• No results found

HOOFSTUK 5. DIE NAVORSING

10. DATA VAN VRAELYSTE

10.6. DIE ROL VAN DIE LERAAR

Hier word veral gefokus op vrae 29-31. Indien die respondente ‟n keuse het, sal hulle verkies dat daar ‟n meer oop verhouding (78%) tussen hulle en die leraar moet wees,

143

eerder om ingestel te wees op visie vir die toekoms van die gemeente. Dit word verder bevestig by vraag 14-16 waar 48% van die respondente voel daar moet nie terugbeweeg word na die verlede nie ( 36% voel daar moet terug-beweeg word en 16% is onseker) en 96% by vraag 16 voel dat die gemeente by die Here moet hoor wat Hy van ons vra en dit dan gehoorsaam doen. Dit sal dus van wesenlike belang wees dat die leraars die individuele lidmate, sowel as die gemeente in sy geheel, moet help om met geloofsonderskeiding te leef. 67% van die respondente verwag dat die leraar meer vaardig moet wees in die ontwikkeling van die gemeente se bediening, eerder as om te konsentreer op die meer ordelike verloop van die gemeente se bediening. Wat egter interessant is, is die antwoorde van vraag 29D. Slegs 38% van die respondente voel dat lidmate verantwoordelikheid moet neem vir die bedieningstake in die gemeente. 26% voel dit is hoofsaaklik die werk van die leraar en 35% kan nie regtig ‟n besluit hieroor neem nie.

Wat moet ‟n mens hieruit aflei? Dat lidmate iets begin verstaan van waartoe die Here hulle en die kerk roep, maar nie noodwendig kans sien om buite hulle gemaksones te beweeg nie? Of word hulle nie genoeg bemagtig om dit te doen nie? Of is dit eenvoudig tans nie deel van die kultuur van die gemeente dat lidmate betrokke is en eienaarskap van die gemeente neem nie? Die kultuur is eerder dat iemand betaal word om die werk namens ons te doen. Dis immers wat op die plase gebeur. Tog is heelwat respondente reeds betrokke, soos gesien by 10.2.

Kyk ‟n mens na die antwoorde van vraag 17 oor waaraan daar die meeste waarde in die gemeente geheg word, is die waarde aan pastoraat deur die leraar in tye van nood slegs die sesde hoogste op die lys, of dan die derde mins belangrike. Wanneer alleen mense se eerste keuse in ag geneem word, is dit gesamentlik laaste op die lys van waardes. Voeg daarby die antwoorde van vraag 8, waar die besoek van ‟n leraar by die huis of die stoor se bydrae tot geestelike groei gesamentlik laaste is(6%), wil dit lyk asof daar moontlik ‟n vasklou aan die rol van die leraar is wat uit ‟n bedeling kom wat nie meer bestaan nie. Daar is ‟n nuwe verstaan van wat die kerk moet wees, soos reeds aangedui, maar lidmate is nog vasgevang in die kultuur dat dit die rol van die leraar is om hieraan uiting te gee. Die uitklaar van die leraar se rol sal dringend aandag moet kry. Die terugvoer vanuit die navorsing wil suggereer dat die leraar se rol nie meer kan wees wat dit ‟n paar jaar gelede

144

gewoontes soos wandel in die Woord en wandel in die wêreld. Die geestelike groei, persoonlike ervaring en voorbeeld van die leraar in die verband gaan van wesenlike belang wees. “You cannot preach what you do not practice,” geld hier baie sterk. Mense soek outentieke geloof in hulle leiers.

Persoonlike kontak met die leraar is vir die respondente van groot belang. Hulle wil die leraar as vriend hê, wat almal ken en oral gemaklik kan wees. Amper net so belangrik is die pastorale vaardighede van die leraar. Die leraar moet derdens die vaandel van die gemeente dra en almal inspireer om die gemeente se ideale na te jaag. Laastens op die agenda is die ontwikkeling van die gemeente se bedieninge en die toerusting van die lidmate. Dit bring weer die vraag na vore of daar nie ‟n verskil is tussen die kerkbegrip van die gemeente, wat al redelik missionaal blyk te wees en die rolverwagting van die leraar en die lidmate nie. Uit hierdie en die voorafgaande vraag lyk dit asof die lidmate hulleself nog baie sterk sien as die fokus van die bediening van die gemeente en is hier dalk self sprake van ‟n institusionele kerkmodel. Dit word verder bevestig deur die antwoorde van vraag 31.

