• No results found

Demokratiese konsolidasie in Afrika : 'n vergelykende studie tussen Botswana en Mauritius

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Demokratiese konsolidasie in Afrika : 'n vergelykende studie tussen Botswana en Mauritius"

Copied!
118
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)Demokratiese Konsolidasie in Afrika: ʼn Vergelykende Studie tussen Botswana en Mauritius. Nica-Elize Slabbert. Werkstuk ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad van Magister in die Wysbegeerte (Politieke Bestuur) aan die Universiteit van Stellenbosch. Studieleier: Prof W.J. Breytenbach. Desember 2006.

(2) VERKLARING. Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk vervat, my eie oorspronklike werk is, wat nog nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige ander universiteit ter verkryging van ʼn graad voorgelê is nie.. Handtekening: ................................... Datum: ................................................ ii.

(3) OPSOMMING Botswana en Mauritius opereer sedert hul onafhanklikheidswording, in 1966 en 1968 onderskeidelik, as stabiele veelparty demokrasieë.. Daar is egter. onduidelikheid met betrekking tot watter land die mees gekonsolideerde demokrasie is. Hierdie studie vergelyk dus Botswana en Mauritius aan die hand van spesifieke kriteria, ontwikkel deur skrywers soos Huntington (1991), Linz en Stepan (1996), Przeworski (1996) en Schedler (1998 en 2001), ten einde te bepaal watter land die mees gekonsolideerde demokrasie is. Die kriteria wat gebruik word om die mees gekonsolideerde demokrasie te bepaal, is drieledig. Eerstens gaan die instellings wat demokratiese konsolidasie beïnvloed, en die teenwoordigheid daarvan al dan nie, in Botswana en Mauritius ondersoek word. Die spesifieke instellings wat ondersoek word, is die volgende: die moontlike bestaan van ʼn regstaat; of die staat gekenmerk word deur ʼn Presidensiële of Parlementêre stelsel; politieke partye; die kiesstelsel wat gebruik word; die mate waartoe verkiesings mededingend, vry en regverdig is, en of hierdie verkiesings al gelei het tot ʼn vreedsame politieke bewindsverandering; die bestaan van ʼn bruikbare staatsburokrasie; en laastens gaan Freedom House se ranglys gebruik word om vas te stel tot watter mate die politieke en burgerlike regte van burgers beskerm en gewaarborg word. Tweedens gaan die sosio-ekonomiese faktore wat ʼn rol by die erosie of verdieping van demokratiese konsolidasie speel, bestudeer word, met die fokus op tendense sedert onafhanklikheid. Hierdie faktore sluit die bestaan van ʼn ekonomiese samelewing; per capita inkomste; ekonomiese groei en inflasie; en ongelykheidsverlaging in die samelewing in. Laastens word die sosiale omstandighede in Botswana en Mauritius ook ondersoek. Hierdie studie fokus op die bestaan van etniese homogeniteit of heterogeniteit in die samelewing; die bestaan en grootte van die middelklas soos. iii.

(4) beïnvloed deur die verstedelikingsyfer en volwasse geletterdheid in die samelewing; en laastens die bestaan en rol van die burgerlike samelewing. Hierdie studie kom tot die gevolgtrekking dat Mauritius die mees gekonsolideerde demokrasie is, wat deur die volgende bevindinge gesteun word: Mauritius is ʼn regstaat, en Botswana nie. Daar is ʼn skeiding tussen die amp van Staatshoof en Regeringshoof in Mauritius, terwyl ekstensiewe mag in Botswana se President gesetel is. Daar is nie ʼn enkele dominante politieke party in Mauritius nie, terwyl die BDP die politieke sfeer in Botswana sedert 1966 domineer.. Die FPTP. kiesstelsel in Mauritius word aangevul deur die BLS ten einde voldoende verteenwoordiging vir minderheidsgroepe te verseker, terwyl slegs die FPTP kiesstelsel in Botswana gebruik word. Mauritius se verkiesings word as mededingend, vry en regverdig beskou, terwyl die regverdigheid van Botswana se verkiesings bevraagteken word, gegewe die spesifieke verkiesingstelsel. Mauritius slaag ook Huntington se “Two Turnover” toets, aangesien daar reeds drie politieke bewindsveranderinge plaasgevind het, terwyl die BDP elke verkiesing in Botswana sedert onafhanklikheid gewen het. Mauritius se posisie op die HDI is ook aansienlik beter as die posisie van Botswana, en die konsosiatiewe kompromieë wat in Mauritius aangegaan is, het veroorsaak dat die sosiale omgewing meer bevorderlik vir demokratiese konsolidasie is. Mauritius word ook gekenmerk deur ʼn lewendige burgerlike samelewing, terwyl die burgerlike samelewing in Botswana as swak en a-polities beskryf word.. iv.

(5) ABSTRACT Botswana and Mauritius have been operating as stable, multi-party democracies since their independence, in 1966 and 1968 respectively. It is unclear, however, which country is the most consolidated democracy. Therefore, this study compares Botswana and Mauritius, using specific criteria as developed by writers such as Huntington (1991), Linz and Stepan (1996), Przeworski (1996) and Schedler (1998 and 2001) to determine which country is the most consolidated democracy. The criteria used to determine the most consolidated democracy, can broadly be subdivided as follows. Firstly, institutions impacting on democratic consolidation, and the presence of these institutions in Botswana and Mauritius will be studied, such as the rule of law; whether the respective countries are characterised by a system of Presidentialism or Parliamentarianism; the electoral system used; whether elections are competitive, free and fair, and whether these elections resulted in a peaceful change in political power; the presence of a usable state bureaucracy; and lastly, the rankings by Freedom House will be used to determine to what extent citizen political and civil rights are protected and guaranteed. Secondly, the socio-economic factors impacting on the erosion or deepening of democratic consolidation will be studied, with the focus on trends since independence. These factors include the existence of an economic society; per capita income; economic growth and inflation; as well as inequality reduction within the respective countries. Lastly, the social conditions influencing democratic consolidation will also be studied, such as ethnic homogeneity or heterogeneity; the prevalence and size of the middle class as influenced by urbanization and adult literacy; and lastly, the prevalence and role of civil society.. v.

(6) Botswana and Mauritius were compared using the above criteria. This study comes to the conclusion that Mauritius is the most consolidated democracy. The following findings support the conclusion that Mauritius is the most consolidated democracy. Mauritius is a rechtsstaat, whilst Botswana is not. In Mauritius, there is a distinction between the position of Head of State and Head of Government, in contrast to the extensive power given to the President in Botswana. There is no single dominant party in Mauritius, whilst the political sphere in Botswana is characterised by the dominance of the BDP since independence. The FPTP electoral system is Mauritius is supplemented by the BLS, in an effort to ensure sufficient representation to minority groups in the National Assembly, whilst Botswana only uses the FPTP electoral system. Elections in Mauritius are considered to be competitive, free and fair, whilst the fairness of Botswana’s elections, given the electoral system, have been questioned. Mauritius also passes Huntington’s Two Turnover test, as there have been three changes in political power, whilst the BDP in Botswana have won every election since independence. Mauritius’ position on the HDI is much better than the position of Botswana, and the consociational compromises agreed upon in Mauritius resulted in a social environment which assists democratic consolidation. Lastly, Mauritius is also characterised by a lively civil society, whilst civil society in Botswana is considered to be a-political and weak.. vi.

(7) ERKENNINGS Ek wil my opregte dank uitspreek teenoor: •. My Skepper vir die talente en geleenthede wat aan my gegee is.. •. Professor Willie Breytenbach, vir sy leiding, konstante aanmoediging en ondersteuning. Dit was ‘n voorreg om saam met u te werk.. •. My ouers, broer en suster, vir hul belangstelling en ondersteuning dwarsdeur hierdie jaar.. •. My vriende.. vii.

(8) INHOUDSOPGAWE Verklaring. ii. Opsomming. iii. Abstract. v. Erkennings. vii. Inhoudsopgawe. viii. Lys van Afkortings. xii. Lys van Tabelle. xiv. Hoofstuk 1: Inleiding 1.1. Probleemstelling. 1. 1.2. Doelwitte van Studie. 19. 1.3. Navorsingsmetodologie. 19. Hoofstuk 2: Instellings 2.1. Botswana. 21. 2.1.1 Die Bestaan van ‘n Regstaat?. 21. 2.1.2 Die Bestaan van óf ‘n Presidensiële óf ‘n. 25. Parlementêre Stelsel 2.1.3 Politieke Partye in Botswana. 27. 2.1.4 Die Kiesstelsel: Enkel-lid Kiesafdelings. 29. 2.1.5 Verkiesings. 30. 2.1.5.1 Die Mate Waartoe Verkiesings Vry, Regverdig. 30. en Mededingend is 2.1.5.2 Die Hoeveelheid Keer wat ‘n Insittende Party. 34. sy Magsposisie Verloor het 2.1.6 Staatsburokrasie. 34. 2.1.7 Freedom House: Tendense sedert 1966. 35. 2.1.7.1 Politieke en Burgerlike Vryhede soos aangedui. 35. deur Freedom House. viii.

(9) 2.1.7.2 Vryheid van die Pers soos aangedui deur. 36. Freedom House 2.1.8 Samevatting. 37. 2.2. 38. Mauritius. 2.2.1 Die Bestaan van ‘n Regstaat?. 38. 2.2.2 Die Bestaan van óf ‘n Presidensiële of ‘n. 40. Parlementêre Stelsel 2.2.3 Politieke Partye in Mauritius. 41. 2.2.4 Die Kiesstelsel: Veelvoudige-lid Kiesafdelings. 42. gekombineer met die Beste Verloorderstelsel 2.2.5 Verkiesings 2.2.5.1 Die Mate Waartoe Verkiesings Vry, Regverdig. 44 44. en Mededingend is 2.2.5.2 Die Hoeveelheid Keer wat ‘n Insittende Party. 45. sy Magsposisie Verloor het 2.2.6 Staatsburokrasie. 48. 2.2.7 Freedom House: Tendense sedert 1968. 49. 2.2.7.1 Politieke en Burgerlike Vryhede soos aangedui. 49. deur Freedom House 2.2.7.2 Vryheid van die Pers soos aangedui deur. 49. Freedom House 2.2.8 Samevatting. 51. Hoofstuk 3: Sosio-Ekonomiese Faktore 3.1. Botswana: Tendense Sedert Onafhanklikheid in 1966. 53. 3.1.1 Ekonomiese Samelewing in Botswana. 53. 3.1.2 Per Capita Inkomste. 54. 3.1.3 Ekonomiese Groei en Inflasie. 55. 3.1.3.1 Ekonomiese Groei. 55. 3.1.3.2 Inflasie. 58. ix.

