiervan. Op 3 Februarie 1960 lewer die Britse Eerste Minister, Harold McMillan, sy beroemde wind-of-change- toespraak in die Suid-Afrikaanse parlement. Daarin sê hy: “The wind of change is blowing through this continent. Whether we like it or not, this growth of national consciousness is a political fact.”22 Die groei van swart nasionalisme in Suid-Afrika

18Sien Volkskongres oor Kommunisme. Pretoria 31 Maart – 2 April 1964. 1964. Christendom teen

Kommunisme; referate gelewer by die Volkskongres oor Kommunisme. Pretoria: die Kongres.

19Vgl. Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 324.

20 Vgl. Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 33; Kevin Shillington. 2005.

History of Africa. Oxford: Macmillan Education, 396, 427; Zuberi, Tukufu. 2015. African Independence: How Africa Shapes the World. Lanham: Rowman & Littlefield; Mark Wallet, 2010. “1960, Het jaar van

Afrika” byhttp://www.digibron.nl/search/detail/012dba7e7720626f8598eb66/het-jaar-van-afrika.

21Jonker, 1998. Selfs die Kerk kan verander, 39.

22https://en.wikiquote.org/wiki/Harold_Macmillan.Sien ook Vgl. Giliomee, en Mbenga. 2007. Nuwe

was – soos in die res van Afrika – inderdaad ’n werklikheid waarmee daar in die jare na die Tweede Wêreldoorlog deeglik rekening gehou moes word. Die uitspraak word allerweë as ’n historiese baken in die geskiedenis beskou.

Dié toespraak het verskillende reaksies onder die verskillende bevolkingsgroepe tot gevolg gehad. Aan blanke kant het die destydse Eerste Minister, dr. H. F. Verwoerd, hom skerp teen McMillan uitgespreek. Die resultaat was dat die regering hom eerder verhard het en strenger teen die sogenaamde vryheidsbewegings opgetree het. Blank Suid-Afrika het die nasionalistiese strewes van die swart volkere as ’n bedreiging gesien en daarna verwys as “die swart gevaar” waarteen hy homself moes verskans en beskerm.

Onder die swart bevolking het McMillan se toespraak die teenoorgestelde uitwerking gehad. Vir swart Suid-Afrikaners was dit ’n motivering, ’n bevrydende woord en selfs ’n oproep om tot aksie oor te gaan. Kort na die toespraak, op 21 Maart, vind ’n betoging teen die gewraakte paswette in Sharpeville naby Vereeniging plaas en op 30 Maart in Langa naby Kaapstad.23 Wat in Sharpeville vreedsaam begin het, het op ’n bloedbad

uitgeloop en dit was een van die donkerste dae in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die polisie het op die betogers losgebrand en 69 is gedood en 180 gewond. Die regering het op 8 April hierop reageer, ’n noodtoestand afgekondig, die ANC en PAC verban en duisende swart mense is in hegtenis geneem.

Op 9 April, 19 dae na Sharpeville, wond David Pratt in ’n mislukte sluipmoordaanslag vir Verwoerd by die Randse Paasskou in Johannesburg.

Dr. Johan Heyns maak die vreemdste gevolgtrekkings oor hierdie toespraak in ’n artikel in Die Kerkbode, van 24 Februarie 1960. Die Kerkbode som sy standpunt so op: “Die nie-blanke nasionalisme is in sy wese heidens.” en “Wil die Weste die Christendom aan die Heidendom uitlewer?” vgl. J. A. Heyns. 1960. “Afrika, Politieke Leiers en die Christendom.” Die Kerkbode, lxxxv (8), 24 Februarie 1960, 294 – 296. Veral prof. Bennie Keet reageer skerp afwysend hierop: “Nie-blanke Nasionalisme, Vreemde Gevolgtrekking”, Die Kerkbode, lxxxv (11), 16 Maart 1960, 435. Heyns word ook tereggewys deur prof. Willie van der Merwe. Sien W. J. van der Merwe. “Kerk in Krisistyd”, Die Kerkbode, lxxxv (11), 16 Maart 1960, 435, 436.

