• No results found

H OOFSTUK 4: M ETA T EORIE

PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT DIE EFFEK VAN DIE DOOD OP EN DIE BEGELEIDING VAN DIE GETRAUMATISEERDE LAERSKOOLKIND.

4.6 DIE KIND SE FASES VAN ROU

Na die dood gaan elke kind, na gelang van sy unieke persoonlikheid deur verskeie fases gedurende die rouproses. Dit is belangrik dat daar tydens die hulpverleningsproses seker gemaak word in watter fase die kind hom bevind.

4.6.1 Kübler-Ross

Kübler-Ross (1969) se boek, On Death and Dying het ‘n groot impak gehad op almal wat doodsbegeleiding gedoen het. Sy het verskeie fases geïdentifiseer waardeur terminale pasiënte dikwels beweeg. ‘n Geneigdheid het by baie mense ontstaan om hierdie fases net so op die treurproses toe te pas. Dit is egter nie waar dat dit op

elke rouproses van elke mens van toepassing is nie. Dit is tog belangrik dat daar

kennis van hierdie fases geneem word, alhoewel dit met groot omsigtigheid gebruik behoort te word, aangesien daar geen algemeen toepaslike model/raamwerk is wat vir alle treurprosesse geld nie. Volgens Kübler-Ross (1969:34) is die volgende fases belangrik:

4.6.1.1 Skok en ontkenning

Die kind weier/kan nie glo wat besig is om met hom te gebeur nie en ontken dan die dood om die realiteit te ontduik vanweë die emosionele pyn wat ervaar word.

4.6.1.2 Woede

‘n Woede reaksie teenoor ‘n persoon, persone, instansies. Die kind is kwaad vir die ouer en voel dat hy (die ouer) hom in die steek gelaat het. Dit gaan dikwels ook gepaard met woede teenoor God wat die krisis toegelaat het. Hierdie woede kom meestal tot uiting deur middel van liggaamlike aggressie en woede-uitbarstings. Dit is belangrik dat die kind ook kennis neem dat goeie en gawe mense ook soms kwaad word.

4.6.1.3 Onderhandeling

gepaard. Hulle sal met God onderhandel (bv. waar iemand siek is of terminaal is) oor die moontlikheid van ‘n langer lewe.

4.6.1.4 Depressie (of egte rou)

Skuldgevoelens en hartseer gee veral tot ‘n fase van depressie aanleiding. Hierdie depressie is ‘n normale reaksie op die dood van ‘n geliefde. Daar moet uiting gegee word aan emosies. Deur nie uiting te gee nie, kan tot jarelange depressie lei.

4.6.1.5 Aanvaarding

Hierdie fase volg gewoonlik nadat die ander fases deurgewerk is. Die fases van rou kan oorvleuel. Elke fase verskil in intensiteit en tydsduur en meer as een fase kan gelyktydig voorkom.

4.6.2. Wells

Wells (1992:6) se siening van die fases van kinderlike rou verskil van die van Kübler- Ross. Dit is belangrik om kennis van al die verskillende sienings wat bestaan te neem, om sodoende te finaliseer watter fases werklik van toepassing op die kind is gedurende die rouproses. Hy onderskei die volgende fases:

4.6.2.1 Skok

By die kind is verwarring en disoriëntasie ook tydens die skokreaksie teenwoordig.

4.6.2.2 Ontkenning

Hierdie fase kom veral in die eerste paar dae direk na die dood voor. Dit voel dikwels asof die persoon nog leef en naby aan die mens is, veral omdat die persoon gedurende hierdie tyd dikwels in die mens se gedagtes is. Dit is daarom werklik moeilik om te erken dat die persoon dood is.

4.6.2.3 Soeke na die oorledene

Elke geleentheid waar so ‘n soeke ontstaan word die verlies meer intensief beleef.

