• No results found

5. Die Skriftuurlike uitgangspunt: Kerklike Tug

5.1. Is ons gehoorsaam?

Dit is duidelik dat Jonker met hierdie artikel nie teoloë wil aanspreek nie, maar die gewone kerklidmaat. Hy was dikwels genooi om gemeentes toe te spreek. En, sê hy, verreweg die meeste kere moes hy oor kerkherstel, die funksionering van die ampte en die noodsaak van die kerklike tug praat. Dan het hy die noodsaaklikheid dat gemeentelede meer geestelike en selfs teologiese boeke moet lees, beklemtoon.

Die artikels en preke wat nou onder die loep gaan kom, is juis bedoel vir gemeentelede, om vir hulle iets in die hand te gee om te lees waarin hulle die Skriftuurlike en gereformeerde eise vir die ware kerk sal lees, begryp en – hopelik – sal toepas. Hierdie artikels en preke wil Bybels-teologiese beginsels op ’n bevatlike en eenvoudige wyse weergee, sonder om die wetenskaplike juistheid daarvan te kompromitteer. Ook die boek En as jou broeder sondig wat hy in 1959 publiseer, is bevatlik geskryf en is deur heelwat lidmate en ampsdraers gelees. Dit gee verdere impetus aan die stelling hierbo dat Jonker nie die jus constitutum, bespreek nie, maar alleen die jus constituendum. In die eerste aflewering behandel hy vier redes waarom hy reken dat die tug vir ’n gesonde kerklike lewe noodsaaklik is. Die eerste drie behandel hy baie kort, asof hy dit alleen maar volledigheidshalwe doen. Die eerste is dat die Kerk “as sigbare organisasie, wat in die wêreld bestaan, vaste orde en dissipline (tug) moet hê”. Tweedens is die kerk blootgestel aan dwalinge in die leer en die lewenswyse van sy lidmate en in die derde plek dat daar huigelaars in die kerk is wat tot orde geroep moet word.109

Vir Jonker is die vernaamste rede egter dat die Skrif van die Kerk van die Here verwag om tug toe te pas.110 Gehoorsaamheid aan die Here vereis van die Kerk om die wat

109W. D. Jonker. 1956. “Is ons gehoorsaam? Enkele Gedagtes oor die Kerklike Tug”, Die Kerkbode,

lxxviii (15), 10 Oktober 1956, 665, 666.

110Jonker kan hom daarop beroep dat dit reeds van die begin af deur gereformeerdes beklemtoon is, soos blyk uit die acta van die gereformeerde “sinodes”. Vgl. bv. Artikels van Wesel, 1568, hoofstuk VIII, i;

Emden, 1571, XXV; Dordt, 1578, hoofstuk VI, i; Middelburg, LVIII; ‘s-Gravenhage, 1586, LXIV; die Dordtse Kerkorde art. LXXI. Vgl. F. L. Rutgers. 1980. Acta van de Nederlandsche Synoden der zestiende eeuw. Dordrecht; J. P. van den Tol; A. C. Van Raalte, A. Brummelkamp, en S. van Velzen.

1841. Kerkelijk handboekje, zijnde een kort uittreksel van de voornaamste acten der Nationale en

afdwaal te tugtig. In hierdie artikels is – soos die titel van die artikel aantoon – die vernaamste punt wat hy wil maak: “Is ons Gehoorsaam?” Jonker besig hiermee taal wat in daardie jare gebruiklik was. Kerk én samelewing was gekenmerk deur ’n bepaalde “wettiese” – moontlik selfs fundamentalistiese – ingesteldheid, met groot klem op gehoorsaamheid en dissipline. Dit is die taal wat almal in daardie jare geken het en sou verstaan: ’n mens moet God meer gehoorsaam wees as mense; die gemeente moet tot daadwerklike gehoorsaamheid aan God geroep word; die lidmaat wat volhardend weier om te gehoorsaam, moet tot orde geroep word.

Die Kerk is immers die liggaam van Christus en elke lid daarvan moet ’n persoonlike verhouding met die Here hê. Daarom moet daar gewaak word dat diegene wat tot belydenis van geloof toegelaat word, dit eg en eerlik doen en daar moet moet gewaak word dat die sakramente nie onteer word nie. Jonker se uitgangspunt – dat die kerk dáár tot stand kom waar die Here genade aan ’n mens betoon – is reeds meermale belig. Elke begenadigde is geroep om uit dié begenadiging te lewe en as hy of sy nalaat of weier om dit te doen, word hulle deur die tug daartoe opgeroep om hulle belydenis uit te lewe.

