• No results found

Die besluit van die Sinode van Suid-Transvaal en die Uniale Evangelisasiekongres

4. Die evangelisering van die kerk aangepak

4.4. Die besluit van die Sinode van Suid-Transvaal en die Uniale Evangelisasiekongres

Jonker skryf op dag en datum tien maande later (30 September 1959) ’n artikel in Die

Kerkbode86met presies dieselfde strekking. Daarin is niks wat nie reeds in die artikel

in Die Voorligter gesê is nie. Wat hierdie artikel wel anders maak, is dat dit geskrywe is ná die sitting van die Suid-Transvaalse Streeksinode wat gedurende April 1959 plaasgevind het. Dit het in Die Kerkbode verskyn op die laaste dag van die “Uniale Evangelisasiekongres” wat van 28 tot 30 September 1959 in Bloemfontein gehou is. Langs die banier opskrif – in kursiewe druk – word ’n samevatting gegee van die sinodale besluit. Dit maak die impak van die brief groter. Wanneer ’n sinode van die kerk besluit het om jou standpunt as sy eie te aanvaar, appelleer dit anders op die leser as ’n artikel wat alleen jou eie standpunt weergee.

83’n Jongmens, veral uit die vyftigerjare van die twintigste eeu, met lang hare wat agter soos ’n eend se stert gekam was. Hulle was gewoonlik rebels en losbandig en het hulle rug op die kerk en die evangelie gekeer.

84Jonker, “Het dit sin om van Evangelisasie te spreek?”, Die Voorligter, vol xxi (13), November 1958, 24.

85Jonker, 1998. Selfs die Kerk kan verander, 32.

Hieronder volg die volledige besluit. Die voorsteller was dr. Willie Jonker en die sekondant dr. Attie Barnard – die twee here wat die hele diskussie oor volkskerk en evangelisasie inisieer het. Die sinodebesluit gee dus nie alleen Jonker se standpunt weer nie, maar ook dié van die groep vriende hierbo gemeld. Wat dit nog meer betekenisvol maak, is dat dit ’n sinodebesluit was waarmee die “jong Turke” later in die jaar na die Uniale Evangelisasiekongres sal gaan, wat uiteraard aan hulle standpunt bepaalde “gewig” verleen. Die besluit lui:

“II. AANBEVELINGS I.V.M. EVANGELISASIE 1. Evangelisasie:

Die Ass. Scriba87(gesekondeer predikant van Sonhoogte88) doen nou die volgende

voorstel:

Die H.E. Sinode stel dit as sy aanvaarde standpunt dat slegs persone wat buite kerkverband staan, voorwerpe van evangelisasie is, terwyl persone wat lidmate van die Kerk is, hoe kerklos en kerkvervreemd hulle ook mag wees, voorwerpe van herderlike sorg is. Gevolglik besluit die Sinode:

i. Dat die bestaande Sinodale Kommissie vir Evangelisasie voortaan nie meer belas sal wees met enige werksaamheid wat die ampsbediening aan lidmate van die kerk raak nie, maar dat die Kommissie sy taak enkel daarin sal vind om hom besig te hou met die arbeid van die kerk onder buitekerklikes; ii. Dat die Sekretaris vir Evangelisasie se werksaamheid beperk sal word tot

dieselfde terreine met die doel dat hy deur beplanning en studie op hierdie terrein die kerk sal dien en kerkrade sal voorlig om hierdie belangrike taak te aanvaar;

iii. Dat, ten einde die voorwerp van evangelisasie duideliker omlyn te kry, by kerkrade daarop aangedring word om kerklos lidmate as voorwerpe van tug te beskou en, indien intensiewe bearbeiding van sulke lidmate hulle nie kan beweeg om weer lewende en aktiewe lidmate van die kerk te word nie. met die verskillende stappe van die kerklike tug teen hulle voort te gaan;

iv. Dat daar naas die bestaande Kommissie vir Evangelisasie ’n Sinodale Kommissie vir Ampsbediening (en ekwivalente rings-kommissies vir

87Dr. W D. Jonker. 88Dr. A. C. Barnard.

