• No results found

Die Afrikaner se betrokkenheid by rassespanning

HOOFSTUK 2 Teoretiese diskoerse

4. Die pragmatis, byvoorbeeld Solidariteit wat ʼn belangeorganisasie is.

3.2 Die uitbeelding van Afrikaneridentiteit in Oemkontoe van die nasie

3.2.6 Die Afrikaner se betrokkenheid by rassespanning

Volgens Barendse (2012:7) dui die Van Noords – die eienaars van Huis Gavok – se van op hul Europese afkoms en ingesteldheid, wat uitgebeeld word in die feit dat hulle seker maak dat al hulle huurders wit is. Toe Faan vir Katie van Noord gebel het met die

navraag oor ʼn beskikbare kamer, kon hy oor die telefoon haar agterdog bespeur na aanleiding van al haar vrae. “Ek’s ʼn witte, mevrou. As dit is wat u pla” (70) het Faan haar gerusgestel. Katie het erken dat hulle eintlik net aan “blankes” kamers verhuur, maar dat ʼn mens dit mos nie meer mag sê nie: “Hulle vat jou sommer hof toe. Ek is daarom altyd maar versigtig. [...] Maar ek kan hoor dat u van ons mense is, meneer Starck, al praat u nie soos ʼn Kapenaar nie” (70). In hierdie opsig word daar kommen- taar gelewer dat ras – en spesifiek om wit te wees – belangriker as al die ander identi- teitmerkers is om iemand deel van “ons mense” te maak.

Dat rassespanning in die nuwe bedeling hoogty vier, is duidelik wanneer Faan, oom Giep en Hansman by die mark in Kaapstad deur “drie swart mans” (166) gekaap word. Die gewapende swart mans rand vir Faan aan, en vlug dan met oom Giep se bakkie, sy beursie en sy en Faan se horlosies.51 By die Athlone-polisiestasie wil oom Giep die diefstal rapporteer, in Afrikaans, tot groot irritasie van die konstabels. Die konstabels, in Engels, meen dat oom Giep-hulle hulself kon verdedig, maar oom Giep verduidelik, steeds in Afrikaans, dat die mans gewapen is. Een van die konstabels maak kapsie teen oom Giep wat slegs in Afrikaans met hulle praat: “You keep carrying on in Afrikaans. Do you want me to speak Xhosa to you?” (167).

Faan wat ʼn lelike kopwond opgedoen het, staan in die aanklagkantoor en bloei, en die konstabel wil weet hoe hy seergekry het as hulle dan nie terugbaklei het nie. Faan verduidelik dat een van die kapers hom met sy pistool geslaan het toe hy beveel is om by die bakkie uit te klim. Die konstabel versoek Faan om die kapers te beskryf, maar Faan meen dis moeilik, “[...] everything happened so suddenly. There were three of them. Three black men in their late twenties” (168). Met ʼn grynslag reageer die konstabel arrogant: “These Boers think we all look the same” (168).

Dit raak duidelik dat die twee konstabels nie belangstel om Faan-hulle te assisteer nie, en wanneer Hansman hulle aansê om al hulle patrolliemotors oor die radio in te lig van die kaping sodat hulle die kapers kan vastrek, reageer die konstabel met ʼn aanvallende,

51 Dis ironies dat oom Giep dan ook die een is wat later in die roman die grappie vertel van die twee boere van

Garies wat op besoek aan die Paarl gekaap word. Die een kaper het sy pistool teen die boer se neus vasgedruk en dreigend “Umkonto we Sizwe” gesê. Toe die ander boer hom vra wat die kaper gesê het, reageer hy met: “Hy sê die konte wil swiets hê!” (232).

“Don’t tell me what I should do” (168). ʼn Stafsersant kom uiteindelik tot Faan-hulle se redding, met oom Giep wat sy verklaring self moet skryf omdat die stafsersant nie Afrikaans magtig is nie (168).