“Dit is slegs wanneer ’n mens die Nuwe Testamentiese leer van wat die Kerk is, verruil vir die leer dat die Kerk volkskerk moet wees wat soveel mense moontlik moet insluit, omdat die Kerk dan glo die meeste invloed kan uitoefen, dat ’n mens die tug as iets onwensliks moet gaan beskou. Die volkskerk probeer om almal tevrede te stel, almal in te sluit en niemand “seer” te maak nie.”111

Dit val op dat Jonker se kerkbegrip fundamenteel is vir sy siening van die tug. In ’n volkskerk is ’n Bybels-teologiese beskouing oor en uitoefening van die kerklike tug nie moontlik nie. Indringende vrae kan nie en word nie gevra nie. Wanneer die geleentheid hom voordoen, wanneer mense enigsins “daarvoor gewillig of begerig” is, word hulle eenvoudig sonder vrae in die huwelik bevestig, tot die openbare belydenis en gebruik

nahandelingen van het Nationale Synode van Dordrecht, gehouden in de jaren 1618 en 1619: zeer dienstig en noodig voor predikanten en kerkenraden: met eene voorrede. Amsterdam: N. Obbes.

van die sakramente toegelaat en buitendien óók in die ampte bevestig. Alles sonder om te veel na te gaan of alles na wense is met die leer en lewe van die persoon.112

“En dit alles geskied – o, grote bedrog! – in naam van die liefde”, skryf Jonker.113 In

die volkskerk word gesê dat die tug mense verstoot, terwyl die kerk eerder aan alle mense liefde moet betoon, hulle na die kerk moet aantrek en hulle deel van die kerk moet maak. Die bedrog is daarin geleë dat die werklike rede nie liefde is nie, maar:

“... die swakheid om Kerk te wees in die sin van die Nuwe Testament, die swakheid om vir die waarheid uit te kom, die swakheid om ter wille van die ware liefde geen mooi broodjies te bak nie, maar die verlorenes werklik te help deur langs die aangewese weg, die tug, ’n duidelik oproep tot bekering na hulle te laat uitgaan.”

Teenoor swakheid staan gehoorsaamheid. Daar is geen sprake van straf, afranseling, boete of liefdeloosheid nie. Die kerklike tughandeling gaan oor die betoning van ware

liefde waardeur dié wat verlore gaan, opgeroep word tot berou en bekering. Oor hierdie

ware liefde handel die tweede aflewering.114 Jonker se metode is om die besware wat

teen die kerklike tug opgewerp word, te beantwoord deur te wys op die pastorale besorgdheid wat via die kerklike tug na die verloregaande sondaar uitgaan. In die veronderstelling (soos hierbo gemeld) dat Jonker hierdie artikel geskrywe het met kerkraadslede in gedagte, beantwoord hy dus nie alleen die kritikasters nie, maar wil hy ook kerkraadslede motiveer om deur middel van die kerklike tug betrokke te raak in God se handelinge met sy strydende kerk.

Die eerste beswaar wat Jonker aanspreek, is dat gesê word dat die Kerk onbillik optree deur in sy tughandeling ’n onderskeid te maak tussen die openbare ergerlike en aanstootlike sondes en die talle geheime sondes en slegte begeertes.115 Teen

112Vgl. Kuyper. 1884. Tractaat van de reformatie, 105 – 106.

113Jonker. 1956. “Is ons gehoorsaam?”, Die Kerkbode, lxxviii (15), 10 Oktober 1956, 666. 114Jonker. 1956. “Is ons gehoorsaam? II”, Die Kerkbode, lxxviii (16), 17 Oktober 1956, 701, 702. 115Dieselfde wat in voetnoot 6 hierbo genoem is, geld ook hier. Van oudsher af het gereformeerdes ’n onderskeid getref tussen heimlike en openbare sondes. Vgl. ook H. J. Royaards. 1834. Hedendaagsch

kerkregt bij de Hervormden in Nederland: een handboek voor akademische lessen: alsmede ten gebruike van predikanten en leden van kerkelijke vergaderingen. Utrecht: J. Altheer, 372; Joh. Jansen. 1923. Korte verklaring van de kerkenordening. Kampen: Kok, 298 e.v.