(10) 3.1.4 Inkomste Ongelykheid in Botswana. 59. 3.1.4.1 Gini- koëffisiënt. 59. 3.1.4.2 Menslike Ontwikkelingsindeks. 60. 3.1.5 Samevatting. 62. 3.2. 63. Mauritius: Tendense Sedert Onafhanklikheid in 1968. 3.2.1 Ekonomiese Samelewing in Mauritius. 63. 3.2.2 Per Capita Inkomste. 64. 3.2.3 Ekonomiese Groei en Inflasie. 65. 3.2.3.1 Ekonomiese Groei. 65. 3.2.3.2 Inflasie. 66. 3.2.4 Inkomste Ongelykheid in Mauritius. 67. 3.2.4.1 Gini- koëffisiënt. 67. 3.2.4.2 Menslike Ontwikkelingsindeks. 67. 3.2.5 Samevatting. 69. Hoofstuk 4: Sosiale Faktore 4.1. Botswana. 70. 4.1.1 Etniese Homogeniteit of Heterogeniteit?. 70. 4.1.2 Die Bestaan en Grootte van die Middelklas. 72. 4.1.2.1 Verstedelikingsyfer. 72. 4.1.2.2 Volwasse Geletterdheid. 73. 4.1.3 Die Bestaan en Rol van die Burgerlike Samelewing. 73. 4.1.4 Samevatting. 77. 4.2. 78. Mauritius. 4.2.1 Etniese Homogeniteit of Heterogeniteit. 78. 4.2.2 Die Bestaan en Grootte van die Middelklas. 80. 4.2.2.1 Verstedelikingsyfer. 80. 4.2.2.2 Volwasse Geletterdheid. 81. 4.2.3 Die Bestaan en Rol van die Burgerlike Samelewing. 81. x.

(11) 4.2.4 Samevatting. 83. Hoofstuk 5: Vergelyking tussen Botswana en Mauritius 5.1. Instellings. 85. 5.1.1 Breë Ooreenstemmings. 85. 5.1.2 Breë Verskille. 85. 5.2. 88. Sosio-Ekonomiese Faktore. 5.2.1 Breë Ooreenstemmings. 88. 5.2.2 Breë Verskille. 88. 5.3. 89. Sosiale Faktore. 5.3.1 Breë Ooreenstemmings. 89. 5.3.2 Breë Verskille. 89. 5.4. Gevolgtrekking. 91. Bibliografie. 93. xi.

(12) LYS VAN AFKORTINGS BAM. Botswana Alliansie Beweging. BBP. Bruto Binnelandse Produk. BCP. Botswana Kongres Party. BDP. Botswana Demokratiese Party. BIP. Botswana Onafhanklikheidsparty. BLP. Botswana Arbeidersparty. BLS. Beste Verloorderstelsel. BNF. Botswana Nasionale Front. BNI. Bruto Nasionale Inkomste. BPP. Botswana Volksparty. BV. Burgerlike Vryhede. CIA. Central Ingelligence Agency. EISA. Electoral Institute of Southern Africa. EPZ. Uitvoerprosesseringszone. FPK. Eerste Mense van die Kalahari. FPTP. First Past the Post. HDI. Menslike Ontwikkelingsindeks. IEC. Onafhanklike Verkiesingskommissie. IGD. Institute for Global Dialogue. JSC. Regsdienskommissie. LP. Arbeidersparty. MELS. Marx, Engels, Lenin, Stalin Beweging. MIV/Vigs. Menslike Immuniteitsgebrek Virus/ Verworwe Immuniteitsgebrek Siekte. MMM. Mouvement Militant Mauricien. MMSM. Mouvement Militant Socialiste Mauricien. MR. Mouvement Republicain. MSM. Mouvement Socialiste Militant. MTD. Mouvement Travailliste Democrate. xii.

(13) NDF. Nuwe Demokratiese Front. NRO. Nie-regeringsorganisasies. PMSD. Parti Mauricien Social Democrate. PMXD. Parti Mauricien Xavier Duval. PPP. Per capita koopkragpariteit. PR. Politieke Regte. PSM. Parti Socialiste Mauricien. PV. Proporsionele Verteenwoordiging. PYB. Pitso ya Bitswana. RMM. Renouveau Militant Mauricien. RTM. Rassemblement des Travaillistes Mauricien. SPIL. Vereniging vir die Bevordering van die Ikalanga Taal. UNICEF. United Nations Children's Fund. USP. Verenigde Sosialistiese Party. xiii.

(14) LYS VAN TABELLE Tabel 1. Hoeveelheid setels gewen deur partye in Botswana: 1965 – 2004. Tabel 2. Persentasie van die populêre stem wat deur elke party gewen is tydens Botswana se algemene verkiesings (1965-1999). Tabel 3. Algemene. Verkiesingsresultate. vir. ʼn. geselekteerde. groep. kiesafdelings in Botswana: 2004 Tabel 4. Punte toegeken deur Freedom House: Botswana 1972 tot 2005. Tabel 5. Punte toegeken deur Freedom House: Mauritius 1972 tot 2005. Tabel 6. Punt. volgens. die. Ekonomiese. Vryheidsindeks:. Botswana. capita. Botswana. Geselekteerde Jare Tabel 7. Bruto. Nasionale. Inkomste. per. (US$):. Geselekteerde Jare Tabel 8. Ekonomiese Groei: Botswana Geselekteerde Jare. Tabel 9. Gemiddelde Ekonomiese Groei: Botswana Geselekteerde Jare. Tabel 10. Botswana Inflasiekoers: Geselekteerde Jare. Tabel 11. Botswana se HDI: Geselekteerde Jare. Tabel 12. Uiteensetting van Botswana se HDI: Geselekteerde Jare. xiv.

(15) Tabel 13. Punt. volgens. die. Ekonomiese. Vryheidsindeks:. Mauritius. capita. Mauritius. Geselekteerde Jare Tabel 14. Bruto. Nasionale. Inkomste. per. (US$):. Geselekteerde Jare Tabel 15. Ekonomiese Groei: Mauritius Geselekteerde Jare. Tabel 16. Gemiddelde Ekonomiese Groei: Mauritius Geselekteerde Jare. Tabel 17. Mauritius Inflasiekoers: Geselekteerde Jare. Tabel 18. Mauritius se HDI: Geselekteerde Jare. Tabel 19. Uiteensetting van Mauritius se HDI: Geselekteerde Jare. Tabel 20. Stedelike Bevolking in Botswana (%): Geselekteerde Jare. Tabel 21. Volwasse Geletterdheid in Botswana (%): Geselekteerde Jare. Tabel 22. Stedelike Bevolking in Mauritius (%): Geselekteerde Jare. Tabel 23. Volwasse Geletterdheid in Mauritius (%): Geselekteerde Jare. xv.

(16) xvi.

(17) HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 Probleemstelling State in Afrika het sedert hul onafhanklikheidswording ondemokratiese neigings getoon. Die proses van onafhanklikheidswording het in die 1960’s begin, en in die opvolgende tien jaar, tot en met 1970, het 50 state in Afrika hul onafhanklikheidstatus bereik. Gedurende hierdie tydperk is ʼn verskeidenheid liberale grondwetlike beginsels gevestig. Maar teen die einde van die 20ste eeu was die meerderheid van hierdie state egter onder die beheer van ʼn militêre diktator, of 'n enkel- partystelsel was in plek (Lodge: 1999:1). Slegs ses uit die veertig state in Sub-Sahara Afrika, naamlik Gambië, Senegal, Botswana, Mauritius, Zimbabwe en Namibië kon teen 1990 as elektorale demokrasieë geklassifiseer word (Breytenbach: 2002: 81). Breytenbach (2002: 1) maak drie aannames ten einde ʼn demokrasie te definieer. Eerstens word daar aangeneem dat sonder die toepaslike staatsinstellings, ʼn demokrasie. onmoontlik. is.. Tweedens. kan. demokratiese. instellings. nie. konsolideer en volhard sonder gunstige sosio-ekonomiese instellings nie, en derdens word daar aangeneem dat daar verskillende vlakke van demokrasie is. Dahl (1971) is die oorspronklike skrywer wat die bestaan van sekere instellings geïdentifiseer het wat demokratiese lande moet hê. Eerstens moet politieke verteenwoordigers verkies word, en dus word die hou van verkiesings voorop gestel. Beheer oor besluite rakende regeringsbeleide moet grondwetlik gestel word in politici, wat deur die kieserskorps gekies is. Moderne, demokratiese regerings verteenwoordig dus die wil van die kiesers (Dahl: 2005: 187). Diamond (2000) deel hierdie siening deurdat hy die stelling maak dat die belangrikste posisies van politieke mag gevul moet word deur gereelde, vry en regverdige verkiesings tussen mededingende partye. Tweedens stel Dahl (2005: 188) dit voorop dat die verkiesings waartydens politieke verteenwoordigers verkies word, vry en regverdig moet wees. Dit moet. 1.

(18) ook op ʼn gereelde basis plaasvind, tussen mededingende partye. Die kieserskorps moet. onder geen dwang wees om vir ʼn spesifieke party of. kandidaat te stem nie, en elke burger moet ʼn gelyke en effektiewe geleentheid kry om te stem. Alle stemme moet ook ʼn gelyke gewig dra. Indien kiesers ʼn gelyke keuse het met betrekking tot vir wie hulle wil stem, is die verkiesing vry, en indien gehoor gegee word aan die regsreëls en administrasie vir verkiesings, is die verkiesings regverdig. Derdens beklemtoon Dahl (2005: 189) die vryheid van uitdrukking wat burgers moet geniet. Burgers het die reg om hulself uit te druk, sonder die gevaar van straf, oor enige politieke kwessies. Hierdie kwessies sluit kritiek op die regering, politieke amptenare, die sosio-ekonomiese orde en die huidige ideologie in. Vierdens moet burgers toegang hê tot alternatiewe bronne van informasie, en dus moet daar ʼn omgewing van persvryheid heers. Burgers het die reg van toegang tot alternatiewe en onafhanklike bronne van informasie van ander burgers, kundiges, tydskrifte, boeke en telekommunikasie. Hierdie alternatiewe bronne moet bestaan sonder dat hulle onder die beheer is van die regering, of enige ander politieke groep wat poog om die publiek se houdings en benaderings te beïnvloed. Hierdie alternatiewe bronne moet deur die land se wette beskerm word (Dahl: 2005: 189). Vyfdens moet daar vryheid van assosiasie wees. Dahl (2005: 189) dui daarop dat indien burgers hul regte wil afdwing, moet hulle die reg hê om relatief outonome assosiasies of organisasies te vorm, byvoorbeeld vakbonde en lidmaatskap aan verskillende kerke. Laastens meen Dahl (2005: 189) dat daar inklusiewe burgerskap moet wees. Geen volwassene wat permanent woonagtig in ʼn land is, en ondergeskik is aan sy wette, mag ontneem word van die regte wat beskikbaar is vir ander burgers nie. Daar mag dus nie teen burgers gediskrimineer word nie, en geen groep. 2.

