• No results found

Die sesde dekade van die twintigste eeu kan met reg in Suid-Afrika as ’n dekade van storm-en-drang beskryf word. Dit was voorafgegaan deur ’n dekade van hoogbloei. ’n Positiewe gees het in die land geheers – daar was ’n nuwe regering aan die bewind onder die leiding van die Nasionale Party en die Afrikanervolk – waarvan die oorgrote

1 W. D. Jonker. 1962. Die sendingbepalinge van die Ned. Gereformeerde Kerk van Transvaal. Potchefstroom: Kerk en wêreld. Voortaan sal die titel verkort word na Sendingbepalinge – soos die pamflet ook in die omgang bekend geword het.

meerderheid aan die Ned. Geref. Kerk behoort het – het gedy. Die Afrikaner was vry en het gestreef na meer: die Unie van Suid-Afrika sou ’n onafhanklike republiek word en kerklik is na ’n verenigde Ned. Geref. Kerk gestreef. Die beleid van apartheid moes dié bevoorregte posisie van die Afrikaner verder verskans en die Tomlinson Kommissie moes ondersoek instel na metodes om die Bantoetuislande ’n lewensvatbare oplossing te maak. Die toekoms van Apartheid-Suid-Afrika moes sosiologies en wetenskaplik uitgewerk word.

Oor die Tomlinson Verslag is wyd gerapporteer. In Die Kerkbode kom dit in die redaksionele kolom twee keer aan die bod onder die opskrif “Die Kerk en die Bantoe”2.

Die redakteur skryf dat feitlik alles daarin van belang is vir “Kerk en Sending” – immers slaag die tuisland beleid sal die tuislande ’n groot sendingveld vir die Ned. Geref. Kerk wees en “Wie hier agterweë bly, sal aansien en krag moet inboet”. Die redakteur skryf ’n derde keer daaroor na aanleiding van ’n “volkskongres” wat in Bloemfontein oor die Tomlinson Verslag gehou was. Dié kongres wat van 28 tot 30 Junie 1956 plaasgevind, noem die redakteur “die grootste en belangrikste samekoms in ons tyd”. Twee stellings van die redakteur is sprekend van die teologie in die Ned. Geref. Kerk in dié dekade. Die eerste is dat hy oor die belangrikheid van die sending skryf dat: “Wie hierdie Bantoewêreld verower, het die toekoms in sy hand!” Die tweede is die antwoord wat hy op sy vraag gee oor hoe die bevindinge van Tomlinson aan die “breë lae van ons volk” bekend gemaak sal word. Hy skryf “... daar is geen rede waarom dit nie ook op die kansel gebring sal word nie – miskien hoort dit daar beter tuis as op enige ander plek.”3

Dis was die trant van die tydsgees. Maar dan kom daar ’n ingrypende ontwikkeling in die geskiedenis van Suid-Afrika en versand die Suid-Afrika waarvan die Tomlinson Verslag gedroom het. ’n Ander realiteit word ’n werklikheid. Dr. H. F. Verwoerd,

2 Redaksioneel: “Die Kerk en die Bantoe”, Die Kerkbode lxxvii (15), 11 April 1956, 644 en Die

Kerkbode, lxxvii (16), 18 April 1956, 692.

3Redaksioneel: “Die Volkskongres en Ons Volksroeping”, Die Kerkbode lxxviii (2), 11 Julie 1956, 52, 53. Ds. Z. B. Loots doen verslag oor Die Volkskongres in Bloemfontein wat oor vier aflewerings strek met die titel: “Die toekoms van die Bantoe”; sien Die Kerkbode, lxxviii (4), 25 Julie 1956, 154-155, 159;

Die Kerkbode, lxxviii (5), 1 Augustus 1956, 202-203, 225; Die Kerkbode, lxxviii (6), 8 Augustus 1956,

toenmalige minister van Naturelle-sake, het die verslag verwerp. Ook die Ned. Geref. Kerk swyg verder daaroor.

