• No results found

Die algemene omstandighede ná 1994 se invloed op Afrikaneridentiteit

HOOFSTUK 2 Teoretiese diskoerse

4. Die pragmatis, byvoorbeeld Solidariteit wat ʼn belangeorganisasie is.

3.2 Die uitbeelding van Afrikaneridentiteit in Oemkontoe van die nasie

3.2.1 Die algemene omstandighede ná 1994 se invloed op Afrikaneridentiteit

Soos alle satirici speel Haasbroek, aldus Viljoen (2002a:11), ʼn geslepe spel met feit en fiksie: sommige gegewens in die roman is feitelik, party is waarskynlik, ander is moontlik en nog ander suiwer fiksie. Deur die vermenging van dié elemente skep Haasbroek volgens haar ʼn toekomsbeeld van Suid-Afrika in die jaar 2005 waarin

allerlei vorme van verval, korrupsie en veragterliking manifesteer. Vir John (2002:9) is

Oemkontoe van die nasie in essensie gemoeid met die ontmaskering van die sothede

van die nuwe bestel. Hy noem dat dit juis Faan se “onskuldige” waarnemings is wat dit duidelik maak hoe skeef en bevooroordeeld die nuwe waardestelsel is. Haasbroek self erken dat sy belangstelling in die sogenaamde “strukturele geweld” lê – ʼn gewelddadig- heid wat eintlik in die naam van die goeie gepleeg word en waarvan die individu slagoffer raak binne ʼn bepaalde historiese tydperk (Van Coller, 2016:445).

Die roman begin met Faan wat voor Nylstroom se Standard Bank wag om sy groot tjek te deponeer wat hy ontvang het vir sy jeugroman, Boetie, sy’s ʼn perskeblom37, wat nou

vir ál die graad agts in die Noordelike Provinsie en Noordwes voorgeskryf gaan word, omrede Faan alle moontlike aanduidings van ras of kleur noukeurig weggelaat het (7)38. Die begin van die roman skets reeds ʼn negatiewe beeld van agteruitgang en verval in die Suid-Afrikaanse samelewing.

ʼn Gevoel van ontheemding word beklemtoon wanneer Faan opmerk dat hy die “swartes” op die sypaadjies agterdogtig dophou uit vrees dat hulle sy tantieme-tjek gaan steel (5). Ook die boere wat dorp toe gekom het, lyk “ontuis” (5) en handel hulle sake haastig af. Misdaad word ook beklemtoon wanneer Faan ʼn vragmotor sien waarop die registrasienommer groot en swart op die deur en teen die bak se kantplaat aangebring is om moontlike opsporing ná kaping te bemoeilik, maar volgens Faan sal hierdie plan slegs ʼn ruk werk nadat dit gekaap is (6). In die parkeerarea voor die bank sien Faan op die bak van ʼn bakkie ook ʼn lyk se voete wat onder ʼn kombers uitsteek – iets wat deesdae nie meer snaaks is nie, want “jy vind dit oral” (6). Korrupsie word ook belig wanneer Faan twyfel of die bank se sekuriteitswag met sy masjienpistool werklik daar is om roofpogings te fnuik, aangesien hierdie wagte meestal “kop in een mus met die voornemende rowers is” (6).

37 Die uitgewer van Faan se jeugroman is “Gakiso Publishing House” (7), ʼn duidelike woordspeling op die

druknaam “Kagiso” wat Suid-Afrikaanse leermateriaal publiseer. Aangesien “Kagiso” in Tshwana “vrede” beteken, is hierdie reeds ʼn teken dat die vrede as’t ware vir Faan versteur word wanneer hy forseer word om uit die onderwys te bedank. Dit kan ook verder na die sosio-maatskaplike en -politieke omstandighede verwys waarbinne die roman afspeel, aangesien die uitgebeelde Afrikaners in die roman die gevoel koester dat die algemene omstandighede van Suid-Afrika drasties aan die versleg is, met die vrede wat gevolglik vir hulle versteur word.