(19) binne ʼn land mag uitgesluit word van die regte wat deur die staat gewaarborg word nie. Dahl (1971) beklemtoon ook verder die oppermag van die reg, waar alle regerende liggame ondergeskik is aan die reg, met hul diskresionêre mag wat duidelik gestipuleer en beperk is. Die kwessie van regsoewereiniteit en konstitusionalisme word later in hierdie hoofstuk verder bespreek. Verder beklemtoon Dahl (1971) ook die bestaan van ʼn effektiewe burokrasie, en ontwikkeling wat gebaseer is op ʼn markekonomie (Breytenbach: 2003:2). Die aanname dat daar verskillende vlakke van demokrasie is, word deur Freedom House (Karatnycky: 2004: 84) en Schedler (1998) gedeel. Freedom House klassifiseer regimes drievoudig, as “vry”; “deels vry”; en “onvry” . Freedom House monitor politieke regte en burgerlike vryhede regoor die wêreld, en hul opnames assesseer ʼn land se vlak van vryheid deur twee areas te bestudeer. Eerstens word die mate waartoe ʼn land politieke regte aan sy burgers toeken wanneer hulle toegelaat word om politieke partye te vorm, wat ʼn beduidende strekking van kieserskeuse verteenwoordig, asook partye waarvan die leiers openlik kan meeding om magsposisies in die regering, bestudeer. Tweedens word burgers se burgerlike vryhede verseker wanneer ʼn land burgers se religieuse, etniese, ekonomiese, taal en ander regte (waaronder gender, familie regte en persoonlike vryhede) respekteer en beskerm. Nadat hierdie twee areas bestudeer is, plaas Freedom House elke regime op ʼn 7-punt skaal vir beide politieke regte en burgerlike vryhede, waar ʼn punt van 1 beskou word as mees vry, en ʼn punt van 7 as die mees onvry. Die wêreld word dan onderverdeel in die reeds genoemde drievoudige klassifikasie, waar “vry” lande ʼn gemiddelde punt van tussen 1.0 en 2.5 het; “deels vry” lande ʼn gemiddelde punt van tussen 3.0 en 5.0 het, en “onvry” lande ʼn gemiddelde punt van tussen 5.5 en 7.0 het (Karatnycky: 2004: 84).. 3.

(20) Freedom House doen ook jaarlikse opnames oor persvryheid in verskillende lande, asook oor die wetlike, politieke en ekonomiese kragte wat hierdie persvryheid bevorder of ondermyn. Freedom House gee aan lande ʼn totale punt tussen 0 (beste) en 100 (swakste) op die basis van 23 metodologiese vrae wat verdeel word in drie subkategorieë, naamlik die wetlike, politieke en ekonomiese omgewing. Aan elke metodologiese vraag, word ʼn laer punt geallokeer vir ʼn vryer situasie, terwyl ʼn hoër punt toegeken word vir ʼn minder vrye situasie. Lande met ʼn punt tussen 0 en 30 word beskou om ʼn vrye media te hê; tussen 31 en 60 ʼn deels vrye media; en tussen 61 en 100 ʼn onvrye media (Freedom of the Press: 2005: xvii-xix). Schedler (1998: 93) klassifiseer regimes viervoudig, naamlik outoritêre regimes, elektorale demokrasieë, liberale demokrasieë en gevorderde demokrasieë. Elektorale demokrasieë slaag daarin om inklusiewe, vry, regverdige en mededingende verkiesings te hou, maar daar is sekere politieke en burgerlike vryhede wat ontbreek. Hierdie elektorale demokrasieë vind dus hulself iewers tussen ʼn outoritêre regime en ʼn liberale demokrasie. ʼn Liberale demokrasie korrespondeer met Dahl (1971) se definisie van ʼn poliargie, waar die regime gekenmerk word deur burgerlike en politieke regte, asook vry, regverdige, mededingende en inklusiewe verkiesings. Gevorderde demokrasieë het egter sekere positiewe kenmerke bo en behalwe die minimum kenmerke van ʼn liberale demokrasie, en word dus beskou om van ʼn hoër demokratiese kwaliteit as die ander demokrasieë te wees (Schedler: 1998: 93). Schedler (1998: 93-94) plaas hierdie viervoudige klassifikasie op ʼn een dimensionele kontinuum, met die outoritêre regime aan die een kant (en verteenwoordig die negatiewe buitepunt wat elektorale en liberale demokrasieë wil vermy), en gevorderde demokrasieë op die teenoorgestelde kant (en verteenwoordig die positiewe buitepunt wat elektorale en liberale demokrasieë wil bereik).. 4.

(21) Hierdie kontinuum maak dit moontlik om positiewe en negatiewe tendense binne demokratiese regimes waar te neem. Eerstens kan daar geargumenteer word dat sodra ʼn outoritêre regime ʼn punt bereik het waar daar min of meer vry, regverdige en mededingende verkiesings gehou word, kan die demokratiese akteurs nie ontspan en die gebonde onsekerheid van die demokrasie geniet nie. Daar bestaan gewoonlik ongebonde onsekerhede, wat die demokrasie bedreig, met die gevolg dat demokrate hul fokus verskuif, weg van die vestiging van kern instellings van ʼn demokratiese regime, na die beveiliging van wat hulle as demokratiese staat bereik het. Die moontlikheid van die afbreek van die demokrasie moet dus verminder word tot op ʼn vlak waar demokrate redelik seker kan wees dat die demokrasie sal voortduur in die toekoms. Demokrate moet dus hulself daarmee bemoei om die skielike dood van die demokrasie te vermy, wat gewoonlik. veroorsaak. word. deur. afvallige. of. anti-stelsel. akteurs. wat. antidemokratiese motiewe het (Schedler: 1998: 95) Tweedens staar talle nuwe demokrasieë die gevaar van demokratiese regressie in die gesig. Hierdie bogenoemde afbreek van die demokrasie is meer radikaal, dramaties, skielik en sigbaar, terwyl demokratiese regressie meer inkrementeel is. Demokratiese regressie impliseer ʼn geleidelike korrosie wat lei tot ʼn onduidelike semi-demokratiese regime, geleë êrens tussen ʼn liberale demokrasie en ʼn outoritêre regime (Schedler: 1998: 96-97). O’ Donnell (Schedler: 1998: 97) beskryf hierdie proses as die progressiewe verkleining van die bestaande spasie waar burgerlike mag, en die klassieke waarborge van liberale grondwetlikheid, uitgeoefen kan word. Hierdie proses loop dan uiteindelik uit op ʼn regime bekend as ʼn democradura, ʼn onderdrukkende regime waar die demokrasie net ʼn front is. Derdens het elektorale demokrasieë die taak om die demokratiese proses te voltooi en ten volle as ʼn demokrasie bestuur word. O’ Donnell (Schedler: 1998: 98) stel dit dat ʼn elektorale demokrasie dikwels ʼn tweede transisie moet ondergaan, naamlik van ʼn demokratiese regering na demokratiese konsolidasie. ʼn Onvoltooide transisie na demokratiese konsolidasie moet dus voltooi word, en. 5.

(22) daar moet nie net teruggekyk word na die gevare van outoritêre regressie nie, maar ook vorentoe gekyk word na demokratiese voltooiing. Daar moet dus beweeg word van ʼn elektorale demokrasie na ʼn liberale demokrasie (Schedler: 1998: 98-99). Vierdens kan daar, nadat daar van ʼn elektorale demokrasie na ʼn liberale demokrasie beweeg is, verder na die positiewe buitepunt van ʼn gevorderde demokrasie beweeg word. Dit geskied deurdat die demokratiese prosedures wat plaasvind in die liberale demokrasie verdiep en ingebed word in die demokratiese samelewing (Schedler: 1998: 99-100). Schedler (1998: 98) identifiseer dus twee uitdagings wat demokrasieë in die gesig staar. Eerstens het liberale demokrasieë die negatiewe uitdaging om demokratiese afbreek en regressie, na ʼn semi-demokrasie, te vermy. Tweedens het elektorale demokrasieë die positiewe uitdaging om die demokratiese proses te voltooi en ʼn stelsel van ʼn volledige demokratiese bestuur te bereik. Linz en Stepan (1996: 15) beklemtoon dat daar drie vereistes is waaraan ʼn demokrasie moet voldoen voordat daar enige moontlikheid van demokratiese konsolidasie kan wees. Eerstens moet daar ʼn staat wees, aangesien die afwesigheid van die staat vry en gesaghebbende verkiesings onmoontlik maak; wenners kan nie hul monopolie van legitieme mag uitoefen nie; en burgers se regte kan nie beskerm word nie. Tweedens kan net ʼn demokrasie ʼn gekonsolideerde demokrasie word. Laastens moet die leiers van ʼn land demokraties regeer en nie inbreuk maak op die Grondwet, die regte van individue en minderhede, en. ook nie op die legitieme funksionering van die. wetgewer, nie. Elektorale, liberale en gevorderde demokrasieë het die potensiaal om as demokrasieë. te. konsolideer.. Schedler. (2001:. 66). konseptualiseer. ʼn. gekonsolideerde demokrasie as ʼn regime waar die demokrasie nie sal ontbind. 6.

(23) nie, terwyl Linz en Stepan (1996:15) daarop dui dat ʼn gekonsolideerde demokrasie ʼn politieke regime is waar demokrasie, as ʼn komplekse stelsel van instellings, reëls en patroonvormende insentiewe, die enigste wyse is waarop die politieke sfeer gereguleer en georganiseer word. Hulle kom tot die gevolgtrekking dat demokratiese norms, beginsels en waardes geïnternaliseer word tydens konsolidasie, en geskied binne die sosiale, institusionele en sielkundige sfere van die samelewing (Linz en Stepan: 1996: 16). Die bogenoemde demokratiese organisering en regulering van die politiek kan op drie wyses waargeneem word. Gedragsgewys kan dit waargeneem word wanneer geen politieke groep ʼn poging aanwend om die demokratiese regime omver te werp nie. Houdingsgewys geskied die demokratiese organisering en regulering van die politieke sfeer deurdat enige politieke verandering plaasvind binne die parameters van demokratiese prosedures. Laastens kan die demokratiese organisering en regulering van die politieke sfeer grondwetlik waargeneem word wanneer konflik opgelos word, binne beide die regerings- en nie regering-sektore, deur spesifieke wette en prosedures na te volg, en spesifieke instellings te gebruik, soos afgekondig deur spesifieke demokratiese prosesse (Linz en Stepan: 1996: 15-16). ʼn Gekonsolideerde demokrasie verwys dus na ʼn stelsel waar demokratiese beginsels so geïnstitusionaliseer is binne die samelewing dat weerstand gebied kan word teen regressie na ʼn elektorale demokrasie of ʼn outoritêre regime. Alle politieke akteurs, sowel as die publiek, is binne ʼn gekonsolideerde demokrasie verbind aan beide die reëls en beperkinge van die demokratiese regime. Verskillende skrywers kyk na demokratiese konsolidasie op verskillende wyses, en beklemtoon verskillende faktore wat ʼn invloed daarop het. Die eerste groep skrywers beklemtoon die rol van sekere staatsinstellings by demokratiese konsolidasie, en dus gaan daar eerstens aandag gegee word aan die sienings van skrywers wat in hierdie denkrigting deel.. 7.