Nog ʼn voorbeeld van rassespanning kan gevind word in die toneel waar Meisie in die winkelsentrum inkopies doen, en sy ʼn ligte pluk aan haar handsak voel. Wanneer sy afkyk, sien sy dat haar handsak se knip oop is, en skuins agter haar gewaar sy ʼn “groot swart man wat kamstig aandagtig die pakke babakos in die ander rak [staan] en bekyk” (261). Meisie konfronteer die man en beskuldig hom dat hy haar probeer besteel het, maar hy ontken dit woedend:

“Just cause I’m black, you think I want to take your money? You forgot to close your handbag and now you say I tried to steal your money. [...] You white women always try to get black men into shit. You like it very much if we get into shit. [...] I think it’s because you like black men.” (261)

Meisie dring daarop aan dat die bestuurder geroep moet word sodat sy ʼn klag teen die man kan lê. Die swart man raak egter net meer ontstoke in sy tirade: “Cut your shit, you white bitch. You’re a bloody racist. Accusing me cause I’m black” (262). Meisie besef uiteindelik dat haar klagte futiel is, en het geen ander keuse as om weg te stap van die petalje nie. Op pad terug na die motor, stap sy en Joulene verby ʼn koffiekroeg en besluit om binne te gaan. Binne die koffiekroeg sien Meisie deur die tralievensters hoe die mense buite op die sypaadjie verbyloop, en voel dit vir haar asof hulle in ʼn tronksel sit: “Skrikbevange uitgesluit van ʼn wêreld waarin jy jou oral teen boosaardige kwaaddoeners vasloop” (262). Die uitgebeelde Afrikaners in die roman word dus telkens as die ware “gevangenes” geteken.

Dis egter nie net negatiewe rasseverhoudinge wat in die roman uitgebeeld word nie, soos gesien kan word wanneer Mape gevoelens vir Anna ontwikkel. Die eerste keer wat hy haar by die hospitaal bel, noem sy dat dit ʼn jammerte is dat sy kantoor niks aan die onwettige plakkers in Gavok se parkeerterrein kan doen nie. Om Anna se guns te wen, het Mape die plakkers gaan aansê om pad te gee (240). Selfs hierdie gebaar kon Anna egter nie finaal van Mape se gevoelens oortuig nie. Daarom daag hy een dag by die

hospitaal op met die versoek dat hy haar iewers heen wil vat waar hulle kan gesels. Anna aanvaar die aanbod en stel voor dat hulle by die Da Gama-hotel in Gordonsbaai gaan eet. Daar in die hotel se eetkamer het Mape vir Anna vertel van sy grootwordjare in Zoeloeland en hoe die omstandighede by die universiteit hom laat besef het dat universiteitstudie nie meer sin maak nie, en hom aangespoor het om met sy Inkatha- politiek by die Party aan te sluit.

Aan die einde van sy vertelling rig hy die volgende versoek aan Anna: “I would like to know about you and your people too” (244). Wanneer Anna lag en Mape vra waarom hy daarin belangstel, herinner hy haar aan die tyd toe die Afrikaners en die Zoeloes mekaar goed verstaan het: “Before apartheid caused us to drift apart” (244). Anna vertel haar storie – “ʼn lang, melancholiese uiteensetting” (244) – aan Mape. Toe sy klaar is, gaan staan hulle by Rooi Els op die rotse en kyk na Kaappunt in die verte. Vir Mape voel dit of die kontinent agter sy rug hom afdruk in die see in, siende dat Afrika se hele gewig op hierdie punt rus. Daarom versoek Mape dat Anna sy hand moet vashou, “so that we can help each other not to fall” (244).

