• No results found

1.  ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID EN DIE STAATSREGTELIKE PREROGATIEWE 122 

1.3   GEUKING v PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND OTHERS 141

Die bogemelde gewysde is ʼn duidelike voorbeeld waar die administratiewe geregtigheidsklousule nie deur ʼn individu toegepas kon word om die optrede van die President in hersiening te neem nie. Dit moet duidelik in ag geneem word dat die

301 1997(4) SA 1 (CC) By paragraaf 80: “The notion relied upon by the President, namely that women are to be regarded as the primary care given of young

children, is a root cause of women’s inequality in our society. It is both a result and a cause of prejudice, a societal attitude which relegates women to a subservient, occupationally inferior yet unceasingly onerous role. It is a relic and a feature of the patriarchy on the generalisation that women are the primary core givers is harmful in its tendency to cramp and stunt the effort of both men and women to firm their identities freely.”

302 “We began by looking for a definition of justice, but before we have found one, I dropped that question and hurried on to ask whether or not it involved

superior character and intelligence, and then as soon as another idea cropped up, that injustice pays better. I could not refrain from that. So now, the whole conversation has left me completely in the dark, for so long as I do not know what justice is, I am hardly likely to know whether or not it is virtue, or whether it makes a man happy or unhappy.”

funksies en bevoegdhede wat aan die President verleen word, nie slegs spruit uit Artikel 84 van die Grondwet nie, maar dat dit ook aan hom as owerheidsonderdaan deur Nasionale Wetgewing verleen kan word.

Geuking is ʼn voormalige Duitse burger, wat vanaf 1994 in Suid-Afrika woonagtig is. Op 14 Julie 1995 het hy, weens naturalisasie, Suid-Afrikaanse burgerskap bekom. Op 25 November 1996 het Duitsland mondeling aansoek gedoen vir die uitlewering van Geuking, aangesien hy skuldig bevind en gevonnis is op klagtes van brandstigting en bedrog. Verdere aanklagte van bedrog was hangende. Suid-Afrika het geen uitleweringsooreenkoms met Duitsland nie, terwyl Duitsland op die stadium van die versoek om uitlewering self ook nie Duitse burgers aan ander lande uitgelewer het nie.

Op 20 Mei 1997 het die President en die minister ingevolge Artikel 3(2) van die Wet op Uitlewering, Wet 67 van 1992, toestemming verleen dat ondersoek ingestel word na die uitlewering van Geuking. Op 30 Januarie 1998 het die Minister van Justisie ingevolge Artikel 5(1)(a) van die Wet kennis gegee aan die Landdros van Kaapstad dat die Minister ʼn versoek om uitlewering ontvang het. Op 16 April 1998 is die applikant ingevolge Artikel 5 van die Wet gearresteer.

Ingevolge Artikel 3(2) van die wet, bring Geuking ʼn aansoek vir die tersydestelling van die President se toestemming tot uitlewering aan Duitsland. Die aansoek word gebaseer op die volgende gronde :

(a) Die applikant se reg op regmatige administratiewe optrede ingevolge Artikel 33 van die Grondwet is deur die President geskend, deurdat hy nagelaat het om in aanmerking te neem dat Geuking ʼn nasionale burger is toe toestemming ingevolge Artikel 3(2) onderteken is en dat daar toegestem is tot sy uitlewering aan Duitsland, terwyl Duitsland self nie sy eie burgers uitlewer nie.

(b) Die uitlewering maak de jure inbreuk op die applikant se reg om ingevolge Artikel 21(3) van die Grondwet hom binne die Republiek te vestig en hier te woon.

ʼn Verduideliking van die uitleweringsproses word verskaf in Harksen v President of

South Africa and Others303. Beide Volkereg en Suid-Afrikaanse Reg is van toepassing en die twee tipes reg werk hand aan hand. Alvorens ʼn individu uitgelewer word, moet daar eerstens voldoen word aan al die vereistes van die huishoudelike reg.304

303 2000(2) SA 825 (CC) Paragraaf 4 op 825 D-F; 2000(1) SACR 300; 2000(5) BCLR 478 (CC) op 481 F-G.

304 2002(1) SA 204 (CPD) By bladsy 209 word dit soos volg gestel:“Each State is free to prescribe when and how an extradition request will be acted upon

and the procedures for the arrest and surrender of the requested individual. Accordingly, many countries have extradition laws that provide domestic procedures to be followed before there is approval to extradite.”

Die besluit of uitlewering gaan plaasvind, al dan nie, berus by die uitvoerende gesag, veral wat betref die verhoudinge tussen die verskillende state. Die staat, aan wie die versoek om uitlewering gerig word, mag vanweë buitelandse beleid, wat glad nie in verhouding met die meriete van die aansoek staan nie, besluit om glad nie die uitlewering te laat plaasvind nie.

Die hof gaan verder in besonderhede in op die proses waarvolgens uitlewering moet plaasvind.305 Waar daar ʼn uitleweringsooreenkoms bestaan tussen Suid-Afrika en die staat wat die versoek vir uitlewering rig, moet die minister ooreenkomstig Artikels 5(1) die proses aan die gang sit deur die bepalings van die Wet na te kom en sodoende die landdros verwittig van die versoek om uitlewering. Waar daar geen uitleweringsooreenkoms bestaan nie, moet die Staatspresident sy toestemming ingevolge Artikel 3(2) van die Wet verleen om die minister in staat te stel om die landdros van die versoek om uitlewering te verwittig.

