• No results found

3.  KRITIEK TEEN DIE HORISONTALE TOEPASSING VAN DIE HANDVES VAN REGTE 154 

3.4   DIE ONDERSKEID TUSSEN REG EN GEREGTIGHEID 181

Kan daar ʼn onderskeid getref word tussen reg en geregtigheid, en hoe dra hierdie komplekse onderskeid by tot ʼn meer regverdige samelewing?

Die aanname word soms gemaak dat om die reg te gehoorsaam, tot geregtigheid sal lei. Hierdie siening is wel vatbaar vir kritiek, ongeag daarvan dat reg en geregtigheid hand aan hand gaan. Wanneer daar wel gelet word op die verskille

tussen reg en geregtigheid, sal ons nie anders kan as om met Derrida saam te stem dat daar nie so-iets bestaan as perfekte geregtigheid nie.386

Wanneer die howe die reg interpreteer en toepas, sal hulle deeglik bewus daarvan moet wees dat daar ʼn onderskeid tussen die begrippe “reg” en “geregtigheid” bestaan. Wat die geregtigheidsaspek betref, gee die howe in moeilike omstandighede soms uitsprake, wat die gemeenskap nie altyd ten volle begryp nie.387

Die verandering van die morele behoeftes van die gemeenskap speel ʼn groot invloed op die geregtigheidsaspek. ʼn Beslissing wat tien jaar gelede as korrek beskou is, is nie noodwendig vandag volgens die veranderde gemeenskapsopvattings korrek nie. Geregtigheid blyk dus wel ook ʼn veranderende konsep te wees.

Wat is dan die inherente verskille tussen reg en geregtigheid?

(1) Die reg moet gesien word as ʼn sisteem van reëls. Daardeur word die aanname van “algemeenheid” van die reël, die norm of die universele gebod gemaak. Die reg bestaan uit positiewe strukture, waaruit die judisiële sisteem bestaan en waarvolgens optrede as reg, regmatig of behoorlik goedgekeur getipeer word.

Geregtigheid kan nie tot ʼn sisteem saamgebind word nie, aangesien dit die grense van die sisteem oorskry. Geregtigheid tree voortdurend dekonstruktief op, dit ontwrig gedurig die reg deur die onmoontlike van die reg te verwag en geregtigheid is konstant besig om krities die grense van die regsisteem te verander. Die vertroue kan uitgespreek word dat die verandering ten goede sal wees, want geregtigheid sal nooit omskryf kan word as ʼn sisteem van reg nie. Wette word afgedwing deur staatsanksies. Montaigne sê dat mense die Wet nakom, nie omdat die Wet as reg beskou word nie, maar omdat dit deur die staat by wyse van mag afgedwing word.

Andersyds is geregtigheid voortdurend besig om die reg te verbeter en te transformeer.

(2) Wetgewing of reg se funksie is om ʼn belange-opweging ten opsigte van kompeterende aansprake te maak. Dit oorweeg en lewer dan ʼn uitspraak. Dit is ʼn gekodifiseerde stelsel. Wetgewing kan presies ooreenkomstig ʼn reël/reg bepaal dat ʼn persoon ʼn sekere straf of kompensasie moet kry. Hoewel dit korrek gemeet kan word, werk dit nog nie geregtigheid in die hand

386 Derrida, 1992 34.

nie, aangesien geregtigheid die grense van opweging oorskry. Wanneer geregtigheid beskou word as ʼn blote afmeting, sou dit nie in staat wees om erkenning te verleen aan die onmoontlikheid van ʼn perfekte beslissing nie. Daar kan egter geen reg sonder geregtigheid wees nie. Geregtigheid is nie ʼn mate van kennis of teoretiese vasstelling nie; dit is wel ʼn beproewing wat ontlont word deur ʼn etiese aanvraag.

(3) ʼn Verdere verskil tussen reg en geregtigheid lê in die feit dat wetgewing/reg fokus op die algemene en universele, op die eweredigheid tussen verskillende sake. Geregtigheid slaan weer op die enkelvoud, die spesifieke en die individuele.388

(4) Die hoofdoel van die reg is om te orden, terwyl geregtigheid weer ʼn beroep doen om op te tree (a call for action). Wetgewing is daar om die wêreld te orden, om die kompleksiteit van die wêreld hanteerbaar te maak en te voorkom dat die individu verswelg word. Ons wêreld word gestruktureer deur wetgewing waaraan ons nie kan ontsnap nie.389 Geregtigheid orden nie die wêreld nie, dit is ʼn wekroep vir optrede. Geen perfekte geregtigheid bestaan nie, maar die hoofdoel is om optrede te verg. Geregtigheid transformeer, dit verbeter wetgewing by die dag. Dit strewe altyd na die beter, die korrekte, die volmaakte, indien daar so-iets sou bestaan. Geregtigheid, hoewel verskillend, staan onlosmaaklik teenoor reg/wetgewing. Die verantwoordelikheid om te verbeter sal altyd bestaan.