Dis moontlik dat Haasbroek met hierdie verhouding tussen Mape en Anna, en spesifiek in hierdie toneel, ʼn korrektief probeer bied op al die ander verwronge rasseverhoudinge in die roman: ʼn ideaal vir rasseverhoudinge binne die reënboognasie, mits daar bereid- willigheid is om bestaande grense en skanse oor te steek of af te breek. Haasbroek suggereer dus dat al die rasse en verskillende kulture binne Suid-Afrika na mekaar se stories moet begin luister om mekaar beter te verstaan, want wanneer daar begrip vir mekaar is, kan daar ondersteuning wees, en só sal Suid-Afrikaners kan handevat.

Een van die interessantste inwoners van Huis Gavok is Koester, ʼn werklose passer en draaier wat homself wil “laat herregistreer as ʼn swarte sodat hy werk kan kry” (97). Hy oortuig vir Faan om as sy regsverteenwoordiger saam na die arbeidskommissaris te gaan, waar Faan vir Koester aan die kommissaris voorstel as ʼn “meerderjarige werklose, woonagtig binne die Paarlse munisipale gebied” (156) en verduidelik dat hy “weens ʼn ongelukkige, maar heeltemal begryplik administratiewe mistasting nie tot die vroeër benadeelde groep toegedeel is nie” (156). Die kommissaris vra Koester, “Jy wil dus nie langer as histories bevoorreg geklassifiseer wees nie?” (156), waarop Koester antwoord: “Ek willie wit wees nie. Ek kom vra julle moet my swart maak” (156).

Die kommissaris verduidelik aan Koester dat swart teenoor wit dieselfde ding is as histories bevoorreg en histories benadeel. Om dit te bepaal, vra hy Koester of hy enige inkomstegenererende bates besit, of bystand van die werkloosheidsversekeringsfonds kry, terwyl hy deur sy boek, “Regstelling van regstellende aksie”, blaai. Faan beklem- toon teenoor die kommissaris die ontwrigting wat klassifikasie in sy sogenaamde kliënt se lewe meegebring het – “Being socially uprooted, he became alienated from his fellow workers” (156) – en noem al Koester se kamstige vergeefse pogings om sy klassifikasie te verander. Die kommissaris vra Koester wat hy dink die belangrikste faktor is wat in die guns van sy herklassifikasie kan tel, waarop Koester antwoord: “My armgatgeit” (156). Volgens die kommissaris is die probleem dat Koester se klassifi- kasie met sy geskiedenis verband hou, spesifiek sy geskiedenis van bevoorregting. Faan stel dit duidelik dat Koester juis nié bevoorreg was nie: “Hy kom uit ʼn werkersgemeenskap. Het swaarkry van kindsbeen af leer ken. Hoeveel keer was hy nie werkloos nie? Hy is op die oomblik werkloos en ontvang nou nie eens meer werkloosheidsvergoeding nie” (157). Die kommissaris keur egter Koester se versoek af, met die motivering dat daar nie ʼn enkele wit mens in die land is wat nie deur apartheid bevoordeel is nie, net soos elke swart mens daardeur benadeel is.

Op komiese wyse word hierdie toneel ingespan om nie net die spot te dryf met die Afrikaner se apartheidsgeskiedenis waartydens rasse dikwels geherklassifiseer is nie, maar om ook uitbeelding te gee aan die kwessie rakende wit bevoorregting, met die siening dat wit mense altyd bevoorreg, en swart mense altyd benadeeld is. Die stand- punt wat hiermee onderstreep word, is dat die armste wit mens steeds in die oë van die nuwe regering beter af beskou word as selfs die rykste swart mens – als as gevolg van die apartheidsbeleid wat rasse-ongelykheid geïnisieer het.

Koester se verraderlikheid kom verder na vore wanneer hy ʼn geheime vergadering van ʼn verregse militante groep bywoon wat almal gekom het om na generaal Dieter Marniks te luister. Die meeste mans dra kakieklere of kamoefleerpakke, en is almal opsigtelik gewapen met handwapens, haelgewere, jagmesse, ninjastokke en selfs kruisboë, met die vrouens, “vrolik paraat”, in hulle geblomde windbrekers met die partyembleem agter op hul rûe (127).