eersgenoemde word dan opgetree, maar laasgenoemde bly ongestraf – dit terwyl die Skrif nie ’n onderskeid tussen sondes tref nie. Daarop antwoord Jonker dat die kerk nie oor die innerlike van ’n mens kan oordeel nie, maar alleen oor die uiterlike. Elke gelowige sal tot aan die einde van sy lewe ’n stryd voer teen allerlei sondes, soos Paulus in Romeine 7 aandui. Sonde word nie vergoeilik nie – God haat alle vorme van die kwaad. In taal wat herinner aan die klassieke nagmaalsformulier,116sê Jonker dat daar

geen sprake van die toepassing van die kerklike tug kan wees wanneer die gelowige van harte daaroor berou het en aandui dat die sonde teen sy wil nog in hom oor is nie. Daarby moet onthou word dat prediking en persoonlike vermaning wél vorme van tug is waardeur heimlike sondes inderdaad aangespreek word.

Daar moet in gedagte gehou word dat lidmate in die openbaar belydenis van geloof gedoen het – dáármee moet die kerk rekening hou. Wanneer ’n gelowige sonde doen van ’n openbare, ergerlike aard, spreek die Kerk nie ’n oordeel oor hom uit nie, maar wys hom daarop dat sy (openbare) lewe in stryd met sy (openbare) belydenis is. Die kerklike tug begin deur so ’n persoon te vermaan om hom te bekeer. Omdat die sonde in die openbaar gepleeg was, mag die kerkraad van hom verwag om ook in die openbaar duidelike blyke van sy berou te gee deur bv. een of ander vorm van openbare belydenis van sy sonde te doen en om hom vir ’n tyd lank van die sakramente te onthou.

Wie onberoulik in sy sonde volhard, dui daarmee aan dat hy nie (meer) sy belydenis as ’n saak van erns beskou nie. Wanneer ’n kerkraad tot hierdie oortuiging kom, moet verdere stappe geneem word en tree die tug “in eintlike sin op om langs ’n meer drastiese weg tot bekering te roep.” Jonker beklemtoon dat die wesenlike, kernaspek van die tug is dat met die kerklike tug uitsluitlik opgetree word teen ’n “onbewoë,

ergerlike verset teen Gods genade”117 Die tug wil die sondaar tot berou en bekering

bring. Die berouvolle sondaar is nie langer tugwaardig nie.

116“... die bedoeling is nie om die verslae harte van die gelowiges kleinmoedig te maak asof slegs die wat sonder enige sonde is, na die nagmaal van die Here mag kom nie... Dit is wel so dat ons nog baie ellende en gebreke in onsself vind ... Waar ons egter deur die genade van die Heilige Gees oor sulke gebreke van harte berou het en opreg begeer om volgens al die gebooie van God te lewe, mag ons daarvan heeltemal seker wees dat geen sonde of swakheid wat teen ons wil in ons oorgebly het, kan verhinder dat God ons in genade aanneem...” vgl. Algemene Sinodale Kommissie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. 1988. Handboek vir die Erediens van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Kaapstad: N G Kerk- Uitgewers, 62.

’n Volgende beswaar teen die uitoefening van die tug wat Jonker bespreek, een wat dikwels geopper word, is dat Christus geleer het dat die een wat sonder sonde is, die eerste klip moet gooi. Christus handel hier glad nie oor die tug nie, maar oor mense wat hulle verhef en dink hulle is beter of heiliger as ander. Wie dink dat die tug mense wil afransel, straf of laat boet vir hulle sondes, is heeltemal verkeerd. Christus het die volle straf op ons sondes gedra.

Dit tug beoog geensins om ’n persoon uit te sluit en weg te drywe nie, maar presies die teenoorgestelde: dat “die één afgedwaalde skaap terug moet kom na die orige nege-en- negentig.”118 Enige en elke kerklike tughandeling moet daarop gemik wees om die

sondaar tot bekering te roep. Die tug wil die lidmaat tot sy eie beswil vermaan om te word wat hy bely hy is! Langs dié weg word God geëer en die heiligheid van die gemeente bevorder.

