• No results found

1. Die sendingbepalinge van die Ned Geref Kerk in Transvaal

1.1. Afsonderlike kerke vir verskillende bevolkingsgroepe

1.1.2. Die eenheid en pluriformiteit van die kerk

Genoemde werklike, mistieke en organiese eenheid van die kerk met Christus, beteken óók dat die lede van die liggaam van Christus werklik organies met mekaar een is. Vir Jonker spreek dié waarheid veral uit 1 Kor. 12: 12 – 13. Alle gelowiges, ongeag die groot verskeidenheid waarvan 1 Kor. 12 melding maak, is deel van die één liggaam van

40Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 21. 41Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 22. 42Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 20.

43Die ooreenstemming tussen Jonker en Barth oor hierdie saak is opvallend: “For this reason (1) the visible and the invisible Church are not two Churches – an earthly-historical fellowship and above and behind this a supra-naturally spiritual fellowship. As we have already seen, the one is the form and the other the mystery of one and the self-same Church. The mystery is hidden in the form, but represented and to be sought out in it. The visible lives wholly by the invisible. The invisible is only represented and to be sought out in the visible. But neither can be separated from the other. Both in their unity are the body, the earthly-historical form of existence of the one living Lord Jesus Christ. For the same reason (2) the ecclesia militans and the ecclesia triumphans are not two Churches but one Church.” Vgl. Karl Barth and G. W. Bromiley. 2004. Church Dogmatics Vol. IV, 1. London: T & T Clark, 669.

44Sienvoetnoot 10 in hoofstuk 2om die verskil tussen Kuyper se gebruik van “organisme” en die Suider- Afrikaanse begrip dat “organiese eenheid” ’n “werklike” eenheid beteken.

45Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 20.

46J. J. F. Durand wy ’n groot gedeeltes van sy proefskrif aan die pluriformiteitsgedagte. Veral hier ter sake is hoofstuk II, bladsye 59 – 122. Sien Durand. 1961. Una Sancta.

Christus. Die eenheid tussen gelowiges, ongeag hulle verskille in volksverband of sosiale stand, is ’n werklike, reële, ’n organiese eenheid. Dié eenheid is egter van ’n ander aard as die wat mense van nature en op ’n gewone menslike vlak met mekaar het. Dié eenheid is in Christus, want ons het “... één Here, één geloof, één doop, één God en Vader wat oor almal en deur almal en in hulle almal is (Ef. 4: 5 – 6)”.47

Teen ’n kerk wat organies een is, had – byna sonder uitsondering – al die rigtinggewende teoloë in die Ned. Geref. Kerk ernstige besware. Dit is: teen ’n Ned. Geref. Kerk wat oor rassegrense heen organies een is, want in dieselfde jaar waarin

Sendingbepalinge verskyn, word die blanke Ned. Geref. Kerke organies een. Jonker

bespreek sommige van die besware wat teen ’n sigbare organiese eenheid oor rassegrense heen, geopper word. Hy noem dit “algemene vrae” en sê dat hy daarmee “die praktiese konsekwensies van hierdie duidelike leer van die Skrif” wil aandui. Die eerste beswaar is dat die eenheid van die kerk – ook vir Jonker – “kennelik ’n geestelike eenheid” is. Die belangrike vraag waarvoor die kerk in sy sendingbepalinge te staan kom, is of hierdie geestelike eenheid “konkreet en tasbaar”, d.w.s. ook sigbaar, gestalte moet verkry. Op die agtergrond speel die denkbeelde van Abraham Kuyper hieroor steeds hoorbaar mee. Hierbo is reeds daarop gewys dat die eenheid van die kerk, soos sy heiligheid en katolisiteit, ’n attribuut van die kerk is. Van daaruit moet die gedagte dat die eenheid van die kerk ’n (blote) geestelike eenheid is, verstaan word. Hierdie geestelike eenheid hoef egter – volgens dié denkrigting – nie binne een kerklike organisasie of instituut sigbaar tot uitdrukking te kom nie.

Die wyse waarop Kuyper die kerk as organisme en die kerk as instituut teenoor mekaar stel, is deur die teoloë van die Ned. Geref. kerke oorgeneem en speel hier ’n belangrike rol. Die kerk as instituut hoort volgens Kuyper nie tot die wese van die kerk nie. Die kerk as instituut is vir hom net iets uiterlik. “Meer is de kerk niet. Ze is eenvoudig een

instituut voor den dienst des Woords.”48 Verloor ’n mens die diepgaande onderskeid

tussen die onsigbare kerk en die sigbare kerk (die kerk as instituut) en word die sigbare

47Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 23.

