• No results found

Die houding van gereformeerde kerke in die buiteland teenoor die Ned Geref Kerk in die vroeë sestigerjare van die twintigste eeu

Ten tye van die skryf van Sendingbepalinge, was die verhoudinge tussen die Ned. Geref. Kerke en veral die Gereformeerde Kerk in Nederland nog baie goed. In dié jare is nog gereeld na die drie susterkerke verwys as die Hollands-Afrikaanse Kerke.131

Vanuit hierdie oord was daar ook gesprek met die Nederduitse Gereformeerde Kerke. Een van die vriende van Suid-Afrika, was prof. Gerrit Brillenburg Wurth van die Theologische Hogeschool Kampen. Hy het ná Sharpeville ’n baie simpatieke artikel in twee aflewerings in die Gereformeerd Weekblad132gepubliseer. Die titel spreek reeds boekdele: Onze broeders in Zuid-Afrika. Hy is egter nugter genoeg om ook duidelik te praat van “...de funeste gevolgen van een in wezen ook funeste apartheidspolitiek.”133

127Vgl. Duursema. 2013. Deurdagte Koerswysiging, 140 en dikwels. Vgl. ook Jonker. 1998. Selfs die

Kerk kan verander, 23.

128Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 46. Vgl. ook Archive of the World Council of Churches 4223.9.3/34 Cottesloe Consultation (1952-1963) “Summary of a letter from dr. Gerhard Swart

concerning the session of the synod of the Neth. Reformed Church of Transvaal, April 1961”. Swart

skryf aan dr. Willem Visser ‘t Hooft dat Jonker “... seconded the resolution asking that the Church should remain a member of the World Council.”

129Sien voetnoot 5 hierbo.

130Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 43.

131’n Lukraak keuse uit Die Kerkbodes van 1961 toon dat B. J. Engelbrecht bv. so na dié kerke verwys (Die Kerkbode, lxxxvii (5), 1 Februarie 1961, 161) en so ook die redakteur in sy hoofartikel in Die

Kerkbode, lxxxvii (10), 8 Maart 1961, 308.

132 G. Brillenburg Wurth, 1960. “Onze Broeders in Zuid-Afrika”, Gereformeerd Weekblad, 15de

jaargang Nr. 45, 6 Mei 1960 en Gereformeerd Weekblad”, 15de jaargang Nr. 46, 13 Mei 1960

Hy pleit vir begrip in Nederland vir die moeilike situasie in Suid-Afrika, maar vermaan ook die kerke in Suid-Afrika om te verander.134

Dieselfde gees heers by die vergadering van die algemene sinode van Utrecht 1959 en 1960 van die Gereformeerde Kerken in Nederland. Die sinode besluit om hom nie uit te spreek oor die “apartheidspolitiek” in Suid-Afrika nie, maar dat die sinode hom “... uiteraard onthoudt van elke beoordeling van de jongste gebeurtenissen in Zuid- Afrika”.135 Dat daar al meer stemme opgegaan het, moet egter duidelik gestel word.

Die Suid-Afrikaanse kwessie is aan die orde gestel deur drie mindere vergaderings: die klassis Almelo, wat slegs gevra het dat ’n brief aan die “zusterkerken in Zuid-Afrika” gerig moes word; die klassis Rotterdam, wat gevra het dat die sinode sy diepe onrus oor die situasie in Suid-Afrika moes uitspreek en die kerkraad van Giessendam-Neder- Hardinxveld, wat die sinode gevra het om apartheid te veroordeel “... als in strijd met het evangelie van Christus”.136 Die sinode het nie die gevoel wat in Nederland geheers

het, gereflekteer nie. Nederland was geskok oor Sharpeville. Daar was protesoptogte en demonstrasies en die “Tweede Kamer” (parlement) het sy besorgdheid oor die situasie in Suid-Afrika uitgespreek. By die Verenigde Nasies het Nederland hom sedert 1952 teen apartheid uitgespreek, maar ná Sharpeville word sy standpuntinname verskerp.137

