• No results found

1. Die sendingbepalinge van die Ned Geref Kerk in Transvaal

1.3 Die posisie van die ampsdraers

Die laaste knelpunt in die sendingbepalinge van die Ned. Geref. Kerk in Transvaal wat Jonker bespreek, is die ampsbegrip wat daaraan ten grondslag lê. Dit raak veral die posisie van die bedienaars van die Woord.

Die volgende word weer kortliks aangestip: Eerstens: blanke leraars wat na die sending beroep is, is soos enige ander leraar na ’n sendinggemeente beroep en bevestig. Hy bly egter lidmaat van ’n blanke gemeente en word dus nie lidmaat van die gemeente waar hy bedienaar van die Woord is nie. Die opsig en tug oor die leraar berus gevolglik by die gemeente waar hy lidmaat is en nie waar hy dien nie. Nogtans dien hy op die kerkraad (van die sendinggemeente) en neem volledig deel aan die regering van die gemeente – wat uiteraard ook opsig en tug insluit. Tweedens het sendinggemeentes nie die reg om self hul eie leraar te beroep nie en hul inspraak in die uitbring van ’n beroep word beperk deur die mate waartoe hulle in staat is om by te dra tot die finansiering van die pos.

Wanneer Jonker in Sendingbepalinge sy leer oor die ampte uiteensit, baseer hy dit op die uitsprake van die Skrif oor die liggaam van Christus. Hiervoor beroep hy hom op Calvyn se leer “over de leeraren en dienaren der kerk, Hun verkiezing en ambt”.91 Vir

Jonker is ampsdraers ’n wesenlike deel van die liggaam van Christus. Niemand kan ’n ampsdraer van ’n kerk wees waarvan hy nie lid is nie. Hulle is nie ’n vreemde element wat van buite of selfs teenoor die liggaam staan nie. Die ampte kom uit die liggaam op en is ten nouste aan die liggaam verbonde. Jonker beklemtoon dat bogenoemde vir Calvyn beteken dat die ampte deur die gemeente self aangewys moet word. En “Die wettige roeping van ’n dienaar van die Woord bestaan vir Calvyn volgens die Woord van God daarin, dat hy deur “die eenstemmigheid en goedkeuring van die volk" gekies word.”92 Ook al sou ’n gemeente finansiële hulp ontvang, bly dit ’n basiese reg van die

gemeente om self sy leraar te beroep sonder inmenging van buite. Volgens Jonker is dít “die gesonde siening van die Skrif en die gereformeerde kerkreg.”93 Die

91Vgl. Institusie IV, III, 1 e.v. Jonker verwys ook na Institusie, IV, VI, 9. 92Vgl. Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 45.

sendingbepalinge van die Transvaalse kerk en die gangbare teologiese beskouinge in die ander Ned. Geref. Kerke neem ’n teenoorgestelde posisie in.

Wanneer die ampte só deel is van die liggaam van Christus, beteken dit voorts dat die gemeente toesig moet hou oor die ampte. Jonker vind dit totaal onmoontlik dat iemand ’n ampsdraer in ’n gemeente kan wees, sonder om ook onder die opsig en tug van daardie gemeente te staan. Dié toesig geld veral die verkondiging van die Woord. Die prediking moet immers deur die gemeente beoordeel word. Wie die tug oor die ampsdraers van ’n gemeente wegneem, tas die kerk tot so ’n mate in sy wese aan dat die kerk sy karakter as ware kerk van Jesus Christus verloor.94

Jonker erken dat dit in sekere omstandighede ongewens mag wees dat ’n Westerling ’n permanente posisie in ’n jong kerk inneem – bv. wanneer dit remmend kan inwerk op die inheemswording van die jong kerk en die ontwikkeling van ’n eie karakter en aard. In sulke omstandighede is dit gewens dat die sendeling nie ’n lidmaat van die jong kerk word nie, hy geen amp daarin beklee nie, nie aan die regering van die kerk kan deelneem nie en nie onder die opsig en tug van die jonge kerk val nie. Met die eerste oogopslag mag dit voorkom as Jonker nou met homself in stryd kom.

Hy stel voor dat ’n vierde amp, die van sendeling, geskep moet word. Daar moet duidelik onderskei word tussen die amp van leraar en dié van sendeling. Eersgenoemde word gewoon na ’n gemeente beroep, daar bevestig en word lidmaat van die gemeente. Die sendeling word egter deur die sendende gemeente beroep en in daardie gemeente bevestig. Hy is lid van die sendende gemeente en val onder hulle opsig en tug. Hy word dus nie in die sendinggemeente bevestig nie en neem nie deel aan die regering van die sendinggemeente nie. Hy maak gebruik van die “ou gereformeerde onderskeiding tussen gewone en buitengewone ampte” om die amp “Sendeling” as ’n

buitengewone amp in die kerk te omskryf.95 Hy vind ’n parallel met die ampte van

sendeling en dié van evangelis in die Nuwe Testament. Soos die evangelis, word die sendeling deur die plaaslike gemeente afgesonder en uitgestuur vir ’n taak buite die gemeentegrense. In die sendingveld is sy taak nie om ’n gemeente te bedien nie, maar

94Vgl. Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 46. 95Vgl. Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 48.

om ’n kerk te plant deur die heidene te kersten. Word hy egter ’n ampsdraer van die nuwe gemeente, verander sy opdrag: nie langer die kerstening van ongelowiges nie, maar leraar van die gemeente wat die gemeente in alle opsigte geestelik moet versorg.96

Jonker beroep hom hiervoor op artikel 7 van die Dordtse Kerkorde. Die artikel bepaal dat ’n leraar aan ’n gemeente gekoppel moet wees en Jonker haal aan: “ten waer dat hy gesonden worde om hier oft daer te predicken inde Gemeente onder 't cruyce, ofte andersins om Kercken te vergaderen.”97 Hy vind bevestiging vir sy standpunt in die

besluit van die Gereformeerde Kerke in Nederland by hulle Sinode te Utrecht in 1905. Die betrokke artikel is daar gewysig, maar die sinode besluit tog om die laaste deel van artikel VII: “ofte andersins om Kercken te vergaderen” nie weg te laat nie.98 Jonker

haal nie die sinodebesluit aan nie, maar die volgende interpretasie van Johannes Jansen uit sy Korte Verklaring van de Kerkorde99oor die besluit van die sinode om die sinsnede

te behou:

“Ook in het geval van de zending is het dus geoorloofd, dat een of meer kerken in Nederland een dienaar des Woords uitzenden, om door de prediking des Evangelies onder de heidenen en mohammedanen te arbeiden en aldaar kerken te vergaderen, zonder dat hij nog aan een vaste standplaats verbonden is.”100