48A. Kuyper. 1923. E voto Dordraceno, toelichting op den Heidelbergschen Catechismus II. Kampen: J. H. Kok, 134. Sien ook p. 137.

kerk as wesenlik vir die kerk beskou, is dit vir Kuyper niks anders nie as kerkisme.49

Kuyper gaan selfs so ver as om te skryf: “De onzichtbare zijde der kerk word nooit zichtbaar, want nooit en nimmer zal een geestelijk werking als zoodanig waarneembaar zijn.”50 Vir Kuyper kom die wesenlike eenheid van die kerk dus nie in gedrang deur

die bestaan van ’n groot aantal kerklike institute naas mekaar nie. Hierdie denkbeelde van Kuyper het in die sendingbepalinge van die Ned. Geref. Kerk in Transvaal ’n neerslag gevind.

Daarteenoor redeneer Jonker met beslistheid en oortuiging dat dit wat in Christus Jesus waar is, ook in die praktyk neerslag móét vind. Dit geld die ganse geestelike lewe – hoe gebrekkig ook al – én dus ook vir die eenheid van die kerk. Indien dit nie die geval is nie, het dit maar een oorsprong: die sonde. Die volmaakte eenheid sal wel nie in hierdie bedeling bereik word nie, maar dit neem niks weg van die roeping van die kerk om na “dié eenheid in die praktyk met alle mag te soek nie”.51 Hiervoor beroep hy hom

op die belydenisskrifte (Heidelbergse Kategismus antwoord 55), die nagmaalsformulier en op talle tekste in die Skrif. Hy beklemtoon die onderlinge liefde wat die lewe van gelowiges moet kenmerk en wys daarop dat Jakobus die “aanneming van die persoon”, klasse- en standsverskille en partydigheid by gelowiges radikaal veroordeel. Hy vervolg dat Jakobus moeite doen

“... om dit duidelik te maak dat klasse- en standsverskil in die gemeente van Jesus Christus nie mag ingang vind nie, want “partydigheid” is sonde (vgl. Jak. 2: 1- 13). Die kerk dui hierdie konkrete onderlinge eenheid en gemeenskap van die lede van die liggaam van Christus van oudsher af aan onder die naam:

gemeenskap van die heiliges.”52

Hiermee sny hy tot in die hart van die probleem wat hy in die sendingbepalinge van die Ned. Geref. Kerk in Transvaal vind.

49Kuyper. 1923. E voto Dordraceno II, 135. 50Kuyper. 1923. E voto Dordraceno II, 145. 51Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 23. 52Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 24.

Die tweede beswaar wat Jonker opper, sluit ten nouste by bogenoemde aan – tot so ’n mate dat hy genoop word om te sê dat, in die lig van bostaande, daar geen twyfel oor die antwoord kan wees nie. Hy vra:

“Moet hierdie eenheid van die gelowiges in Christus nou ook organisatories tot

uitdrukking kom? Anders gestel: Moet ons daaruit aflei dat daar net een sigbare

kerk moet wees, of mag ons uitgaan van die standpunt dat die onderlinge eenheid van die gelowiges ewe goed gewaarborg is as daar verskillende “kerke” is wat naas mekaar bestaan?”53

Alhoewel Jonker nie twyfel oor die antwoord het nie, het die heersende teologie in die Ned. Geref. Kerke ontkennend op dié vraag geantwoord. Só blyk dit immers uit die sendingbepalinge van die Ned. Geref. Kerk in Transvaal. Daar bestaan by Jonker geen twyfel nie dat die Skrif slegs één kerk van Jesus Christus ken – nie twee of meer nie – en dat dit duidelik die wil van God is dat die kerk ook sigbaar één en onverdeeld sal wees. Dáárom durf die kerk nie die verdeeldheid van die kerk goedpraat óf daarin berus nie. By implikasie is dit duidelik dat Jonker wil sê dat juis dít in die sendingbepalinge van die kerk gebeur.