Ampsbediening) in die lewe geroep sal word wat al die werk i.v.m. die

gewone en buitengewone ampswerk sal behartig (soos by.

spoorwegbearbeiding, hospitaalbearbeiding, gevangenis-bearbeiding, ens.) en daaroor aan die Sinode sal rapporteer.

v. Dat aan die Permanente Kommissie vir Revisie opgedra word om die nodige wetswysiginge in hierdie verband voor te berei;

vi. Omdat daar op hierdie wyse ’n verskil in benadering met die Noordstreek ontstaan, besluit die Sinode om in hierdie saak op sy eie, los van die Noordstreek, voort te gaan....

Die Moderator reël dat die voorstel van die Asst.-scriba, gesekondeer deur die predikant van Sonhoogte alleen ontvanklik sal wees indien die laaste punt soos volg gewysig word:

„Omdat daar verskil ontstaan tussen die benadering van die Noord- en Suidstreke89besluit die Sinode om die hele saak te verwys na die Algemene

Sinode vir dringende oorweging.” ...

Die voorstel van die H.E. Assessor word nou tot stemming gebring en aanvaar.”90

Vir die Uniale Evangelisasiekongres is lank voor die tyd voorbrand gemaak. Dié kongres moes uitsluitsel gee oor die verskille tussen die twee benaderings tot evangelisasie.

“In ons eie Kerk het ons Sinodes hulle die afgelope tien jaar reeds meermale oor die beginsels en metodes van ons Kerk se evangelisasietaak uitgespreek, en hoewel die Federale Evangelisasieraad hom steeds in die rigting van koördinasie beywer het, bestaan daar nog aansienlike verskil in die beskouinge en benaderinge van ons Kerk se evangelisasie-situasie en taak. Die innige bede en verwagting is dat dit op die Uniale kongres tot duidelike en eenstemmige

89 Handelinge van die Tweede Vergadering van die Suidelike Streeksinode van die Nederduitse

Gereformeerde Kerk van Transvaal gehou te Pretoria op 16 April 1959 en volgende dae, 266 – 269. Vgl.

W. L. Maree: “Suid-Transvaalse Streeksinode Vergader – II”, Die Kerkbode, lxxxii (21), 27 Mei 1959, 875-877.

90Die Algemene Sinode waarna hier verwys word, is die Algemene Sinode van Transvaal, waarvan die Noordelike en Suidelike streke (tesame met Midde Afrika) die samestellende sinodes was.

besinning en beslissing mag kom, vir die verdere leiding en beleidsbepaling van ons onderskeie Sinodes.”91

Die kongres is – soos te wagte kon wees – voorafgegaan en gevolg deur ’n mag der menigte artikels en korrespondensie in die kerklike blaaie. Daar was altesame 282 beskrywingspunte92 en nagenoeg 800 afgevaardigdes (600 predikante en 200

ouderlinge).93 Dr. J. A. (Johan) Heyns skrywe in sy verslag van die kongres dat reeds

vóór die tyd besef is dat die vraag oor wie die voorwerpe van evangelisasie is, die mees kontensieuse onderwerp was en dat menings oor dié saak die kardinale kwessie op die kongres was. Sou afgevaardigdes mekaar nie op die punt kon vind nie, sou dit die kerk se taak oneindig bemoeilik.94 Van die ouer dominees en veral ds R. J. N. van Tonder,

sekretaris vir evangelisasie in Suid-Transvaal, het skerp van Jonker-hulle verskil – en so ook prof. (Kolie) Kotzé, wat een van die hoofsprekers by die kongres was.95

Prof. Kolie, soos hy in die omgangstaal bekend gestaan het, was voor sy beroeping na die Kweekskool in Stellenbosch nie ’n gemeenteleraar nie, maar ’n “spesiale evangelieprediker” wat op uitnodiging opwekkingsdienste in gemeentes gelei het. Vóór die kongres het hy ’n boek gepubliseer: Die Kerk op sy soektog: besinning oor

die evangelisasietaak van die N.G. Kerk in Suid-Afrika in ons dag: die verkenning.96

