• No results found

In sy Artikel “Respectives in Horizontal Application : Du Plessis v De Klerk revisited”311 maak J W Y van der Walt van die geleentheid gebruik om twee perspektiewe van regters Madala312 en Kriegler313 rakende die horisontale toepassing van die Handves van Menseregte teenoor mekaar te plaas. Madala se siening kan grootliks onderskryf word. Die groot vraag is egter of die vertikale toepassing van die Handves van Menseregte nie juis ʼn oplossing moet bied om sekere van die ongelykhede waarna Kriegler verwys, reg te stel nie?

Van der Walt se antwoord, met verwysing na Leonard Cohen, tref beslis die kol - “Just be for real oh, Baby be for real”.314 Die hele liedjie is egter toepaslik.

Be for Real315

“Are you back in my life to stay Or is it just for today

310 Fose v Minister of Safety and Security 1997(3) SA 786 (CC). 311 Van der Walt, 1997:1.

312 Regter Madala J in Du Plessis v De Klerk, 1996(5) BCLR 658 (CC) 727 H-J. “I agree that our Constitution has vertical operation and deal with this aspect

no further. However, I do not subscribe to the view that its operation is limited to verticality only. In my view, some of the rights entrenched in Chapter 3 also operate directly in the area of relations between private individuals. Those who would widen the scope of the operation of the Bill of Rights hold the view that the verticality approach is unmindful of the modern day reality - that in many instances the abuse in the exercise of power is perpetrated less by the State and more by private individuals against other private individuals.”

313 Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996(3) SA 850 (CC) by 720 D-G Regter Kriegler stel dit as volg : “The Chapter has nothing to do with

the ordinary relationship between private persons and associations - What it does govern, however, is all law, including that applicable to private relationships. Unless and until there is a resort to law, private individuals are at liberty to conduct their private affairs exactly as they please as far as the fundamental rights and freedoms are concerned. As far as the Chapter is concerned a landlord is free to refuse to let a flat to someone because of race, gender or whatever, a white bigot may refuse to sell property to a person of colour, a social club may black ball Jews, Catholics or Afrikaners if it so wishes. An employer is at liberty to discriminate on racial grounds in the engagement of staff, a hotelier may refuse to let a room to a homosexual, a church may close its door to mourners of a particular colour or class. But none of them can invoke the law to enforce or protect their bigotry. One cannot claim rescission of a contract or specific performance thereof if such claim, albeit well founded at common law, infringes, a Chapter 3 right. One cannot raise a defence to a claim in law if such defence is in conflict with a protected right or freedom. The whole garnet of private relationship is left undisturbed.”

314 Uit die album “The Future (1992)” “This is of course a tall order in a world of virtual reality” 1997(12) SAPR/PL 2. 315 Geskryf deur Frederick Knight.

That you need me?

If, it’s a thrill you’re looking for Well, honey, I’m flexible. Oh yeah. Just be for real oh, Baby

Be for real oh, Baby

You see I don’t want to be hurt by love again. Now you see I’m to naïve

But I would like to believe What you tell me

So don’t give me the world today And tomorrow take it away, oh No. Just be for real oh, Baby …. Thanks for the song Mr Knight.”

Miskien kon Leonard Cohen se “Waiting for the Miracle”316 ook ʼn gepaste antwoord op die horisontale toepassing van die Handves van Menseregte wees. ʼn Paar jaar na die Du

Plessis-saak, het die liedjie rakende horisontale toepassing tog ʼn drastiese verandering

ondergaan.

Die horisontale toepassing van die Handves van Menseregte is egter ʼn veel besproke onderwerp en sal in die toekoms nog verder tot uitgebreide debatvoering lei.317

In die publikasie “Rights and Constitutionalism” maak Dennis Davis die volgende stelling: “Perhaps the most critical issue in the development of equality jurisprudence is not canvassed in the section (verwysende na Artikel [8]). Does the section accord conditional protection of individuals by private individuals.” 318

Dit kan soos volg gestel word : “Het die Handves van Menseregte horisontale toepassing?” Word daar vir eers gekyk na ander regstelsels om lig op die onderwerp te werp, sal agtergekom word dat die Handves van Menseregte nie horisontale toepassing vind nie, of andersins slegs gedeeltelik.

