• No results found

3.  DIE ONTWIKKELING VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID AAN DIE HAND VAN

3.1   DICEY EN REGSOEWEREINITEIT (RULE OF LAW) 29

Dicey kan sekerlik beskuldig word vir die onvoldoende ontwikkeling van die Engelse Administratiefreg, en so ook indirek vir die treurige ontwikkeling van die Suid- Afrikaanse Administratiefreg.60 Hy was van oordeel dat publieke mag gekanaliseer is deur die parlement, en aangesien die parlement die wil van die mense weergee, sou hierdie wil (deur die parlement) effektief verantwoordelik wees om die uitvoerende gesag te kontroleer. Hy het geglo dat die parlement nie wetgewing teenstrydig met die wense van die kieserskorps sou goedkeur nie. As gevolg van die uitslag van hierdie eenvoudige paradigma, het Dicey se model van demokrasie die administratiewe komponente van die staat met groot agterdog bejeën, aangesien hulle regulering en optrede beskou is as ʼn verwatering van die oppergesag en die gewone wetgewing daargestel deur ʼn demokratiese parlement.

Regters wat geskool was in bogemelde Engelse tradisie, het die geneigdheid gehad om die gewone howe en wette te beskou as verhewe bo enige ander vorm van regskepping. Die vernaamste taak van hierdie regters was om die wetgewende monopolie van die parlement te koester en te bewaar.61 As gevolg hiervan, het regters oorgebuig om voorkeur te verleen aan hulle eie opinie, eerder as dié van die administratiewe verteenwoordiger.

Dicey se model van die administratiefreg het nie die beginsel van verantwoordelikheid van die administratiewe komponente geïgnoreer nie, maar die werk het egter die beginsel van parlementêre kontrole oor die uitvoerende gesag beperk. Regverdiging vir hierdie sisteem word gevind in die feit dat die parlement gekontroleer word deur die kieserskorps.

59 Baxter, 1984:21.

60 Wiechers, 1984:15. Wiechers stel dit soos volg : “Ongetwyfeld die belangrikste negatiewe uitwerking wat Dicey se denke gehad het, is dat dit enersyds 'n

klimaat van wantroue en misnoeë jeens die ontwikkeling van die administratiefreg by sowel regsgeleerdes soos akademici as regters en praktisyns gekweek het en andersyds dat die bestudering van dié regsvertakking óf totaal geïgnoreer óf skromelik verwaarloos is. Die negatiewe nalatenskap van Dicey se beskouings jeens die administratiefreg het horn ook in Suid-Afrika kenbaar gemaak: vir jare is die studie van die regsvertakking geïgnoreer en het die howe en regsgeleerdes eenvoudig die ontwikkeling van administratiewe bevoegdhede as 'n proses van staatsinmenging en selfs regsongebondendheid gesien. Trouens, die Suid-Afrikaanse proses van geregtelike hersiening van administratiewe handelinge is nog in sommige opsigte gebrekkig en onvolmaak omdat die howe nog tot onlangs te gemaklik die uitoefening van veral diskresionêre administratiewe bevoegdhede as magtiging tot optrede in 'n nie-beregbare, regsvrye gebied gesien het. Die ironie van die saak is dat terwyl die administratiefreg met apatie en misnoeë deur regsgeleerdes bejeën is, die regsvertakking in omvang en belangrikheid met rasse skrede toegeneem het. Terwyl regsgeleerdes nog steeds met nimmereindigende geredekawel oor die bestaan en wesenlikheid van die administratiefreg besig was, het die staatsadministrasie in omvang en bevoegdhede eenvoudig net groter en kragtiger geword.”

61 Dicey, 1967:CXCV. In sy inleiding tot dié werk van Dicey, laat E.C.S. Wade hom as volg uit : "The changed conception of liberty narrows the field for the

application of the rule of law in the sense of affording the protection of the common law against the Crown, its Ministers and the other organs of administrative government, central, local or independent. The courts still restrict excesses of the prerogative so far as illegal arbitrary action against the individual subject is concerned. But it is the political control exercised through the House of Commons which grows more important as the enacted law extends the legal powers of government. The courts may not declare illegal why parliament has said is law, however much it may restrict the freedom of individuals.”