Ten slotte is die vraag nie of die kerkraadslede nie dalk heimlik meer sonde het of doen as die voorwerp van die tug nie, maar of hulle die ampspligte waartoe hulle deur die Here self geroep is, uitvoer. Jonker sê dat die ampte ’n dure plig opgelê is om die Here se kudde te versorg en afgedwaaldes op te soek. Dit blyk uit die Skrif waar die “sleutelmag nie net opgedra (is) aan Petrus nie (Matt. 16: 18-19), maar ook aan die ander apostels (Joh. 20: 21-23), en aan die apostels tesame met die gemeente (Matt. 18: 15-18).”119 In laaste instansie is die tug ook ’n antwoord op ’n versoek van die lidmaat

met die aflê van sy belydenis. Die lidmaat het gevra om nie alleen gelaat te word nie, maar om teruggeroep te word as hy sou afdwaal. Dit is die betekenis van die vrywillige onderwerping aan die kerklike opsig en tug. Daarmee het Jonker ’n stewige fondament gelê – die jus constituendum – wat in ’n kerkorde neerslag moet vind en waaraan ’n kerkorde gemeet kan word.

Hierdie pastorale en soekende aspekte van die kerklike tug word ook in twee gepubliseerde preke saamgevat: die eerste verskyn in Die Kerkbode, pas drie weke nadat die laaste van bogenoemde twee artikels in dieselfde blad gepubliseer is;120 die

118Jonker, “Is ons gehoorsaam? II”, Die Kerkbode, lxxviii (16), 17 Oktober 1956, 702.

119Jonker, “Gedagtes oor die Kerklike Tug II”, Die Kerkbode, lxxviii (16), 17 Oktober 1956, 702. 120W. D. Jonker. 1957. “Die Geduld van God”, Die Kerkbode, lxxx (19), 7 November 1957, 823.

tweede verskyn in ’n preekbundel121 wat vir ouderlinge geskrywe is en in 1960

gepubliseer is. Soos Jonker se Pinksterpreek wat hierbo bespreek is, is ook hierdie twee preke nie toevallig gepubliseer nie, maar is ’n berekende publikasiestrategie om die kerklike publiek van die noodsaak van die kerklik tug te oortuig.

Dit is moontlik dat die woord tug ’n gelade, negatiewe konnotasie in hom omdra – al word dit gereeld verduidelik en verdedig. Dit is die geykte kerklike term wat algemeen gebruik word. Jonker wil dat kerklidmate – wat die jeug insluit – sal begryp waarom hy die kerklike tug as die Bybels-teologies korrekte teenoor evangelikaliese benadering beskou. In sy boek “En as jou broeder sondig ...” sê hy dit in soveel woorde: “dat dit vir almal duidelik moet wees dat die saak wat ons verdedig, Skriftuurlik is ...”122

Die eerste preek handel oor die gelykenis van die onvrugbare vyeboom (Luk. 13: 8 – 9), waarin die vyeboom die ongehoorsame, onvrugbare mens in ’n begunstigde posisie versinnebeeld. Jonker sê hy praat van

“...die mens wat deur God bevoorreg is om aan Sy verbond te behoort, die mens deur God gestel op die akker van die Kerk, waar die Woord van God gehoor word en waar die geleentheid is om in al die voorregte van Gods gemeenskap te deel. Christus dink by die uitspreek van die gelykenis aan Israel, die volk van Gods guns... Van sulke mense kan daar met reg vrug verwag word...”123

Hy het die volkskerk-situasie in gedagte. Die Here verwag van elke kerkmens, van elke gedoopte mens om vrug te dra. Die vyeboom is die simbool van die kerklidmaat wat ten spyte van versorging, onvrugbaar bly. ’n Belangrike gevolg van ’n tuglose volkskerk is dat – soos die vyeboom die grond waarin dit staan onvrugbaar maak – die lidmaat wat nie sy geloof uitleef nie, die getuienis van die kerk na buite smoor en belemmer.

121W. D. Jonker. 1960. “Dra mekaar se laste” in D. H. Botes. Die volle Raad: Preekbundel vir ouderlinge

II. Bloemfontein, SACUM.

122W. D. Jonker, 1959. "En as jou broeder sondig ...": enkele aspekte van die kerklike tug. Kaapstad: N.G. Kerk-Uitgewers, 156.