Die boek is deur J. A. H. (dr. J. A. Heyns) bespreek en hy gee Kotzé se standpunt só weer:

“Self gee hy (Kotzé – GJD) dan die volgende definisie: evangelisasie is die buitengewone program van die gereelde bekeringsarbeid van die Kerk onder die plaaslike gemeente met sy besondere ampte en in medewerking met die

91Ds. W. A. Alheit. “Evangelisasie rubriek”, Die Kerkbode, lxxxiv (6), 12 Augustus 1959, 237 92A. S. Cronjé. 1959 “Evangelisasie rubriek”, Die Kerkbode, lxxxiv (11), 16 September 1959, 441. 93J. A. Heyns. 1959. “Kongresflitse uit Bloemfontein” Die Kerkbode, lxxxiv (16), 21 Oktober 1959, 630. 94Heyns. 1959. “Kongresflitse uit Bloemfontein” Die Kerkbode, lxxxiv (16), 21 Oktober 1959, 631. Heyns, ’n medestudent en klasmaat van Jonker et al., was nie deel van die groep nie. Hy het meesal afwysend teenoor die heersende evangelisasie-beskouing gestaan, maar nie so duidelik soos Jonker-hulle nie. Hy het eerder probeer om ’n posisie tussen die twee standpunte in te neem.

95Jonker, 1998. Selfs die Kerk kan verander, 32, 33. Vgl. ook Heyns, “Kongresflitse uit Bloemfontein”

Die Kerkbode, lxxxiv (16), 21 Oktober 1959, 631

96J. C. G. Kotzé. 1959. Die Kerk op sy soektog: besinning oor die evangelisasietaak van die N.G. Kerk

gelowiges. Waar die vervreemding dus ’n besondere intensiteit bereik het, daar word evangelisasie gedoen — binne sowel as buite die Kerk!”97

Tydens die kongres was daar groot verskil van mening wat tot op die laaste middag van die byeenkoms geduur het. Ds. P. S. Z. (Pietie) Coetzee, wat voorsitter was, het ’n ordereëling getref dat prof. Kotzé en Jonker met mekaar in gesprek moes tree om te kyk of hulle nie eenstemmigheid kon bereik nie.

“Tot my verbasing het hy ons jongeres die hand van vriendskap gereik. Hy het erken dat ons die begrip evangelisasie korrek gebruik. Maar, het hy gemeen, in ’n siektetoestand was daar náás die tug besondere metodes vir die geestelike bearbeiding van gemeentelede nodig. Op hierdie punt kon ons mekaar vind. Ons het saam ’n kompromisvoorstel geformuleer wat die vrede kon bewaar, maar dit het tog die denke in die kerk op ’n effens ander spoor gebring. Ons was al dankbaar dat ons ten minste dit bereik het.98

Daarmee was die saak afgedaan. Jonker sou nooit weer enigiets wat alleen oor evangelisasie handel soos hierbo, publiseer nie.99 Hy sou egter steeds die metodisties-

piëtistiese strominge soos dit wortelgeskiet het in ’n kultureel-kerklike inslag, binne die Ned. Geref. Kerk teenstaan en hom beywer om die kerk op die regte spoor te bring. Om hierdie paragraaf af te sluit, word gewys op ’n preek oor 2 Korintiërs 3:18 met die tema “Wat daar gebeur as dit Pinkster word.”100 Kortweg: kerkherstel kan slegs dán

plaasvind wanneer dit pinkster word in mense se lewens, maar wat beteken dit binne die teologiese denke van Willie Jonker? Die preek verwys nêrens na evangelisasie nie, maar adem juis die teenoorgestelde gees as die standpunt van diegene wat deur Jonker et al. teengestaan was. Die evangelikaliese stroming praat graag van pinkster in terme

97J. A. Heyns. 1959. Boekbeskouing: Die Kerkbode, lxxxiv (11), 16 September 1959, 451.

98Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 33. Vgl. ook Heyns, “Kongresflitse uit Bloemfontein” Die

Kerkbode, lxxxiv (16), 21 Oktober 1959, 631

99Vir die besluite wat die kongres uiteindelik geneem het, sien Die Kerkbode, lxxxiv (16), 21 Oktober 1959, 634.