23Sien bv. G. J. Schutte. 2005. De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika 1880-2005. Deel II, Zoetermeer: Meinema, 455 ev.; Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 334, 335; David M. Scher. “Die vestiging van die apartheidstaat” in Fransjohan Pretorius. 2012. Geskiedenis van Suid-

Afrika: van voortye tot vandag. Kaapstad: Tafelberg, 338, 340 – 341; Jackie Grobler. Swart verset teen

apartheid” in Pretorius. 2012. Geskiedenis van Suid-Afrika, 374 – 377. J. Knigge. 1994. Historisch

perspectief: wereldgeschiedenis van de 20e eeuw Boek II., 256; Kevin Shillington. 2005. History of Africa, 427;

Ook in 1960, op 5 Oktober, word ’n referendum oor republiekwording gehou en op 31 Mei 1961 word Suid-Afrika amptelik ’n republiek. In reaksie besluit Nelson Mandela en van die jonger ANC-leiers om saam met die SAKP Umkhonto Wesizwe (MK), ’n gewapende militêre vleuel, te stig en in Desember 1961 het hulle met hul sy eerste tuisgemaakte bomme sabotasie dade gepleeg.24

Op 5 Augustus 1962 word Mandela naby Pietermaritzburg in hegtenis geneem en die ander leiers van die ANC – waaronder Walter Sisulu en Govan Mbeki op 11 Julie 1963 in Rivonia. Hierop het die bekende Rivonia verhoor gevolg waartydens Mandela en verskeie ander ANC leiers tot lewenslange gevangenskap gevonnis was vir hul teenstand teen die regering.25

Inderdaad: 1960 was ’n beslissende, waterskeidingsjaar in die geskiedenis van Suid- Afrika. Dit het nie net die toon aangegee van wat in dié dekade in die land sou gebeur nie, maar ook in die Ned. Geref. Kerk.

3. Die Ned. Geref. Kerk in die vroeë sestigerjare van die twintigste eeu

Die Ned. Geref. Kerk kon nie oor die verwikkelinge swyg nie. Die kerk het die kontemporêre ontwikkelinge duidelik afgewys en hom verbind aan die “volk” se tradisie en oortuiging dat die enigste veilige toekoms in apartheid lê. Om die Kerk se reaksie binne sy historiese konteks te verstaan, is dit belangrik om eers ’n tree terug te gee en denke onderliggend aan die Ned. Geref. Kerk se pro-Apartheid standpunt op te diep en te oorweeg. Uit die aard van die onderwerp is dit onmoontlik om volledig te wees. Hieroor het talle publikasies reeds die lig gesien – soos hieronder sal blyk. Ook word daar nie voorgegee dat die lys van publikasies waarna verwys word, uitputtend is nie.

Dit het reeds in die voorafgaande hoofstukke geblyk dat ’n noue band tussen die Ned. Geref. Kerk en die Afrikanervolk bestaan het.26 Sou ’n mens die Ned. Geref. Kerk, die

Afrikanervolk en die Nasionale Party in een asem noem, die band nie net baie nou is

24Vgl. Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 336. 25Vgl. Giliomee en Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika, 337, 339. 26Sien voetnoot 5 hierbo.

nie, maar selfs noodlottig27. Die kritiese afstand tussen die kerk en die volk en sy

politieke party het verlore geraak. Grappenderwys is dikwels na die Ned. Geref. Kerk as die Nasionale Party in gebed verwys.28