Die vyeboom (lidmaat) word egter nie summier uitgekap nie, maar nogeens met groot en onverdiende genade intensief bewerk en bemes. Iewers is daar egter ’n grens: wanneer die grens van God se geduld oorgesteek word en die onvrugbare boom uitgekap word.

Ook die tweede preek waarna hierbo verwys is, is vir ouderlinge geskrywe oor die kerklike tug. Die preek handel oor Galasiërs 6:2. “Dra mekaar se laste en vervul so die

wet van Christus.” Jonker beklemtoon aan die eenkant dat die laste waarvan hier sprake

is nie maar laste in die algemeen, soos siekte, armoede, fisiese of psigiese lyding ens. is nie, maar die las van sonde waarmee gelowiges worstel. Op ’n roerende wyse wil hy ouderlinge motiveer om hierdie laste te help dra, om werklik om te gee vir lidmate. Dan vervolg hy:

“Die eintlike saak waarop Paulus egter hier die oog het as middel waardeur verantwoordelikheid vir mekaar se geestelike laste aanvaar moet word, is die onderlinge tug. Daarom wek hy die gelowiges daartoe op om mekaar te vermaan in die gees van sagmoedigheid (vs. 1) ... Dit gaan in hierdie vermaning van mekaar nie om ’n was van mekaar se koppe nie ... nee, dit gaan om ’n nederige en liefdevolle, biddende pleitrede by die broeder om tog die skadelike weg van die sonde te verlaat en Christus alleen te volg...”

Met hierdie twee preke en die voorafgaande artikels in Die Voorligter het Jonker die fondament gelê. Daaruit blyk dat hy die tug nie verstaan as ’n stok om iemand mee te slaan nie, maar soos die Dordtse Kerkorde: die Christelike bestraffing dra ’n geestelike karakter. Hy verstaan dat die tug in die eerste instansie die eer van God soek – Hý moet gehoorsaam word. Net so beywer hy hom vir die heiligheid van die kerk – teenoor die volkskerk wat maar enige lid van ’n bepaalde volk tot die kerk toelaat. En met pastorale bewoënheid toon hy aan dat die kerklike tug die heil van die sondaar beoog. Die kerklike tug is niks anders nie as die bediening van Woord. Dit spreek ook uit sy boek oor die kerklike tug.

5.2. “En as jou broeder sondig...”

Hierbo is reeds genoem dat prof. A. B. du Preez in 1957 juis vir Jonker genader het om tydens sy (du Preez se) verlof ’n deel van sy lesings oor kerkreg – wat spesifiek die behandeling van die kerklike tug insluit – te behartig. Hierdie lesings is in boekvorm verwerk en verskyn vroeg in 1959 met die titel “En as jou broeder sondig...”124. Uit die

titel is die verband met bogenoemde artikels en preke duidelik. Hierbo is reeds daarna verwys dat Jonker die kerkreg vanuit die sistematiese teologie benader het, dat hy sy ekklesiologiese studie vir sy proefskrif as grondslag gebruik het, en dat hy die verval van die kerk tot ’n volkskerk en die dringendheid om die kerklike tug in ere te herstel sou aanspreek.125

Hoewel dit ’n verwerking van lesings vir teologiestudente is, is “En as jou broeder

sondig...” ’n toeganklike boek vir lidmate. Dit was die eerste boek van Jonker wat in

Suid-Afrika gepubliseer is en hy het daarmee die eerste prys verower in ’n kompetisie wat die Ned. Geref. Kerkuitgewers in daardie tyd vir nuwe manuskripte uitgeskryf het.126

In sy inleidende hoofstuk skryf Jonker dat dit nie sy doel was om ’n nuwe handboek oor die tug te skrywe, waarin hy die tug sistematies uiteensit en omskrywings gee van die gebruiklike terminologie, nie. Sy doel was tweeledig: eerstens wou hy vra na die redes vir die verval van die tug en wat daaraan ten grondslag lê en tweedens wou hy “...vra wat die Woord van God van dit alles te sê het.”127 Dit is dus nie ’n handboek

met ’n volledige wetenskaplike of formele behandeling van die kerklike tug nie. Sy metode was om in die eerste hoofstuk ’n aantal inleidende opmerkings te maak, daarna die besware teen die uitoefening van die tug in drie hoofstukke te groepeer, dit uitvoerig