• No results found

Vervolgens kom die debat oor die nuwe kerkorde tussen Jonker en prof. S. (Fanus) du Toit, rektor van die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk op Potchefstroom, dus aan die orde. Jonker bespreek dit binne twee verskillende, dog kronologies vervlegte, kontekste. Ten aanvang rig hy op 16 September 1959 ’n skrywe aan Die

Kerkblad van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika waarin hy hom uitspreek teen

standpunte van prof. du Toit. Daarna neem hy in drie artikels in Die Kerkbodes van 18 en 25 November en 2 Desember 1959 die nuwe kerkorde onder die loep en op 13, 20 en 27 Julie 1960 neem hy weer posisie in teenoor die standpunte van prof. Du Toit in onder die titel “Die ander kant van die saak”. Nadat du Toit in ’n enkele skrywe aan

Die Kerkbode reageer het, lewer Jonker repliek op 14 September 1960. Ons ondersoek

kortliks ook ’n artikel van Jonker in Die Gereformeerde Vaandel waarna du Toit verwys en ’n enkele tema in die Christelijke Encyclopedie, wat in dieselfde jaar as die polemiek gepubliseer word.

Dié debat vind plaas na aanleiding van ’n artikel van du Toit in Die Kerkblad van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika waarin hy sy “eeufeestoespraak” weergegee het. Die artikel was voorsien van ’n banier opskrif wat lui: “BELANGRIKE NUWE

ONTWIKKELING IN DIE N.G. KERK: ’n Kerkorde Aanvaar deur die Raad van die Kerke”.67 1959 is die jaar van die eeufeesviering van die stigting van Gereformeerde

Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Gedurende dié jaar – veral die tydperk rondom die publikasie van du Toit se artikel – was daar heelwat onenigheid tussen die Gereformeerde Kerke en die Ned. Geref. Kerk. Die GKSA het die standpunt gehuldig en verkondig dat hulle afskeiding in 1859 geregverdig was vanweë die kerkregeringstelsel wat in die Ned. Geref. Kerk gegeld het én steeds geld. Meer detail oor die twiste is nie vir die doel van hierdie studie van belang nie. Bogenoemde is voldoende om die agtergrond waarteen Jonker se artikels gelees moet word, te skets.68

Jonker reageer op 26 Augustus 1959 in ’n brief aan Die Kerkblad op genoemde artikel van prof. du Toit. In dié brief is Jonker ongewoon skerp. Hy sê later self: “In wat ek

67 S.du Toit. 1959. “Belangrike nuwe ontwikkeling in die N.G. Kerk: ’n Kerkorde aanvaar deur die Raad van die Kerke”, Die Kerkblad, Jaargang 61 Nr. 1511,26 Augustus 1959, 10, 11.

later as ’n kwade oomblik beskou het, het ek in ’n brief in Die Kerkblad prof. Du Toit se voorstelling van sake betwis ... Dit het egter op bepaalde punte ’n reaksionêre karakter vertoon.”69 Die indruk wat prof. du Toit se artikel skep, is nie dat hy ’n

strydlustige toon aanslaan nie, maar eerder die nuwe kerkorde verwelkom en van oordeel is dat dit die twee kerke nader aan mekaar laat beweeg. Daarteenoor vertoon die brief en die latere artikel (in drie aflewerings) van Jonker hieroor, meer die geaardheid van twis geskrifte. Al die argumente word dus nie bespreek/weergegee nie – slegs die kerkregtelike beginsels onderliggend daaraan word blootgelê.

Jonker rig dié skerp bewoorde brief aan Die Kerkblad en daag du Toit uit om die beweringe wat hy gemaak het, te bewys. In reaksie op Jonker se brief en uitdaging het du Toit “...’n hele reeks artikels in Die Kerkblad geskrywe.”70 Du Toit gee daarin ’n

historiese oorsig om daarmee aan te toon dat die Wette en Bepalinge van die Ned. Geref. Kerke inderwaarheid uit die Algemene Reglement van 181671stam. Alhoewel

du Toit wel “spore van ’n Calvinistiese gees” opmerk in die kerkreg van die Ned. Geref. Kerk, is hy steeds van mening dat die Wette en Bepalinge sterk aanleun teen die Algemene Reglement en daarom steeds kollegialisties72is.