38 Verwysings in hierdie hoofstuk met slegs ʼn bladsynommer verwys na: Haasbroek, P.J. 2001. Oemkontoe van

Swak dienslewering blyk ook aan die orde van die dag te wees. Die stadsraad het byvoorbeeld versoek dat mense hulle vullis self na die munisipale stortingsterrein neem, aangesien daar nie meer geld vir vullisverwydering in die munisipaliteit se begroting is nie (8). Die gevolg is dat almal snags hulle vullissakke sommer langs die pad of in die park weggooi, en party mense gaan stort selfs hul vullis voor die burgemeester se huis as teken van ontevredenheid oor die munisipaliteit se versoek (8). Beide die onderwys en rugby het in die nuwe Suid-Afrika agteruitgegaan, alhoewel die “Groot Gelykmaak” (24) van 1994 se verkiesing, volgens Faan veel nadeliger vir die onderwys as vir sport was. Tydens sy verhoor voor die Waarheids-en-Versoenings- kommissie39 kla Faan se mede-aangeklaagde, die oud-geskiedenisonderwyser Koos Kastelijn, dat hulle warm gaan kry omrede daar soos in alle skoolsale landwyd, geen lugreëling is nie (17). Die enigste uitsondering, volgens Kastelijn, is die enkele privaatskole aangesien hulle altyd die beste fasiliteite het. Haasbroek verwys hiermee na die stand van staatskole in die nuwe Suid-Afrika wanneer Kastelijn byvoeg: “Die arme staats- en gemeenskapskole suig steeds aan die agterste speen, maar moet ook hulself daarvoor blameer, gegewe hulle onvermoë om saam te staan en ʼn regverdige deel van die staatsbesteding te eis” (17).

Die onderwysstandaarde het verder gedaal omdat die leerders nie meer geëksamineer mag word en punte mag ontvang nie, aangesien dit verskille in hulle geledere aan die lig sal bring (25). Haasbroek steek die draak met die demokratiese siening dat almal gelyk is, en die toekenning van punte dus onderskeid tussen die leerders op grond van hul akademiese vermoëns sal tref, wat kan lei tot ʼn tipe “intellektuele apartheid”. Volgens Faan is skoollewe polities gemaak, “soos alles in ons samelewing” (134). Daarom moes hulle die kinders se regte respekteer en was ʼn pak slae verbode. Skoolkinders het in die nuwe bedeling inspraak in die bestuur gehad, hulle eie verteenwoordigers aangestel, demonstrasies gereël, hulle griewe gelig, en saam met die skoonmakers en tuiniers gestaak. Hulle is selfs toegelaat om oor ʼn onderwyser se houding te protesteer en gevolglik te laat afdank.

Die chaotiese omstandighede wat in die onderwys heers, word duidelik deur Faan se persoonlike ervarings as onderwyser geteken. Een van Faan se leerders het op ʼn dag agter in sy klas in ʼn koeldrankbottel geürineer, en die bottel toe in die gangetjie tussen die banke afgerol. Tydens die skoolbasaar is ʼn paar seuns en meisies op die gimnastiek- matte in die stoorkamer betrap waar hulle besig was om seks te hê. ʼn Paar van hierdie meisies het swanger geraak (een was maar net veertien jaar oud), en twee van die seuns is geskors omdat hulle later dagga in die klaskamer gerook het. Een van die onderwysers se motorbande is ook stukkend gesny omdat hy die kinders ná skool agtergehou het om hulle huiswerk oor te doen; geld is uit die skoolhoof se kantoor gesteel; die leerders het die skool se houtwerktoerusting gesaboteer; en in 1999 het Faan se skool slegs ʼn veertig persent matriekslaagsyfer gehad (134-135).