In hierdie konteks gaan Jonker vervolgens in op die vraag hoe kerkverband dan verstaan moet word. Hoe moet die Nuwe Testamentiese gebruik van die meervoudsvorm “kerke” verstaan word? Beteken dit nie dat die Nuwe Testament self die legitieme bestaan van verskillende kerke naas mekaar ken nie? Gesien in die lig van die Bybels- teologiese verstaan van die plaaslike kerk as ekklesia completa, dui ook dit nie op ’n legitieme naasmekaar staan van onafhanklike en selfstandige kerke nie? Jonker antwoord deur daarop te wys dat alhoewel elke plaaslike gemeente volledig kerk is, hulle tog nie los van mekaar nie, maar in die aller nouste verband staan. Dit is die één kerk van Christus wat op verskillende plekke tot openbaring kom. Ook wys hy op gedeeltes in die Skrif – bv. Efesiërs 4 – “wat tog kennelik op die universele kerk slaan”.54 Daar behoort ’n kerkverband te wees wat die verskillende plaaslike kerke en

53Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 24. 54Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 25.

die kerke in verskillende lande omsluit. Só moet die (geestelike) eenheid wat die een, algemene, Christelike kerk in Christus reeds besit, tot openbaring gebring word. Oor die eenheid van die kerk, spreek Jonker hom ondubbelsinnig uit. God se wil vir Sy kerk is “onontwykbaar” en “seker” dat die kerk sigbaar één sal wees. Vir die kerk moet dit ’n voortdurende ideaal wees waarna hy strewe en alles moet in werking gestel word om dié eenheid ’n werklikheid te laat word.55

Sulke denkbeelde oor die eenheid van die kerk is wyd in gereformeerde kringe in Suid- Afrika as Rooms afgemaak.56 Miskien, reken Jonker, is sommige van diegene wat só

redeneer, onbewus daarvan dat Calvyn ook só oor die eenheid van die kerk gedink het. Hy beroep hom oor dié standpunt van Calvyn onder andere op twee proefskrifte, dié van W. Nijenhuis: Calvinus Oecumenicus, en in ’n voetnoot ook op dié van J. J. F. Durand: Una Sancta Catholica in Sendingperspektief.57

Om die bestaan van verskillende kerke naas mekaar te regverdig, is die denkbeeld van die pluriformiteit van die kerk vry algemeen in die Ned. Geref. Kerk – met ’n beroep op Kuyper – gebruik. Dié denkbeeld het Abraham Kuyper ontwikkel vanuit die historiese situasie waarin die Nederlandse Hervormde Kerk tot ’n tuglose massakerk verword het en waarteenoor hy skerp krities gestaan het.58 Na Jonker se oortuiging wou

Kuyper terwille van die behoud van die gereformeerde belydenis en godsdiens van die volkskerk, met sy valse, bloot uiterlike en ongeestelike eenheid, wegkom. Die vraag vir hom was hoe om dit te doen sonder om die bestaande kerk tot die valse kerk te verklaar. Die verdeling van die bestaande kerk in ’n aantal vrye kerke van eendersdenkendes beteken klaarblyklik vir hom geen skisma óf dat die eenheid van die kerk daardeur in gedrang gebring word nie, sê Jonker.59 Daarom praat Kuyper van die 55Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 26, 27.

56Dit was ook van die besluite van die Cottesloe Beraad gesê – sien hierbo. Sien ook Hanekom se standpunt hieroor in voetnoot 71 hieronder.

57Hierbo is reeds daarop gewys dat dit vir Jonker na sy gesprekke met Durand in 1960/61 duidelik geword het dat hy Sendingbepalinge moet skryf. Durand sal ook later toetree tot die polemiek oor

Sendingbepalinge en die standpunte van Jonker verdedig. Die lees van Durand se proefskrif toon

duidelik dat die twee mekaar wedersyds beïnvloed het en dat daar tussen hulle teologiese eenstemmigheid geheers het. Tog lewer elkeen ’n eie, unieke bydrae tot die debat. Durand en Jonker het intieme bande gesmee en was medeskrywers aan die reeks Wegwysers in die Dogmatiek.

58In hoofstuk 1 is die saak reeds bespreek.

59Vgl. A. Kuyper. 1884. Tractaat van de reformatie der kerken: aan de zonen der reformatie hier te

een kerk wat op veelvormige – oftewel, pluriforme – wyse tot uitdrukking kom. In ’n voetnoot (waarna hierbo ook verwys is) beoordeel Jonker Kuyper se sieninge só:

A. Kuyper wat die inisiator van die begrip “pluriformiteit” was, het ... soms ook die verskeurdheid van die kerk as ’n legitieme pluriformiteit gesien ... en dit selfs vergoeilik60... Ook kom ’n mens nie weg van die feit dat Kuyper as kind van sy

tyd baie indiwidualisties oor die kerk gedink het ...”61

Oor drie bladsye heen62, bespreek Jonker die uitgangspunte waarmee Kuyper en sy

navolgers hulle optrede (om die band wat hulle aan die Hervormde Kerk verbind het, los te maak) regverdig. Dít doen hy egter sonder om Kuyper by die naam te noem. “Pluriformiteit” was gebruik om die bestaan van ’n groot aantal kerke wat náás mekaar – selfs téénoor mekaar – bestaan, te regverdig. Die proses wat gevolg is, was egter niks anders nie as ’n proses van afskeiding. Al het Kuyper gesê dat hy die teenoorgestelde beoog, is dit Jonker se opinie dat geen ernstige afskeiding kan plaasvind sonder om die instituut wat verlaat word, as die valse kerk te brandmerk nie en homself te verstaan as ’n poging om die kerk sy ware karakter as kerk van Jesus Christus te laat aanneem. Jonker is daarvan oortuig dat die term “pluriformiteit” ten onregte vir hierdie soort veelheid van kerke gebruik word. Dit ontken aan die eenkant die erns van die verskille waaroor dit gaan en aan die anderkant die erns van die daad van afskeiding. Dit gaan nie bloot om ’n verskil in uiterlike vorm nie; in die lig van die eis van die Skrif dat die kerk één moet wees, is die bestaan van ’n veelheid van kerke wat teenoor mekaar bestaan niks anders as ’n sondige verskeurdheid nie.63 “Hoe moet ons hierdie situasie

beoordeel?”, vra Jonker. Hy antwoord:

bespreek wat kerkrade kan volg om nie skeuring te veroorsaak nie, maar sodat die ontstaan van ’n nuwe kerkverband inderwaarheid ’n daad van reformasie is.

60J. Kamphuis het op die eensydige vertekening van Kuyper gewys asof sou Kuyper die pluriformiteit “alleen maar” gebruik word om diens te doen om die verdeeldheid in die kerk “zelfs te verheerlijken”. Kuyper het hom inderwaarheid beywer vir eenheid onder Gereformeerdes. “Dat element is er bij Kuyper... maar is dat ‘verheerlijken’ een onbillijke term.” Sien J. Kamphuis. 1992. “‘Geen klauw macht achterblijven!’ Enkele opmerkingen over A. Kuypers begeerte naar de éénheid der gereformeerde belijders” in D. Deddens, en M. te Velde. 1992. Vereniging in wederkeer: opstellen over de Vereniging

van 1892. Barneveld: De Vuurbaak, 34.

61Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 29. 62Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 27 – 29. 63Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 27, 28.

“Ons moet daarvan uitgaan (a) dat die kerk van Jesus Christus nie verdeel mag word nie maar (b) dat die kerk van Christus geen gemeenskap met die valse kerk moet hê nie.... Dit gaan in die naas-mekaar-bestaan van die verskillende kerke nie om “pluriformiteit” nie: dit gaan enersyds om sondige verskeurdheid, andersyds om die antitese tussen die ware en die valse kerk.”64

Die belangrikste wat Jonker in dié verband sê, is dat die kerk nie mag rus nie voordat almal wat nie die valse kerk verteenwoordig nie, sigbaar in ’n eenheid saamgesnoer is. Dié strewe het Jonker gekenmerk tot aan die einde van sy lewe. “Alles wat nog kerk is, moet in gehoorsaamheid aan die Woord van God saamgevoeg word”, sê hy.65

Daar moet opgelet word dat ’n groot verskil aan te toon is in die wyse waarop pluriformiteit in die Ned. Geref. Kerk verstaan is en dié in Nederland. Vir Kuyper gaan dit om daardeur die ware karakter van die kerk teenoor die valse kerk na vore te laat kom. In Suid-Afrika gaan dit alles behalwe daaroor. Dit is dieselfde kerk met dieselfde naam, dieselfde belydenis en dieselfde kerkorde wat alleen op etniese gronde met behulp van die denkbeeld van Kuyper oor die pluriformiteit van die kerk uiteengehou word.

Die derde vraag oor die eenheid van die kerk waarop Jonker ingaan, handel oor die korrekte aanwending van die begrip “pluriformiteit”. Hier gaan dit oor die inheemswording van die kerk onder verskeie volke, elk met ’n eie aard, taal en kultuur. Dit noem Jonker “natuurlike faktore waaroor die kerke self geen beskikking het nie”.66

Hy vind dit goed dat elkeen ’n eie kerk het. Dit is ’n legitieme pluriformiteit want dit gaan nie om kerke wat teenoor mekaar staan nie, maar kerke wat naas mekaar staan. Hierdie onderskeie kerke staan met mekaar in één verband en is sodoende die sigbare openbaring van die één kerk van Christus. Natuurlike faktore soos landsgrense, volks- taal- en kultuurverskille is géén rede om die kerk van Christus te verdeel nie.

