• No results found

In die eerste hofuitspraak van die Konstitusionele Hof, naamlik S v Zuma252 word ʼn betekenisvolle opmerking aangaande die Grondwet gemaak :

“While we must always be conscious of the values underlying the Constitution, it is nonetheless our task to interpret a written instrument. I am well aware of the fallacy of supposing the general language must have a single ‘objective’ meaning. Nor is it easy

not to avoid the influence of one’s personal intellectual and moral preconceptions. But it cannot be too strongly stressed that the constitution does not mean whatever we might wish it to mean. …….. If the language used by the lawgiver is ignored in favour of a general resort to ‘values’ the result is not interpretation but divination.”

In S v Makwanyane253 stel regter Sacks dit soos volg :

“We are not called upon to decide between these positions. They are essentially emotional, moral and pragmatic in character and will no doubt occupy the attention of the constitutional assembly. Our function is to interpret the test of the Constitution as its stands. Accordingly whatever our personal views on this fraught subject might be, our response must be a purely legal one.”

Dat bogemelde sienswyses nie konsekwent gehandhaaf is in latere beslissings nie, is veral te bespeur in die beslissing van President of Republic of South Africa and Another v

Hugo.254 Groot verskille in die sienswyses van die regters van die Konstitusionele Hof het in die saak na vore gekom. Oor die meriete van die saak word later kommentaar gelewer. Maar wat is nou eintlik die betekenis van ʼn grondwet?

Volgens Wiechers kan ʼn grondwet uit een of ʼn reeks dokumente bestaan, wat deur ʼn konsep-grondwetlike proses wat gewoonlik oor ʼn aansienlike tydperk plaasvind, gevestig word. 255 Die Amerikaanse Grondwet het byvoorbeeld eers 200 jaar gelede tot stand gekom en is die oudste enkele dokumentêre grondwet in die wêreld.

In die voorwoord tot hul werk “Die ’83-Grondwet” laat Booysen en Van Wyk hulle soos volg uit :

“ʼn Konstitutiewe Wet soos ʼn grondwet skep strukture. Hierdie strukture word deur die Grondwet beheers. Omdat die strukture hulle eie lewe en bestaan verkry, ontwikkel hulle somtyds in rigtings wat nie altyd voorsien is nie. Alhoewel hulle juridies deur die Grondwet gereël word, gaan die strukture op hulle beurt weer lewe aan die Grondwet gee. Dit is dus nie moontlik om slegs uit die bepalings van die Grondwet vas te stel hoe dit in die praktyk en in die toekoms gaan funksioneer nie. Dit sal eers bepaal kan word nadat die Grondwet al ʼn geruime tyd in werking is. In hierdie opsig verskil die Grondwet van ander wette.” 256

Bogemelde moet ook gesien word in die lig van die veranderinge wat plaasgevind het in die staatsregtelike bestel van Suid-Afrika, met verwysing na die drie-kamerparlement.

253 1995(3) SA 391(CC) op 511 paragraaf 349. 254 1997(4) SA 1 (CC).

255 Wiechers, 1989:44. 256 Booysen en Van Wyk, 1984.

Wat die Finale-Grondwet betref, is daar ook voorsiening gemaak vir 3 vlakke van regering, naamlik die nasionale, provinsiale en plaaslike regering.

Dit is interessant om te vind dat ons vroeë regeringstelsel geskoei was op die Westministerstelsel, maar dat die Verenigde Koninkryk oor geen grondwet beskik nie. Die afwesigheid van ʼn geskrewe grondwet in die Verenigde Koninkryk bring egter nie mee dat regte sonder regsbeskerming is nie. Die nodige beskerming word weldra gevind in die gemenereg en die statutêre reg, veral op verskillende vlakke van toepassing in verskillende tydperke en in veranderde sosiale en politieke kontekste.

Sedert die sewentiende eeu was parlementêre wette en die optrede van owerheidsonderdane onderhewig aan regsondersoek in die Engelse Reg. Die Engelse parlementêre soewereiniteit kan egter beskou word as die spreekwoordelike stok in die wiel, aangesien dit verhinder dat gewaarborgde beginsels van konstitusionele legaliteit enigsins tot hulle potensiaal kan ontwikkel.

Maar wat hou die Grondwet nou eintlik vir ons in? ʼn Grondwet besit gewoonlik unieke kenmerke:

• Dit kan geskrewe of ongeskrewe wees, maar bevat altyd spesifieke reëls wat die verhouding tussen die wetgewer en die onderdane bepaal.

• Die verdeling van magte en funksies word duidelik uiteengesit.

• Dit bepaal die basiese beginsels waarvolgens die gesagsliggame hulle funksies aanneem.

• Dit kan buigsaam of onbuigsaam wees. (Buigsame grondwette word gekenmerk deur die feit dat artikels wat daarin vervat is, by wyse van ʼn meerderheidstem gewysig kan word. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika kan byvoorbeeld as ʼn onbuigsame grondwet beskou word, omdat sekere artikels verskans word en slegs deur ʼn twee-derde meerderheid gewysig kan word.)

• Dit dien as ʼn bewaker van die belange en regte van ʼn gemeenskap, waar die regering arbitrêr sou optree.

• Dit dien as grondslag waarvolgens die handelinge en optredes van die regering bepaal word.

ʼn Grondwet is, onder andere, die hoogste regsnorm in ʼn besondere samelewing. Indien ʼn Wet in konflik met die Grondwet is, moet die Grondwet as die beslissendste Wet beskou word. Dit bevat derhalwe die regsreëls met betrekking tot die samestelling van die wetgewende, regsprekende en uitvoerende organe. Dit verduidelik verder waar hierdie organe vandaan kom en wat hulle magte is.

Die huidige Finale-Grondwet bestaan uit 243 Artikels en 7 Skedules wat regeringstrukture en funksies voorskryf.

Aangesien die Grondwet so ʼn belangrike dokument is, is besondere prosedures neergelê waarvan wysigings van belang mag wees. Die meeste demokratiese lande maak gebruik van referendums, ten einde die Republiek se toestemming tot wysigings te verkry. Die regerende party wat die regering saamstel, het eintlik nie heerskappy oor die Grondwet nie, maar is bloot dienskneg. Die regering moet derhalwe die voorskrifte en riglyne van die Grondwet respekteer en eerbiedig.

Wat die Suid-Afrikaanse Grondwet betref, verlang dit vir wysiging ʼn twee-derde meerderheid in die parlement. Die party wat van voorneme is om die Grondwet te wysig, moet die wysigings voorlê aan die Konstitusionele Hof, wat moet ingaan op die regsgeldigheid van die voorgestelde verandering en dit dan moet sertifiseer as goedgekeur.

Rakende die Finale-Grondwet, maak Burns die volgende opmerking :

“The founding principles of the 1996 Constitution provide for one sovereign, democratic and constitutional state based on human dignity, the achievement of equality, and the advancement of human rights and freedoms, non-racialism and non- sexism, the supremacy of the constitution and the rule of law, universal adult suffrage, a national common voters roll, regular elections and a multi-party system of democratic government to ensure accountability, responsiveness and openness.” 257