Wanneer Faan saam met ander ontnugterde Afrikaners aftrek Kaap toe in die hoop om ʼn beter heenkome te vind, word hulle ook hier met talle verslegtende omstandighede gekonfronteer. Paarl se hoofstraat, wat herdoop is tot “Poer-in-jou-moer-straat” (68), is vol slaggate (met die naamgewing wat dus simbolies van die omstandighede in Suid- Afrika word). By een van die motorhawens dra ʼn petroljoggie ʼn “bloedrooi koeëlvaste onderbaadjie en ʼn pompaksiehaelgeweer” (68). Die kafee se straatvenster is gepantser met diefwering, en agter die tralies, op die ruit, staan “Ietsamô Cafee” geskryf omrede alle advertensie- en naamborde volgens die nuwe taalregulasie in Engels moet wees (68).

Die land se dalende onderwysstandaarde kan ook op die spelfoute op die verkiesings- plakkate in die Paarl opgemerk word, byvoorbeeld “The third elecsion” (95). Die landsburgers se reaksie op hierdie intellektuele agteruitgang, maar ook hul algemene siening oor die verkiesing en die land se politiek, word weerspieël in “The turd erecsion” (95) wat onder bogenoemde op die plakkaat bygeskryf is.

Dat alle terreine van die volkslewe onder regeringsbeheer is, kan verder gesien word in oom Giep, eienaar van Huis Gavok, se baie klein vrugteboerdery wat hy op die erf bedryf. Al kry hy maar min vir sy vrugte by die mark en by die koöperasie, moet hy noodgedwonge met sy boerdery aangaan, want as hy dit sou staak, “kom vat die munisipaliteit die grond en bou hulle dit toe onder tweekamerhuise. Dis beleid, daaraan

kan jy niks doen nie” (130)40. Volgens oom Giep help dit ook nie om kamers te verhuur as die huur so laag is nie, aangesien die huur beheer word: “Alles word deesdae beheer. Die regering sê wat jy vir jou pampoene mag vra, hoeveel vis jy mag vang en wie mag tender om leë blikke langs die Kaapseweg op te tel” (130).

Paarl se sypaadjies is vol kinders wat nie skool toe gaan nie, maar kleingeld verdien deur motors op te pas, vensters te was, dagga te verkoop, of selfs as prostitute te werk. Baie is weeskinders wat “Die Siekte” in hulle bloed dra, of hulle is weggooikinders van die armes wat hulle in die Kaapse Vlakte se plakkerskampe kom vestig het (134). Later in die roman word daar beskryf hoe smouse op die sypaadjies desperaat hulle ware probeer verkoop, en hoe bedelaars smekend hulle hande na die motors se vensters uitsteek: “Baie van hulle is riemmaer, en op hulle vaal gesigte wys die letsels van hulle besmetting” (260-261). Wanneer Joulene en Meisie, twee ander inwoners van Huis Gavok, by die winkelsentrum wil ingaan, word hulle handsakke eers deur ʼn sekuriteits- wag deursoek, en groot is sy verbasing dat hulle ongewapen is, want hy en sy maat wed mekaar altyd oor die soort wapens wat die klante ronddra: “Party van die anties het sukke skietysters, hulle kan propperlies oorlog maak” (261).

Ander aktiwiteite in die Paarl wat dui op chaos en agteruitgang wat in die samelewing heers, sluit in twee mans wat helderoordag ʼn skaap in hul agterplaas slag terwyl ʼn klein seuntjie grootoog daarna staan en kyk; werkers wat Rooikruispakkies in ʼn vragmotor se versterkte staalbak laai onder bewaring van gewapende wagte wat toesien dat die medisyne nie gesteel word nie; ʼn paartjie wat langs die Breërivier seks in die publiek het ten aanskoue van almal wat verbystap; die grasperk voor die kerk wat deur swart vroue met wit kopdoeke en pers rokke beset word vir hulle Sioniste-saamtrek; skoolkinders wat rook of vry onder die akkerbome op die skoolgrond, of verveeld van die skool af wegloop; oumense wat vir beveiliging in bedremmelde grys bondeltjies saam kerk toe loop; al die stasie se kruiers en kaartjieknippers wat toyi-toyi voor die stasiegebou; en die minister se chauffeur en ʼn paar lyfwagte wat tydens ʼn onthaal vir Paarl se hoër amptenare buite staan en sy ampsmotor oppas, en wanneer ʼn ouerige