Wanneer daar verwys word na administratiewe geregtigheid, soos vervat in Artikel 33 van die Handves van Menseregte, kom die verskil tussen reg en geregtigheid altoos meer na vore. Die reg, soos vervat in Artikel 33, stel die norm of speelveld daar. Die staat as owerheidsorgaan moet in sy administratiewe optrede ag slaan op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is. Die reg stel die sisteem van regsreëls daar. Geregtigheid moet toegepas word om te verseker dat administratiewe optrede aan die vereistes gestel in die wetgewing voldoen.

(5) Nog ʼn verskil tussen reg en geregtigheid, soos gesien deur die oë van die individu, is die feit dat wetgewing die optrede van die ander party beheer. Die ander party moet op ʼn sekere manier optree en indien nie, word daar met die reg te doen gekry. Geregtigheid, andersyds, beheers nie net die individu self nie, maar plaas die individu in perspektief teenoor die ander party.

388 Derrida is van mening dat “law’s focus on the general and universal, and justice’s focus on the singular is reflected in the following difference on focus.

Law’s focus is on “the legal subject” and the “citizen”, where the only difference allowed for is the difference between neatly compartmentalised categories, for example, “minor” and “major”, “married” and “unmarried”. Individuals, in the eyes of the law, are self-contained atomistic and symmetrical. In contrast, justice views individuals not as self-contained, nor atomistic, they stand in a network of complex relationships.”

389 Davies, 1994:3 writes ‘Laws are necessary to existence - without them we would have no knowledge, no reason, no understanding of anything … but this

As voorbeeld kan hier dien die slagspreuk : “Doen aan ʼn ander wat jy graag aan jouself gedoen wil hê”.

(6) Plig (“duty”) en verantwoordelikheid (“responsibility”) dui verder op ʼn verskil tussen reg en geregtigheid. Die reg het betrekking op ʼn plig wat nagekom moet word, terwyl geregtigheid te doen het met verantwoordelikheid. Dit is ons plig om die wetgewing na te kom. Die omvangsgebied van verantwoordelikheid is egter veel wyer. Dit omvat in die geheel veral optrede teenoor jou medemens. Die fokus is nie universeel nie, maar op komplekse verhoudinge, veral teenoor die individu.

Baumanillustreer dit baie mooi in sy werk “Postmodern Ethics”, waar hy skryf: “One may legislate universal rule-dictated duties, but moral responsibility exists solely in interpolating the individual and being carried individually. Duties tend to make humans alike, responsibility is what it makes them into individuals. Humanity is not captured by common denominators - it sinks and vanishes there. The morality of moral subject does not, therefore, have the character of a rule.” 390

Wanneer die howe met die toepassing van administratiewe geregtigheid te doen kry, sal dit baie help om op die inherente verskille tussen reg en geregtigheid te let. Daar moet veral seker gemaak word dat reg en geregtigheid nie antagonisties teenoor mekaar te staan kom nie. Die een vul die ander aan en is maar net twee verskillende kante van dieselfde muntstuk. Geregtigheid het geen bestaansreg sonder wetgewing/reg nie. Tog kan reg ook nie die strewe na geregtigheid regeer nie, anders sal dit geheel en al ʼn geslote stelsel word, onsensitief vir verandering en blind vir die einddoel wat dit vir homself daargestel het. Dit sluit veral ook aan by die wetgewer se opdrag aan die howe om waar nodig, die gemenereg te ontwikkel. Waar die gemeenskap, en selfs die howe, van oordeel is dat wetgewing nie tot geregtigheid sal lei nie, kan dit na die Konstitusionele Hof vir oorweging verwys word. Anders as in die verlede, kan die Konstitusionele Hof nou heengaan en wetgewing wat nie konstitusioneel verantwoordbaar is nie, tersyde stel of terug verwys na die wetgewer, met die opdrag om dit binne ʼn sekere tydperk reg te stel of om ander, verbeterde wetgewing op die boek te plaas.

Dit is duidelik dat daar ʼn komplekse verhouding tussen reg en geregtigheid bestaan. Tog dra dit gesamentlik by tot ʼn geordende en regverdige samelewing.

3.5 ʼn KORREKTE BEGRIP VAN DIE OORBRUGGING VAN DIE ONDERSKEID