Jonker het ’n kort reaksie vir Die Kerkblad daaroor opgestel, maar die redaksie wou nie ruimte aan die polemiek af staan nie. In reaksie daarop, besluit Die Kerkbode om ’n reeks artikels van Jonker te publiseer en kondig in sy banier opskrif aan:

“Die Kerkblad wou nie ’n antwoord op ’n artikelreeks plaas nie. Daarom stel Dr. W. D. JONKER, Potchefstroom-Noord,

69Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 38.

70W. D. Jonker. “Die ander kant van die saak!”, Die Kerkbode, lxxxvi (2), 13 Julie 1960, 42.

71Algemeen Reglement voor het bestuur der Nederlandsche Hervormde Kerk in het Koningrijk der

Nederlanden. Dit staan in die volksmond bekend as die Algemene Reglement. Dit word op 7 Januarie

1816 in Nederland deur koning Willem I gepromulgeer en het die Dordtse Kerkorde vervang wat tot op daardie stadium die geldende kerkorde was.

72Op grond daarvan dat die Algemene Reglement die kerk as ’n vrye vereniging (collegium) beskou, het Abraham Kuyper die kerkorde ’n “Collegiaal-systeem” genoem (sien A. Kuyper. 1884. Tractaat van de

reformatie der kerken. Amsterdam: Höveker, 196). Baie het hom nagevolg en het dit gangbaar geword

om die Algemene Reglement as kollegialisties te karakteriseer. Brown skryf dat Kuyper die term uit sy histories-Duitse konteks geneem, dit Nederlands-kontekstueel ingeklee en in die proses dit dogmaties oorspeel het (Sien E. Brown. 1992. “Die hervertolking van die paradigma in verband met die Kollegialisme om die Afrikaanse kerke kerkregtelik te verstaan”. Hervormde Teologiese Studies. v 48 (3/4), 697). Dié konstruksie is by Kuyper oorgeneem om die kerkreg van die Ned. Geref. Kerk te takseer. Sien ook hoofstuk 1, bladsy 41, e.v.

DIE ANDER KANT VAN DIE SAAK!”73

Volgens Jonker is die hoofsaak dat du Toit vind dat die nuwe kerkorde in gees en strekking radikaal met die Kerkorde van De Mist74en die Algemene Reglement breek

en nou die gees van die Kerkorde van Dordt adem. Jonker maak sterk kapsie daarteen dat die daarstelling van die nuwe kerkorde daarop neerkom “... dat die N.G. Kerk deur hierdie stap nou eintlik erken dat sy stelsel van kerkregering nog altyd nie gereformeerd was nie...”75 Jonker stel dat du Toit uit die staanspoor die spoor byster is, omdat hy met

die voorveronderstelling werk dat die spook van De Mist nog nie uit die kerkregeringstelsel van die Ned. Geref. Kerke (die ou “Wette en Bepalinge”) verdryf is nie en du Toit dáárom van die nuwe kerkorde as ’n “radikale omwenteling” praat.76

Jonker is van die teendeel oortuig. Sy standpunt is dat die Wette en Bepalinge alleen in vorm verskil van die nuwe kerkorde, maar dat die kerkregering in die Ned. Geref. Kerke in die loop van die jare steeds die gees van ’n gereformeerde kerkreg geadem het.77 En gaan hy voort:

“Vir enige persoon wat enigsins ter sake kundig is, kan daar tog nie die minste twyfel oor bestaan dat daar, sover dit beginsels raak, geen wesenlike verskil tussen die nuwe kerkorde en die bestaande Wette en Bepalinge is nie... Die nuwe kerkorde is net eenvoudig ’n nuwe vormgewing van wat ons al die jare in die Wette en Bepalinge gehad het, sodat dit in ons kerke geen verskil hoegenaamd gaan maak wanneer ons die nuwe kerkorde in die plek van die bestaande Wette en Bepalinge invoer nie. Van ’n radikale breuk kan hier geen sprake hoegenaamd wees nie, en nog minder van ’n verandering van die stelsel van ons kerkregering.”78

73Die Kerkbode, lxxxvi (2), 13 Julie 1960, 41. Die banieropskrif is ’n aanduiding van hoe negatief die verhoudinge tussen die twee gereformeerde kerkgenootskappe op daardie stadium was.

74Dit word op 25 Julie 1804 aan die Kaap in werking gestel. Alhoewel deurgaans van die Kerkorde van De Mist gepraat word, is dit streng gesproke “... in gereformeerd kerkregtelike sin geen kerkorde nie, maar ’n Staatsordinasie of wet.” – Vgl. F. A. H. Van Staden. 1973. Kerkorde in die geskiedenis van die

Nederduitse Gereformeerde Kerk(e) in Suid-Afrika 1652 – 1970, 123.

75W. D. Jonker. 1959. Korrespondensie, Die Kerkblad Jaargang 61 Nr. 1514, 16 September 1959, 8. 76Jonker. 1959. Brief aan Die Kerkblad, 8.

77Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 800. 78Jonker. 1959. Brief aan Die Kerkblad, 8.

Jonker herhaal bostaande laaste twee sinne uit sy brief in sy eerste artikel in Die

Kerkbode maar kursiveer dié woorde: “... en nog minder van ’n verandering van die stelsel van ons kerkregering.” Die hoofsaak van Jonker se eerste argument is dus

tweeledig: die “nuwe” is nie “radikaal” anders as die “oue(s)79” nie én daar is nie sprake

van ’n oorgaan van een stelsel van kerkregering na ’n ander nie. Hy daag du Toit dat hy “...in ’n volgende artikel met vers en kapittel moet bewys waar die radikale verskil tussen die nuwe kerkorde en die Wette en Bepalinge is ... (ek kursiveer – GJD)”80 Die

debat tussen Jonker en du Toit was nie soseer ’n geskil oor die beginsels van ’n gereformeerde kerkinrigting nie, maar oor die vraag of die ou Wette en Bepalinge ’n kollegialistiese (genootskaplike) en die nuwe kerkorde ’n (meer) gereformeerde kerkinrigting ten grondslag het – dus ’n verandering van een kerkregeringstelsel na ’n ander.

Jonker wy sy eerste artikel hoofsaaklik daaraan om aan te toon dat die nuwe kerkorde en die ou Wette en Bepalinge nie wesenlik van mekaar verskil nie. Na ’n uitvoerige bespreking kom hy tot die gevolgtrekking dat 62 uit die 70 artikels, óf woordeliks of feitelik woordeliks met veral die Wette en Bepalinge van die Transvaalse Algemene- en streeksinodes81ooreenstem, óf noodsaaklike toevoegings is – geformuleer ter wille

van die nuutgevonde eenheid. Die slotsom waartoe hy kom, is: “As daar van ’n radikale omwenteling sprake moet wees, dan moet dit in die orige 8 artikels voorkom.”82 Dié

oorblywende 8 artikels kom volgens Jonker óf in Wette en Bepalinge van ander Sinodes voor, óf is besluite van Sinodes, óf is erkende gereformeerde kerkregtelike beginsels. Indien prof. Du Toit self so ’n ontleding gemaak het, “sou dit egter geblyk het dat die nuwe kerkorde bestaan uit artikels wat feitlik net die beendere stelsel van die bestaande Wette en Bepalinge vorm”83, besluit Jonker en lê dit du Toit ten laste dat hy dié

vergelyking nêrens gedoen het nie.

