• No results found

1.10 S POOKKARAKTERS

1.10.3 Historiografie, historiese romans

Spookkarakters kan met groot sukses in historiese romans gebruik word omdat hulle letterlik die verlede vergestalt. Hulle ís die wandelende verlede. Cuddon (1991:373) skryf met verwysing na die oplewing van spookstories in Brittanje in die 1860’s dat “ghosts were a link to the past, with tradition, between the living and the dead”. Daarom kan die spookkarakter deur die grens tussen die geskiedenis (verbeeld, al dan nie) en die hede breek. Soos Sausman (2010:61) dit stel: die spook word ʼn entiteit “that is less the presence of the dead than a critical presence that enables the rewriting of the past: it is the ghost itself which now becomes haunted by the present”.

50 Vgl. Van Graan (2008a:18).

51 Gaylard (2008:3) noem wel Van Heerden as een van die skrywers wat deel het aan hierdie tradisie wat, volgens

In 1951 skryf Nienaber:

Daar het geblyk dat die “historiese” in talle Afrikaanse romans tot dusver slegs gedien het as belangwekkende agtergrond waarteen die spannende gebeurtenisse voltrek kan word. Dergelike “historiese romans” is dus eintlik historiese intrigeverhale.

Maar daar is ook dié verhale wat sonder meer wil boei en dit nie soseer mik op karakteruitbeelding nie – soos die speurverhaal, die spookverhaal en die vertelling (Nienaber, 1951:230-231).

Volgens Nienaber is die verlede slegs die agtergrond waarteen die spookstorie afspeel, en kan die verlede aangepas word na gelang van die verhaal. Die ou en voortdurende debat rondom historiese romans is juis hieroor: waar die lyn tussen empiries-bewese (gedokumenteerde, feitelike) geskiedenis en interpretatiewe geskiedenis getrek behoort te word. Kan ons dialoog vir die dooies skryf? Kan ons werklik die verlede vertel asof ons dit ken, asof ons daar was? Hoe getrou moet historiese romans bly aan die bewese feite? Hoeveel ruimte is daar vir fiksionele (her)interpretasie? Wie mag praat, en wie moet stilbly? Wie mag sê, en wie mag besluit?

Would silence be better? Should the search for historical truth be limited to what was demonstrably said? Can history give access to truth by limiting reported speech to verbatim accounts unearthed from archives? Leaving aside the epistemological quagmire of transcribed archival documents themselves, silence in the face of missing evidence is no guarantee of objectivity. That allowing only attested documents to speak is hardly ideologically innocent appears in the selectivity of what gets left out: those with no document-making power – foot soldiers, women – will have no voice in history. The case for fiction’s “testimonial superiority to history” may come down to whether an imagined voice is better than no voice. In considering the ethics of ventriloquism, one might distinguish between putting words in dead mouths in support of a single ideological agenda and giving imagined voice to conflicting views or conflicting social interests. The former gives voice to one side only; the latter allows for dissenting voices, including those usually left out of the archives. In one sense, the spectral voice of the soldier […] is a historical cheat, a voice without an archive. In another sense, this attempt at historical evenhandedness, at restoration of balance, is a crucially active imagining of history (Woodbridge, 2003:601-602).

Die interpretasie van bewyse (soos dokumentasie) van die verlede is ʼn komplekse spel, omdat ons nie noodwendig die strukture waaruit hierdie bewyse gelewer is, begryp nie:

Lucian Febvre […] stated that the worst kind of historical anachronism is psychological anachronism – the thoughtless assumption that the mental framework which enabled people to interpret their experience in the past was the same as our own. It is therefore of vital importance to investigate how, when and why mentalities change [...] Because mental conceptions seldom find direct expression, historians of mentality have to scrutinise the structures which convey these conceptions. These structures refer to social, aesthetic, linguistic, expressive, environmental, institutional, or any other element that informs the mental universe and regulates mental activity (Van Zyl, 2008:129-130).

Met ander woorde, dit is gevaarlik om die verlede te bestudeer of te probeer opskryf onder die veronderstelling dat jou voorgeslagte op dieselfde manier gedink het as wat jy vandag dink. In hierdie opsig is daar myns insiens nie ʼn dringende probleem in Van Heerden se romans te vinde nie: hy is ʼn eietydse Afrikaanse Suid-Afrikaner wat oor Afrikaners skryf en dus by implikasie ʼn begrip van die kultuur en mentaliteit het van die mense en die historiese tydperke waaroor hy skryf. Tog skryf hy ook karakters wat nie Afrikaners is nie: die Skaamfamilie in Toorberg, die

67

Thandani’s in Die Stoetmeester, Siela Pedi, Kaptein William Gird en Slingervel Xam! in Die swye

van Mario Salviati. Alhoewel dit as ʼn gevaarlike bedryf beskou kan word, moet dit in gedagte

gehou word dat Van Heerden nie hier die meesternarratief van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in romanvorm skryf nie, maar die historiese as agtergrond vir sy fiksie gebruik. Soos Marais (2005:95) uitwys, is die geskiedenis en die letterkunde beide diskoerse wat die verlede “produseer” eerder as om dit op mimetiese wyse te representeer. In Van Heerden se romans word daar dus ʼn Suid-Afrikaanse verlede ge(her)produseer – én, soos Marais (2005:177) ook uitwys, ondermyn deur die gebruik van magiese realisme.