Dié verweefdheid van die kerk met die regering van die land, kom ’n lang pad – in werklikheid, vandat die kerk saam met die Hollandsche Oost-Indische Compagnie in die Kaap voet aan wal gesit het. Die koloniale bewindhebbers aan die Kaap veral, maar later ook die regerings van die “Boere-Republieke”, het hulle gesag en invloed in die kerk laat geld. Die (vroeë) Suid-Afrikaanse kerkgeskiedenis kan nie los van hierdie invloede na behore beskryf word nie. Die “Afrikanervolk en sy kerk” wou veral vry van die Britse koloniale owerhede wees – veral ná die Anglo-Boereoorlog. Maar dit was veral die Rebellie van 1914, toe Boer teen Boer teenoor mekaar gaan staan en ook in die Ned. Geref. Kerk tweespalt gesaai het, wat ’n nuwe impetus verleen het om godsdiens, politiek en taal in een nasionale bewussyn te inkorporeer.29 Na die Rebellie

het predikante van die Ned. Geref. Kerk in Bloemfontein vergader om oor die gebeurtenis te besin. Sommige wou die rebelle sensureer. Op voorstel van dr. D. F. Malan – indertyd nog predikant in Graaff-Reinet – het die vergadering besluit:

“Dat ons kerk behalwe haar algemene roeping as Christelike kerk ook ’n besondere roeping het teenoor die Hollands-sprekende Afrikanervolk, met wie se bestaan die kerk op so ’n innige wyse verbonde is, en daarom dit altyd as sy plig beskou het om self nasionaal te wees en te waak vir ons besondere belange en om aan die volk te leer om in sy eie geskiedenis en wording en om by die

27’nTerm waarop Ferdinand Deist sinspeel in sy gelyknamige boek. SienFerdinand Deist. 1975. Die

noodlottige band: die verhouding tussen kerk en staat in Oud-Israel. Kaapstad: Tafelberg.

28Vgl. Redaksionele kolom in Die Kerkbode, lxxix (2), 9 Januarie 1957, 36; George Hofmeyr. 2002. NG Kerk 350: een honderd bakens in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk 1652-2002. Wellington: Lux Verbi, 189; P. J. Strauss. “Die kerk, maatskappy en vrye verenigings: ’n studie van die kerkorde van die NG Kerk” in Acta Theologica, vol. 34 n. 2, Bloemfontein. 2014. by http://dx.doi.org/10.4314/ACTAT.V34I2.8. Datum besoek 2016-01-12.

29Vgl. bv. Herman Giliomee: “Het Apartheid by die Kerk Begin?”, LitNET, 2013-05-08,

http://www.litnet.co.za/Article/hermann-giliomee-het-apartheid-by-die-kerk-begin. Datum besoek 2014-06-04. Ook J. H. P. van Rooyen toon in sy proefskrif die rol wat die Ned. Geref. Kerk hierin gespeel het – sien J. H. P. van Rooyen. 1990. Die NG Kerk, apartheid en die Christelike Instituut van

Suidelike Afrika, 18 e.v. byhttp://hdl.handle.net/10539/20402.Datum besoek 2016-05-31. Sien verder ook David M. Sher. “Die Vestiging van ’n Apartheidstaat 1948-1966” in Fransjohan Pretorius. 2012.

Geskiedenis van Suid-Afrika, 325; Lindie Koorts. 2014. D F Malan en die opkoms van Afrikaner Nasionalisme. Kaapstad, Tafelberg, 385.

Afrikanervolk ’n besef van ’n nasionale roeping en bestemming lewend te hou, waarin die geestelike, sedelike en stoflike vooruitgang van ’n volk geleë is.”30

Die lotgevalle van die Ned. Geref. Kerk en dié van die Afrikanervolk is so nou verweef dat Giliomee kan vra “Het apartheid by die Kerk begin?” en daarna aandui dat daar gronde vir so ’n vermoede mag bestaan. Hy skryf:

“In die loop van die 1930’s het die vraag by Nasionale Party-politici ontstaan: As elke volk sy eie kerk het, hoekom word daar nie daarvoor voorsiening gemaak dat elke volk sy eie volksregering, sy eie groepsgebiede, sy eie volksgerigte onderwys en sy eie volkstaat kry nie?”31

Die woord “apartheid” het waarskynlik vir die eerste keer in 1929 in ’n publikasie van die Ned. Geref. Kerk in druk verskyn.32 ’n Sendingkongres is in 1929 oor die “NG