79Die “Nederduitse Gereformeerde Kerke” (meervoud) het uit ’n aantal onafhanklike/selfstandige sinodes bestaan, elk met ’n eie kerkorde, of – soos dit toe bekend gestaan het – “Wette en Bepalinge”. 80Jonker. 1959. Brief aan Die Kerkblad, 8.

81Transvaal was in daardie jare in drie streeksinodes (Suidstreek, Noordstreek en Midde -Afrikaanse streek) verdeel, wat gesamentlik die Algemene Sinode van Transvaal gevorm het.

82Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 42. 83Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 42.

’n Mens kan uit Jonker se beredenering hom gelyk gee: van ’n “radikale omwenteling” van die ou stelle Wette en Bepalinge na ’n geheel nuwe kerkorde kan ’n mens inderdaad nie praat nie. As logiese uitvloeisel hiervan kan dan ook nie geredeneer word dat met die nuwe kerkorde na ’n nuwe stelsel van kerkregering oorbeweeg is nie. Jonker se standpunt beteken dus dat, indien du Toit gereken het dat die ou Wette en Bepalinge die gees van die Kerkorde van De Mist en met die Algemeen Reglement van 1816 geadem het, dieselfde van die nuwe kerkorde gesê moet word.

Hiéroor gaan dit in Jonker se reaksie op prof. Du Toit se artikel. Jonker gee du Toit se standpunt korrek weer. Du Toit skryf in sy artikel met vetgedrukte letters:

“Wat die gees en hoofstrekking betref kan ons nie anders sê nie as dat nou presies 150 jaar na De Mist en presies honderd jaar na die reformatoriese daad van 1859 dit wil voorkom of wat die N.G. Kerk betref, radikaal met De Mist en met 1816 gebreek word.”84

Dit moet óók uitgewys word dat du Toit aan die begin van sy artikel praat van slegs “...die eerste stappe (wat) deur die N.G. Kerk gedoen ... word om ’n radikale

omwenteling in sy stelsel van kerkregering aan te bring (my kursivering - GJD).”85

Volgens Jonker het die Ned. Geref. Kerk egter reeds vroeër met die beginsels van die genootskaplike stelsel van regering gebreek, sodat die Wette en Bepalinge reeds ’n gereformeerde kerkregeringstelsel verteenwoordig.86 Dit was ook die standpunt van

prof. B. B. Keet. Keet het in Oktober 1924, met die sluiting van die Teologiese Kweekskool, ’n toespraak gehou waarin hy die kerkregtelike ontwikkeling in die Ned. Geref. Kerk gedurende die honderd jaar sedert die eerste sinodesitting in November 1824 (in Kaapstad), tot op datum plaasgevind het. Sy slotsom is:

“Het resultaat van ons onderzoek is, dat de regeringsvorm van de Ned. Geref. Kerk, ondanks de vele onvoordelige omstandigheden welke hare geboorte

84Du Toit. 1959. “Belangrike nuwe ontwikkeling in die N.G. Kerk” Die Kerkblad 26 Augustus 1959, 10.

85Du Toit. 1959. “Belangrike nuwe ontwikkeling in die N.G. Kerk”, Die Kerkblad, Jaargang 61 Nr.

1511, 26 Augustus 1959, 10.

86Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 41. In hoofstuk 8 en 9 sal Jonker se standpunt herbesoek en ondervra word.

omgaven en hare ontwikkeling bemoeilikten niet in strijd is met de beginselen van het gereformeerde kerkrecht. Ze is in haar wezen niet kollegialisties … maar ze is die presbyteraal-synodale vorm van kerkregering, welke de plaatselike gemeente en het verband van de kerk beide op het zuiverst tot hun recht laten komen.”87