(24) Eerstens word die bestaan van ʼn regstaat as instelling, en regsoewereiniteit, veral beklemtoon. Die regering en ander regerende liggame moet ondergeskik wees aan die oppermag van die reg en hul diskresionêre mag moet duidelik gestipuleer, so wel as beperk, wees. Daar moet ʼn gees van konstitusionalisme in die demokrasie wees, menende daar moet konsensus oor die Grondwet bestaan, asook ʼn hiërargie van wette wat deur ʼn onafhanklike regstelsel ondersteun word (Linz en Stepan: 1996: 18-19). In addisie tot bogenoemde, moet burgers ook in staat wees om hulself tot die howe te wend ten einde hulself teen die staat te beskerm. Die oppermag van die reg verseker dat die verkose regering en amptenare ondergeskik kan wees aan wette en die beslissings van howe, asook dat hul aksies hersien kan word (Linz en Stepan: 1996: 18-19). Konstitusionalisme, tesame met die oppermag van die reg, moet bepaal hoe ampte deur middel van verkiesings gevul word, die prosedures betrokke tydens die verkiesing van amptenare, en ook hul mag definieer en beperk sodat gewone burgers bereid is om aan die demokratiese spel deel te neem en die uitkomstes daarvan te aanvaar (Linz en Stepan: 1996: 18-19). Tweedens kan daar gekyk word na die invloed wat die kenmerke van sekere instellings op demokratiese konsolidasie het. Przeworski (1996: 44) oorweeg Linz se argument dat. parlementêre demokrasieë meer duursaam is as. presidensiële demokrasieë. Linz argumenteer dat dit wat op die spel is, hoër by presidensiële stelsels is omdat daar slegs een wenner tydens ʼn verkiesing kan wees, met die verloorder wat geen amptelike politieke rol speel na afloop van die verkiesing nie. In parlementêre stelsels word die verloorder tydens ʼn verkiesing gewoonlik die leier van die opposisie, en speel dus ʼn amptelike rol in die politiek. Dit is ook waarskynlik dat die vaste ampstermyn van die presidentsamp langer is as die verwagte termyn van leiers onder ʼn parlementêre stelsel, en die gevaar bestaan ook dat die president, wat die hoof van die staat is, sy eie partisane. 8.

(25) belange as nasionale belang stel, met die gevolg dat die legitimiteit van die opposisie ondermyn word (Przeworski: 1996: 44). Linz en Stepan (1996: 20) dui ook daarop dat presidensiële demokrasieë, met hul geneigdheid om kenmerke van populisme, delegasie, vaste ampstermyne en reëls van nie-herkiesbaarheid te hê, ʼn verlies aan verantwoordbaarheid veroorsaak teenoor die kieserskorps. Dit kan ongrondwetlike of anti-grondwetlike gedrag tot gevolg hê, en ʼn bedreiging vir regsoewereiniteit, die demokrasie en demokratiese konsolidasie wees. Hierteenoor word die Eerste Minister in ʼn parlementêre stelsel makliker verantwoordbaar gestel teenoor die kieserskorps deur byvoorbeeld ʼn mosie van wantroue wat ingestel word deur die opposisie, of ʼn verlies aan ondersteuners in sy eie party. Przeworski (1996: 47) kom daarom ook tot die gevolgtrekking dat parlementêre demokrasieë langer duur as presidensiële stelsels. Linz en Stepan (1996: 18) beklemtoon ook die bestaan van politieke partye as instelling nodig vir demokratiese konsolidasie. Politieke partye is die enigste manier waarmee verkiesingsuitslae omgeskakel kan word in effektiewe aksie, en dit verteenwoordig ʼn groot komponent waarmee die beheer van politieke ampte gelegitimeer word (Olaleye: 2003: 1). Die kenmerke van die kiesstelsel binne ʼn demokratiese regime speel ook ʼn rol by demokratiese konsolidasie. ʼn Kiesstelsel van proporsionele verteenwoordiging (PV) of die “First Past the Post” (FPTP) kiesstelsel word gewoonlik gebruik om die samestelling van die regering te bepaal. ʼn Kiesstelsel van PV kan egter die voorkeure en samestelling van die totale bevolking beter artikuleer as die FPTP stelsel,. aangesien. hierdie. kiesstelsel. kleiner. politieke. partye. en. minderheidsgroepe in staat stel om deel van die parlement te word. Die rede hiervoor is dat die persentasie stemme wat ʼn party tydens ʼn verkiesing kry, die hoeveelheid setels bepaal wat die verskillende partye in die parlement mag in. 9.

(26) neem (Breytenbach: 2003: 5). Hierteenoor is die FPTP kiesstelsel gewoonlik. meer begunstig teenoor partye wat deur die meerderheid van die bevolking gesteun word, aangesien die eerste persoon wat meer as ʼn gegewe hoeveelheid stemme ontvang, die verkiesing wen. Die verloorder is dan gewoonlik nie betrokke in ʼn politieke amp nie. Alexander (2001: 250) dui daarop dat vele skrywers, waaronder O’ Donnell, Linz en Schmitter, tot die gevolgtrekking gekom het dat ʼn parlementêre stelsel, tesame met PV, die beste vooruitsigte vir demokratiese stabiliteit het, omdat verloorders steeds die kans het om besluite deur die regeerders teen te staan, en ook ʼn rol in die politiek as politieke ampsdraer kan speel. Alexander (2001: 250) dui ook daarop dat Przeworski tot die gevolgtrekking kom dat bogenoemde institusionele ontwerp dit wat op die spel is tydens politieke mededinging verminder, met die gevolg dat unilaterale en maksimalistiese beleide meer onwaarskynlik is. Hierdie stelsel versterk egter die mag van die party, en verminder verantwoordbaarheid teenoor die kieserskorps. Daar is reeds melding gemaak van Dahl (1971 en 2005) se beklemtoning van vry, regverdige en mededingende verkiesings in demokratiese lande. Daar is egter skrywers wat by Dahl se argumentasie aansluit en verder voer, deurdat hulle van mening is dat verkiesings onder sekere omstandighede voldoende is om demokratiese konsolidasie aan te dui. Huntington (Haynes: 2003: 49) is so ʼn skrywer en stel die sogenaamde ‘two-turnover’ toets voor. Volgens hierdie toets is ʼn demokrasie gekonsolideerd wanneer die wenners van ʼn verkiesing gedurende ʼn opvolgende verkiesing hul posisie verloor. Hierdie nuwe wenners moet ook tydens ʼn opvolgende verkiesing verloor. Indien ʼn regime dus twee keer sy regeerders uit hul posisie, deur middel van ʼn mededingende, vry en regverdige verkiesing, gelig het, kan die demokrasie as gekonsolideerd beskou word.. 10.

(27) Verkiesings is dus ʼn nodige, maar nie voldoende vereiste vir demokratiese konsolidasie nie. Daar is sekere politieke en burgerlike regte en vryhede wat beskerm moet word binne die demokratiese regime. Daar is maatstawwe beskikbaar wat bepaal tot watter mate die regte van burgers beskerm en gewaarborg word binne ʼn regime. Hier speel die bevindinge van Freedom House ʼn belangrike rol. Hul verslae word jaarliks gepubliseer, met die gevolg dat vergelykings gemaak kan word. Terugslae en vordering kan deur hierdie vergelykings aangetoon word. Freedom House dek ook alle state, en Van de Walle (2002: 68) beskou hul klassifikasie van regimes as “vry”, “deels vry” en “onvry” as rofweg korrek. Freedom House klassifiseer ook persvryheid in lande drievoudig, naamlik ʼn vrye, deels vrye en onvry media. ʼn Laaste instelling wat deur skrywers beklemtoon word, is die bestaan van ʼn staatsburokrasie. Linz en Stepan (1996: 20) argumenteer dat ʼn demokrasie ʼn vorm van politieke bestuur is wat die regte van burgers waarborg en beskerm. Ten einde hierdie regte te waarborg en beskerm, asook om ander basiese dienste te lewer, moet ʼn demokratiese regering die vermoë hê om sy monopolie van die legitieme gebruik van dwang, binne sy gebied, af te dwing. So word burgers verplig om belasting te betaal ten einde die regering in staat te stel om polisiedienste, regters en ander basiese dienste te lewer. ʼn Moderne demokrasie benodig dus die effektiewe kapasiteit om ʼn inkomste, gegenereer vanuit belasting, af te dwing en te reguleer. Die regering kan dit egter net doen indien daar ʼn funksionerende staat met ʼn burokrasie is wat deur die demokratiese regering gebruik kan word. Linz en Stepan (1996: 21) argumenteer egter verder dat die bestaan van ʼn ekonomiese samelewing ʼn rol by demokratiese konsolidasie speel. Hierdie lyn van argumentasie verteenwoordig die tweede groep skrywers wat op ʼn spesifieke wyse oor demokratiese konsolidasie dink, en die sosio-ekonomiese faktore wat ʼn rol daarby speel, beklemtoon.. 11.

(28) Linz en Stepan (1996: 21) dui daarop dat daar nog nooit ʼn gekonsolideerde demokrasie was, en sal wees, met ʼn suiwer bevelsekonomie nie. Die rede hiervoor is dat ʼn mate van mark outonomie en diversiteit met betrekking tot eienaarskap in die ekonomie benodig word ten einde ʼn lewendige en onafhanklike burgerlike samelewing toe te laat om hul bydrae tot demokratiese konsolidasie te lewer. Die rol van die burgerlike samelewing rakende demokratiese konsolidasie word later in hierdie hoofstuk bespreek. Net so, indien al die eiendom in die samelewing besit word deur die staat, en besluite rakende prys-vasstelling, arbeid, aanbod en verdeling deur die staat gemaak word, sal die relatiewe outonomie van die politieke samelewing, wat vereis word vir demokratiese konsolidasie, nie moontlik wees nie. Linz en Stepan (1996: 21) dui ook daarop dat daar nog nooit ʼn gekonsolideerde demokrasie met ʼn suiwer markekonomie was nie, en dat dit ook hoogs onwaarskynlik is dat daar ooit so ʼn gekonsolideerde demokrasie sal bestaan. Empiriese studies van moderne state het die bestaan van mark intervensie en staatsbesit by alle gekonsolideerde demokrasieë bevestig. Daar is hoofsaaklik drie redes daarvoor. Eerstens kan ʼn suiwer markekonomie nie ontstaan of voortduur sonder dat daar ʼn mate van staatsregulasie is nie, omdat markte wettiglik uitvoerbare kontrakte benodig, asook die uitreik van geld en die beskerming van openbare en private grond deur die staat. Tweedens ervaar selfs die beste markte mislukkings, wat reggestel moet word indien die mark wil funksioneer. Derdens behels ʼn demokrasie vrye openbare mededinging met betrekking tot regerings-prioriteite en beleide. Indien ʼn demokrasie nie beleide produseer wat lei tot die verskaffing van openbare goedere (byvoorbeeld opvoeding, gesondheid- en vervoerdienste) deur die regering nie, sal die demokrasie nie volhoubaar wees nie (Linz en Stepan: 1996: 21-22).. 12.

