• No results found

1.9 S POKE

1.9.1 Spoke in die werklike wêreld

1.9.1.4 Empiriese wetenskap en die wetenskap van die paranormale

Buse en Stott (1999:2-3) wys uit dat navorsers wat fokus op iets soos spookstories telkens deur ander gekonfronteer word met die vraag of hulle in spoke glo; of spoke werklik bestaan. Die aanname, wat blykbaar maklik en outomaties gemaak word, is dat navorsers in hierdie veld se geloof in spoke vanselfsprekend of selfs noodsaaklik is. Dit is natuurlik nie waar nie. Buse en Stott (1999:3) stel dit dat die ondersoek na die bestaan van spoke ʼn vrugtelose oefening is, en dat dit veel meer lonend is om “the persistence of the trope of spectrality in culture” te diagnoseer. Dit is nie die bestaan van spoke in die werklike wêreld wat hier vir die navorser van belang is nie, maar hoe hierdie entiteite binne die fiksionele raamwerk van die letterkunde waarin hulle gebruik word, funksioneer. Of spoke werklik bestaan, is in hierdie konteks ʼn irrelevante vraag – soos Beresford dit stel:

Fundamental prehistoric rites such as excarnation (the de-fleshing of the body) and mummification opened the gateway to the spirit world that, once opened, would prove difficult to close. From ancient times to the present day, the world has been haunted by spirits, spectres, ghosts and monstrous beings. Whether these are real or imagined is irrelevant; it is the belief in them that enables their power over us (Beresford, 2008:12).

Nieteenstaande die irrelevansie van die vraag, moet daar tog ondersoek ingestel word na hoe spoke in die werklike wêreld (buite fiksie) beskou word, aangesien dit ʼn invloed kan hê op die skrywer (en die leser) se interpretasie van hierdie figure (soos reeds vroeër uitgewys is). Dit is daarom nodig om die veld van die paranormale wetenskap in hierdie studie te betrek.

Daar sal telkens in die analise van spookkarakters, spookverskynsels en soms ook magiese gebeure en verskynsels verwys word na konsepte en teorieë uit die ‘paranormale wetenskap’ of die ‘wetenskap van die paranormale’. Dit is noodsaaklik om hier daarop te wys dat hierdie studie geensins gelees moet word as ʼn verantwoording of bevestiging van die geldigheid van hierdie kwasi-wetenskaplike veld nie. Inteendeel – dit is juis die vaagheid en narratiewe aard van hierdie ondersoekveld wat dit so gepas maak as gereedskap vir hierdie studie. Met die ‘narratiewe aard’ van die veld word bedoel dat die bewyse (vir spookverskynsels, magiese kreature, beweging deur tyd ensovoorts) hoofsaaklik anekdoties van aard is, en dat empiriese (betroubare) data of bewyse maar yl gesaai is.

35

Die interpretasie van hierdie anekdotiese bewyse is hoofsaaklik geanker in argumentering uit onkunde (argument from ignorance); ʼn algemene verskynsel wat deur die bekende astrofisikus Neil deGrasse Tyson aan die hand van die VVV-fenomeen29 soos volg verduidelik word:

There’s a fascinating frailty of the human mind that psychologists know all about, and it’s called argument from ignorance. And this is how it goes – you ready?

Somebody sees lights flashing in the sky. They’ve never seen it before. They don’t understand what it is. They say: “A UFO!” The U stands for ‘unidentified’. So they say, “I don’t know what it is. It must be aliens from outer space, visiting from another planet.” Well, if you don’t know what it is – that’s where your conversation should stop! You don’t then say “It must be anything”, okay?

That’s what argument from ignorance is. It’s common, I’m not blaming anybody, psychologists know all about it, and it may relate to our burning need to have to know stuff because we’re uncomfortable steeped in ignorance. You can’t be a scientist if you’re uncomfortable with ignorance, because we live at the boundary of what is known and unknown in the universe (Tyson, 2011).30

Tyson se verduideliking van hierdie verskynsel, aan die hand van die VVV-debat, is ewe toepaslik op die vraag na die bestaan van spoke. Eenvoudig gestel: mense ervaar iets wat hulle nie kan verklaar nie, en probeer dan ʼn verduideliking vir hierdie gebeure of verskynsels vind. Die kern van die saak is dat hulle nie weet wat hierdie verskynsels veroorsaak het of wat dit eintlik is nie. Maar omdat hulle ʼn verklaring nodig het, spring hulle soms na verduidelikings soos spoke, engele, duiwels, gode, vampiere, buiteruimtelike wesens en allerlei ‘bonatuurlike’ of ‘paranormale’ verklarings. Vanuit ʼn streng wetenskaplike oogpunt is sulke verklarings ongeldig. Bloot omdat ʼn verskynsel (nog) nie in rasionele of wetenskaplike terme verklaar kan word nie, beteken dit nie dat die verskynsel outomaties as bonatuurlik of paranormaal beskou of aanvaar moet word nie.31