Die Gereformeerde Kerk, veral in die jaar van hulle eeufeesvierings, was skerp veroordelend teenoor die kerkregtelike inrigting van die Ned. Geref. Kerk. In ’n boekie van ds. L.S. Kruger (waarna Jonker verwys), wat in die Gereformeerde Kerke graag aan katkisante by hulle belydenisaflegging gegee is, sê hy: “Daarom kan ons sê dat as die Kerkorde van De Mist die dood van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika was, dan was die Sinode van 1824 die begrafnis daarvan”.88 Ook du Toit is adamant dat,

alhoewel daar “spore van ’n Calvinistiese gees” in die Ned. Geref. Kerkreg te vinde is, hy tog van mening is dat die Wette en Bepalinge in gees en strekking steeds kollegialisties is. Jonker vat du Toit se mening in laasgenoemde se reeks artikels oor wat alles in die Wette en Bepalinge as kollegialisties aangemerk moet word, saam. Omdat nie aan elke punt aandag bestee word nie, word Jonker volledig aangehaal:

“Vervolgens gaan hy dan in op die Wette en Bepalinge soos dit vandag bestaan en meen hiërargies-kollegialistiese elemente te ontdek in die voorstelling wat die Wette en Bepalinge gee van die kerkverband, die gesag van die Sinode, die praktyk in verband met geloofsbriewe en die samestelling van meerdere vergaderings, die kommissiestelsel, die praktyk om leraars te bevestig in diens van die Sinode, die magte van die Ring, die gevaar van predikanteheerskappy en

87B. B. Keet. 1925. Na Honderd Jaar. De regeringsvorm van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk aan

de gereformeerde beginselen getoetst: Toespraak gehouden bij de sluiting van de Teologische Kweekschool, Oktober 1924. Stellenbosch: Pro Ecclesia, 26. Hierdie sentimente word gedeel J. H.

Eybers. 1934. Die Kerkinrigting van die Nederduits Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Pretoria: J. L. van Schaik Bpk., 145, 146; A. D. Pont. 1981. Die Historiese Agtergronde van ons Kerklike Reg, Pretoria: HAUM, 4, 5; F. A. H. Van Staden. 1973. Kerkorde in die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde

Kerk(e) in Suid -Afrika 1652 – 1970, Doktorale verhandeling in die Fakulteit Godgeleerdheid [afd. B.]

Universiteit Pretoria, 440; R. W. Louw. 2009. Die bydrae van dr J D [Koot] Vorster tot die kerkregtelike

ontwikkeling van die Ned Geref Kerk, Doktorale verhandeling, Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria,

74 e.v.; ens. Jonker sal wel later, in die stryd rondom dr. C. F. Beyers Naudé en Christelike Instituut, die Ned. Geref. Kerk meermale van die beoefening van genootskaplike kerkreg beskuldig – sien hoofstuk 6 en 8.

88Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 74. Vgl. L. S. Kruger. 1957. Waarom is u Lid van die

die reëling van alles tot in die finesses. Ander ongereformeerde elemente wat hy meen te kan aantoon, staan in verband met die aflegging van geloofsbelydenis, die feit dat gesê word dat ’n lidmaat aan die kerk behoort, die gekombineerde kerkraadsvergadering, hulpdienste, sake op die terrein van die staat of die maatskappy wat deur die kerk gereël word, huwelike op Sondae, tug soos ’n strafprosedure, kategismusprediking, spesiale Sondae, die kerk stig vereniginge, vreemde gedagtes oor die erediens. Die konklusie waartoe prof. Du Toit uiteindelik geraak, is dan dat die Wette en Bepalinge ‘in gees en strekking’ nog steeds ondubbelsinnig hulle kollegialistiese oorsprong verraai, dat die amp van die gelowige nie tot sy reg kom nie en die amp van ouderling en diaken gekortwiek word.”89

Alhoewel ’n hele rits sake hierbo genoem word waarin prof. Du Toit kollegialisme meen te ontdek, is die kruks van die saak wat Jonker uit die tent gelok het, die vraag na

die aard van die kerkverband. Dié vraag handel uiteindelik oor die vraag na die gesag

van meerdere vergaderings.90 Daaraan word vervolgens aandag gegee – en sal in hierdie

verhandeling dikwels weer opduik.