Kerk van die OVS en die Naturellevraagstuk” in Kroonstad gehou. ’n Bundel met die voordragte wat gelewer was, is daarna gepubliseer. Dit was ds. J. C. du Plessis van Bethlehem-Wes wat gesê het:

“In hierdie grondbegrip van Sendingwerk en nie in rassevooroordeel nie, moet die verklaring gesoek word vir die gees van apartheid wat ons gedragslyn nog altoos gekenmerk het, en wat sommige deur misverstand in ons laak. Die verwyt word ons dikwels gemaak dat ons Kerk uit rassevooroordeel die vader is van die kleurlyn, deurdat ons nooit wou toelaat nie dat bekeerlinge uit die heidene in ons kerkelike en sosiale samelewe met ons blanke lidmate sou meng ...”33

30Aangehaal by Giliomee. “Het Apartheid by die Kerk Begin?”, LitNET, 2013-05-08. 31Giliomee. “Het Apartheid by die Kerk Begin?”, LitNET, 2013-05-08.

32Vgl. Richard H. Elphick. 2012. The Equality of Believers, 6, 229.

33N.G. Kerk in die Oranje Vrystaat. 1929. Die N.G. Kerk in die O.V.S. en die Naturellevraagstuk. Nasionale Pers, Bloemfontein, 22. Elphick sê van die besluite en standpunte op die kongres dat “... the succinct combination of several themes – equality of the races in principle; denial of blacks' rights in white spheres; unlimited opportunities for blacks to “advance” in black spheres; development of a separate African nation; generous aid from the churches to blacks; and denial of whites' rights in black spheres – was so emphatic (despite rather sloppy drafting), and so fundamental to the document, that one can say, with little exaggeration, that the Free State Mission Policy outlined an apartheid ideology almost two decades before it became the official policy of the South African government.” Vgl. Richard H. Elphick. 2012. The Equality of Believers, 230

Vir hierdie studie is dit nie nodig om verder op dié deel van die geskiedenis in te gaan nie. Die vraag wat wel gevra moet word, is waar dié soort denke vandaan kom. Pas ná die beëindiging van apartheid en veral gedurende die 5 tot 10 jaar daaraan voorafgaande, is die blaam byna uitsluitlik voor die deur van die (neo)-Calvinisme en Kuyper gelê. Vandag bestaan taamlik breë instemming dat dié denke nie uitsluitlik en sonder meer daaraan toegeskryf kan word nie.34

Veral die invloed van Kuyper en die Vrije Universiteit is vir hierdie spesifieke konteks belangrik. Terwyl sommige dinge ten onregte voor Kuyper se deur gelê word, was hy hy inderdaad nie sonder invloed op wat hier gebeur het nie. Prof. G. J. (Gerrit) Schutte gee op grond van sy navorsing van primêre bronne, die volgende mening:

“Calvinisme en neocalvinisme, antithese en soevereiniteit in eigen kring, de wijsbegeerte der wetsidee: ze duidden in Nederland en Zuid-Afrika niet geheel dezelfde realiteiten aan. Een serieuze historische analyse, aan de hand van de primaire bronnen, kan slechts tot de conclusie komen dat Guillaume Groen van Prinsterer, Abraham Kuyper en Herman Dooyeweerd niet de peetvaders waren van de filosofie van de apartheid of eigensoortelijke ontwikkeling. Ook al gebruikten verdedigers van de apartheid soms hun begrippen. Die hadden daar, in een andere context, immers een andere betekenis. Niet schuldig aan de apartheidsideologie dus. Maar geheel onschuldig aan de apartheid waren gereformeerd Nederland en de VU óók niet.”35

Dit sal ook blyk dat Jonker, terwyl hy vir Kuyper vol in die visier het, sy teëstanders telkens daarop wys dat hulle ook nie aan Kuyper ten volle reg laat geskied nie. Veral die invloed van die fundamentalisme uit Princeton word nie na behore verreken nie.36