Bloom bied ʼn soortgelyke perspektief:

[These] experiences are undoubtedly in the world if not of it and [...] these experiences are of a material nature (by which I mean an actual individual was the subject of the experience – maybe its author) [and] they can be neither understood nor verified outside the matrix of subjectivity. The moment of encounter, if it is to be understood at all, is a moment of hallucination, but it is not pure delusion. To say ‘I saw my mother a moment ago’ is not the same as saying ‘I saw my mother (who died last year) a moment ago’. These are statements belonging to different registers, but the second statement may be a correct account of an encounter inexplicable in terms of reference to the universe of the first statement. Empirical evidence offers no refutation of evidence in this second encounter (Bloom, 1999:228).

Bo en behalwe die probleme wat deur hierdie tipe subjektiwiteit en onkunde veroorsaak word, moet ook gewys word op die slegte reputasie van die paranormale wetenskap. Broka verduidelik waarom die wetenskaplike ondersoek na die bestaan van spoke so ʼn moeilike navorsingsveld

29 VVV: Vreemde Vlieënde Voorwerp, in Engels bekend as ʼn UFO (Unidentified Flying Object). Dit word algemeen

aanvaar (in populêre kultuur) dat hierdie voorwerpe die ruimtetuie van buiteruimtelike wesens is. Wetenskaplike ondersoek bring aan die lig dat daar in die meeste gevalle rasionele verduidelikings vir hierdie voorwerpe is.

30 Getranskribeer vanuit ʼn video-greep, geneem uit die antwoord wat Tyson tydens ʼn openbare seminaar gestel het

op die vraag of hy in VVV’s en besoeke van buiteruimtelike wesens glo.

met so ʼn ongure reputasie geword het, en waarom dit, ten spyte van hierdie probleme, steeds nagevors behoort te word:

Science has tended to discount the ghost phenomenon. This is, in part, because it is difficult to demonstrate in any reproducible way. Most of the evidence is, therefore, anecdotal in nature. Also, it has been a subject rife with hoaxing and downright lunacy (much of the 19th

Century Spiritualist Movement being a case in point). More importantly, there has been a tendency to dismiss the phenomenon because it does not comport with our notions of physics and Scientific Materialism. If an ashtray flies across a room, momentum is not being conserved. This shouldn’t be possible. If a ghost is seen, photons must be emanating from it. Where could these come from? Given the success of modern science and the pertinence of these objections, it is little wonder that the subject has acquired a bad reputation and is generally ignored within intellectually respectable circles. But it is for these very reasons that the subject does commend itself to our serious attention. If ghosts are real they are, almost certainly, telling us something quite important about how reality actually works; if they are real, reality cannot work the way we think it does (Broka, 2012).

Broka raak ʼn belangrike punt hier aan aangaande realiteit en die bestaan van spoke – as spoke bestaan, het ons ʼn groot probleem met ons begrip en persepsie van die werklikheid. In die wetenskapfilosofie se soeke na wat realiteit of waarheid is, is die fisika (en dit is waarna Broka in bostaande aanhaling verwys) vir ʼn wyle as die antwoord beskou:

Toe die wetenskap die ortodoksie van die moderne wêreld geword het, sê Hacking, het ons vir ʼn tyd lank geglo dat dit juis die wetenskap sou wees wat in staat sou wees om die korrekte representasie van die werklikheid te verskaf. Resente ontwikkelinge in die wetenskappe en by name in die fisika, het aangetoon dat so ʼn stelling nie houdbaar is nie. Die teoretiese representasies van die fisika is eenvoudig nie vergelykbaar met ʼn stelling soos “Daar staan ʼn tikmasjien op my lessenaar” nie. Die representasies van die fisika kan nooit met die terme waarheid of valsheid gekwalifiseer word nie en daarom ook nie met die kwalifikasie werklik of reëel in dié sin nie. Daar is in die fisika slegs minder en meer “instructive representations” (Botha, 1990:51).