Wat die Verenigde State van Amerika aanbetref, het die howe beslis dat die Handves van Menseregte slegs toepassing vind waar daar owerheidsoptrede betrokke is. Enige optrede deur ʼn privaat persoon sal gesien word as staats-/owerheidsoptrede, indien -

(a) die party deur die staat daartoe verplig is;319

(b) die party ʼn funksie uitoefen wat tradisioneel uitsluitend toevertrou is aan die Staat;320

316 Geskryf deur Leonard Cohen and Sharon Robinson “Baby, I’ve been waiting, I’ve been waiting night and day. I didn’t see the time, I waited half my life

away. There are many invitations, and I know you sent me some, but I was waiting for the miracle to come ….”

317 Rautenbach, 1998:99; Cockrell, 1993:227; Van der Walt, 1997:1; Visser, 1995:745; Carpenter en Botha, 1996:126; Olivier, 1995:433; Visser,

1996:510-514; Rautenbach, 2000:296; Van der Walt, 2001:341; Van der Walt, 2000:605.

318 Van Wyk et al, 1994:210.

319 Peterson v City of Greenville 1963(373) US 244 op 248. 320 Marsh v Alabama 1946(326) US 501.

(c) die staat die privaat persoon se optrede moontlik gemaak het, dit substansieel ondersteun het, of daarby gebaat het dat daar inbreuk gemaak is op die regte van ʼn ander privaat persoon;321

(d) die staat saamgewerk het met die individu in die skending van die ander party se regte;322 en

(e) die staat saamgesweer het met die individu om sodoende ʼn private front as skild teen ʼn publieke funksie en die grondwetlike ondersoek daarvan, daar te stel.323 Dit is egter moeilik om te praat van ʼn horisontale toepassing van die Handves van Menseregte in Amerika, aangesien daar nie daadwerklik ʼn onderskeid getref kan word tussen publiek- en privaatreg nie.324 Dit is verder duidelik dat die Handves van Menseregte in Amerika slegs vertikale toepassing vind.

Wat die Kanadese Reg aanbetref, is daar voldoende gesag om aan te dui dat die Handves van Menseregte slegs vertikale toepassing vind. In Retail Wholesale and Department

Store Union v Dolphin Delivery Limited325 het die Kanadese Hoë Hof beslis dat die Kanadese Handves van Menseregte slegs van toepassing was op privaat litigasie waar daar geen verwantskap met die regering was nie. Die Handves van Menseregte vind geen toepassing in die Kanadese Reg in siviele aksies tussen privaat partye326.

In Kanada is die gemenereg ook slegs onderworpe aan die Kanadese Grondwet, indien dit van toepassing is op administratiewe of uitvoerende optrede, met ander woorde, waar die staatsowerheid by litigasievoering betrokke is.

Dit wil voorkom of die Indiese Grondwet slegs ʼn beperkte horisontale toepassing toelaat. In Peoples Union for Democratic Rights v Union of India Air327 het die Hoë Hof beslis dat konstitusionele regte wat arbeid deur kinders verbied en die reg om kinders teen uitbuitery te beskerm, teen privaat partye afdwingbaar is. In National Textile Worker’s Union v

Ramarkrishanan328 het die Hoë Hof beslis dat die Grondwet leiding verskaf in die vasstelling van sekere privaatregbeginsels soos billikheid, gelykheid en openbare belang. Artikel 9(3) van die Duitse Grondwet of te wel “Basic Law”, waarborg enige party die reg om verenigings te vorm om werksomstandighede en ekonomiese toestande te verbeter en om ooreenkomste wat inbreuk maak op bogemelde regte tersyde te laat stel. Artikel 9(3)

321 Burton v Wilmington Parking Authority 1961(365) US 715. 322 Lugar v Edmonton Oil 1982(457) US 937.

323 St Helena Parish School Board v Hall 1962(368) US 515.

324 Sien Van der Vyver, 1994:378. “In America the courts have an intuitive understanding that the Constitution should be confirmed to an apparent public

law arena while private relations are governed by Civil Rights Acts. The US Bill of Rights is therefore vertical in nature.”