40 Hierdie is ʼn tevergeefse poging aangesien ʼn gedeelte van Gavok se grond wel later deur die grondher-

dame se handsak deur ʼn grypdief afgevat word, hulle haar noodkreet ignoreer, maar daaroor grinnik (335-336).

Selfs Hansman, Huis Gavok se bruin handlanger, erken teenoor oom Giep “die Kaap is nie meer Hollands nie” (164). Oom Giep stem saam, en noem dat dinge beter was voor die nuwe regering alles kom verander het. Hansman help hom reg en sê dat omstandig- hede in die verlede net vir die wittes beter was, maar oom Giep is oortuig dat dit vir bruin mense ook beter was, en dat wit en bruin in die nuwe Suid-Afrika in dieselfde bootjie is: “Julle dog nog nou is dit Krismis, toe gewaar julle dié regering het net so min erg aan julle as aan ons wittes” (165).

In Paarl se biblioteek sukkel Meisie om tussen so min boeke te werk, aangesien “hulle” byna alles gevat het. Alhoewel dit onduidelik is of die “hulle” na swart regerings- amptenare of bloot swart landsburgers verwys, word hulle deur Meisie as “die Ander” bestempel. Meisie vertel hoe “hulle” opgedaag het met ʼn lys van boeke wat “nie in die nuwe Suid-Afrika pas nie” (205) – moontlik omdat die taalgebruik, verhaalgebeure en karakteruitbeelding as polities inkorrek beskou is – en hoe hierdie boeke almal gesteel is. Kort voor lank het die boeke waarvan die “hulle” wel hou ook begin voete kry, en nou is daar net boeke oor wat polities aanvaarbaar is, “maar wat niemand wil lees nie” (206).

Paarl se biblioteek word later permanent toegemaak, en Meisie word werkloos gelaat. Raadslid Stofberg verduidelik aan Meisie dat hierdie besluit deel is van die regering se omvorming van uitgediende strukture, aangesien die gemeenskap nie langer biblioteke wil hê nie. Volgens hom is biblioteke niks anders as “sentrums van bevoorregting vir ʼn klein groepie mense wat lees nie” (334). Omrede die dorpsraad meen dat net ledige rykes tyd het om te lees, het hulle besluit om hierdie “rugryers” (334) nie meer langer te pamperlang met gesubsidieerde leesstof nie.

Johan Sorgdraer, ook ʼn inwoner van Huis Gavok, verduidelik dat Suid-Afrika se armoede toegeskryf kan word aan die ekonomie wat nie groei nie. Redes wat hy verskaf is dat die land ʼn groot deel van sy hoogs geskoolde mannekrag verloor het wat na veiliger en welvarender lande geëmigreer het; dat ʼn groot deel van Suid-Afrika se kapitaal elders belê is waar opbrengste hoër en sekerder is; en dat alles agteruitgegaan

het vanweë apartheid en die grensoorlog en ʼn ekonomiese beleid wat nie geskik was vir hulle omstandighede nie (211-212).

Dis interessant om op te merk dat Johan, ten spyte van hierdie pessimistiese beskouing van die land, erkenning gee dat apartheid en die grensoorlog (sleutelgebeure binne die Afrikaner se geskiedenis), verantwoordelik is vir die huidige stand van sake.