Vir Jonker is die fundamentele probleem met die Algemene Reglement van 1816 dat dit ’n “hiërargies-kollegialisties” kerkregeringstelsel daarstel, waarin die regering van die kerk verstaan word as “afdalende van bo na benede”. In dié stelsel is meerdere vergaderings besture wat hiërargies na bo opklim soos in enige vrye vereniging of maatskappy, totdat die sinode uiteindelik ’n soort “topbestuur” van ’n klein groepie mense is wat oor die hele kerk gesag uitoefen, sonder enige direkte verteenwoordiging van die gemeentes.

Jonker is egter oortuig dat die Wette en Bepalinge dié spesifieke en gewraakte hiërargiese tendense juis sover moontlik probeer vermy het. Die Wette en Bepalinge verstaan die regering in die kerk presies andersom: van benede na bo. Die volgorde is dus kerkraad – ring – sinode, met die kerkraad as die fundamentele kerklike vergadering aan wie die sleutelmag toevertrou is. Daarbenewens beskou die Wette en Bepalinge

89Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 42.

meerdere vergaderings as vergaderings van gemeentes wat deur afvaardiging direk en gelyk daarin verteenwoordig word.91

Du Toit reken egter dat die gronddwaling van die Wette en Bepalinge juis daarin gesien kan word dat dit sê dat gemeentes aan die kerk behoort. Jonker verduidelik dat die Wette en Bepalinge nie die Kerk kollegialisties verstaan as ’n groot genootskap (collegium) wat saamgestel word deur die afsonderlike lidmate nie, maar die kerk verstaan as ’n assosiasie van afsonderlike gemeentes.92 Die implikasie hiervan is dat

meerdere vergaderings“werklike vergaderinge”93is van gemeentes wat deur afvaardiging

direk en as gelykes op dié vergaderings verteenwoordig is – iets wat geheel en al anders is as die hoër besture van ’n vrye vereniging.94

Die kritiese vraag is hoe, binne hierdie één kerk, gemeentes en meerdere vergaderings deel vorm van dié eenheid. Jonker sê dat du Toit inderwaarheid steeds die “reaksionêre en oorwonne standpunt van die doleansie-kerkreg” aanhang.95

Die Doleansie van 1886, onder die leiding van dr. Abraham Kuyper, het gestrewe om terug te keer na die kerkregeringstelsel van die Kerkorde van Dordt. Hulle wou hulle vrymaak van meerdere vergaderings (of besture) wat hulleself – in ’n genootskaplike sin – onregmatig meer mag toe-eien as wat in die gereformeerde kerkreg toelaatbaar is.96 Doleansie-kerkreg verwys na die wyse waarop die Dordtse Kerkorde deur dr.

Abraham Kuyper en sy medestander, kollega en medestigter van die Vrije Universiteit (VU), prof. F. L. Rutgers, uitgedra is. Groot klem is op die selfstandigheid van die plaaslike gemeente gelê en kerkverband was as ’n federatiewe byeenkoms van

91Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 74, 75. 92Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 76, 77. 93 Vgl.Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 75.

94 Dié standpunt sal Jonker na sy studiereis in 1960/61 wysig. Dan is meerdere vergaderings ’n samestroming van die ampte.

95Jonker. 1960. “Die ander kant van die saak!”, 76. Die Doleansie en Vrymaking van 1944 sal in volgende hoofstukke telkens aan die orde kom en daar in groter detail bespreek word. Hier word alleen kriptiese aantekeninge gemaak.

96Vgl. D. Deddens en M. te Velde (red.). 1992. Vereniging in wederkeer: opstellen over de vereniging

van 1892 Barneveld: Uitgeverij De Vuurbraak, 10, 36. Vgl. ook G. J. Duursema. 2013. Deurdagte Koerswysiging: ’n Biografiese Bibliografie van Willem Daniel Jonker 1929 – 1954, Meesters