Botha word hier buite konteks aangehaal – haar artikel fokus op “die probleem van realisme” in terme van filosofie, wetenskap en letterkunde – maar haar stellings aangaande werklikheidspersepsie is, myns insiens, hier van toepassing. Die implikasie hier is dat antwoorde (of teorieë) uit die fisika min of geen invloed kan hê op die alledaagse werklikheid nie. Iets soos stringteorie (string theory) of die teorie van ʼn multiverse (teenoor een heelal, die universe) verander nie die manier waarop jy jou tande borsel of jou ontbyt eet nie. Alhoewel stellings uit die kwantumfisika byvoorbeeld die bou van rekenaars moontlik maak, is hierdie stellings nie deel van die gewone rekenaargebruiker se algemene kennis of begrip van rekenaars nie. Dit is nie werklik soos wat die tikmasjien (of sleutelbord) op jou lessenaar werklik is nie. Wanneer spoke in fiksie verskyn, word hulle egter aanvaar as werklik sonder om die leser se werklikheidspersepsie drasties te verander. Die leser van ʼn spookstorie dink nie noodwendig, soos Broka, aan fotone en verlore momentum, aan die fisika agter die verskynsel nie. Vir sommige lesers is spoke fiksioneel, en vir ander ʼn letterlike werklikheid.

37

Soos reeds genoem is, sal hierdie studie nie vanuit die perspektief van die paranormale wetenskap ondersoek instel na die bestaan van spoke in die werklike wêreld nie, maar wel hierdie veld in die studie betrek om te help met die begrip van die fiksionele spoke. Daar sal spesifiek gewerk word met die kategorisering van spoke soos wat dit deur paranormale wetenskaplikes en selferkende spookjagters soos Jason Hawes en Grant Wilson (die stigterslede van TAPS (The Atlantic Paranormal Society) en die sterre van die realiteitstelevisiereeks Ghost Hunters) gebruik word.

Oor die algemeen beskou spookjagters soos Hawes en Wilson hulle metodes as wetenskaplik. Burger (2010:163) beskryf die TAPS-span as “[drawing] upon [the] history of scientifically based paranormal investigation to replace campfire story spookiness with a critical approach, educated scepticism, and the high-tech equipment to both support and surpass personal experiences”. Die manier waarop die ondersoeke verfilm word vir realiteitstelevisie dra by tot die kykerspubliek se persepsie daarvan as ʼn wetenskaplike ondersoek. ʼn Insiggewende studie van Brewer het hierdie persepsie van die kykerspubliek ondersoek:

One key finding of this study is that media messages invoking the trappings of science can construct scientific authority even for pursuits regarded by mainstream science as pseudoscientific. Compared with control participants, those who read a story that presented paranormal investigators as using a rigorous approach, technical language, and technological devices were more likely to see such investigators as scientific and credible [...] The results here also corroborate previous findings that media messages can foster belief in the paranormal [...] At the same time, the results indicate that a rebuttal from a scientific source can undermine the scientific authority bestowed on paranormal investigators by the trappings of science [...]

In addition to capturing the effects of specific messages on beliefs about paranormal investigators and phenomena, the results point to broader links between various forms of media use and such beliefs. Unlike previous studies, the present study found evidence of a classic cultivation effect: the more television participants watched, the more they tended to see paranormal investigators as scientific and credible and to believe in paranormal phenomena. This pattern could reflect a tendency on the part of television programming as whole to suggest that paranormal phenomena exist and can be studied scientifically (Brewer, 2012:324-325).

Brewer se studie het bewys dat die publiek – veral kykers/lesers wat blootgestel word aan die skynbaar wetenskaplike terminologie en werkswyse wat hedendaagse spookjagters geneig is om te gebruik – hierdie tipe ondersoeke as wetenskaplik beskou. Hierdeur word ʼn geloof in die paranormale (spesifiek hier die geloof in die bestaan van spoke) in die populêre kultuur versterk. Hierdie verdraaide persepsie wat by die kykers- en leserspubliek geskep word, maak nie van die paranormale wetenskap ʼn betroubare wetenskap nie. Tog verdedig Burger (2010:173) die aanslag van paranormale wetenskaplikes soos Hawes en Wilson deur aan te voer dat Ghost

Hunters aktief deelneem aan die wetenskaplike diskoers van die paranormale wetenskap deur,

onder andere, hulle wetenskaplike ondersoek in die program te kombineer met kykerbetrokkenheid, veral deur die gebruik van tegnologie en sosiale media.

Die kritici van realiteitstelevisie se uitbeelding van die paranormale wetenskap sluit paranormale wetenskaplikes in. Ben Radford, die outeur van Scientific Paranormal Investigation (2010), het veral ʼn kleintjie dood aan TAPS en soortgelyke groepe se wetenskaplike metodes:

Just about every ghost-hunting group calls itself “sceptical” or “scientific”. Many investigators believe they are being scientific if they use electromagnetic field (EMF) detectors or infrared cameras – or if they don’t use psychics or dowsing rods [...]