(29) Linz en Stepan (1996: 22) kom tot die gevolgtrekking dat demokratiese konsolidasie ʼn polities gereguleerde mark benodig. Hierdie polities gereguleerde mark benodig op sigself weer ʼn ekonomiese samelewing, wat weer ʼn effektiewe staat benodig. Die Jaarlikse Indeks van Ekonomiese Vryheid is ʼn nuttige maatstaf om die mate van ekonomiese vryheid in ʼn land, terwyl daar voorsiening gemaak word vir ʼn mate van staatsbetrokkenheid, te meet. Willliam Beach en Marc Miles (Index of Economic Freedom: 2006b) definieer ekonomiese vryheid as die afwesigheid van regeringsdwang of –beperkings op die produksie, verdeling of verbruik van goedere en dienste benede die mate wat nodig is vir burgers om hul vryheid te beskerm en behou. Mense moet dus vry wees om te werk, te produseer, te verbruik en investeer op so ʼn manier wat volgens hulle die mees produktief is. Hierdie definisie tref voorsiening vir ʼn mate van staatsbetrokkenheid in die ekonomie, wat nodig is vir burgers, of die nasie, om hulself te kan verdedig, die groei van ʼn burgerlike samelewing aan te moedig, asook om die vrugte van hul arbeid te geniet. So word, byvoorbeeld, belasting deur die staat op eiendom ingestel. Dit bemagtig die staat om die eiendom van burgers te beskerm. Erkenning word ook verleen aan die siening dat openbare goedere mees effektief deur die staat verprei word. Indien staatsinmenging egter benede hierdie vlak styg, ontstaan die risiko dat daar op die vryhede van burgers inbreuk gemaak kan word. Die Indeks van Ekonomiese Vryheid (2006b) meet ekonomiese vryheid deur middel van ʼn Indeksstudie, waar 50 onafhanklike veranderlikes gemeet word. Hierdie veranderlikes word in tien breë kategorieë verdeel, wat almal faktore van ekonomiese vryheid is. Elke land ontvang dan ʼn algehele ekonomiese vryheidsindeks wat gebaseer is op die gemiddeld van die tien individuele faktor syfers. Elke faktor word gegradeer volgens ʼn skaal wat vanaf een tot vyf loop, met ʼn punt van een wat verwys na ʼn ekonomiese omgewing wat die mees. 13.

(30) bevorderend vir ekonomiese vryheid is, terwyl ʼn punt van vyf ʼn omgewing voorstel wat die minste bevorderend is tot ekonomiese vryheid. Die gemiddeld van die tien faktore word dan bereken, en aan elke land word ʼn gemiddelde syfer toegeken. Elke land word daarna in vier breë kategorieë geplaas, naamlik ‘vry’ lande, met ʼn gemiddelde punt van 1.99 of minder; ‘meestal vry’ lande met ʼn gemiddelde punt tussen 2.00 en 2.99; ‘meestal onvry’ lande, met ʼn gemiddelde punt tussen 3.00 en 3.99; en laastens ‘onderdrukte’ lande met ʼn punt van 4.00 of hoër (Index of Economic Freedom: 2006b). Sosio-ekonomiese omstandighede speel dus ook ʼn rol by demokratiese konsolidasie. Lipset (1981: 31) argumenteer dat sodra ʼn demokratiese regime gevestig is in ʼn ryk land, die demokrasie meer geneig is om voort te bestaan. Przeworski et al (1996: 40-41) maak die stelling dat sodra ʼn land gevestig is as ʼn demokrasie, sy ontwikkelingsvlakke ʼn groot rol speel by die konsolidasie daarvan. Armoede word as ʼn struikelblok in die pad van demokratiese konsolidasie gesien, en Lipset (Breytenbach: 2002: 90) gaan sover as om te sê dat demokrasie met ʼn land se ekonomiese ontwikkeling geskakel kan word. Die per capita inkomste wat ʼn land geniet speel dus ʼn belangrike rol by demokratiese konsolidasie. Przeworski et al (1996: 42) het gevind dat ʼn demokrasie met ʼn per capita inkomste van $1000, of minder, baie kwesbaar is vir demokratiese regressie, of die afbreuk van demokratiese beginsels by die regulering van die land. Daarteenoor word daar verwag dat ʼn demokrasie met ʼn per capita inkomste van $6000, of meer, nie sal afbreuk nie en dat die demokrasie vir ewig sal voortbestaan. Przeworski het egter data versamel vir die tydperk 1950 tot 1990, wat kan impliseer dat sy per capita inkomste drempels gedateer kan wees. Breytenbach (2003:5) het gevind dat die gemiddelde per capita inkomste, vir tipiese Afrika veelparty state, $2034 is, en die afleiding kan gemaak word dat Przeworski se drempels, sou so ʼn studie weer gedoen word, hoër as die oorspronklike drempels sou wees. Freedom House (Freedom House: 2003/2004) bevind weer dat die gemiddelde per capita inkomste van alle “vry”. 14.

(31) state $2760 is. Die drempels van Breytenbach en Freedom House lyk na realistiese aanpassings van die Przeworski-syfers wat meer as 15 jaar gelede vasgestel is. Lipset en Przeworski et al se argumente vul dus mekaar aan deurdat hulle stellings maak waar hulle beweer dat hoe hoër ʼn land se sosio-ekonomiese ontwikkeling is, hoe groter is die kans dat die demokrasie sal oorleef en konsolideer. Przeworski et al (1996: 43) gaan egter verder deur aan te toon dat arm demokrasie as demokratiese regimes kan oorleef, mits daar ekonomiese groei, met matige inflasie, is. Ekonomiese groei skep gunstige omstandighede in ʼn samelewing omdat meer fondse beskikbaar gestel kan word vir verdeling binne die samelewing (Rijnierse: 1993: 654). Demokrasieë is meer geneig om te oorleef indien daar ʼn minimum ekonomiese groeikoers van 5% per jaar is. Hoe vinniger die ekonomie groei, hoe groter is die kans op demokratiese konsolidasie. Demokratiese regimes met ʼn matige inflasiekoers van tussen 6% en 30% is ook meer geneig om te konsolideer, teenoor demokrasieë met ʼn koers wat buite 6% of 30% val (Przeworski et al: 1996: 43). Przeworski et al (1996: 43) dui verder aan dat demokrasieë meer geneig is om te oorleef in demokratiese lande waar die inkomste ongelykheid afneem oor tyd. Die rede hiervoor is hoofsaaklik dat mense binne ʼn demokrasie verwag dat inkomste ongelykhede binne die land sal daal, en dus is ʼn demokrasie meer geneig om te oorleef indien dit wel die geval is. Schedler (2001: 81) verwys ook na Dahl se siening dat ekonomiese ontbering en ongelykheid neig om die minimum kondisies wat nodig is vir burgers om hul gelyke regte, wat samestellend tot demokratiese burgerskap is, af te dwing, benadeel. ʼn Demokratiese regime waarborg sekere politieke en burgerlike regte, en dus as ʼn burger se sosio-ekonomiese posisie veroorsaak dat hy nie hierdie regte kan afdwing nie, kan die afleiding gemaak word dat so ʼn toedrag van sake tot die nadeel van demokratiese konsolidasie is.. 15.

(32) Die Gini- koëffisiënt is ʼn nuttige maatstaf om sosio-ekonomiese ongelykheid binne ʼn land te meet. Die Gini- koëffisiënt word as ʼn breukdeel uitgedruk en dui die inkomste-ongelykhede aan binne ʼn land. Hoe hoër die breukdeel is, hoe groter is die inkomste-ongelykheid (Encarta: 2004). In sekere gevalle is die Ginikoëffisiënt nie beskikbaar nie, en onder sulke omstandighede kan die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindekste (HDI) gebruik word. Hierdie indeks is gebaseer op die per capita koopkrag binne ʼn land, die lewensverwagting van burgers en, laastens, die geletterdheidsvlakke van volwassenes (Breytenbach: 2003: 2). Gunstige. sosio-ekonomiese. omstandighede. speel. dus. ʼn. groot. rol. by. demokratiese konsolidasie, maar net soos in die geval van die teenwoordigheid van sekere instellings, is gunstige sosio-ekonomiese omstandighede ʼn nodige, maar onvoldoende vereiste vir demokratiese konsolidasie (Mainwaring:1989). Ekonomiese ontwikkeling korreleer met sosiale faktore soos, onder andere, die ontwikkeling. van. ʼn. burgerlike. samelewing,. verstedeliking,. volwasse. geletterdheid, en ʼn algehele verbetering in die lewensomstandighede van burgers (Randall & Svåsand: 2002: 39). Dit lei tot die identifikasie van ʼn derde groep skrywers, wat sekere sosiale faktore, wat ʼn rol by demokratiese konsolidasie speel, identifiseer. Eerstens is etniese homogeniteit, of heterogeniteit, in die samelewing ʼn sosiale faktor wat ʼn rol by demokratiese konsolidasie speel. Dahl (1998: 148-149) dui daarop dat demokratiese politieke instellings meer geneig is om te ontwikkel en voort te bestaan in ʼn land wat redelik homogeen is, en minder geneig is om te ontwikkel binne ʼn land waar die verskillende subkulture skerp gedifferensieerd, en in konflik met mekaar, is. Navolgers van ʼn spesifieke kultuur sien dikwels hul politieke eise as ʼn beginselsaak, religieuse oortuiging, of as kulturele of groepsbeskerming, met die gevolg dat hulle nie bereid is om kompromieë in die politieke sfeer toe te laat nie.. 16.

(33) Daar kan dus aangeneem word dat homogeniteit binne die samelewing ʼn bydrae tot regime stabiliteit kan lewer, omdat bogenoemde verskille nie teenwoordig is nie, en die potensiaal vir konflik is dus beduidend minder. Dit is egter belangrik om te noem dat kulturele verskille, en dus heterogeniteit in die samelewing, oorbrugbaar is. Linz en Stepan (1996: 21) dui daarop dat, byvoorbeeld, die kiesstelsel wat in plek is ʼn bydrae kan lewer om die probleem van heterogeniteit te oorkom. ʼn Kiesstelsel van PV, eerder as FPTP, kan lei tot groter inklusiwiteit in die parlement, met die gevolg dat die verskillende subkulture en –groepe ʼn beter kans het om in die parlement ʼn rol te speel. Net so is federalisme en die ontwikkeling van ʼn konsosiatiewe stelsel meganismes wat die magsverhoudings in heterogene samelewings beter kan bestuur. Etniese heterogeniteit hoef dus nie ʼn demokratiese struikelblok te wees nie. Barrington Moore (Breytenbach: 2003: 4) beklemtoon die rol van die middelklas as ʼn sosiale faktor betrokke by die vestiging en behoud van ʼn demokrasie. Die middelklas bestaan gewoonlik uit professionele mense, besigheidsgroepe en die sogenaamde wit-boordjie groepe. Hierdie groepe is gewoonlik geletterd en besit eiendom. Die laer klasse is gewoonlik minder geletterd en sonder eiendom. Hierdie laer klasse is gewoonlik armer as die middelklas, en, soos reeds bespreek, is armoede ʼn struikelblok in die pad van demokratiese konsolidasie. Hierdie laer klasse is dus in effek ʼn gevaar vir die demokrasie en dus moet die middelklas uitgebou en vergroot word. Faktore wat bydra tot die skep van ʼn groot middelklas is ʼn hoë verstedelikingsyfer, ʼn goeie opvoedingstelsel en hoë geletterdheidsyfers onder die volwasse bevolking (Breytenbach: 2002: 82). Laastens word die rol van die burgerlike samelewing en klas, as veranderlikes wat demokratiese konsolidasie beïnvloed, beklemtoon. Linz en Stepan (1996: 17-18) dui daarop dat die burgerlike samelewing verwys na self-georganiseerde en relatief outonome groepe, bewegings en individue wat hul waardes artikuleer, assosiasies vestig, en uiteindelik hul belange bevorder. Hierdie outonome groepe opereer dus onafhanklik van direkte beheer van die staat (He: 2002: 20). ʼn. 17.