Dit was binne hierdie konteks dat Jonker oor die piëtisties-metodisties en kultureel- kerklike ineengestrengelde kerkbegrip oor die kerklike tug en die kerkorde geskryf en gedink het. In die vorige twee hoofstukke is aangetoon dat hy nie bokant die tydsgees uitgekom het nie. Hy staan wel teen die stroom, maar sy taal is nog dié van die konteks. Op die breuklyn in die geskiedenis van Suid-Afrika waarin Apartheid geweld uitlok, gaan Jonker oorsee om navorsing te doen.

Dit het hom teologies toegerus om sy kerkreg in Suid-Afrika te kontekstualiseer. Sy studiereis na Europa rus hom ook toe om nou as’t ware van buite na die kerkregtelike bestel van die Ned. Geref. Kerk te kyk en dit te takseer. Dit laat Jonker besef dat hy nie langer kon swyg nie. By sy terugkeer besluit hy om oor die sendingbepalinge van die Ned. Geref. Kerk van Transvaal te skryf. Hy sou nie kon sien dat dit die geleentheid om sukses in die sending te behaal, uitgestippel het nie. Hy was van die teendeel oortuig.

In Europa het Jonker ’n deeglike kennis oor die historiese ontwikkeling van die gereformeerde kerkreg opgedoen. Dit blyk uit die verwysings na historiese dokumente, acta en boeke oor die onderwerp waarna hy in sy werke verwys. Sy ontmoetings met teoloë in Europa het hierin meegewerk – hy was begelei deur die gerekende kerkregtelike, prof. D. Nauta. Dié navorsing het hom oortuig “... dat daar voorsiening gemaak moet word vir die taal en kulturele eie-aard van almal wat tot die kerk behoort, maar dat die eenheid van die kerk oor al hierdie grense heen uitdrukking behoort te vind in ’n gereformeerde kerkverband.”4 Die naam van ’n vriend en latere kollega en

medewerker moet ook genoem word. Dit is die promovendus, J. J. F. Durand. Hy en Jonker deel dieselfde sentimente en dit is duidelik dat die twee mekaar oor en weer beïnvloed het. Durand was besig was met sy proefskrif getiteld Una Sancta Catholica

in sendingperspektief: ’n analise van die probleme rondom kerklike pluriformiteit en ekumenisiteit in die sending.5 Hy gebruik twee begrippe in die titel van sy proefskrif, 4Vgl. W. D. Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, Kaapstad: Tafelberg, 55.

5J. J. F. Durand. 1961. Una Sancta Catholica in sendingperspektief: ’n analise van die probleme rondom

pluriformiteit en ekumenisiteit wat ook belangrike temas in Jonker se Sendingbepalinge

was.

Nog ’n teoloog wat Jonker beweeg het om Sendingbepalinge te skryf was prof. W. J. Snyman van die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool in Potchefstroom. Hy was ’n kollega van prof. S. du Toit, met wie Jonker vroeër oorhoops was oor die gereformeerde karakter van die Ned. Geref. Kerk. Jonker was aangegryp deur ’n artikel van Snyman in April 1962 in Die Kerkblad6oor die eenheid van die kerk. Daarin skryf hy (Snyman): “’n Kerkverband wat sou bly staan by lands- of volksgrense en nie op een of ander wyse daaroor heen gaan nie, breek die eenheid van die kerk op in aparte volkskerke.”7 Dat Snyman die verdeeldheid van die kerk in Suid-Afrika aan die

gedagte van ’n volkskerk8 koppel, noem Jonker “die laaste stootjie” wat vir hom

duidelikheid gebring het.9

Op daardie stadium was Jonker aktuarius van die Sinode van Transvaal. Dit is dus glad nie ongewoon om juis oor die Ned. Geref. Kerk se sendingbeleid vanuit ’n kerkregtelike perspektief te skryf nie. Daarbenewens het hy sedert sy laerskooldae ’n lewendige belangstelling in die sending gehad. Hy het as student dit selfs oorweeg om sy studies aan die Universiteit van Pretoria te verruil vir opleiding as sendeling aan die Hugenote Kollege in Wellington. Daar het gereeld oordenkings, artikels en ander geskrifte met die sending as tema, uit sy pen gevloei.10 Alles dui dus daarop dat dit ’n logiese stap

was om die pen oor hierdie saak op te neem. Vir Jonker het die kerklike geskeidenheid (en dus ook apartheid), teen die gangbare oortuiging in, ’n geheel ander geleentheid gebied, naamlik om die uitgangspunte van die gereformeerde kerkregering daartéén te stel.

