• No results found

DIE LERAAR AS MAN/VROU VAN DIE WOORD

HOOFSTUK 3. DIE WÊRELD WAARBINNE DIE GEMEENTE HAARSELF BEVIND

5. MIKRO-KONTEKS: DIE GEMEENTE SELF

3.2. DIE LERAAR AS MAN/VROU VAN DIE WOORD

“VDM: Verbi Divini Minister. Een predikant is voor alles dienaar van het Woord van God” (Van Dam 2001:75). Hieroor kan daar tog geen onduidelikheid wees nie. En tog is daar

92

reeds vermeld dat baie leraars nie moeite daarmee maak om tyd in te ruim om die Woord van God te lees met die oog op dit wat God vir hom/haar persoonlik wil deel nie. Dan verval die Bybel in ‟n objek of ‟n bron van hermeneutiese navorsing (van Dam 2001:75). En as dit gebeur, verloor die leraar die vermoë om geestelik te onderskei.

Marais (2007:97) het ‟n baie sinvolle tabel wat die verskillende maniere waarop die Bybel benader kan word, mooi saamvat:

Informatief Formatief

Lees met die verstand om te begryp Lees met die hart om te ontvang

Verstaan Luister

Inligting (informasie) Transformasie

Versamel kennis Verhouding: om iemand te leer ken

Beheer Broos

Doing Being

Funksioneel- die Bybel is ‟n hulpmiddel

Verhouding- die Bybel is die stem van God

Dis is belangrik dat leraars wat geskool is in die informatiewe lees van die Bybel hulself sal inoefen in die formatiewe lees van die Bybel. Dit impliseer egter die afgee van mag, iets waarvoor baie dalk bang mag wees. Dis ‟n erkenning: Ek weet eintlik nie veel nie, en as ek die Woord van God neem om te lees, dan is ek oop dat God deur die teks met my sal spreek op maniere wat my dalk sal verbaas.

Indien die leraar erns maak met die Formatiewe lees van die Bybel en genoeg tyd daaraan spandeer, sal dit ‟n inpak op sy prediking hê. Hy sal dan met gesag kan praat, omdat hy tyd spandeer het by die Een wat die Woord laat lewe. Dan word daar met outoriteit gepreek, omdat die een wat die Woord bring die Een persoonlik ken oor wie die Woord gaan (Peterson 2001:20).

Die regte manier van besig wees met die Woord van God in die lewe van die leraars is baie belangrik indien hy of sy wil leer om geestelik te onderskei. Die regte lees van die Bybel met die regte ingesteldheid het volgens Peterson (2006:44) die volgende gevolg:

93

When we submit our lives to what we read in Scripture, we find that we are not being led to see God in our stories but our stories in God‟s. God is the larger context and plot in which our stories find themselves.

Die formatiewe lees van die Bybel help dus vir die leraar om te onthou dat God altyd baie groter is as wat ons dink of droom. Dat God nie deur menslike denke vasgevat kan word nie. Dat Hy ‟n misterie bly. Soos Peterson (2005:157) ons tereg herinner dat God Homself aan die volk Israel openbaar het as: “Ek is wat Ek is”. Dan is daar ‟n openheid en gereedheid om God te soek in die alledaagse van die lewe.

As sodanig openbaar God Homself as die God wat in verhoudinge met die mens wil lewe. Ons het dit gesien in hoofstuk een. Die leraar gaan nie vir God persoonlik leer ken as hy voortdurend besig is om die Bybel informatief te lees nie. Veral nie as dit voortdurend gedoen word met die oog op ‟n boodskap vir Sondag se preek nie. Dat jy so baie van God kan leer is waar, maar om by God se missie aan te sluit het jy meer as kennis nodig. Jy het ‟n persoonlike verhouding met Hom nodig. Jy het nodig om deur sy Woord gevorm te word. Peterson (2006:59) stel dit mooi in sy boek, Eat this Book:

“Eat this book” is my metaphor of choice for focusing attention om what is involved in reading our Holy Scriptures formatively, that is, in such a way that the Holy Spirit uses them to form Christ in us. We are not interested in knowing more but in becoming more.

Hierdie is ‟n uiters belangrike vertrekpunt as dit kom by formatiewe lees van die Bybel. Dit is ‟n ingesteldheid van ek kom na die Bybel toe om God te ontmoet en Hom toe te laat om deur sy Woord aan my te openbaar wat Hy wil, en om my te vorm soos Hy wil. Ek kom dus nie met versoeke en vrae nie, ek kom met ‟n oop agenda en laat God toe om die agenda te bepaal. Om Hom te ontmoet soos Hy Homself wil openbaar (Peterson 2006: 67).

So ‟n omgaan met die Woord hanteer die Woord as iets wat lewend is. Dit is immers die Woord van die lewende God wat vlees geword het. Dit is die luister na die lewende Jesus, dit impliseer die algehele onderwerping aan Hom en die bereidheid om in liefde te reageer en te doen wat gevra word. ‟n Voorbeeld van so ‟n manier van Bybel lees, is lectio divina.

Lectio divina is the deliberate and intentional practice of making the transition from a kind of reading that treats and handles, however reverently, Jesus

94

dead to a way of reading that frequents the company of friends who are listening to, accompanying, and following Jesus alive.

(Peterson 2006:85) Dit is ‟n manier van Bybel lees waardeur die leraar daarna smag om Jesus Christus, God die Vader en die Heilige Gees persoonlik beter te leer ken. Dan word dit ‟n manier van lewe waarvolgens daar in navolging van die Woord geleef word, omdat die Woord lewend word. Dit is meer as ‟n tegniek, dit word ‟n manier van leef. ‟n Leefwyse van luister na en die doen van dit wat die lewende God deur sy Woord vra. So word die Woord meer as net ‟n klomp informasie, dit word die Bron wat die kind van God se lewe in navolging van Jesus vorm (Peterson 2006:90). Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die Bybel God se geïnspireerde Woord is, wat lewend is en iets te sê het vir elkeen wat dit lees. Dit gaan van die veronderstelling uit dat wanneer jy so met die Bybel omgaan God Homself aan ons bekend sal maak, met ons sal praat en ons lewens sal vorm (Jones 2005:51).

Hoe lectio divina hiermee? Jy kom na die Bybel met die houding dat jy ‟n leek is. Jy lees die teks meditatief, diep nadenkend deur, dan gaan jy oor in gebed met die Een wat aan die Woord was. Daarna laat jy toe dat die Een dit in jou lewe inprent deur vir ‟n tyd net in sy teenwoordigheid te wees. Jy laat toe dat die Woord jou transformeer terwyl jy daarmee besig is (Peterson 2006:91; van Dam 2001:76; Jones 2005:53) .

‟n Laaste opmerking: Hierdie manier van Bybel lees staan nie teenoor goeie eksegese of die meer wetenskaplike bestudering van die Woord nie. Dit gaan nie oor ‟n keuse vir die een of die ander manier nie. Die twee maniere vul mekaar aan. Goeie eksegese kan dien as ‟n goeie aanvulling tot die formatiewe lees van die Bybel, maar sonder die formatiewe lees van die Woord sal geloofsonderskeiding nie aangeleer kan word nie.

3.3. DIE LERAAR AS GEESTELIKE BEGELEIER EN IN GEESTELIKE