325 1987(33) DLR (4th) 174. “The Court held that ‘government’ defined in section 32(1) of the Canadian Charter referred to a branch of government only and

did not signify ‘government’ in the generic sense”.

326 Tremblay v Daigle 1990(62) DLR (4th) 634.

327 1982 SC 1473. Sien ook M C Mheta v Union of India AIR 1983 SC 75. 328 AIR 1983 SC 75.

vind dan ook direkte toepassing op die gebied van die privaatreg en verseker sodoende horisontale werking. In die Luth-uitspraak329 het die Konstitusionele Hof soos volg beslis : (a) Dat die Grondwet ʼn objektiewe reeks van waardes bevat, wat van toepassing is op

alle vertakkinge van die reg, en wat inderdaad die privaatreg beslis.

(b) In ʼn dispuut tussen privaat partye, moet die Konstitusionele Hof die uitleg en toepassing van die privaatreg in ooreenstemming met die Grondwet uitvoer.

(c) ʼn Hof kan die Grondwet toepas om sekere konsepte vas te stel en te bepaal. Die

boni mores en die algemene klousules van die Grondwet kan ook beskryf word as

toegangsweë tot die basiese regte van die privaatreg.330

In Duitsland het die Grondwet horisontale werking deur ʼn indirekte toepassing op die privaatreg.

In De Klerk and Another v Du Plessis and Others331 was regter Van Dijkhorst die mening toegedaan dat die Suid-Afrikaanse grondwet, veral Hoofstuk 3, slegs vertikale toepassing vind. Die volgende redes word vir hierdie siening gegee:

(a) Normaalweg word fundamentele regte en vryhede slegs beskerm teen staatsoptrede.

(b) Daar moet uitgegaan word van die standpunt dat Suid-Afrika slegs ʼn konvensionele Handves van Menseregte het.

(c) Nêrens is eksplisiet daarvoor voorsiening gemaak dat Hoofstuk 3 van die Grondwet horisontaal op privaatpersone van toepassing gemaak is nie en Artikel 7 is so saamgestel dat dit tot die teendeel spreek.

(d) Artikel 33(4) van die Interim-Grondwet was nie nodig nie, veral indien Hoofstuk 3 horisontale werking gehad het.332

(e) Indien die opstellers van die Grondwet die bedoeling gehad het dat die Handves van Menseregte horisontale toepassing moes vind, sou hulle dit uitdruklik as sodanig bepaal het.

Die grondwetlike Vergadering het op 8 Mei 1996 die Grondwet aanvaar en moes die Grondwetlike Hof die Grondwet ooreenkomstig grondwetlike beginsels goedkeur. Een van die besware wat teen die aanvaarding van die nuwe grondwet gemaak is, was juis horisontaliteit. Die Konstitusionele Hof het hierdie argument verwerp. Die grondwet is goedgekeur met direkte horisontale toepassing, selfs “teenstrydig” met die uitspraak in die

Du Plessis-saak.

Daar is egter meer as voldoende bewyse in die Grondwet wat dui dat die Grondwet horisontale toepassing vind.

329 7B Verf GE 198.

330 The effect of the Luth decision is that the German Constitution has Drittwirkung or a ‘radiating’ effect on private law. 331 1995(2) SA 40 (T); 1996(3) SA 850 (CC).

Artikel 8(1) van die Grondwet bepaal dat die Handves van Menseregte van toepassing is op die totale reg en bind die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane.

Artikel 8(2) bepaal dat die Handves van Menseregte ʼn natuurlike of ʼn regspersoon bind, indien, en in die mate waarin, dit toepasbaar is met die inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.

Artikel 8(3) bepaal dat by die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Menseregte op ʼn natuurlike of regspersoon ingevolge Artikel 8(2) -

(a) ʼn hof, ten einde gevolg te gee aan ʼn reg in die Handves, die gemenereg moet toepas, of indien nodig ontwikkel, in dié mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie;

(b) kan ʼn hof reëls van die gemenereg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met Artikel 36(1) is.