Some of the TAPS crew’s methods are slightly better than those of earlier groups (for example, Hawes and Wilson were among the first ghost hunters to dismiss the “orbs of light are ghosts” theory), but they are not much more scientific [...]

I believe that if ghosts exist, they are important and deserve to be taken seriously. Most of the efforts to investigate ghosts so far have been badly flawed and unscientific – and, not surprisingly, fruitless. If investigation is to be done, it should be done right (Radford, 2010).

In ʼn artikel vir Sceptical Inquirer lys Radford (2010) die basiese foute wat hierdie spookjagter- groepe maak in hulle pogings tot legitieme wetenskap, insluitende hulle veronderstelling dat geen gespesialiseerde kennis, opleiding of ervaring nodig is vir spookjagtery nie;32 die aanvaarding van

subjektiewe ervarings (soos die gevoel dat iemand vir jou kyk) as bewyse; die foutiewe hantering van apparate (soos EMF-meters, digitale kameras en mikrofone) wat geen bewese konneksie met spoke het nie; en die spookjagters se aanname dat ʼn verskynsel bonatuurlik is sonder om (in die meeste gevalle) eers rasionele verklarings vir die verskynsel te soek.

In wese ondersoek spookjagters eintlik stories – die verhale, die anekdotes van ooggetuies wat oortuig is daarvan dat hulle ʼn spook gesien het. Oor die algemeen word hierdie stories van meet af as waar (of minstens waarskynlik waar) aanvaar. In hulle ondersoeke word daar afgedwaal van die empiriese wetenskaplike werkswyse en sonder grondige redes van instrumente gebruik gemaak wat inderwaarheid net elemente meet wat vaagweg met spookverskynsels geassosieer word (soos temperatuur en elektromagnetiese velde). In dié proses word nuwe anekdotes, die ervarings van die spookjagters, by die groter legende van die tersaaklike spookhuis gevoeg, maar min of geen betroubare data of konkrete bewyse wat die bestaan van spoke kan bewys of betwis, word ingesamel nie.

Hier is duidelik parallelle te trek met die bestudering van fiksie. Daar word gewerk rondom ʼn vae onderskeiding tussen die werklike en die onwerklike; die objektiewe en subjektiewe ervaring van ʼn storie. Hiermee word bedoel dat ʼn fiktiewe verhaal (soos een wat in ʼn roman vertel word) en ʼn ‘ware’ spookstorie deur die leser of aanhoorder in sekere opsigte as werklik (of fiktief werklik) ervaar word, en in ander opsigte as fiktief beskou kan word – vandaar die vae onderskeiding tussen die werklike en die onwerklike. Soos wat enige fiktiewe verhaal, selfs dié uit die magiese realisme, wetenskapfiksie, gruwelverhale, sprokies, fabels en fantasieverhale, ooreenkomste toon met die ‘werklike wêreld’ (daar is byvoorbeeld altyd aspekte soos gravitasie, taal, kleure, tyd,

39

ruimte, karakters ensovoorts wat die ‘werklike’ wêreld direk naboots), kan daar in die paranormale wetenskap aspekte van die werklikheid gevind word. Die ‘onverklaarbare’ gebeure wat ondersoek word, het (in sommige gevalle) tog werklik plaasgevind, iets het met iemand gebeur. Dit is in die interpretasie en analise daarvan, soos in die interpretasie en analise van fiksie, dat die suiwer empiriese metode agterweë gelaat word. Om die paranormale wetenskap, veral rondom die kwessie van spoke en spookagtige verskynsels, dus in hierdie studie te gebruik as hulpmiddel om die funksie en aard van spookkarakters in die romans te verstaan, is daarom myns insiens nie vergesog nie, maar eerder prakties en insiggewend. Anders gestel: as ʼn empiriese wetenskap skiet die wetenskap van die paranormale tekort; dit is ʼn onbetroubare wetenskap (en onbeholpe wetenskaplikes) wat poog om die onbewysbare te bewys. Maar wanneer die paranormale wetenskap beskou word as ʼn tipe metanarratief in die populêre kultuur – ʼn storie oor wat spoke is, hoe hulle bestaan verklaar en bewys kan word en hoe die lewendes met hulle kan kommunikeer – is dit ʼn handige raamwerk vir die bestudering van fiktiewe spookkarakters.