Vraag 31 Na jou mening, watter van die volgende DRIE (3) behoort die belangrikste PRIORITEITE van ‟n dominee te wees?

E - Prediking B a r /C o lu m n P lo t o f C o u n t o f y e s S p r e a d s h e e t7 3 v * 7 c C o u n t o f y e s 7 7 % 6 6 % 4 6 % 3 6 % 2 7 % 1 1 % 7 % E B C G F D A v r a a g 3 1 0 2 0 4 0 6 0 8 0 1 0 0 1 2 0 1 4 0 1 6 0 1 8 0 2 0 0 7 7 % 6 6 % 4 6 % 3 6 % 2 7 % 1 1 % 7 %

145 G - Voorbidding

F - Toerusting en opleiding D - Organisasie

A - Administrasie

Die belangrikste taak van die leraar volgens die vraag is prediking. Dit word verder bevestig deur die antwoorde van vraag 17 waar die prediking gesien is as die aspek van die gemeente waaraan die meeste waarde geheg word. Dit kan positief gesien word, maar die vraag ontstaan onwillekeurig of dit nie ‟n bewys is dat die Verkondigingsmodel nog nie heeltemal gesterf het nie. Met berading en huisbesoek, onderskeidelik tweede en derde op die prioriteitslys van die leraar, word iets van die na binne-gerigtheid van die gemeente bevestig. Voorbidding en daarna toerusting kom eers na bogenoemdes ter sprake. Dit wil dus voorkom asof daar spanning bestaan tussen die kerkmodel van voorkeur in die gemeente en die rolverwagting van die leraar. Vergelyk die terugvoer oor kerkmodel van voorkeur. Die gemeente is besig om iets te begin verstaan van missionale kerk wees. Dit wil egter lyk asof dit nog net kopkennis is en daar nog nie ‟n hartsverandering ondergaan is nie. Uit die resultate van vraag 17, oor die aspekte van die gemeente waaraan waarde geheg word, is dit ook duidelik dat die rol van die leraar in krisistye nie baie hoog is nie. Dit bring weer die vraag na vore of daar nie botsende idees oor die rol van die leraar is nie. Daar is ‟n groot behoefte aan huisbesoek en tog word daar in die praktyk nie baie waarde aan geheg nie. Dit dra ook nie by tot lidmate se geestelike groei nie.

By die rolverwagting van die leraar is die volgende gekoppel aan ouderdom. By vraag 29D blyk dit dat meer van die bejaarde lidmate verwag dat die leraar verantwoordelik is vir die bedieninge van die gemeente as by die jonger lidmate. Daar is ‟n beduidende verskil tussen bejaarde en jonger lidmate se verwagtinge rondom huisbesoek. Die jonger groep het ‟n beduidende laer verwagting rondom huisbesoek as die ouer mense.

146 is dit nie belangrik nie.

Die verwagtinge rondom prediking is by sowel die jong as die ouer mense die belangrikste aspek van die werk van die leraar.

Ouer mense het nie ‟n baie hoë behoefte aan toerusting van die leraar se kant af nie, terwyl die jonger lidmate se behoefte daaraan groter is. Die jonger lidmate dink al anders oor kerk-wees as die ouer lidmate. Jonger lidmate wil nie net ontvangers van die evangelie wees nie, maar wil deel in die opwinding om ‟n verskil in die wêreld te maak. Hierdie verskil in behoefte sal by die uitklaar van die rol van die leraar in ag geneem moet word.

Jonger lidmate het ‟n groter behoefte daaraan dat die leraar genoeg tyd in voorbidding spandeer as wat die geval is by die ouer lidmate. Hierdie bevestig weereens ‟n ander verstaan van kerk-wees by die jonger lidmate. Hulle aanvaar nie sommer dat jy ‟n verhouding met God het omdat jy ‟n dominee is nie. Hulle soek in hulle geestelike leier presies dit, iemand wat geestelik navolgenswaardig is.

Daar is dus ‟n duidelike verskil tussen die verwagtinge wat die ouer lidmate van die leraar het en die wat die jonger lidmate het. Die vraag is hoe gaan daar op ‟n sinvolle manier aan die verskillende verwagtinge aandag gegee word?

10.7. TOEKOMSVERWAGTING IN DIE GEMEENTE