Vir eens en vir altyd is die grondwetlike wetgewing tog duidelik oor die horisontale toepassing. Die vraag handel nie hier of daar te make is met die direkte of indirekte gelding van die Grondwet nie. Dit gaan eerder daaroor of die implikasies sonder voorbehoud aanvaar moet word. Is daar regsreëls en optrede waarop die Handves nie toegepas behoort te word nie? Ons het hier veel eerder te doen met die uitleg en toepassing van die Grondwet, as om te bepaal of dit nou juis op die publiek- of privaatreg slaan.

Selfs die Grondwetskrywers het geworstel met die opstel daarvan. In die grondwetlike teks van Mei 1996 het die Suid-Afrikaanse grondwetlike vergadering bepalings verorden waarvolgens sekere bestaande wette geldig sou wees, nieteenstaande die bepalings van die Grondwet.

Artikel 2 van die Grondwet lui :

“Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die Republiek, enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is ongeldig en die verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.”

Dit is daarom ook nie vreemd nie dat die Konstitusionele Hof aan die hand van Artikel 2 geweier het om hierdie bepalings te sertifiseer, omdat dit gebots het met die grondwetlike beginsels waaraan die Grondwet moes voldoen.

Dit is duidelik dat Artikel 8(1) alle onsekerheid uit die weg ruim oor die toepassing van die Handves op die gemenereg en gewoontereg. Omdat die Handves van toepassing is op

alle reg, is dit ook van toepassing op wetgewing, gemenereg en gewoontereg wat private verhoudings reël.333

Die bepalings van Artikel 8 verleen beskerming teen alle staatsorgane, en sluit veral organe in wat nie formeel deel vorm van die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag nie. Die omskrywing van “Staatsorgaan” in Artikel 239 van die Grondwet omvat alle gevalle waarin openbare bevoegdhede of openbare funksies kragtens wetgewing uitgeoefen of verrig word. Hierdie omvatting bestaan afgesien daarvan of die persoon of instelling wat dit uitoefen, gewoonlik of formeel as ʼn staatsorgaan beskou word en afgesien daarvan of dit deur tipiese staatsorgane gekontroleer word.334 Die gebondenheid van staatsorgane beteken in beginsel dat die Handves van toepassing is op alle handelinge wat hulle as staatsorgane verrig, en op die resultate van al hulle handelinge. In Du Plessis v De Klerk het die hof ʼn onderskeid gemaak tussen die vrae op watter regsreëls die Handves van toepassing was (“alle reg” ingevolge Artikel 7(2)) en ook wie deur die Handves gebind is. (Slegs die wetgewende en die uitvoerende organe ingevolge Artikel 7[1]). Die gekunsteldheid van die konstruksie blyk daaruit dat die gevolgtrekking van die hof was dat die howe inderdaad verplig was om die Handves in alle litigasie oor die privaatreg toe te pas (hetsy direk of indirek) en dat die Handves op alle reëls van die privaatreg toegepas moes word (hetsy direk of indirek). Die weglating van die regsprekende gesag en private persone in Artikel 7(1) het slegs ʼn uitwerking gehad op die vraag of die Handves direk of indirek deur die howe op die gemenereg in litigasie tussen private persone toegepas moes word.

Regter Mahomed gee self die antwoord, as hy verklaar “the law never runs out”335

Die gebondenheid van natuurlike en regspersone aan die Handves beteken dat private persone gebind word ten opsigte van die Handvesregte aan ander natuurlike en regspersone. Die staat kwyt die plig om die Handvesregte van aantasting deur ander private persone te beskerm, hoofsaaklik deur middel van die verordening en afdwinging van reëls van die strafreg en die privaatreg.336 Vir sover Artikel 8(2) dus bepaal dat private persone in hulle private verhoudings nie die regte van ander mag skend nie, bevat dit ook die beginsel dat private persone hulle gewaarborgde regte in die Handves teenoor ander private persone in hulle private verhoudings kan afdwing. Die reg in Artikel 38 om ʼn bevoegde hof na aanleiding van ʼn beweerde skending van ʼn Handvesreg vir gepaste

333 Artikel 8(2) 'n Bepaling van die Handves van Menseregte bind 'n natuurlike of 'n regspersoon indien, en in die mate waarin dit toepasbaar is met

inagneming van die aard van die reg en die aard van enige plig deur die reg opgelê.

