• No results found

Wat word nou eintlik verstaan onder die begrip “gemenereg?”

In Suid-Afrika is ons vandag die erfgename van twee van die wêreld se groot regstelsels, naamlik die Romeins-Hollandse Reg en die “Common Law”. Alhoewel die begrip “Romeins-Hollandse Reg” in enger sin slegs verwys na die reg wat tot aan die einde van die agtiende eeu in die provinsie Holland gegeld het, omvat die begrip in breër sin die gemenereg van Wes-Europa voor kodifikasie.

Appèlregter Van den Heever het by geleentheid gesê : “Roman-Dutch Law is really a misnomer; that system was for centuries the common law of Western Europe.” 48

Wat sy oorsprong betref, deel die Suid-Afrikaanse Reg dus in die ryk “Civil Law”-tradisie van Wes-Europa, wat op die stewige fondament van Romeinse Reg gebou is. Na die Britse oorname van die Kaap in 1806 is die Suid-Afrikaanse Reg sterk deur die “Common Law” beïnvloed. Hierdie invloed is veral merkbaar op sekere gebiede van die handelsreg, die immaterieelgoederereg, die staatsreg, die administratiefreg en die testamentêre erfreg. Die aard van ons regspleging het ook byna ʼn volkome Engelse karakter gekry : ons howe is op Engelse model gestruktureer, ons burgerlike en strafprosesreg verloop op Engelse patroon, en die reëls van ons bewysreg is Engels van oorsprong.

In sy intreerede, met die onderwerp “Daedallis in the Supreme Court - the common law today” maak D P Visser die volgende bewering :

“Die bronne-model van die Suid-Afrikaanse Reg is onvolledig omdat dit as uitgangspunt aanvaar dat die gemenereg (in die sin van ʼn residuele bron wanneer geen statuut, gewysde of gewoonteregsreël van toepassing is nie) ʼn statiese entiteit is.” 49

Daar word vandag algemeen aanvaar dat die gemenereg in beginsel die Romeins- Hollandse Reg is, waarin op sekere gebiede Engelse Reg ʼn neerslag gevind het. Hierdie

corpus kan deur regsvergelykende en regsfilosofiese analise ontwikkel word om by

moderne omstandighede aan te pas.

48 Van den Heever 1943:7. 49 Intreerede, gelewer op 1985-05-01.

In der waarheid is die basiese corpus van die gemenereg egter self ʼn veranderlike entiteit. Die howe laat self toe dat (1) twee verskillende regstelsels die rol van gemenereg vervul, maar dat een van dié stelsels nie as sodanig in die teoretiese bronne-model erken word nie, en (2) geen definitiewe betekenis aan die term “Romeins-Hollandse Reg” toegeken word nie. Dit is vir ʼn regter wel moontlik om die gemenereg op ʼn bepaalde gebied te wysig - en dit veroorsaak ʼn onaanvaarbare graad van onsekerheid, wat die waardes van konsekwensie en samehangendheid in die Suid-Afrikaanse Reg nadelig beïnvloed.

Omdat die Engelse Reg in die praktyk op verskeie gebiede as ʼn gemenereg diens doen en dit aanvaarde praktyk geword het om Engelse beslissings in hierdie gevalle soos Suid- Afrikaanse beslissings te hanteer, het dit moontlik geword om ʼn beslissing oënskynlik in die lig van die toepaslike residuele reg te regverdig deur na die Engelse Reg te verwys, terwyl die Engelse Reg inderdaad nie die residuele bron in daardie geval mag wees nie.50 Die Engelse Reg word egter nie uitdruklik in die teoretiese bronne-model as ʼn gemenereg erken nie, en daarom is dit moontlik om met slegs ʼn beroep op die Romeins-Hollandse Reg, ingeburgerde beginsels wat uit die Engelse Reg stam, aan die hand te doen.51

In beide gevalle is regswysiging moontlik, sonder dat die aanvaarde voorwaardes vir judisiële regskepping teenwoordig is. Die toestand van sake word vererger deur die feit dat die oplossing van ʼn bepaalde probleem grootliks kan verskil, na gelang van die feit of die hof die gemenereg as die hele Europese Ius Commune of slegs as die reg van die provinsie Holland beskou.

Die feit dat dit vir regters moontlik is om tussen verskillende gemenereg stelsels (en verder ook tussen verskillende skakerings van hierdie stelsels) te “kies en keur”, dreig om die grens tussen judisiële ontwikkeling van dié reg en “judisiële wetgewing” te oorskry.

Daarom kan die vraag tereg gevra word welke gemenereg die wetgewer in gedagte gehad het in Artikel 39(2) van die Grondwet, indien daar geen eenstemmigheid oor die begrip “gemenereg” bestaan nie.

Is die hoofdoel van Artikel 39 nie om die ontwikkeling van ʼn nuwe teoretiese bronne-model daar te stel, wat in ooreenstemming sal wees met die Suid-Afrikaanse Regswerklikheid nie?

Wat ookal die interpretasie van bogemelde artikel inhou, kan die feit nie betwis word nie dat die Suid-Afrikaanse Reg ʼn hibriede stelsel is met al die voor- en nadele daaraan verbonde.

50 Dit word onder andere geïllustreer deur die feit dat die sogenaamde Anton Piller - bevele agt jaar lank erken is, voordat hul herkoms en versoenbaarheid

met die regstelsel as 'n geheel ondersoek is.

Een van die voordele van die tweeledige oorsprong van ons regstelsel is dat dit ons regtens in staat stel om te put uit “the accumulated legal wisdom of the western world, civil law and common law.”52 Die rykdom van ons erfenis stel ons in Suid-Afrika in staat om ons eie, moderne regstelsel op te bou, waarin elemente van die Romeinse, Germaanse, Kanonieke en Engelse Reg saamgesnoer word. Daar moet egter met omsigtigheid tred gehou word met die “wese” of “gees” van ons regstelsel.

Die volgende siening kan hier in gedagte gehou word. Hahlo en Kahn praat van “its broad equitable spirit, its common sense and reasonableness, and its abhorrence of unnecessary formalities and technicalities.”53

ʼn Klassiek-geworde stelling van Lord Tomlin in 1934 in die Privy Council lui soos volg : “(Roman-Dutch Law) is a virile living system of law, ever seeking, as every system must, to adopt itself consistently with its inherent basic principles to deal effectively with the increasingly complexities of modern organised society.”54