• No results found

4. Die evangelisering van die kerk aangepak

4.2. Is die Kerk op ’n pad van herstel?

Vir Willie Jonker en die groep rondom hom was een ding boweal duidelik: die probleem is teologies-ekklesiologies van aard. Wat hierbo oor die volkskerk, evangelisasie en die tug gesê is, is ook by die Transvaalse Sinode wat op 24 April 1957 en volgende dae gesit het, te berde gebring. In Die Gereformeerde Vaandel (soos die hedendaagse Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif (NGTT) vroeër geheet het) publiseer Jonker: Is die Transvaal op weg na herstel?: Enkele gedagtes n.a.v. die

Transvaalse Sinode van 195769. Dié sinode het besluit om sy naam (terug) te verander

van Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk na alleen Nederduitse Gereformeerde Kerk. Dit hou ’n dubbele belofte met verreikende gevolge in: “nl. eenheid en gereformeerdheid”, sê Jonker. Eerstens het die kerk in Transvaal nou dieselfde naam as in die ander provinsies en was daar ’n “byna onstuimige entoesiasme” by die afgevaardigdes oor moontlike organiese kerkvereniging met die ander Ned. Geref. sinodes. Jonker sluit sy artikel af met ’n pleitrede dat die kerk nou die unieke geleentheid het om ’n baie belangrike voorwaartse stap te neem deur óók die Kerkorde van Dordt in die plek van die ou Wette en Bepalinge te aanvaar. Dié kerkorde sal eenheid binne die Ned. Geref. Kerke vergemaklik en al die vrese wat nog daaroor bestaan, besweer. Die tweede implikasie van dié besluit is volgens Jonker dat dit ’n

69W. D. Jonker. “Is die Transvaal op weg na herstel?”?: Enkele gedagtes n.a.v. die Transvaalse Sinode van 1957”, Die Gereformeerde Vaandel (25 nr. 3), September 1957, 14 – 19.

deurbreking was van die liberaal-kollegialistiese Nederlandse volkskerk-teologie uit 1816, wat “mee-resoneer in die naam Hervormd”.

Jonker gebruik naas die term “kollegialisties” soms ook “sekulêre kerkreg”. Dit was die term wat algemeen gebruik was tot prof. E. Brown dit in 1992 onder die vergrootglas geplaas het. Voordat Jonker vêrder onder die loep geneem kan word, moet die gebruik en verstaan van dié terme eers uitgeklaar word. Dié term sal deurlopend in hierdie dissertasie aan die orde kom.

Kollegialisme is ’n Duitse kerkregeringstelsel waarvolgens die kerk as ’n collegium of vrye vereniging beskou word. Dié naam is egter ook in Nederland op voetspoor van Abraham Kuyper en (later) Suid-Afrika gebruik vir (’n) kerkregeringstelsel(s) wat die karakter van ’n landswye genootskap met ’n hiërargiese struktuur het. Dit is egter nie heeltal juis nie, maar ook nie heeltemal ten onregte nie. Toe Nederland die Franse juk onder Napoleon by die Slag by Leipzig in 1813 afgooi en Willem I (1772 – 1843) koning word, het hy dadelik die uitbetaling van traktemente vir predikante laat hervat. Vroeër (1802 – 1806) het hy in Fulda, Duitsland gewoon en daar reeds laat blyk dat die grondgedagte van die “landesherrliche Kirchenregiment” vir hom ’n vanselfsprekendheid was. Na die bevryding van Nederland het hy hoofkommissaris J. D. Jansen opdrag gegee en hy het die sogenaamde Algemeen Reglement opgestel wat die koning in 1816 tot wet gemaak het. “Men zou dit AR kunnen typeren als een aan de Nederlandse verhoudingen en de calvinistische terminologie aangepaste vorm van het kerkregiment der Duitse landsvorsten.”70 Prof. D. Deddens skryf: “Wel is, niet

zonder recht en reden, voor de kerkelijke structuur en organisatie die in 1816 werd vastgesteld en in 1852 gehandhaafd bleef, de kenschetsing ‘collegiaal’ (of: ‘collegialistisch’) gebezigd.”71 Prof. E. Brown skryf egter:

“In die paradigma wat gesintetiseer is om die Afrikaanse kerke histories kerkregtelik te verstaan en te beoordeel, is die trefwoord ‘kollegialisties’ nie met

70Vgl. A. J. Bronkhorst. 1987. “De Nederlandse Hervormde kerk en het Algemeen Reglement van 1816” in Van ‘t Spijker, W. en L. C. van Drimmelen. 1987. Inleiding tot de studie van het Kerkrecht. Kampen: J. H. Kok, 121, 122.

71Sien D. Deddens 1986. “Het Doleantiekerkrecht en de Afgescheidenen” in Deddens, D. en J. Kamphuis (red.). Doleantie, Wederkeer. Opstellen over de Doleantie van 1886. Haarlem: Vijlbrief, 62.

die nodige onderskeiding gebruik nie. As gepraat word van die kerk as collegium en van verenigingsreg gebruik gemaak word, dui dit nie sonder meer op die oriëntering van die Lutherse sisteem vir Duitsland nie.”72

Die korrekte duiding van die soort kerkreg wat in die Ned. Geref. Kerk beoefen was, moet dus eerder “genootskaplike kerkreg” wees. Die sekularisering van die kerkreg in die Algemeen Reglement kan duidelik in bv. artikel 9 gesien word:

“De zorg voor de belangen, zowel van het christendom in het algemeen, als van de hervormde kerk in het bijzonder, de handhaving harer leer, de vermeerdering van godsdienstige kennis, de bevordering der christelijke zeden, de bewaring van orde en eendracht, en de aankweking van liefde voor Koning en Vaderland, moeten steeds het hoofddoel zijn van allen, die in onderscheiden betrekkingen met het kerkelijk bestuur zijn belast.”73