Oor die Cottesloe Beraad is egter nie veel in die Nederlandse pers te lees nie, berig prof. Herman Ridderbos in die “Gereformeerd Weekblad.”138 Ook Jonker bemerk dit tydens

sy studiereis in 1960/61. Hy sê dat hy op berigte uit Suid-Afrika oor die Cottesloe Beraad aangewese was. “Beyers Naudé het my sover moontlik op hoogte van sake

134Dis ’n prikkelende gedagte wanneer Brillenburg Wurth sy tweede artikel vanuit dié perspektief skryf: “Maar tegelijk deed ik dat, omdat ik zo'n duidelijke parallel zag tussen het klassenprobleem in de negentiende en het rassenprobleem in de twintigste eeuw.” Vgl. Brillenburg Wurth. 1960. “Onze Broeders in Zuid-Afrika”, Gereformeerd Weekblad”, 15de jaargang Nr. 46, 13 Mei 1960.

135 Sien Acta van de generale synode van Utrecht 1959 en 1960 van de Gereformeerde Kerken in

Nederland. Kampen: J. H. Kok, s.j., 516. Sien ook die volledige verslag hieroor in Centraal Weekblad,

8e jaargang no. 20, 21 Mei 1960, 156.

136Acta van de generale synode van Utrecht 1959 en 1960 van de Gereformeerde Kerken in Nederland. Kampen: J. H. Kok, s.j., 516.

137 Vgl. G. J. Schutte. 2005. De Vrije Universiteit en Zuid-Afrika 1880-2005 II, Zoetermeer: Meinema, 457, 458

138Herman Ridderbos. 1961. “Zuid-Afrikaans Kerkelijk Beraad” Gereformeerd Weekblad, 16e jaargang, nr. 36, 3 Maart 1961, 282.

gehou ...”139 Ridderbos, ’n hoogsaangeskrewe en gerespekteerde teoloog in Suid-

Afrika, sê oor Cottesloe:

“Wie kennis neemt van de resoluties, kan niet anders dan onder de indruk komen van de indringende wijze, waarop men in dit Beraad (“Consultation”) gepoogd heeft van Christelijk standpunt het grote probleem van Zuid-Afrika gemeenschappelijk te benaderen; ook van het concreet bij-de-naam-noemen van allerlei dingen, die uiterst gevoelig liggen.”140

Die sesde dekade van die vorige eeu en die jaar 1960 in die besonder, was ’n oomblik in die geskiedenis dat al die inwoners van Suid-Afrika en in die besonder en nog meer so, die Ned. Geref. Kerk hulle op die breuklyn tussen twee tydperke bevind. Jonker self het persoonlik en teologies ook op dié breuklyn gestaan. Dié breuklyn was vir Jonker duidelik gemarkeer toe hy in Oktober 1960 na Europa vertrek het om navorsing te doen. Hy het na kontinuïteit in die geskiedenis van die ontwikkeling van die gereformeerde kerkreg gaan soek. Dáár het die insig geryp dat die diskontinuïteit tussen die gereformeerde kerkreg en die situasie in die Ned. Geref. Kerk so groot is dat hy nooit weer sal kan terugkeer na die tydperk wat verby is nie. Hy het nie alleen die fisiese grense oorgesteek nie, maar teologies óók ’n grenslyn oorgesteek. Hy het bewus geword dat hy geroep word om rekenskap te gee van hierdie oorgang wat hy gemaak het.

Jonker was midde-in hierdie geskiedenis betrokke. Hy was gekonfronteer met ’n situasie waaraan hy hom nie kon onttrek of langer swyg nie. Dááruit is

Sendingbepalinge gebore. Vir Jonker was nie ’n vraag óf die Ned. Geref. Kerk op die

breuklyn staan nie, dit staan vas, die vraag is watter rigting die kerk gaan inslaan. Vir Jonker was die uitdaging om die Ned. Geref. Kerk só te bedien dat aan die Woord van God as enigste riglyn vas gehou sal word.

139Jonker. 1998. Selfs die Kerk kan verander, 42.