100W. D. Jonker. 1960. “Wat daar gebeur as dit Pinkster word”, in D. H. Botes, 1960. Die volle Raad:

Preekbundel vir ouderlinge. Bloemfontein, SACUM.

Die teks in die 1953 vertaling lui: “En terwyl ons almal met ontsluierde gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”

soos “die verwagting van ’n siele-oes”, dat pinkster ’n tyd is vir “spesiale dienste” waar met hart en siel gewerk word vir bekerings en dergelike meer.101

Jonker bevraagteken bogenoemde en vra wat eintlik ’n mens se verwagting van pinkster moet wees. Desjare is graag gepraat van ’n spesiale “pinksterseën”, met die verwagting van “geweldige gebeurtenisse van buitengewone aard, massa-bekerings, herlewings, ens.”. Dit was tye van emosionele hoogspanning. Die probleem wat Jonker hiermee het, is dat dit “net so gou na Pinkstertyd weer verdwyn as wat dit gereeld elke jaar net in Pinkstertyd verskyn”. Die preek moet nie alleen op sigwaarde geneem word nie, maar die kontras met bogenoemde moet raakgesien word. Dit is wel ’n preek en nie ’n stuk apologetiek nie en Jonker bied dit as sodanig aan.

Jonker bespreek drie aspekte van “’n ware Pinksterseën” soos dit in die teks na vore kom. In die eerste plek is dit “die seën van ’n ontsluierde gesig”. Die Heilige Gees neem die sluier weg wat verhinder dat lidmate die Woord van God in sy ware geestelike sin kan begryp. Met pinkster open die Heilige Gees ’n mens se verstand en gee volle insig en begrip in die Woord van God. Die ongesegde apologetiese aspek is dat die insig en begrip wat die Gees gee anders is as die entoesiastiese voorstelling wat gewoonlik deur die ander groep gegee word.

Tweedens is die ware pinksterseën “die seën van ’n aanskouing van die heerlikheid van Christus”. Die Heilige Gees is die Gees van Christus en ’n ware pinksterseën sal altyd tot die verheerliking van die Here Jesus Christus wees. Pinksterfees is nie in die eerste plek ’n fees van die Heilige Gees nie, maar van Christus.

In die derde plek bring ’n ware pinksterseën ’n verandering na die beeld van Christus. Dié verandering beteken die afsterwe van die ou mens (die vlees) en die verandering sodat voortaan die vrug van die Gees gedra word, ’n opstanding in ’n nuwe lewe. Daarin moet ons ook verstaan dat ’n ware pinksterseën kerkherstel in ’n egte Bybels- teologiese sin tot gevolg sal hê. Jonker wys met name die gedagte van ’n “geweldige”,

101W. A. Alheit, “Evangelisasie-rubriek”, Die Kerkbode, lxxv (19), 11 Mei 1955, 601. Ds. J. C. Botha,

“buitengewone”, “enkele” of “second blessing” af. “Dit is oral Pinkster, waar mense gewillig geword het om hulle deur die Gees te laat vorm na die beeld van die Seun.” In die debat was die term “kerkherstel” as’t ware as antoniem vir “evangelisasie” gebruik. Kerkherstel is egter nie ’n goeie term om te gebruik nie – dit is in kultureel- kerklike terme vatbaar vir misverstand en gaan mank gaan aan Skriftuurlike duiding en teologiese singewing. Die term het die kompromisvoorstel by die evangelisasie kongres moontlik gemaak kon alleen daarin slaag om “die denke in die kerk op ’n effens ander spoor gebring.”102 Jonker se self dat die dringende behoefte was vir die herstel

van kerklike tug.103

Hoewel hierdie begrip dus mank gaan aan Skriftuurlike duiding en teologiese singewing, het dit aan Jonker geleentheid gebied om sy teologiese standpunte verder definieer en profileer: hy publiseer ’n boekie oor die kerklike tug. Daarin gaan die oor die bediening van die Woord, meer as oor die herstel van die kerk. In volgende paragraaf word hieraan aandag gegee.