ʼn Reeks probleme kom na vore met hierdie tradisionele siening van kontrole. Eerstens is hierdie judisiële model nie in staat om verantwoording aan die publiek te doen rakende privaat mag, wat dan openbare funksies moet vorm nie. Tweedens oorvereenvoudig hierdie model die doeltreffendheid van wetgewende kontrole oor die uitvoerende gesag. Die uitsluitlike wettiging van administratiewe mag, volgens Dicey se model, lê opgesluit in die kieserskorps. Die parlement word egter aangewend as mediator tussen die uitvoerende gesag en die publiek. So word die publiek ʼn armlengte weggehou, en afhanklik gestel aan kwynende wetgewende kontrolemaatreëls oor die administrasie.

Anders as die tradisionele sisteem van parlementêre kontrole, is die taak wat opgelê word aan ʼn moderne sisteem van Administratiefreg in Suid-Afrika, wat bevorder sal word deur ʼn Handves van Menseregte, nie om ʼn gewilde vorm van verantwoording uit te roei nie, maar eerder om dit te versterk om te verseker dat groter publieke deelname en beheer oor die uitvoering van openbare mag daargestel word. Geregtelike hersiening en administratiewe toesig van staats- en semi- staatsinstellings, wat poog om die sosiale beleid te implementeer, moet só ontwerp word dat dit die drie beginsels van demokrasie, naamlik deelname, die gelykheid van almal voor die reg en onafhanklikheid kan bevorder.

Administratiewe geregtigheid sal bevorder word deur die toepassing van Artikel 195 van die Finale-Grondwet, tesame met die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (PAJA). In die laaste gedeelte van die proefskrif word daar gekyk na die regulasies en word dit duidelik gestel dat die Parlement dit nie sal goedkeur, indien die Staatsdienskommissie nie gekonsulteer is nie. Hier word ook verwys na die hoofdoelstellings van Artikel 195 en die deelname van die publiek deur kommentaar te kan lewer op die konsepregulasies, alvorens die regulasies goedgekeur word.

Publieke Administrasie moet, in ooreenstemming met Artikel 195 van die Finale- Grondwet, in die uitvoering van hul pligte, voldoen aan die demokratiese waardes en beginsels vervat in die Grondwet, wat onder andere die volgende omvat :

(1) ʼn Hoë standaard van beroepsetiek moet bevorder en gehandhaaf word. (2) Die voordelige, ekonomiese en doeltreffende toepassing van hulpbronne

moet bevorder word.

(3) Openbare administrasie moet ontwikkelingsgerig wees.

(4) Dienste moet onpartydig, regverdig, op billike grondslag en sonder vooroordeel gelewer word.

(5) Aandag moet aan mense se behoeftes gegee word, en die publiek moet aangemoedig word om aan beleidsvorming deel te neem.

(6) Openbare administrasie moet verantwoordingspligtig wees.

(7) Deursigtigheid moet bevorder word, deur aan die publiek tydige, toeganklike en korrekte inligting te verskaf.

(8) Bekwame bestuur van menslike hulpbronne en geskikte loopbaan- ontwikkelingspraktyke moet ontwikkel word, ten einde menslike potensiaal tot die maksimum te ontsluit.

(9) Openbare administrasie moet in die breë verteenwoordigend wees om die Suid-Afrikaanse bevolking met indiensnemings- en personeelbestuurs- praktyke by te staan, wat gebaseer is op vermoë, objektiwiteit, billikheid en die behoefte om die wanbalanse van die verlede reg te stel ten einde breë verteenwoordiging te bewerkstellig.

Dit is duidelik dat die Grondwet hier riglyne verskaf hoe publieke administrasie in ʼn toekomstige Suid-Afrika daar moet uitsien. Administratiewe geregtigheid sal deur die toepassing van die wetgewing in die praktyk beter ten uitvoering gebring word. Sleutelelemente kom veral voor in Artikel 195(1)(d), wat verwys na dienste wat gelewer moet word “impartially, fairly, equitable and without bias”. Hierdie Artikel moet ook grootliks gesien word as ʼn oplossing om veral Dicey se “motion of accountability” aan te spreek.