4.6.2.4 Wanhoop

Die gevoel van verlies en die leemte wat die oorledene agtergelaat het lei tot die besef dat die kind mettertyd beleef dat die ouer nie gaan terugkom nie. Hierdie besef lei dikwels tot desperaatheid en/of moedeloosheid. Dit is in hierdie fase waar die kind gewoonlik weier om skooltoe te gaan (Wells, 1992:7).

4.6.2.5 Angstigheid en skuldgevoelens

In hierdie fase word angs met al die ander fases van rou vermeng. Dit is normaal dat die kind meer angstig as normaal sal wees en dat hy ander verliese ook sal vrees. Skuldgevoelens rondom sy gedrag voor die afsterwe van die ouer sal ook voorkom. Kinders sal dikwels skuldig voel omdat hulle te “stout” was en hulself daaroor verwyt. Hulle sal ook skuldig voel omdat hulle niks kon doen om die dood te verhoed nie of dat hulle op die een of ander wyse verantwoordelik vir die dood is (Grollman, 1991:6).

4.6.3 Silverman, Nickman en Worden

Silverman et al. (1992:499) voeg nog ‘n fase by in die rouproses van die kind: Verhouding met die oorledene. Hulle beklemtoon vyf aspekte wat veral toepaslik in die geloofsontwikkeling en -oortuiging van die kind is:

4.6.3.1 Lokalisering

‘n Definitiewe oortuiging dat die oorledene in die hemel is, dui volgens die skrywers op ‘n poging om die oorledene te lokaliseer.

4.6.3.2 Teenwoordigheid van oorledene

Die kind sal dikwels oortuig wees daarvan dat die oorledene hom uit die hemel kan sien. Hierdie oortuiging gee aan die kind die ervaring dat hy die oorledene se teenwoordigheid kan aanvoel.

4.6.3.3 Poging tot kommunikasie

Die kind sal dikwels met die ouer probeer kommunikeer deur te gesels of briefies te skryf.

4.6.3.4 Poging tot behoud van herinneringe

Die kind sal herinneringe oproep van tye wat saam spandeer is.

4.6.3.5 Poging tot behoud van oorledene se teenwoordigheid

Die kind sal die oorledene se teenwoordigheid in sy lewe probeer behou deur artikels of foto’s of geskenke bymekaar te maak wat aan die oorledene behoort het of gegee is (Furman, 1984:195).

Die navorser het uit ondervinding bevind dat Silverman et al. (1992:499) se vyf aspekte tydens die kind se rouproses herhaaldelik na vore kom. Hierdie fases is volgens die navorser van groot belang in die hulpverleningsproses van die kind. Wanneer daar metodes in die hulpverleningsproses ingesluit word om die kind te help om deur hierdie fase te werk, kan die kind werklik hierdie fase afsluit. Indien daar byvoorbeeld ‘n herinneringshouer (“memory box”) gemaak word, is dit iets konkreets wat die kind weer en weer kan hanteer om te help wanneer die hartseer te veel word. ‘n Oorgangsobjek soos hierbo genoem sal ou herinneringe berg, hom help fokus op sy verlies en hom help rou. Die herinneringe sal ‘n tasbare verbinding tussen hom en die oorledene vorm, wat ‘n besondere rituele aspek in die rousmart fase skep.

Dit is baie belangrik om te besef word dat daar geen korrekte of tipiese reaksie op verlies is nie, net soos daar geen korrekte of tipiese manier is om dood te gaan nie. Bogenoemde fases is slegs ’n aanduiding van moontlike fases wat sou kon voorkom en dan ook nie in ’n bepaalde volgorde nie.

Dat die dood traumaties is, kan niemand betwyfel nie. John Bowlby (1980:67) maak die volgende stelling:

“Family doctors, priests and perceptive laymen have long been aware that there are few blows to the human spirit so great as the loss of someone near and dear”.

Clinton et al. (2005:361) beaam die stelling heelhartig. Aangesien die dood beslis

trauma veroorsaak, sal daar vervolgens kortliks aandag geskenk word aan wat trauma is en hoe dit die kind raak.