Terug by Jonker en sy vraag of die Ned. Geref. Kerk in Transvaal op weg na herstel en Jonker se interpretasie dat dié besluit ’n deurbreking was van die liberaal- kollegialistiese Nederlandse volkskerk-teologie uit 1816. Onderstaande aanhaling vat nie net Jonker se interpretasie van die Sinode se besluit volledig saam nie, maar toon dat hy koersvas op sy ingeslane weg t.o.v. evangelisasie volhard:

“Ons wil gereformeerd wees, ons wil ons erfenis nie verruil of verwater nie. Die sinode was dan ook nie bevrees om oor ons kerk te spreek en te sê dat daar ’n reële bedreiging vir ons bestaan om in ’n volkskerk te ontaard nie. Maar die sinode het ook weer geen twyfel daaroor gelaat nie dat ons geen volkskerk wil wees nie, dat ons intensie is om ’n belydenis-kerk te wees. Eenparig neem die

72Sien E. Brown. 1992. “Die hervertolking van die paradigma in verband met die Kollegialisme om die Afrikaanse kerke kerkregtelik te verstaan.” Hervormde Teologiese Studies, 48 (3/4), 709.

73Aangehaal by A. J. Bronkhorst. 1987. De Nederlandse Hervormde kerk en het Algemeen Reglement

van 1816, 122. Sien ook die dissertasie van J. C. A. van Loon. 1942. Het algemeen reglement van 1816.

Wageningen: Zomer & Keuning, 3 e.v.; M. Bouwman. 1944. Tweeërlei kerkrecht?: het zoogenaamde

oude kerkrecht noch oud, noch gereformeerd. Amsterdam: Bakker, 39; Joh. Jansen. 1947. Handleiding Gereformeerd Kerkrecht. Kampen: J. H. Kok, 4; W. Bakker. 1986. “Geschiedenis van de wetenschap

van het kerkrecht.” in Van ‘t Spijker, W. en L. C. van Drimmelen. 1987. Inleiding tot de studie van het

Kerkrecht. Kampen: J. H. Kok, 23; E. Brown. 1979. “Die spoor wat die Ned. Geref. Kerk in sy

kerkregering en kerkreg gedurende die 20ste eeu gevolg het” in NGTT, xx (4) September 1979; R. M. Britz. 1985. “Oor die kerkbegrip en ordening van die kerklike lewe by die Nederduitse Gereformeerde Kerk” in NGTT, xxvi (4), September 1985, 432 – 451.

sinode die volgende besluit: “Ten einde die kerk te vrywaar van die reële bedreiging om in ’n volkskerk te ontaard, doen die sinode ’n beroep op ampsdraers om strenger toesig te hou by die doop en die nagmaalsbediening, asook die aflê van belydenis en die toepassing van die kerklike tug na die eis van Gods Woord.”74.

Die klem wat Jonker plaas op die sinode se besluite oor evangelisasie – al noem hy dat die sinode dié besluite met ’n “mate van huiwering” geneem het – is opmerklik. Daar is bv. kennis geneem dat die Suidelike Streeksinode die skep van ’n tweede pos vir ’n sekretaris vir evangelisasie afgekeur het. Volgens Jonker het dié besluit om méér as finansiële redes gegaan – dit was óók op prinsipiële gronde geneem. Hy verhaal in hierdie konteks dat die sinode samewerking met sogenaamde interkerklike en buitekerklike bewegings soos die Afrika Evangeliese Bond (AEB), Jeug vir Christus en Morele Herbewapening van die hand gewys het. Die sinode het die standpunt ingeneem dat evangelisasie

“... geensins die probleem van kerkvervreemding sal oplos nie, maar die evangelisasiewerk van die kerk sal kontinueer in ’n rigting waarin die kerk dit nie meer voortgesit wil hê nie, nl. die “spesiale dienste” – en “veldtog”–rigting wat reeds tevore deur die sinode van die hand gewys is toe hy die idee van ’n “spesiale evangelieprediker” laat vaar het.”75.

Hiermee het die Sinode van Transvaal ’n eerste tree gegee in die rigting waarin Jonker en vriende die Nederduitse Gereformeerde Kerke wou sien beweeg: ’n aanspreek van die probleem van ’n volkskerk, maar voortaan meer op ’n Bybels-teologies verantwoorde wyse. Hulle oogmerk spel hy so uit:

“Die sin waarin die woord evangelisasie gebruik word, was vir ons jonger groep deurslaggewend. Sou ons die kant van die volkskerk opgaan en die kerk self as

74Jonker. 1957. “Is die Transvaal op weg na herstel”, 15.

75Jonker. “Is die Transvaal op weg na herstel”, 16. Jonker sê: “Ons het nie beswaar gehad teen die hou van reekse dienste of die oproep tot bekering as sodanig nie, maar ons het geglo dat die ware aard van die gemeente alleen herstel kon word as die hele bediening daarop gerig was om die gemeente as gemeenskap van gelowiges tot ’n lewende en aktiewe gemeenskap van volwasse Christene op te bou. Vgl. Jonker: Selfs die Kerk kan verander, 31, 32.

terrein van evangelisasie beskou, of sou ons die kerk as geloofsgemeenskap sien en deur intensiewe bearbeiding en die kerklike tug probeer opbou? Ons het die tweede alternatief gekies. As daar van evangelisasie gepraat word, gaan dit om ’n uitreiking na buite, ’n aksie van die kerk om kerkloses en onverskilliges buite die kerk vir Christus te wen en by die kerk in te lyf.”76