Dat die regering hulle bes probeer om ten spyte van hierdie verslegtende omstandighede ʼn utopiese beeld voor te hou, word duidelik uitgewys in die feit dat omroepers net goeie nuus mag lees, en koerantberigte en vlugskrifte net ʼn positiewe boodskap mag dra: “Kennisgewings, lesings, preke, aanbiedings van allerlei aard en televisieprogramme moet altoos die land in ʼn goeie lig stel” (218).41

Selfs ʼn karakter soos Mape Nyathayaka van die grondregstellingskomitee is nie blind vir die tekortkominge van die nuwe Suid-Afrika nie. Wanneer suster Anna Kornelis, ook ʼn inwoner van Huis Gavok, hom vra hoekom hy Kaap toe gekom het, begin hy verduidelik dat hy vir sy graad aan die Universiteit van Zoeloeland studeer het, waar daar kort-kort massavergaderings, protes en demonstrasies was om alles reg te stel wat in die ou Suid-Afrikaanse samelewing verkeerd geloop het. Hy is eerlik oor die voordele wat dit vir die swart studente ingehou het, soos kwytskelding van skuld, skrapping van fooie, en die omkeer van dissiplinêre maatreëls: “Hulle was daarop geregtig, het baie van sy maats geglo. Die nuwe regering is dit aan hulle verskuldig” (242). Toe dit op die lappe kom hoe maklik studente sekere kursusse slaag en grade kry – met vermoedens oor minderwaardigheid wat soos ʼn stank oor die universiteit begin hang het – het Mape bang geword vir die massaoptredes. Boonop het die Minister van Onderwys in ʼn toespraak aangevoer dat ʼn groot deel van die “sogenaamde kennis” wat studente aan die land se universiteite verwerf, nog steeds die ou apartheidsdoel weerspieël wat Europeesgesinde groepe bo diegene van Afrika laat vooruitgaan.42

41 In 2016 het Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SABC, aangekondig dat die SABC voortaan

nie meer beeldmateriaal van gewelddadige betogings sal uitsaai nie. Kritici het Motsoeneng daarvan beskuldig dat dit deel van ʼn strategie is om slegs “sonskynnuus” oor die ANC te verkondig, en bewyse lewer van die “Zumafikasie” van die openbare uitsaaier (Essop, 2016).

42 In April 2018 het die Universiteit Stellenbosch aangekondig dat die kurrikulum van minstens tien akademiese

programme gedekoloniseer sal word. Dit sluit onder andere die universiteit se BA-, BCom-, BSc- en LLB- programme in (Brits, 2018).

Aangesien studente toe hulle eie revolusionêre leerplanne wou opstel, het Mape besef dat dit die universiteit se standaarde net nog meer verdag sou maak, en het hy die universiteit verlaat.

Faan se omvattende lys van die politieke propaganda op plakkate teen kragpale en bome, oftewel “begeerlike aanbiedinge”, kan gelees word as ʼn verdere tekening van die algemene omstandighede van hierdie distopiese Suid-Afrika in die roman, wat gekenmerk word deur onder andere korrupsie, ʼn gebrek aan dienslewering, werk- loosheid, taaldiskriminasie, en misdaad:

Skoon administrasie, flinke diens, transformasie, wet en orde [...] handhawing van taalregte, werkgeleenthede vir werksoekers, beter onderwys [...] instandhouding van paaie [...] veiliger woonbuurte [...] swart bemagtiging [...] bystand vir kulturele sake [...] werkloosheidsversekering [...] doeltreffende polisiëring [...] spoeltoilette, ʼn beter toekoms, afbreek van apartheid, bekostigbare behuising, bekamping van korrupsie [...] verantwoordelike regering, stabiele regering, en helaas ook meerderheidsregering. (245)

Faan wonder hoe daar van hom as kieser verwag kan word om tussen al hierdie beloftes te kies, en vind die aanbod só oorweldigend, dat hy later nie meer kan onthou watter politieke party watter belofte gemaak het nie. Faan is egter oortuig dat daar net een party is, naamlik die regerende party: “Die meeste pale en bome word deur hulle geel en groen en swart plakkate beset” (245). Die is natuurlik die kenmerkende kleure van die ANC, die regerende party wat Haasbroek deurgaans in die roman kritiseer.