• No results found

DIE VORMING VAN IDENTITEIT IN DIE HUIDIGE SAMELEWING

HOOFSTUK 3. DIE WÊRELD WAARBINNE DIE GEMEENTE HAARSELF BEVIND

2. DIE MAKROKONTEKS: DIE WÊRELD WAARBINNE ONS LEEF

2.1. DIE VORMING VAN IDENTITEIT IN DIE HUIDIGE SAMELEWING

Hierdie veranderinge in die samelewing het ‟n onlosmaaklike effek op die samelewing waarin ons leef en die invloed hiervan op die kerk kan nie geïgnoreer word nie. Castells (2004:5-70) wy ‟n hele hoofstuk aan hoe hierdie veranderinge die vorming van identiteit en die soeke na betekenis in die wêreld beïnvloed het. Volgens hom is elke mens op soek na betekenis in die lewe. Dit wat vir jou identiteit gee en jou identiteit bepaal, help jou om betekenisvol te lewe. Geen mens het betekenis op sy eie nie.

Castells (2004:6) definieer identiteit soos volg:

By identity...I understand the proses of construction of meaning on the basis of a cultural attribute, or a related set of cultural attributes, that is given priority over other sources of meaning.

Daar is volgens hom ‟n verskil tussen identiteit en die rol wat iemand vervul. ‟n Mens se identiteit gee aan hom betekenis. In die netwerk-gemeenskap waarin die mensdom homself tans bevind, sê Castells (2004:7) word betekenis in die lewe gebou rondom ‟n primêre identiteit wat homself oor tyd en ruimte onderhou. Alle identiteit word volgens hom gevorm. Die vraag is net hoe, deur wat, deur wie en waarvoor dit gevorm word. Daar is volgens Castells (2004:8-12) oorwegend drie prosesse waardeur identiteit gevorm word, nl.

Gelegitimeerde identiteit: Dit is identiteit wat gevorm is, of bekend gestel is, deur die dominante institute binne die samelewing, byvoorbeeld die staat en die kerk. Hulle probeer hulle ideologie of beleid in stand hou en vorm so ‟n burgerlike samelewing.

Weerstand-identiteit: Dit is tans die mees algemene manier waarop identiteit gevorm word en ontstaan wanneer daar weerstand ontwikkel uit ‟n situasie wat onuithoudbaar geword het. Voorbeelde is etnies gebaseerde weerstand of godsdienstige fundamentalisme.

53

Projek-identiteit: Dit is wanneer identiteit gebou word rondom die transformasie van die hele samelewing, gekoppel aan ‟n bepaalde saak of projek.

Suid-Afrika in die voor 1994-bedeling is ‟n voorbeeld gelegitimeerde identiteit. Die staat het in samewerking met die Nederduits Gereformeerde Kerk besluit wat vir die burgers en die lidmate goed en aanvaarbaar sal wees. Hulle het saam besluit wat kultureel aanvaarbaar sal wees en wat nie. Hulle het saam besluit waaraan die samelewing blootgestel gaan word en waaraan nie. Binne die plaaslike NG Kerk is daar nog sterk tekens hiervan sigbaar. Maar soos wat die gemeente verjong, soos later uitgewys word, word die invloed van die Post-Modernisme al hoe duideliker. Die spanning tussen die twee uitkyke op die lewe is duidelik sigbaar gesien vanuit die probleem wat nagevors word.

Volgens Castells (2004:10) word die vorming van identiteit altyd deur die sosiale konteks waarin die mens homself bevind, bepaal. Daarom is dit vir ons so belangrik om die huidige konteks te analiseer om te bepaal hoe dit die lidmate in die NG Gemeente Murray se identiteit vorm. Omdat ons in snelveranderende tye leef is mense baie onseker. Daarom skryf Castells (2004:11):

The search for meaning takes place then in the reconstruction of defensive identities around communal principles....I propose the hypothesis that the constitution of subjects, at the heart of the proses of social change, takes a different route to the one we knew during modernity, and late modernity: namely, subjects, if and when constructed, are not any longer on the basis of

civil societies, which are in the proses of disintegration, but as prolongegation of communal resistance.

In die era waarin die mensdom hom tans bevind, is die primêre manier waarop identiteitsvorming plaasvind, volgens Castells, deur middel van weerstands-identiteit. Hy beskou godsdienstige fundamentalisme as een van die belangrikste bronne vir die vorming van weerstands-identiteit in die netwerk-samelewing. Volgens hom is fundamentalisme altyd reaktief. Hy definieer godsdienstige fundamentalisme soos volg: “... the construction of collective identity under the identification of individual behavior and society‟s institutions to the norms derived from God‟s law, interpreted by a definite authority that mediates between God and humanity” (Castells 2004:13).

54

Daarom is dit vir ander groepe moeilik om met fundamentele groepe in gesprek te tree, want hulle luister nie na iemand wat anders as hulle dink of praat nie. Die radikale Moslembeweging is volgens Castells (2004:23-29) sprekende voorbeelde hiervan, maar so ook die Christendom. Wedergeboorte binne die Christendom, is volgens hom ‟n voorbeeld van fundamentalisme. “Through the personal experience of being born again, the whole personality is reconstructed, and becomes „the starting place for constructing a sense not only of autonomy and identity, but also of social order and political purpose‟”(Castells 2004:25).

Hy beskou dit primêr as ‟n reaktiewe beweging, wat daarop gefokus is om sosiale en persoonlike identiteit te konstrueer, op die basis van beelde uit die verlede, wat dan geprojekteer word op ‟n utopiese toekoms. Die twee sake waarteen die Christelike fundamentalisme tans in opstand kom, is volgens Castells (2004:28) globalisasie en die krisis waarin die patriargale stelsel tans verkeer, aangesien laasgenoemde, volgens hom, een van die boustene van Christelike fundamentalisme is.

Castells (2004:29) skryf:

The construction of Christian fundamentalist identity seems to be an attempt to reassert control over life, and over the country, in direct response to the uncontrollable processes of globalization that are increasingly sensed in the economy and in media.

Iets hiervan word tans binne die gemeente beleef. Dis my belewenis as navorser wat al die afgelope 17 jaar leraar in die gemeente is, dat veral die ouer lidmate in reaksie op al die veranderinge in die samelewing, vas probeer gryp aan die verlede, aan die manier van kerkwees soos dit dertig en vyftig jaar gelede gedoen is. Ek hoor nog gereeld stories van leraars wat in die dertiger tot tagtiger jare leraars was en hoe hulle dinge suksesvol gedoen het. Dit lyk vir my asof die teruggryp na die bekende van die verlede ‟n poging is om in ‟n snelveranderende wêreld weer beheer en betekenis te kry. Sommige lidmate is amper militant hieroor en is nie bang om ernstige dreigemente aan die huidige leraars te maak nie. Daar is dus duidelik tekens van weerstands-identiteit in die vorm van godsdienstige fundamentalisme sigbaar in die gemeente.

55