Dat die verskeidenheid God-gegewe is en die Skrif nêrens dié verskille negeer of wegredeneer nie, val nie te betwyfel nie, skryf Jonker. Hy wil dit ten volle eerbiedig

64Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 28, 29. 65Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 28. 66Jonker. 1962. Sendingbepalinge, 29.

en selfs aanmoedig. Sy standpunt is egter dat die één kerk die ryke verskeidenheid (pluriformiteit) van volkere moet reflekteer en binne die raamwerk van hierdie eenheid, vir elke bevolkingsgroep die geleentheid bied om ’n eie en selfstandige geestelike en kerklike lewe ontwikkel. Hiervoor beroep hy hom op die Dordtse Kerkorde, met name, die sogenaamde “Waalse Bepalinge” (artikels 51 en 52). Daarvolgens mag die Franssprekende (Waalse) protestante afsonderlike gemeentes hê, met eie kerkrade, klassisse en partikuliere sinodes. Sodoende kan hulle hul eie aard ten volle uitlewe, sonder om die kerkverband prys te gee. Hulle deel steeds dieselfde kerkorde en hulle kom saam in een Algemene Sinode.

Vir die Ned. Geref. Kerk was dit die algemeen heersende teologie om ’n aantal aparte en losstaande kerkgenootskappe met dieselfde naam, dieselfde belydenis en dieselfde kerkregeringstelsel te hê.67 Soos hierbo aangedui, was dít nie Kuyper se bedoeling nie.

Jonker haal hom aan sê: “Hy verwerp die idee van ’n nasionale kerk en sê: ‘Een nationale Kerk is een contradictie, want er is in Christus geen Jood of Griek of Barbaar, maar allen zijn in hem één’.”68

Jonker wil dat die verskeidenheid ten volle eerbiedig sal word. Sy probleem is dat uit die eerbiediging van die verskeidenheid ten onregte gekonkludeer word dat daar aparte kerke moet wees. In ’n voetnoot noem hy dat hy die soort dwaaldenke vind by proff.

67Talle voorbeelde kan hiervan gegee word – letterlik te veel op almal op te noem. Die standpunte wat prof. G. B. A. Gerdener, hoogleraar in Sendingkunde en gesiene leier in die kerk en die van dr. T. N. Hanekom, indertyd redakteur van Die Kerkbode en grepe alleen uit die jaar 1955 is genoegsaam ter illustrasie.

Vir Gerdener vgl. bv. Die Kerkbode, lxxv (3), 19 Januarie 1955, 73. Die Kerkbode, lxxv (6), 9 Februarie 1955, 164, 169.

Hanekom wy twee redakteurskolomme aan die uiteensetting van hierdie standpunt – vgl. Die Kerkbode, lxxvi (7), 17 Augustus 1955, 204. 205 en Die Kerkbode, lxxvi (9), 31 Augustus 1955, 270. Hy neem die pen in laasgenoemde op teenoor ’n artikel van dr. H. M. Matter in die Nederlandse blad Trouw van 19 Julie 1955. Hanekom maak beswaar dat Matter die kerk “... ook sy verskeidenheid in vorm, lewensgestalte en inkleding afwys ...” en langs dié weg prooi word “... van ’n wydverspreide dwaling in ons dag, wat alle menslike lewe wil afbring tot ’n eenvormige gedaante ... Telkens kom ’n mens onder die indruk daarvan dat hierdie soort ideale meer deur die tydgees as deur die gees van Christus ingegee word, afgesien van die klaarblyklike dwaling dat die eenheid van die Kerk nie in sy innerlike wese nie, maar in sy uitwendige vorm gesoek word – ’n ou Roomse misvatting.” – vgl. Die Kerkbode, lxxvi (7), 17 Augustus 1955, 204.

A. B. du Preez69, F. J. M. Potgieter70 en T. N. Hanekom71, asook by die amptelike

beleidsdokument: Die Ned. Geref. Kerke in Suid-Afrika en die Vraagstuk van

Rasseverhoudinge. Enersyds, sê hy, bely laasgenoemde dokument die eenheid van die

kerk om later eenvoudig te verklaar dat die een ware kerk in onderskeie selfstandige

kerke gestalte kan aanneem. Hy vra: “Kan één kerk, kerkregtelik gesproke, meer as een

kerk wees...”72

Vir hom is dit die kollegialisme (genootskaplike kerkreg) wat toelaat dat die kerk deur die mense gevorm word soos dit hulle pas. Hy sê:

“Tensy ons sou wil aanneem dat die kerk ’n privaatsaak is van mense, sodat hulle