(34) Robuuste burgerlike samelewing kan politieke alternatiewe genereer, die regering en staat monitor en dus uiteindelik ʼn bydrae lewer ten einde die demokrasie te verdiep en konsolideer (Linz en Stepan: 1996: 17-18). Die bestaan van ʼn burgerlike samelewing is ook ʼn nodige, maar onvoldoende voorvereiste vir demokratiese konsolidasie. Geen demokrasie het al ooit bestaan of ontwikkel sonder dat die burgerlike samelewing ontwikkel het nie. Die burgerlike samelewing lei tot die ontwikkeling van ʼn pluraliteit onder belangegroepe, en wanneer hierdie groepe ʼn sekere ontwikkelingsvlak bereik het, sal hulle daarop aandring om hul belange in die politieke domein uit te druk. ʼn Hoogs-geartikuleerde burgerlike samelewing waarborg ʼn stabiele demokrasie en bied weerstand teen die dominasie van enige enkele groep. Die burgerlike samelewing het die kapasiteit om die staat te in toom te hou en die vryheid van sy instellings te verdedig teen abnormale inmenging en inbreuk deur die staat (He: 2002: 210). Die kenmerkende organisasies waaruit die burgerlike samelewing bestaan, behels gewoonlik vakbonde, professionele assosiasies, die onafhanklike media, asook ander sosiale en ekonomiese groepe wat verskillende seksies van die samelewing met mekaar integreer (Clapham: 1993: 435). Botswana. en. Mauritius. opereer. sedert. hul. onafhanklikheidswording. in. onderskeidelik 1966 en 1968 as stabiele, veelparty demokrasieë. Randal et al (2002:39) beskryf beide Botswana en Mauritius as volhoubare demokrasieë, en beide word deur Freedom House (2005a) as vry lande geklassifiseer. Die literatuur oor demokratiese konsolidasie in Afrika dui egter nie aan watter land die mees gekonsolideerde demokrasie is nie. Die vraag wat vir die doeleindes van hierdie studie beantwoord moet word, is dus watter land, tussen Botswana en Mauritius, die mees gekonsolideerd is. Die kriteria, soos hierbo bespreek, gaan gebruik word om te bepaal watter land die mees gekonsolideerd is.. 18.

(35) 1.2 Doelwitte van Studie Botswana en Mauritius gaan bestudeer word ten einde empiries te bepaal watter land die mees gekonsolideerd is. Daar is tans geen studie wat die kwessie van demokratiese konsolidasie in Botswana en Mauritius spesifiek aanspreek nie, en dus is die motivering vir hierdie studie om ʼn gaping in die huidige literatuur te vul. Botswana,. met. onafhanklikheidswording. in. 1966,. en. Mauritius,. met. onafhanklikheidswording in 1968, is die oudste demokrasieë in Afrika. Daar is egter sekere faktore wat demokratiese konsolidasie beïnvloed. Die instellings wat demokratiese konsolidasie beïnvloed, en die teenwoordigheid daarvan, al dan nie, in Botswana en Mauritius gaan eerstens beskryf word. Daarna sal die sosio-ekonomiese faktore wat ʼn rol by demokratiese konsolidasie speel, asook die teenwoordigheid daarvan, al dan nie, by Botswana en Mauritius beskryf word. Dit sal opgevolg word deur die beskrywing van die sosiale faktore wat demokratiese konsolidasie beïnvloed, asook die teenwoordigheid daarvan, al dan nie, by Botswana en Mauritius. Laastens sal ʼn vergelyking getref word tussen Botswana en Mauritius ten einde te bepaal watter land die mees gekonsolideerde demokrasie is. 1.3. Navorsingsmetodologie Hierdie studie is ʼn literatuuroorsig wat kwalitatief van aard is. Dit is eerstens ʼn literatuuroorsig wat gedoen word ten einde uit te vind wat reeds oor ʼn onderwerp geskryf en uitgevind is, met die uiteindelike doelwit om kennis te akkumuleer, asook om te bou op die werk van ander skrywers. Tweedens is dit ʼn kwalitatiewe studie, wat steun op werk gedoen in die biblioteek, en sekondêre data word geneem vanuit akademiese boeke en –joernale, handboeke, die internet en tydskrif artikels.. 19.

(36) Die studie is ook vergelykend van aard, aangesien Botswana en Mauritius met mekaar vergelyk gaan word ten einde te bepaal watter land die mees gekonsolideerde demokrasie is. Botswana en Mauritius is dus die eenhede van analise, met die fokus op die ooreenstemmings en verskille tussen die twee lande, gegewe die teenwoordigheid of afwesigheid van die geïdentifiseerde faktore wat demokratiese konsolidasie beïnvloed. Die demokrasieë van Botswana en Mauritius is dus die afhanklike veranderlikes, en word op makrovlak bestudeer.. Die geïdentifiseerde instellings, sosio-. ekonomiese en sosiale faktore wat ʼn invloed op demokratiese konsolidasie het, is die onafhanklike veranderlikes wat op die afhanklike veranderlikes inwerk.. 20.

(37) HOOFSTUK 2: INSTELLINGS 2.1. BOTSWANA. 2.1.1 Die Bestaan van ʼn Regstaat? Die regstelsel in Botswana word gekenmerk deur ʼn dualisme tussen die tradisionele howe, met hul gesamentlike maar ondergeskikte status, wat parallel geïnstitusionaliseer is tot die regstelsel wat die Romeins-Hollandse Reg toepas (Du Toit: 1995: 91). Daar is 15 moderne hoër howe wat die Romeins-Hollandse Reg toepas, waaronder die Hooggeregshof en Appèlhof. Die Hooggeregshof het jurisdiksie oor kwessies wat verband hou met die Handves van Regte en die Grondwet, en is verantwoordelik aan President van die Appèlhof. Die Hoofregter en die President van die Appèlhof word deur die President aangestel, so ook die gewone regters en die regters van Appèl. Advies word gegee deur die Regsdienskommissie (JSC), wat ʼn onafhanklike liggaam is en deur die Grondwet geskep is. Hierdie JSC is veronderstel om die medium te wees waardeur die onafhanklikheid van regterlike aanstellings van politieke invloede verseker word (Saunders: 1983-1984: 352). Verder is daar ʼn addisionele 210 tradisionele howe, wat die siviele en strafreg wette van Botswana toepas. Hierdie tradisionele howe is onder die toesig van die stamhoofde, hul verteenwoordigers en hoofmanne (Du Toit: 1995: 91). Die Grondwet waarborg onafhanklike en onpartydige howe (Government of Botswana: 2006). In Botswana word die regstelsel in die algemeen as vry en regverdig beskou, sonder enige direkte politieke inmenging. Verhore vind gewoonlik in die openbaar plaas, en beskuldiges wat aangekla word van ernstige en geweldadige misdade word van openbare verdediging voorsien. Sommige siviele sake word egter soms in die tradisionele howe aangehoor, waar beskuldigdes nie regshulp het nie (Freedom House: 2005b).. 21.

(38) Die Grondwet wat in 1966 met onafhanklikheid ontwikkel is, word nie deur enige politieke leier, opposisiegroep of deur die groter bevolking uitgedaag nie. Hierdie groepe is hoofsaaklik tevrede met die Grondwet, tot op die punt van apatie. Grondwetlike kwessies, uitsluitend besprekings oor die rol van hoofmanne en hul howe, word selde bespreek. Argumente met betrekking tot Botswana se Handves van Regte is ongehoord, nie omdat daar nie ruimte vir sulke besprekings is nie, maar eerder omdat die algemene bevolking onbewus is van die inhoud daarvan (Saunders: 1983-1984: 351). Hoofstuk 2 van die Grondwet, subseksies 3 tot 19, waarborg die beskerming van die fundamentele regte en vryhede van die individue, waaronder daar vir beskerming deur die reg en eiendom voorsiening gemaak word (Government of Botswana: 2006). Die Grondwet bevat ook ʼn verskanste en bekratigbare Handves van Regte (Saunders: 1983-1984: 352). Artikel 65A van die Grondwet maak voorsiening vir die aanstel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, wat verantwoordelik is vir die uitvoering en supervisie van verkiesings ten einde die lede van die Nasionale Vergadering en plaaslike gesagsliggame te verkies. Hierdie Kommissie moet verseker dat verkiesings effektief, voldoende, vrylik en regverdig plaasvind (Government of Botswana: 2006). Alhoewel die Grondwet beskerming van die reg aan burgers verseker, bepaal Artikel 41(1) van die Grondwet dat daar geen kriminele prosedures teen enige persoon ingedien, of voortgesit, kan word wat die posisie van die President beklee, of wat presidensiële funksies uitoefen nie, ten opsigte van enige iets wat hierdie individu gedoen het, of nie gedoen het, in sy amptelike of private kapasiteit nie (Government of Botswana: 2006). Hierdie artikel maak dit dus problematies vir burgers om hulself teen aksies van die President te beskerm indien hulle daardeur benadeel sou word.. 22.