Dit val nie binne die bestek van hierdie studie om dié tameletjies rondom die historiese roman aan te pak nie. Daar moet gefokus word op hoe die spookkarakters in letterkunde met ʼn historiografiese inslag gebruik word. Daarom word daar volstaan by Woodbridge se stellings: die spookkarakter se weergawe van die geskiedenis is dalk nie akkuraat nie, dit is ook nie noodwendig die waarheid nie, maar dit bied die geleentheid tot ʼn gebalanseerde perspektief, ʼn veelheid van stemme om te interpreteer in plaas van ʼn enkel-visie op die storie van die verlede.

Wat verder van belang is binne die konteks van hierdie studie, is dat die gebruik van ʼn historiese agtergrond vir ʼn fiktiewe of gedeeltelik-fiktiewe narratief nie beperk is tot die historiese roman nie, maar ook te vinde is in die Gotiese en die postkoloniale genres. Michelis (2003:5) wys daarop dat spokery en die “preoccupation with the past and its complex impact on the genesis and state of the present” ʼn intrinsieke element van beide die Gotiese en psigoanalitiese perspektiewe is. Punter wys ook uit dat:

[The] tendency of the ghost story to reside in the trappings of the historical past has itself become reduced to a formula, a formula no doubt still capable of interesting variation, but nonetheless altering our reactions to the fiction from fear towards a more reassured awareness of the self-conscious fictionality of the works (Punter, 1980:315-316).

Van Heerden se romans sluit beslis aan by hierdie tendens om die verlede as deel van die ‘formule’ van die spookstorie te gebruik, en bring ook variasie deur die fokus op Suid-Afrikaanse geskiedenis te plaas. Van Heerden wyk af van die tradisionele spookstorie deur die uitbeelding van vrees nie in die spook self te vergestalt nie, maar deels in die spook se milieu – waarvan die kulturele en historiese konteks van kardinale belang is. Met verwysing na die werk van Toni Morrison, Phillip Roth en Leslie Marmon Silko, skryf Rand oor die historiese inslag en die kwessies van kulturele identiteit en oorlewing die volgende:

For these three writers, cultural history seeps into every part of their identity, complicating any desire for a guilt-free existence. The simple bromides unleashed in self-help manuals cannot provide an answer to the historical demons that haunt them. The notion of survivorship is complicated, there is a conflict between the desire to assign blame for the decimation of a race and the equally strong need many survivors share to find a way of severing themselves from that past […] They must “never forget”, but in order to reanimate themselves and

individuate themselves, they must somehow be freed from engaging in an act of revenge. And if not, they must be relieved from bearing the scars that remain after the completion of any such act [...]

Ghosts are reminders of the battle, in effect of the war that has been fought and that is still ongoing between the possible and impossible versions of the world [...]

As Americans, we are taught that we can free ourselves, can cut the ties that bind us to the past, but the line between visible and invisible is not as tenuous as we would like to believe. For Morrison, for Roth, for Silko, the act of separation must entail a resuscitation, and even a resurrection, perhaps because those who do not study history are condemned to repeat it (Rand, 1995:25-31).

Van Heerden gaan op soortgelyke wyse met sy spookkarakters en die verlede om. As oorlewendes van die turbulensie wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis in die afgelope dekades ondergaan het, het karakters soos Siela Pedi in Die swye van Mario Salviati en Max (Siener) Wehmeyer in Die Stoetmeester terselfdertyd ʼn begeerte om die verlede agter te laat én ʼn begeerte om dit te onthou. Spookkarakters word hierdeur vasgevang tussen die hede en die verlede, ʼn liminale toestand waaruit hulle nie kan ontsnap nie.

If [...] a meaningful conception of history is grounded in a sense of the pastness of the past, then all ghosts defy this notion insofar as they embody the past as still somehow present, unfinished, persistent within our own time [...] The power of the past lies in its pastness; the value of life lies in death. Both are reminders of the need for responsible action in the here and now precisely because there are no ‘do-overs’, no second chances (Stacey, 2006:718-720).

Wanneer ʼn spookkarakter in ʼn historiese roman geplaas word, word die leser met hierdie selfde paradoks gekonfronteer. Wanneer ongure geskiedenis – soos Suid-Afrika se geskiedenis van kolonialisme, oorloë en apartheid – deur spookkarakters vergestalt word, word die leser ook in hierdie liminale toestand geplaas en gedwing om die hede en sy eie aandeel (al dan nie) in die gruwels van die verlede te ondersoek. Soos Wisker (2007:407) in haar benadering tot die onderrig van die postkoloniale Gotiese letterkunde skryf: “The use of a ghost is recognizable as a perfectly tuned way to engineer this exploration of the lived memory of a historical horror”. Die vrees wat hierdeur opgewek kan word, lei daartoe dat die spook in die historiese roman ook die basiese funksie van die spookstorie – om vrees of angs op te wek – vervul.