Geuking het aangevoer dat die President gefouteer het om te bevind dat hy as Duitse burger uitgelewer moes word, aangesien die feit dat hy wel ʼn Suid- Afrikaanse burger was, nie onder die aandag van die President gebring is nie. Dit sou dus inbreuk maak op sy reg op regmatige administratiewe optrede, ingevolge Artikel 33 van die Grondwet.

Die hof wys egter daarop dat die President slegs sy toestemming ingevolge Artikel 3(2) verleen, sodat die regsproses ʼn aanvang kan neem en die minister die landdros kan verwittig van die aansoek om uitlewering. Hierna word die persoon gearresteer. Die meriete van die aansoek om uitlewering moet in ʼn volledige ondersoek voor die landdros gedebatteer word. Die landdros hou ʼn ondersoek om te bepaal of aan al die vereistes wat die Wet vir uitlewering stel, voldoen is. Die kwessie van Suid- Afrikaanse burgerskap moet voor die landdros as meriete vir oorweging geplaas word. Die President kan volgens wetgewing hom nie hierop uitlaat nie. Indien die landdros bevind dat alle vereistes nagekom is en die persoon wel uitgelewer mag word, word die oorkonde van die verrigtinge saam met enige skriftelike motivering van die landdros aan die minister oorhandig. Laasgenoemde neem die finale besluit oor die uitlewering.

Op bladsy 218 van die hofsaak word dit soos volg gestel :

“It should be stressed, however, that if the President’s conduct in exercising the power conferred upon him by section 3(2) of the Act does not constitute administrative action, that does not mean that there are no constraints upon it.

305 2002(1) SA 204 (CPD) By bladsy 212 “Extradition is, therefore, a process which is initiated on the international plane, passes through a domestic plane,

The President’s conduct is constrained by the principle of legality and the provisions of the Constitution.”306

Die hof bevind dat die toestemming verleen deur die President ingevolge Artikel 3(2) van die Wet regmatig was, deurdat daar voldoen is aan die wetgewende vereistes van Artikels 3(2) en (4). Die besluit deur die President is nie willekeurig geneem nie, maar is rasioneel in verhouding met die doel wat deur Artikel 3(2) daargestel is. Die party wat uitgelewer staan te word, moet derhalwe alle feite aan die hof openbaar in die ondersoek, en die hof moet self besluit of aan al die vereistes van die Wet voldoen is om die uitleweringsbevel goed te keur. Hierdie hofsaak is weer eens ʼn sprekende voorbeeld wat dui dat sekere prerogatiewe aan die President toegedig is rakende uitlewering, terwyl hy slegs sou dien as katalisator om ʼn ondersoekproses na uitlewering daar te stel. Artikel 33 van die Grondwet het derhalwe nie toepassing gevind ten opsigte van die President se administratiewe handeling nie.

Daar is met verwysing na bogemelde hofsake aangevoer dat Artikel 33 van die Grondwet, met die uitsondering van die Geuking-saak, wel van toepassing is op die prerogatiewe van die President, soos vermeld in Artikel 84 van die Grondwet. Hoewel hierdie prerogatiewe in die Grondwet vervat is, kry ʼn mens nog steeds die gevoel dat veral die Konstitusionele Hof nie kan weg beweeg van die historiese agtergrond van die werking van die prerogatiewe nie. Wanneer daar verlang word om te bepaal in welke mate die President sy diskresie uitgeoefen het, en welke feite in aanmerking geneem is om uiteindelik die administratiewe handeling as owerheidsorgaan uit te voer, word daar beswaar gemaak teen die feit dat hy as getuie in die hof moet optree. Word ʼn beëdigde verklaring, deur die President onderteken, in hofverrigtinge aangebied, word gou agtergekom dat dit nie volledig genoeg is vir ʼn hof om ʼn weldeurdagte uitspraak te lewer nie.

Die regering is by magte om deur die President ondersoek in te stel na die bedrywighede van privaat instansies, maar indien enige vrae gevra word na die uitvoering van die bevoegdhede deur die Grondwet aan die President verleen, veroorsaak dit ongemak. In die verlede is dit aanvaar dat prerogatiewe aan die Staatspresident in sy ampshoedanigheid verleen is, en dat suiwer op grond van sy diskresie en die uitoefening van sy bevoegdhede dit nie bevraagteken is nie, al het dit nie teenoor almal billikheid in die hand gewerk nie.

Die uitspraak in die Hugo-saak sal iedereen laat stilstaan om mooi na te dink of dit nou werklik administratiewe geregtigheid is wat hier geseëvier het. Was dit nou

voorwaar billikheid wat hier geopenbaar is teenoor Hugo, waar hy op die Handves van Menseregte gesteun het?

Respek, vryheid en waardigheid is waardes wat ʼn mens toekom. Indien dit in ʼn gemeenskap nagekom word, sal dit daartoe lei dat die waardesisteem sal verbeter en bydra tot ʼn sterk demokratiese bestel. Die beskerming van hierdie waardes, veral waar die individu teenoor die staat in ʼn verhouding te staan kom, moet met die grootste omsigtigheid deur die Konstitusionele Hof beskerm word. In die SARFU-

saak is die appèl nie eens teëgestaan deur SARFU nie, aangesien beswaar

aangeteken is teen die samestelling van die regbank,307 met ander woorde, daar was nie veel vertroue in die Konstitusionele Hof om die saak te bereg nie.

Dit is ontstellend dat, hoewel prerogatiewe magte ingevolge die Grondwet hersienbaar is, die remedie feitlik onprakties is.