6Vgl. Die Kerkblad, jaargang 65, no. 1643, 11 April 1962, 6, 7. 7Aangehaal by Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 57.

8Dit lyk asof nie almal duidelik onderskei tussen die begrippe volk en nasie nie. Dié terme word soos volg gebruik: ’n volk is is ’n kulturele eenheid, d.w.s. ’n groep mense wat deur taal, kultuur en historiese ontwikkeling ’n duidelike besef van samehorigheid het. ’n Nasie kan verskeie volkere insluit – dit is ’n politieke eenheid. Snyman – en so dus ook Jonker – wil ’n kerk wat alle gelowiges van die nasie omsluit én selfs nasionale grense oorspan.

9Vgl. Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 56.

10Vgl. G. J. Duursema. Deurdagte Koerswysiging: ’n Biografiese Bibliografie van Willem Daniel Jonker

Jonker publiseer Sendingbepalinge in 1962 by die klein drukkery van mnr. van der Spoel in Potchefstroom. Dié titel maak nie juis die indruk dat die inhoud boeiend, pakkend kan wees nie. Jonker sê self dat dié titel vir hom en vir mnr. van der Spoel nie baie “uitnodigend” geklink het nie. Tog sê hy, het hy die titel doelbewus gekies omdat hy geweet het dat wat hy hierin gaan aanroer, kontensieus is en hy gehoop het dat dit nie teveel aandag sal trek nie. Ook dít erken hy en noem homself “tweeslagtig”. Aan die een kant het hy geweet hy kan nie langer swyg nie, maar aan die ander kant wou hy nie aandag trek nie!11 Jonker se Sendingbepalinge beslaan net 59 bladsye. Tog het dit

’n groot impak gehad – ook op Jonker se lewe - soveel so dat dit die spilgewrig in dié tydperk van Jonker se lewe (1954 – 1968) noem kan word. Vir Jonker was dit immers die geleentheid om die sending in gereformeerde kerkordelike baan te bring.

Die uitgewers van die boek, “Die Studie-groep oor ‘Kerk en Wêreld,’” was ’n uitgelese groep sendingkundiges. Hulle almal was ook betrokke by die opleiding van nie-blanke sendelinge – met, op daardie stadium, die uitsondering van dr. Dawid Bosch, van die Madwaleni-sendingstasie. Bosch sou egter later een van die mees gerekende missioloë ter wêreld word. Die ander lede was ds. A. A. Odendaal, van die Ned. Geref. Opleidingskool, Witsieshoek, dr. Alex van Wyk, van die Ned. Geref. Opleidingskool, Turfloop en ds. Attie van Niekerk, van die Ned. Geref. Opleidingskool, Pietersburg. Die naam W. D. Jonker staan uit omdat hy in ’n blanke gemeente gearbei het en nie onmiddellik met die sending of die opleiding van sendingleraars geassosieer word nie. Om die publikasie na waarde te skat, is dit belangrik om eers die breër historiese konteks te skets. Die sestigerjare van die twintigste eeu was in die ganse wêreld, maar veral in Afrika en in moontlik in ’n nog groter mate so in Suid-Afrika, ’n periode van storm-en-drang – inderdaad, ’n periode van kentering. ’n Bondige beskrywing van die agtergrond waarteen en die situasie waarbinne Sendingbepalinge geskryf is, behoort verhelderend te wees.

2. Die politieke situasie in Suid-Afrika in die vroeë sestigerjare van die