(39) In Botswana word die uitvoerende en wetgewende gesag, asook die regbank van mekaar geskei en opereer hulle onafhanklik van mekaar. Die wetgewer, bestaande uit die President en Nasionale Vergadering, het die mag om wette te maak vir die behoud van vrede, orde en die goeie bestuur van Botswana. As ʼn wet vir moontlike goedkeuring voor die President gebring word, het hy die mag om daartoe toe in te stem, of hy kan sy toestemming weerhou. Artikel 89 (1) van die Grondwet gee ook aan die parlement die mag om die Grondwet te wysig (Government of Botswana: 2006). Artikel 47 (1-2) van die Grondwet setel verder aansienlike mag in die President, aangesien hy die hoof uitvoerende gesag in Botswana is. Die uitvoerende gesag in Botswana word direk deur hom uitgeoefen, of deur persone wat deur hom aangestel is om sy funksies te verrig. By die uitoefening van hierdie funksies wat deur die Grondwet of enige ander wette voorgesê word, tree die President egter volgens sy eie doelbewuste oordeel op, en is hy nie verplig om die advies van enige ander persoon of gesag te oorweeg nie (Government of Botswana: 2006). Linz en Stepan (1996: 20) dui daarop dat sommige presidensies met hul delegerende en populistiese karakter, tesame met ʼn vaste ampstermyn en reël van nie-herkiesbaarheid, verantwoordbaarheid teenoor die kiesers verminder, asook ongrondwetlike gedrag bevorder. Hierdie ongrondwetlike gedrag bedreig op die ou einde die oppermag van die reg, die demokrasie, en demokratiese konsolidasie. Dit blyk asof Botswana se presidensie ook hierdie karakter eienskappe, soos beskryf deur Linz en Stepan, toon. Die President het ʼn vaste ampstermyn wat nie 10 jaar mag oorskry nie, en dus kan hy nie herkies word na 10 jaar nie. Geen regsaksies kan teen hom ingestel word tydens sy termyn nie, en hy kan ook sy verantwoordelikhede delegeer na ander persone. Nsereko (1996: 100) is van mening dat die President in Botswana in effek ʼn blanko tjek het omdat die uitvoerende gesag in hom alleenlik gesetel is, en alle kwessies wat verband hou met die bekragtiging van regeringsbeleide, die implementering van. 23.

(40) die. reg,. asook. die. algemene. bestuur. van. die. land,. val. onder. sy. verantwoordelikheid. Howe se rol as arbiter tydens regsgebonde dispute tussen burgers, en tussen burgers en die staat, gee aan hulle die geleentheid om ʼn mate van beheer oor die uitvoerende gesag uit te oefen. Howe kan dit doen op appel deur individue wat gegrief is deur besluite geneem deur administratiewe owerhede, of deur die uitoefening van hul inherente mag om besluite van minderwaardige tribunale of regeringsliggame te hersien (Nsereko: 1996: 104). Uit die bostaande literatuur kan die afleiding gemaak word dat Botswana nie ʼn regstaat is nie, ten spyte daarvan dat die Grondwet die onpartydigheid en onafhanklikheid van howe waarborg. Daar is nie ʼn Grondwetlike Hof, soos in Suid-Afrika, nie, en howe kan net die wette wat deur die parlement gemaak word interpreteer. Howe kan ook nie hierdie wette verwerp nie. Die uitvoerende gesag wat gesetel is in die President, is ook tot die nadeel van die bestaan van ʼn regstaat. Die siening dat Botswana nie ʼn regstaat is nie, kan gestaaf word deur die voorval waar Kenneth Good, ʼn professor van Politieke Studies in Botswana, as onwettige immigrant deur die President in 2005 verklaar is. Good het reeds in 1990 in Botswana aangekom, waar hy sedertdien aaneenlopend ʼn wettige inwoner was. Nadat hy egter in Februarie 2005 ʼn artikel “Presidential Succession in Botswana: No Model for Africa” gesirkuleer het, is hy volgens seksie 7(f) van die Immigrasie Wet as ʼn ongewensde persoon verklaar, en ʼn bevel van deportasie is teen hom uitgereik (Fritz: 2005). Good is nie toegelaat om in ʼn verhoor op te tree en sy saak te stel met betrekking tot hoekom hy nie gedeporteer moet word nie. Hy beweer egter dat seksies 11(6) en 36 van die Immigrasie Wet, wat verhoed dat enige hof die geldigheid van presidensiële verklarings mag bevraagteken, en ook verhoed dat. 24.

(41) persone wat as verbode immigrante verklaar is ʼn verhoor mag hê en dat sulke persone nie die gronde vir die verklaring mag uitdaag nie, in konflik is met die Grondwet, wat regsbeskerming aan elke burger van Botswana waarborg (Ditshwanelo: 2005). Aangesien howe slegs die kapasiteit het om wette wat gemaak is deur die parlement te interpreteer, het die Hoër Hof gevind dat die President die kapasiteit het om ʼn persoon as verbode immigrant te verklaar, en dat die Grondwetlike beskerming wat verleen word aan alle persone nie absoluut is nie, en dat hierdie beskerming ondergeskik is aan die openbare belang in Botswana. Aangesien Good se artikel krities was teenoor die regering van Botswana, kan daar aangeneem word dat die regering hom beskou het as iemand wat hulle nie in Botswana wil hê nie, en dat sy deportasie as in nasionale belang beskou was (Ditswanelo: 2005). ʼn Geval soos hierdie benadeel die moontlikheid dat Botswana as ʼn regstaat gesien word. 2.1.2 Die Bestaan van óf ʼn Presidensiële of Parlementêre Stelsel Botswana is ʼn parlementêre republiek (Du Toit: 1995: 93). Die President, tans President Mogae, is beide die staatshoof en die regeringshoof (CIA: 2006). Die President word nie direk verkies deur die kiesers nie, maar eerder indirek omdat die presidensiële kandidaat van die party wat die meerderheid setels in die nasionale vergadering wen, die president word (net soos met die aanstelling van die premier in ʼn parlementêre regering). Die presidensie is die hoogste politieke amp in Botswana, en beklee ekstensiewe uitvoerende gesag alhoewel hy dus nie direk verantwoordbaar aan die kiesers is nie (Molomo: 2004: 71). Die President is verantwoordelik vir die aanstel van die Vise-President, die Hoofregter van die Hooggeregshof, en die Kabinet, en behou sy posisie totdat die Nasionale Vergadering ontbind, of indien ʼn mosie van wantroue teen hom ingedien word (Holm: 1988: 186-187). Hy is egter ondergeskik aan die. 25.

(42) maksimum ampstermyn van die Nasionale Vergadering, wat vyf jaar is (Du Toit: 1996: 95). Botswana is ook ʼn unitêre staat en word gekenmerk deur ʼn twee-kamer parlement, bestaande uit die Nasionale Vergadering en die Huis van Kapteins, wat oor geen outonome streke beskik nie. Die Nasionale Vergadering bestaan uit 61 persone, waarvan 57 verkies word tydens populêre verkiesings, en vier wat aangestel word deur die meerderheidsparty (CIA: 2006a). Die Nasionale Vergadering is verder verantwoordelik vir die kies van die President, tydens die presidensiële verkiesings, elke vyf jaar (EISA: 2005a). Die Huis van Kapteins is geskep as ʼn tweede kamer, maar het slegs ʼn adviserende kapasiteit. Hierdie kamer is geskep as deel van Botswana se kulturele erfenis en dien as erkenning van die effek wat die tradisionele leierskap op die bevolking het (Molomo: 2004: 59). Die Huis van Kapteins het slegs die mag om die Nasionale Vergadering te adviseer oor kwessies wat verband hou met die belange en organisasie van die land se stamme, alhoewel hierdie stamme nie outonoom is nie (Holm: 1988: 186-187). Die Huis van Kapteins is ʼn 15-lid liggaam, en bestaan uit die Kapteins van die agt hoofstamme, vier verkose onder-stamme, en drie lede verkies deur die ander 12 lede (CIA: 2006). Die Huis van Kapteins word dikwels gekritiseer omdat. groepe wat buite die agt. hoofstamme val, dikwels nie genoegsame verteenwoordiging het nie, en gemarginaliseerd is in die politieke proses. Hierdie tekort aan verteenwoordiging het veroorsaak dat die Tswana patriargale gebruiksreg ingestel word op minderheidsgroepe, wat dikwels verskillende reëls en gebruike in terme van erflatings, huwelike en opvolging het (Freedom House: 2005b). Wetgewende gesag in Botswana is gesetel in die parlement, wat uit die Nasionale Vergadering, Huis van Kapteins en President bestaan. Die uitvoerende gesag is eksklusief gesetel in die President, wat ook die Hoof Kommandeur van die Gewapende Magte in Botswana is (Du Toit: 1995: 93-94).. 26.

(43) Dit is dus duidelik vanuit bogenoemde bespreking dat die President van Botswana baie mag het. Die Kabinet adviseer die President, en die President het net ʼn verpligting om die Kabinet te raadpleeg. Daar word egter kollektief verantwoordelikheid geneem vir die President se aksies. Die President het die mag om die Nasionale Vergadering te ontbind, asook om sekere aanstellings (Du Toit: 1995: 95), waaronder die Vise-President en Hoofregter van die Hooggeregshof, te doen (Good: 1997: 4-5). Die Nasionale Vergadering kan ook nie wette oorweeg wat belasting verhoog, of die toewysing van regeringskuld verander nie, tensy die wet deur die President aanbeveel is (Holm: 1988: 186187). ʼn Sterk presidentskap gaan dikwels gepaard met ʼn swak wetgewer. Die kombinasie van ʼn swak parlement en ʼn dominante politieke party (sien afdeling 2.1.3). veroorsaak. dat. dit. toenemend. moeilik. is. om. horisontale. verantwoordbaarheid te verseker, en by implikasie verswak dit die impak van (ander) politieke partye. So beheer die parlement in Botswana nie sy eie agenda of begroting nie, en die Speaker word ook nie deur die parlement aangewys nie (Randall & Svåsand: 2002: 45). 2.1.3 Politieke Partye in Botswana Botswana het ʼn veelparty demokratiese stelsel, gekenmerk deur ʼn dominante eenparty met veelvoudige geregistreerde opposisie partye. Die Botswana Demokratiese Party (BDP) is die dominante party, en die opposisie bestaan uit die Botswana Nasionale Front (BNF); Botswana Kongres Party (BCP); Botswana Alliansie Beweging (BAM); Nuwe Demokratiese Front (NDF); Botswana Volksparty (BPP); Die Verenigde Sosialistiese Party (USP); Marx, Engels, Lenin, Stalin Beweging (MELS); Botswana Arbeidersparty (BLP); en Kgarametsa One Time (Sebudubudu & Osei-Hwedie: 2005:17). Die hoeveelheid politieke partye in Botswana het sedert onafhanklikheid in 1968 toegeneem. Dit het egter gebeur hoofsaaklik as gevolg van skeurings in die. 27.