334 Daarenteen word instellings wat ingevolge wetgewing opgerig word en funksioneer, maar wat nie openbare bevoegdhede uitoefen of openbare funksies

verrig nie (bv private maatskappye), nie ingevolge Artikel 8(1) deur die Handves gebind nie. Die omskrywing sluit ook nie persone en instellings in wat openbare funksies verrig, maar dit nie ingevolge wetgewing doen nie, byvoorbeeld nadat die staat 'n openbare funksie geheel en al geprivatiseer het.

335 Du Plessis and Others v De Klerk and Another 1996(3) SA 850 (CC) by Paragraaf 79: “I am not persuaded that there is, in the modern State, any right

which exists which is not ultimately sourced in some law, even if it be no more than an unarticulated premise of the common law and even if that common law is constitutionally immunized from constitutional invasion. Inherently there can be no ‘right’ governing relations between individuals inter se or between individuals and the State the protection of which is not legally enforceable and if it is legally enforceable it must be part of the law.”

regshulp te nader, is ook van toepassing op private verhoudings. Die uitdrukkings “bevoegde hof” en “gepaste regshulp” in Artikel 38 beperk nie hierdie reg nie.

Dit is deel van die reg dat die jurisdiksiereëlings só moet wees, dat daar ʼn bevoegde hof is en dat gepaste regshulp verleen kan word. Leemtes in jurisdiksiereëlings sal deur regstreekse toegang tot die Konstitusionele Hof ingevolge Artikel 167(6) gedek kan word terwyl die howe ʼn gebrek aan ʼn gepaste remedie volgens die bestaande reg moet regstel deur óf die bestaande remedies uit te brei om die geval te dek, óf indien hulle meen dat so ʼn uitbreiding nie moontlik is nie, deur ʼn nuwe remedie te skep.

Artikel 167(7) is ook duidelik dat ʼn grondwetlike aangeleentheid ook enige kwessie insluit waarby die uitleg, beslissing of afdwinging van die Grondwet betrokke is. Daar is ook geen aanduiding in Artikel 8(2) dat die Handves slegs private persone ten opsigte van handelinge wat deur die reg gereël word bind nie, sodat dit nie van toepassing is op handelinge wat hulle in ʼn sogenaamde regsvrye sfeer verrig nie. Kyk byvoorbeeld na kerke wat op grond van geslag en seksuele georiënteerdheid teen mense diskrimineer. Aan beide kante van die privaatregtelike verhouding kom daar nou menseregte na vore wat deur die kerk se optrede geraak word. Aan die een kant van die “regsvrye sfeer” waarna verwys word kan die individue op godsdiensvryheid staatmaak, terwyl die kerk op die vryheid van assosiasie kan steun, waarvolgens die kerk as vrywillige vereniging en manifestasie van die kollektiewe uitlewering van geloofsoortuiging haar interne sake na goeddunke kan reël.

Dit is veral duidelik dat die private outonomie wat private persone na bewering in die privaatreg geniet, nie deur die toepassing van die Handves bedreig word nie. In elk geval was die private outonomie wat privaat persone ingevolge die privaatreg geniet het, nog nooit absoluut nie. Dit is juis die reëls van die privaatreg wat, ter wille van ordelike samelewing en die regte van ander, daaraan perke stel. Daar bestaan trouens ingevolge die Handves groter beskerming van die private outonomie as in stelsels met parlementêre soewereiniteit en met inkrementele ontwikkeling van die gemenereg, wat hoofsaaklik deur wetgewende ingryping gerig word. Die beperking van private outonomie as verskyningsvorm van die vryheid wat deur die regte in die Handves gewaarborg word, mag slegs deur regsvormers (insluitende die howe wanneer hulle die gemenereg ontwikkel) beperk word, indien die beperkings voldoen aan die vereistes van die beperkingsbepalings. Private persone wat ingevolge Artikel 8(2) gebind word, is ook die draers van Handvesregte. In die meeste gevalle waarin iemand beweer dat Handvesregte deur ander private persone aangetas is, sal laasgenoemde hom of haar daarop beroep dat die aantasting plaasgevind het in die uitoefening van regte wat in die Handves gewaarborg