Voor die vergadering begin, gesels die mans oor die “vyand”. Hulle praat onder mekaar oor hoe hulle die vyand eers tot in Maseru gejaag het, en toe tot in Maputo waar hulle “sewe soorte kak” (127) uit hulle geskiet het sodat hulle na Mombasa, Lusaka of Luanda gevlug het waar hulle “soos brakke vir die maan sit en tjank het” (127). Hierdie vyand word bestempel as die “hopeloosste spul terrs in die geskiedenis” (127), wat “windgat” na Suid-Afrika teruggekeer het toe die Nasionale Party se apartheidsbeleid afgeskaf is, oftewel, “toe die Natte hulle knaters verloor het” (127). Hierop volg ʼn opnoem van die “vyand” se gevegte wat hulle met hul eie mense in Suid-Afrika “met hulle taaiers en vuurhoutjies” (127) kom voer het. Een van die partylede beweer dat “hulle het meer van hulle eie mense doodgemaak in die eerste jaar ná die verkiesing as wat daar in al die jare van apartheid gedood is” (128). Dan volg die verwyt dat die Suid-Afrikaanse weermag hierdie “vyand” in diens geneem het, wat gelei het dat hulle op wit offisiere begin skiet, karre en banke se kontantkombi’s met hulle R4’s en AK’s gekaap, en oorlog teen die Boere gemaak het (128). Die partylede bemoedig mekaar met die belofte dat hulle “die fokkers” (127) nog gaan terugjaag tot in Kaïro (128). Dominee Verschoor, in kakieklere en ʼn toga, open die vergadering met Skriflesing en gebed, waarna daar gesing word sodat hulle “klaaglied” kan opklink in God se oor (128). Koester vind dit “lekker tussen mense wat dieselfde doel voor oë” (128) as hy het, en hy is in solidariteit met hierdie mense wat “weet wat hul wil hê” (128). Toe generaal Dieter Marniks, ʼn “dikkerige jongman, vergesel van twee formidabele lyfwagte in uniform” (129) sy opwagting maak, lig hy sy vuis en skreeu woedend, “Skiet ʼn kaffer! [...] Kill a black!” (129) terwyl hy sy gestewelde voet op die plankvloer stamp. Die mense in die gehoor spring almal regop en volg sy voorbeeld. Selfs Koester skreeu uitbundig saam, want “dat hy ʼn bok is vir boeresports, is nie altemit nie” (129). Terwyl die partylede entoesiasties saam met hulle generaal dreigkrete skreeu, wonder Koester “of daar ʼn soort besigheid is wat hy met hierdie partygenote van hom kan doen. Wat kan hy aan hulle verkoop? Sambokke?” (129).

Koester se uiteenlopende en kontrasterende optredes maak van hom enersyds ʼn verraaier omdat hy – ten spyte van sy solidariteit met die verregse groep – verskuilde motiewe het en selfs oorweeg om hulle uit te buit; andersyds sou hy ook as tipe joiner- figuur bestempel kon word omrede hy sy Afrikanerskap wil afsweer en oorgee tot ʼn nuwe ras en kultuur om voordeel binne die nuwe Suid-Afrika te trek. In die karakter

van Koester word die Afrikaner se geskiedenis – meer spesifiek die Anglo-Boereoorlog waar sommige boerekrygers as verraaiers bestempel is omrede hulle joiners of hensoppers geword het – by die roman betrek. Die feit dat die verregse groep nie bewus is van Koester se ware intensies nie, en selfs die feit dat die arbeidskommissaris Koester se versoek hoegenaamd trakteer, is Haasbroek se manier om verregse politiek en die herklassifikasie van rasse bespotlik te maak, juis deur dit op sulke komiese en belaglike wyse uit te beeld.