(44) opposisie partye. Die Botswana Peoples’ Party (BPP) is in 1961 gestig, maar verskille rakende die gebruik van die party se hulpbronne en fondse het tot ʼn skeuring gelei, met die gevolg dat die Botswana Onafhanklikheidsparty (BIP) vanuit die BPP gestig is. Die BPP was ʼn radikale party, en in 1962 is die BDP gevorm. Die BDP het die verkiesing in 1965 gewen, met die BPP as opposisie. Die BNF is in 1966 gestig en, as voorstaander van staatsbeheerde hulpbronne, kritiseer dié party die BDP, wat private ondernemings toegelaat het. ʼn Groot verskeidenheid partye het weer vanuit die. BNF gevorm as gevolg van. verskillende opinies en regspunte. So is die USP en die Onafhanklikheid Vryheidparty in 1989 gestig, die Verenigde Aksieparty in 1997 en die BCP in 1998. Die NDF het ook aan die 2004 verkiesing deelgeneem nadat ʼn wegbreekfaksie vanuit die BNF dié party gestig het (Solomokae: 2005: 9-12). Geen politieke party kon tot nou die BDP bedreig nie. Opposisiepartye ontstaan hoofsaaklik as ʼn wegbreekfaksie vanuit die BNF en daar kan dus geargumenteer word dat daar geen noemenswaardige alternatief tot die BDP vir kiesers is nie. Die wetgewende omgewing in Botswana is egter bevorderend vir die opbou van effektiewe politieke partye wat verantwoordbaar moet wees teenoor kiesers. Die Grondwet waarborg vryheid van uitdrukking, vergadering en assosiasie. Dit is maklik om politieke partye in Botswana te registreer. ʼn Party doen aansoek by die Registrateur van Verenigings binne 28 dae nadat die party sy eie Grondwet, reëls, regulasies of ordinasies ontwikkel het. Indien die aansoek suksesvol is, ontvang die party ʼn sertifikaat van registrasie, en die party word gelys onder die relevante skedule van die Verenigingswet (Solomokae: 2005: 20). Die registrateur kan weier om assosiasies of partye te registreer indien hy van mening is dat die assosiasie betrokke kan wees in onwettige aktiwiteite, of indien dit blyk dat die party se Grondwet of reëls inkonsekwent met enige geskrewe wet in Botswana is ( EISA: 2004).. 28.

(45) Politieke partye in Botswana ontvang geen finansiering van die staat nie, en partye hoef ook nie hul bronne van finansiering te verklaar nie. Opposisiepartye argumenteer egter dat indien partye wel deur die staat befonds sou word, dit sou bydra tot ʼn meer gelyke politieke speelveld tussen partye (Solomakae: 2005: 2526; Pottie: 2001: 142). Randall & Svåsand (2002: 35) argumenteer dat vele state in Afrika gekenmerk word. deur. ʼn. veelpartystelsel,. met. ʼn. gepaardgaande. indrukwekkende. hoeveelheid politieke partye. In terme van die hoeveelheid polities aktiewe en effektiewe partye, is daar egter gewoonlik ʼn mate van konsentrasie rondom een of twee partye. Hierdie siening word deur die onderstaande bespreking van die kiesstelsel en verkiesings bevestig. 2.1.4 Die Kiesstelsel: Enkellid Kiesafdelings Botswana gebruik ʼn enkellid distrik, FPTP kiesstelsel (EISA: 2005a). Setels in die parlement word volgens kiesafdelings geregistreer, en word gewen en verteenwoordig deur een kandidaat wat ʼn eenvoudige meerderheid kry. Die wenner verteenwoordig dus ook dié kiesers wat nie vir hom gestem het nie. Hierdie kiesstelsel verbeter egter verantwoordbaarheid van die wenners teenoor die kiesers, en dra by tot stabiele regerings (Sebudubudu & Osei-Hwedie: 2005: 7), maar allokeer nie setels volgens die proporsie stemme ontvang deur verskillende partye tydens verkiesings nie (Solomakae: 2005: 24). Hierdie kiesstelsel lei dikwels tot distorsie tussen die hoeveelheid setels gewen en die hoeveelheid stemme verkry tydens ʼn verkiesing. Hoofsaaklik kleiner partye word deur so ʼn kiesstelsel benadeel, tensy hul ondersteuning streeksgewys gekonsentreerd is, en dus meer setels in die streke wen waar hierdie opposisie partye groter ondersteuning geniet (Matlosa: 2003: 18). Hierom beweer opposisie partye dat die kiesstelsel nie die kiesers se politieke voorkeure reflekteer nie, en ʼn gevoel van uitsluiting skep onder diegene wat vir die opposisie stem (Sebudubudu en Osei-Hwedie: 2005:7-9). Hierdie neiging kan. 29.

(46) waargeneem word indien die werklike verkiesingsuitslae in Botswana bestudeer word. So het die BDP in die 1999 verkiesing 33 uit die 40 setels in die Nasionale Vergadering gewen, maar slegs 55% van die totale hoeveelheid stemme getrek. Tydens dieselfde jaar het die BNF slegs 6 setels gewen, ten spyte daarvan dat die party 37% van die totale stemme getrek het (Solomakae: 2005: 10; Taylor: 2003: 74). Alhoewel die verkiesings vry was, word die regverdigheid van so ʼn stelsel, met sy gepaardgaande distorsie tussen die hoeveelheid setels gewen en die persentasie stemme ontvang, gedebatteer. 2.1.5 Verkiesings Botswana het sedert 1965 nege verkiesings gehou, onderskeidelik in 1965, 1969, 1974, 1979, 1984, 1989, 1994, 1999, en 2004 (Solomakae: 2005: 10). Die BDP het elk van die bogenoemde verkiesings gewen. 2.1.5.1 Die Mate Waartoe Verkiesings Vry, Regverdig en Mededingend is Botswana het sedert onafhanklikheidswording daarin geslaag om vry, regverdige en mededingende verkiesings, volgens die reëls van die kiesstelsel, te hou (Clapham: 1993: 429). Daar is 14 geregistreerde partye in Botswana, maar slegs vier het verteenwoordiging in die parlement, naamlik die BDP, BNF, BCP en NDF (Molomo: 2004: 61). Sebudubudu & Osei-Hwedie (2005: 43) argumenteer dat verkiesings vry van intimidasie en geweld is, en dat die hele elektoraat kan deelneem. Hulle argumenteer egter dat die 2004 verkiesings deels onregverdig was omdat dié verkiesing gekenmerk was deur ʼn tekort aan werklike party mededinging, ongelyke toegang vir politieke partye tot die openbare media, die afwesigheid van openbare befondsing vir politieke partye en die FPTP kiesstelsel wat kleiner partye benadeel. Du Toit (1995: 102-103) identifiseer twee kenmerkende patrone met betrekking tot die mededingende verkiesings in Botswana. Eerstens word daar aangedui dat die BDP sedert onafhanklikheidswording die dominante party tydens verkiesings. 30.

(47) was. Tweedens ontbreek daar duidelike ideologiese verskille ten opsigte van die posisies wat verskillende partye inneem. Du Toit (1995: 102-105) se patrone (aangepas tot 2004) kan waargeneem word indien die verkiesingsuitslae (sien tabelle 1 en 2) sedert onafhanklikheidswording bestudeer word. Tabel 1: Hoeveelheid setels gewen deur partye in Botswana: 1965-2004 Party. 1965. 1969. 1974. 1979. 1984. 1989. 1994. 1999. 2004. BDP. 28. 24. 27. 29. 29. 31. 24. 33. 44. BNF. -. 3. 2. 2. 4. 3. 13. 6. 12. BBP. 3. 3. 2. 1. 1. 0. 0. -. 0. BIP. 0. 1. 1. 0. 0. 0. -. -. -. BAM. -. -. -. -. -. -. -. 0. 0. BCP. -. -. -. -. -. -. -. 1. 1. MELS. -. -. -. -. -. -. -. 0. 0. NDF. -. -. -. -. -. -. -. -. 0. 31. 32. 32. 34. 34. 40. 40. 57. TOTAAL 31. (Solomakae: 2005: 10) Dit is duidelik dat die opposisie gefragmenteer is. Hierdie fragmentasie het hoofsaaklik ontstaan as gevolg van onoorbrugbare intra-party faksie bakleiery, interne verdelings, die ongunstige FPTP kiesstelsel en ʼn swak kapasiteit om alternatiewe beleide te ontwikkel. Botswana het in effek ontwikkel in ʼn de facto predominante partystelsel, waar die regerende party elke keer die verkiesing gewen het. Die BDP regering se eie agterbankers tree dikwels as opposisie op ten einde die kabinet te adviseer (Taylor: 2003: 73). Hierdie fragmentasie van die opposisie het twee belangrike gevolge. Eerstens, indien die hoeveelheid setels wat die onderskeie partye gewen het (tabel 1) vergelyk word met die persentasie stemme wat die partye gewen het (tabel 2),. 31.

(48) word die disproporsionaliteit tussen die hoeveelheid stemme en setels gewen aangedui. Tabel 2: Persentasie van die populêre stem wat deur elke party gewen is tydens Botswana se algemene verkiesings (1965-1999) Party. 1965. 1969. 1974. 1979. 1984. 1989. 1994. 1999. BDP. 80. 68. 77. 75. 68. 65. 55. 54. BNF. -. 14. 12. 13. 20. 27. 37. 25. BBP. 14. 12. 6. 8. 7. 4. 4. -. BIP. 5. 6. 4. 4. 3. 2. 4. -. BCP. -. -. -. -. -. -. -. 11. BAM. -. -. -. -. -. -. -. 5. Ander. 1. 0. 1. 0. 2. 2. 0. 0. Verwerp. -. -. -. -. -. -. -. 5. (Taylor: 2003: 74) Indien Tabel 1 en 2 vergelyk word, is dit duidelik dat daar ʼn groot disproporsionaliteit is tussen die hoeveelheid setels gewen en persentasie stemme ontvang deur die verskillende partye.. Veral sedert 1984 is hierdie. tendens duidelik. In 1984 het die BDP 68% van die stemme getrek, maar 31 uit die 34 setels gewen, met die opposisie BNF, wat 20% van die stemme getrek het en slegs 5 setels gewen het. In 1989 het die BNF, ten spyte van ʼn 7% styging in stemme ontvang, twee minder setels in die Nasionale Vergadering ontvang. Hierdie tendens het voortgeduur in 1994 en 1999, waar die BDP onderskeidelik 55% en 54% van die stemme ontvang het, maar 31 setels in 1994 en 33 setels in 1999 ingeneem het. Die tweede gevolg van hierdie fragmentasie onder die opposisie is dat, indien daar eenheid onder opposisie groepe sou wees, hulle aansienlik beter by die stembusse sou gevaar het. Die onderstaande tabel staaf hierdie siening.. 32.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

De procedure BEL leest de belasting in en verwerkt deze in de gepermuteerde vector F , waarvan nu dus de eerste NL elementen bekend zijn. Met de procedure MAAKKEL worden de

Verder bleek uit de proef dat door gebruik van het fertigatiesysteem of gebruik van de meststoffen Entec, Monterra Nitrogen Plus, Kippenmestkorrels, of door bij een gereduceerde

The hypotheses in Section 2.3 stated that the timing of violations made by BRZO companies can be pre- dicted with a time-to-event method, with type of indus- try, type of

They combined the principles of primary health care and public health by gathering social scientific and epidemiological data in defined geographical areas which informed

Sommige tale word meer, ander minder foneties geskryf.. .Engelse spelling

(vi) Ons is nominatief sowel as akkusatief. As dit uit bowestaande duidelik is dat al die genoemde Europese tale slegs verskillende stadia van ontwikkelling uit

Door de invoering van de Jeugdwet veranderen de organisatie en uitvoering van Integrale Vroeghulp (IVH). Integrale Vroeghulp is een specifieke werkwijze en een netwerk van partners