• No results found

DIE LERAAR AS GEESTELIKE BEGELEIER EN IN GEESTELIKE BEGELEIDING

HOOFSTUK 3. DIE WÊRELD WAARBINNE DIE GEMEENTE HAARSELF BEVIND

5. MIKRO-KONTEKS: DIE GEMEENTE SELF

3.3. DIE LERAAR AS GEESTELIKE BEGELEIER EN IN GEESTELIKE BEGELEIDING

Hierdie geestelike dissipline lê aan die hart van die kweek van die vermoë om met geloofsonderskeiding te leef. Deur die beoefening van geestelike begeleiding word die werklikheid van God se teenwoordigheid in die alledaagse van die lewe meer en meer sigbaar, selfs in die mees roetine werk wat gedoen word. Hieragter lê die vaste geloof dat die Gees van God lewendig is en aktief in die wêreld werksaam is (Jones 2005:110).

95 Drie voorveronderstellings speel hier „n rol:

(1) God is always doing something: an active grace is shaping this life into a mature salvation; (2) responding to God is not pure guesswork: the Christian community has acquired wisdom through the centuries that provides guidance; (3) each soul is unique: no wisdom can simply be applied without the particulars of this life, this situation.

(Peterson 1987: 150)

Geestelike begeleiding is „n doelbewuste instel van jouself om met geestelike onderskeiding deur die lewe te gaan en mense (mekaar) te help om God raak te sien en op Hom ingestel te wees. Peterson sê tereg dat die meeste mense dink dit is waarmee leraars besig is. Om mense te leer om te bid, om lidmate te help om bewus te word van God se genade in gebeurtenisse en ervaringe, om gedurig besig te wees om mense te wys op die teenwoordigheid van God in hulle lewens, ens. Die realiteit is egter dat leraars nie noodwendig doelbewus daarmee besig is nie.

Spiritual direction means taking seriously, with a disciplined attention and imagination, what others take casually...All those moments in life when awareness of God breaks through the crust of our routines...

(Peterson 1987: 151-152)

Dit beteken dat die leraar op ‟n nuwe manier na die lewe moet kyk. Om gedissiplineerd op soek te wees na tekens van God se teenwoordigheid of genade. Maar dit beteken ook dat daar op ‟n nuwe manier na sonde gekyk word. Dat die moeilike vrae oor die moontlike aanwesigheid van sonde gevra moet word. Dit impliseer die duidelike noem van dit wat verkeerd is. Daar is dus hierdie twee sake op die tafel in geestelike onderskeiding: waar werk die Gees en waar is sonde? (Peterson 1987:152)

Alan Jones skryf in die voorwoord van Margaret Guenther se boek, Holy Listening (1992:ix):

In some ways, the art of spiritual direction lies in our uncovering the obvious in our lives and in realizing that everyday events are the means by which God tries te reach us.

96

Geestelike begeleiding sal alleen sinvol en meer gereeld gedoen kan word as leraars minder besig gaan wees. Dit sal „n doelbewuste keuse moet wees teen die status quo en teen dit wat tans die norm is van wat van leraars verwag word in die bediening.

What is required is that we bring the same disciplined prayer and discerning attentiveness into the commonplaces that we bring to the preparation of lectures and sermons, sharing crises of illness and death, celebrating births and marriages, launching campaigns and stirring up visions. It means putting the full spotlight of prayerful concern on the parts of life that get no other spotlight put on them.

(Peterson 1987:160) Dit beteken dus ‟n doelbewuste erns maak met die gewone dinge van die lewe, altyd soekend na God en na tekens van sy genade daarin. Dit wat in die binnekamer gebeur, word in die alledaagse van die lewe voortgesit. So help die leraar medegelowiges om God as ‟n groterwordende werklikheid in hulle lewens te beleef en ervaar.

Wat uiters belangrik is vir die leraar wat as geestelike begeleier binne sy gemeente wil optree, hetsy formeel, of informeel in sy gewone besig wees in die gemeente, is dat hy iemand sal kry wat hom geestelik kan begelei. Hierdie is tans ‟n baie groot leemte binne die Nederduits-Gereformeerde Kerk waarvan die skrywer deel is. Dit is soos Ackerman (2001:66) tereg skryf die geval dat terwyl die leraar verantwoordelik is vir die geestelike versorging van die gemeente, hulle gewoonlik niemand het met wie hulle hul geloofsverhaal en frustrasie kan deel nie.

Die kry van ‟n persoonlike geestelike begeleier kan hiermee help. Die waarde van ‟n geestelike begeleier word deur Peterson se persoonlike ervaring soos volg deurgegee:

1. Hy voel nie meer alleen verantwoordelik vir sy geestelike groei en dissipline nie. Dit het by hom „n groter vryheid en selfs speelsheid in sy verhouding met God teweeggebring.

2. Hy kon meer oor die alledaagse dinge met sy begeleier praat en het meer bewus geword van God in die gewone alledaagse dinge in die lewe.

3. Hoewel die geskrewe materiaal hom baie gehelp het, was dit net anders om persoonlik met iemand te praat en kon hy meer direk bewus word van waar hy hom geestelike bevind (Peterson 1987:173-176).

97

Indien die leraar sy rol as geestelike begeleier ernstig opneem, sal hy aanhou bid dat die Here die regte persoon sal voorsien om vir hom of haar ‟n geestelike begeleier te wees. Wanneer daar erns gemaak word met geestelike begeleiding help die leraar die gemeente om te glo dat daar „n ander werklikheid is as die werklikheid van die lewe wat hulle kan sien en beleef elke dag. Die leraar se primêre roeping is immers die versorging en heelmaak van siele. Hy moet mense help groei in die voortdurende bewustheid dat God onlosmaaklik deel is van elke oomblik en elke aktiwiteit van die dag (Peterson 1989:56-60).